Die week van my seksuele ontwaking (Woensdag)

Hoe lank gaan ek lees: 18 minute

deur Hupse Hanlie

Ben is Woensdagoggend kort voor sonsopkoms weg huistoe om te gaan regmaak vir sy werksdag. Ek het weer in die bed geklim waar Ben se reuk en die reuk van ons intimiteit die lug gevul het, my gedagtes by sy warm lyf teen myne, sy mooi woorde, sy teenwoordigheid wat my siel verhelder het, my lyf in ekstase gehad het. Die sonsopkoms het ‘n nuwe dag gebring en daarmee saam die bewustheid van ‘n nuwe era waarin ek my bevind.

Rene het nie tyd verspil om my onder kruisverhoor te plaas nie. Sy wou alles weet van elke oomblik van my aand, maar het begin met die belangrikste vrae, die wat ek myself ook gevra het: Was die aand die moeite werd, hoe voel ek oor middeljarige-Ben en wat nou?

“Die aand was presies wat ek nodig gehad het. Ben het my laat lag en hy was romanties. Hy het my op my gemak laat voel en dit na die natuurlikste ding ooit laat voel om met hom intiem te verkeer. Soos jy sekerlik weet is dit my eerste ervaring ooit buite my huwelik. Saam met iemand wat minder gentle is en met wie ek nie so sterk emosionele band het nie, sou dit ‘n ramp gewees het. Dit was soos ‘n versigtige eerste tree op ‘n nuwe ontdekkingsreis, ‘n eerste tree wat ek baie bly is ek het gegee. Ek hoop net dis die eerste van baie treë op my ontdekkingsreis, daar is nog so baie hoogtes wat ek wil bereik.”

René glimlag, die vonkel in haar oë begroet myne.

“Mmm…die koekerige, preutse Hanlie is uiteindelik besig om te transformeer in die bevryde, hupse Hanlie. Hupse
Hanlie, don’t fear when René is near. Ons het nog twee nagte om aan jou omwenteling te werk, ‘n nuwe herontwerpte Hanlie en nuwe ontdekkings. Ek kan nie wag om jou met daai hoogtes te help nie.”

Saam met die skewe glimlag en die vonkel in haar oë is daar hierdie keer ‘n blos op haar wange, ‘n duidelike rooiheid in haar nek en haar ore. Dit weerspieël my emosies, hierdie keer suiwer weens opwinding eerder as skaamte.

“Om eerlik te wees Hanlie, het ek nie gedink jy sou ooit die omwenteling maak nie. Dis moeilik om te glo jy sit vanoggend hier as ‘n vrou wat al een keer stoute seks geproe het.”

“Twee keer.” Help ek haar reg. Hoewel dit duidelik is dat sy ons dopgehou het, besef ek dat sy niks van die tweede keer sal weet nie. Ek sien die totale ongeloof op haar gesig en verduidelik verder.

“Dis eintlik meer korrek om te sê een keer liefde maak en een keer seks. Die tweede keer was in die vroeë oggendure toe ons mal van jagsheid mekaar onbeheersd gespyker het. Ek het die romantiese liefde maak nodig gehad as ‘n eerste tree. Die spyker was my totale oorgawe aan die oomblik, die verbreking van die kettings wat my vashou, die viering van my nuutverkose vryheid. ‘n Vryheid van denke veral.

“Dit raak ook aan jou vraag oor Ben. Ben is spesiaal, baie van my ou gevoelens vir hom het weer na vore gekom en dis lekker om verliefderig te wees op hom, maar ek sal Gerrie nooit wil verruil vir hom nie. As dit van my afhang sal ek en Ben ‘n sterk emosionele konneksie bly hê, en sal ons dit uitleef as friends-with-benefits. Die emosionele band gaan dit wonderlik en baie spesiaal maak om van tyd tot tyd weer liefde te maak met hom. Jy weet, dis soos om weer daai opwinding van verlief wees te ervaar, en die opwinding van vry en liefde maak tydens daai wonderlike staat van verliefdheid. Dis iets wat ek gemis het, wat alle oud-getroudes seker mis. Moenie so teleurgesteld lyk nie, natuurlik sal die liefde maak wel soms afgewissel word met wilde, onbevange seks.”

“Dis amazing,” sê René. “Jy verstom my elke oomblik meer. Filosofies en stout, ek lief dit. Maar, liewe kollega, daar is werk om te doen. Vanaand gaan ons uiteet by ‘n baie besonderse plekkie en moreaand is die funksie, nuwe ontdekkings en avonture gaan daar wees en ons gaan jou denke verder bevry. Jy kry dalk nou vlerke, maar dis ook tyd dat jy begin lyk soos die pragtige skoenlapper wat jy is. Wees reg, want sodra die werkswinkel vanmiddag klaarmaak gaan ons shop. En dit eindig nie by moderne klere nie, ek gaan jou daarna verder onder hande neem voor ons uitgaan vanaand. En ek vat nie nee vir ‘n antwoord nie.”

***

Die oomblik toe die werkswinkel afsluit vir die dag bestel René ’n Uber. Ons gaan na ‘n boetiek waar sy op voornaamterme met die eienares is. Sy dring daarop aan dat ek drie moderne, sexy uitrustings kies en bied aan om daarvoor te betaal, ek wys haar offer van die hand.

“Fokus nou op uitrustings vir die aand, dink aan vanaand en moreaand. Volgende week kan ons kyk na werksklere. As jy ten minste drie sexy rokke het om uit te kies vir die toekoms het ons al ver gevorder. Jy kan later van al die koekerige goed ontslae raak. Jy besef nie hoe goed jy kan lyk as jy wil nie.”

Na ‘n uur van aan- en uittrek en vele insette van René is ek gereed om my keuses te maak. Ek kies twee rokke en ‘n romp-en-bloespakkie, asook twee paar hoëhakskoene. Dis uitrustings wat ek nooit voorheen sou dra nie, dis veels te sexy en gaan baie aandag trek. Ek kan nie help dat daar steeds bietjie pragmatisme deurskemer in my keuses nie, die romp en bloes kan as ‘n werkspakkie ook deurgaan, gegewe ek waaghalsig genoeg is om daarmee by die kantoor op te daag.

Ek voel dieselfde oor al drie uitrustings, ek is terselfdertyd opgewonde en paniekbevange oor die vooruitsig om dit in die openbaar te dra. Ek betaal vir my uitrustings waarna René ‘n handvol besonder sexy onderklere te voorskyn bring en op die toonbank neersit. Met al my fokus op die uitrustings het ek skoon vergeet van onderklere. René keer my wanneer ek in die rigting van die onderklere-rakke begin loop.

“Hierdie is vir jou, my treat,” sê sy.

“No ways, ek kies en betaal vir my eie goed.”

“Hanlie, nee. Ek sê jou, dis my treat, ek like die idee om vir jou onderklere te koop.”

Hoe kan ek daai skewe glimlag weier?

Terug by die hotel dring René daarop aan dat ons in haar kamer gaan regmaak vir die aand ten spyte van my protes.

“Okay Hanlie, ek soek jou in my kamer in 30 minute. Gaan bel jou man en kry al jou badkamer- en grimeergoed. Jy kan by my stort en ek gaan jou make-up doen. Finish-en-klaar. Die nuwe uitrustings is net deel van jou makeover, ek het jou gesê daar is baie werk.” Sy vat die pakkies met die uitrustings en skoene by my. “Ek vat
hierdie solank, ons kan in die gemak van my kamer besluit wat jy vanaand moet aantrek.”

Ek glimlag net oor haar baasspelerigheid, besef sy is net so opgewonde oor my gedaanteverwisseling as wat ek is.

“Whatever. Sien jou nou nou.”

Ek bel vir Gerrie op speakerfoon terwyl ek alles wat ek benodig in ‘n klein tassie pak. Ek verduidelik vir Gerrie dat ek en René gaan uiteet en hy verstaan dat ek die gesprek kort hou. Daarna ontspan ek vir ‘n paar minute in ‘n verbete poging om my hartklop tot bedaring te bring. Ek is al die hele dag op ‘n high, meer spesifiek op ‘n
seksuele high, en die shopping vir sexy klere en alles wat voorlê druk my diep in die rooi.

René maak haar kamerdeur oop en sê niks oor die tien minute waarmee ek haar deadline oorskry nie. Sy staan in haar hotel-japon, maar is reeds grimeer. Ek stap in en sien die gewaagste van my drie uitrustings teen die hangkas hang, kyk geamuseerd daarna.

“Ek weet ek het gesê ons sal jou outfit vir vanaand saam kies, maar dis nie aldag wat ek die geleentheid het om te kies wat my date vir die aand dra nie, so sorry girl dis wat dit is.”

“Jou date nogal,” lag ek. “Wel jou date is gelukkig met jou keuse.”

Eintlik meer as gelukkig. Dis ‘n super-sexy minirok, met die uitkies daarvan vroeër vandag was dit
juis my plan om dit vanaand te dra. Spesiaal vir my date.

“Toe Hanlie, jy kan later jou rok bewonder wanneer jy dit aan het. Nou moet jy in die stort spring anders gaan ons nie klaarkry nie, ons moenie te laat by die restaurant uitkom nie.”

In die stort het ek skaars die seep van my skaamhare afgespoel toe die badkamerdeur oopgaan en René instap. Ek kyk haar verbaas aan, bedek instinktief my koekie met my hande.

Toe sy seker is sy het my volle aandag praat sy. “Ek het jou gesê ons gaan vir jou ‘n makeover gee. Die klere het jy gekry en ek gaan jou later grimeer, maar nou is daar eers ‘n ander probleempie om uit te sorteer. Ek kon nie help om gistraand te sien jy lyk soos die Amasone Wildernis nie.”

Ek kyk vraend na haar voor sy voortgaan.

“It’s a jungle out there,” sê sy en beduie in die rigtig van my onderlyf. Sy rek haar vonkelende oë en gee haar beste skewe glimlag voordat sy sonder waarskuwing haar japon wawyd oopvou. Onder die kamerjas is sy poedelkaal, regtig heeltemaal kaal, want die getrimde skaamhare is weg. Sy is seepglad. Dit trek my soos ‘n magneet en ek kan nie wegkyk nie.

“Ek het grimeer én geskeer terwyl ek vir jou gewag het. Nou’s dit jou beurt. Jy is gelukkig dat Ben nie gister weggehardloop het toe hy in daai boskaas moes vaskyk nie. Die arme man spoeg seker nou nog hare uit. Ek vermoed in elk geval jy was nog nooit gladgeskeer nie so dis hoog tyd.”

Ek staan net daar terwyl sy haar kamerjas uittrek, die stortdeur oopmaak en op die ingeboude stortbankie gaan sit. Sy trek my aan my arm nader en draai my na haar toe. My hande is steeds tussen my bene waar ek nou minder as ‘n armlengte van haar staan. René draai haar kop na die hoek van die bankie waar ‘n blik skeerroom langs ‘n dames-skeermes en ‘n skêr staan, ek het dit vroeër opgemerk sonder om enige notisie daarvan te neem. Sy trek al drie items nader voordat sy omdraai met die skêr in haar regterhand. Sy kyk vir my hande en talm vir ‘n paar
sekondes.

Toe ek nie reageer nie sê sy: “Ek sal verkies om nie jou vingers raak te knip nie.” My hande skuif stadig weg van my vulva na my bobene, soos ‘n teatergordyn wat oopmaak.

“Sjoe, dis rêrig nogal baie hare, maar dit maak die misterie daaragter soveel meer aanloklik. Tyd om te ontdek wat jy wegsteek,” sê sy en begin die bosse op my heuwel wegknip. Ek wil vir haar sê dat ek van die ergste slierte reeds gister afgesny het, maar die woorde sit in my keel vas. Die skêr beweeg al laer af.

“Sit jou linkerbeen hier langs my op die bankie. Lekker wyd sodat ek die hare onder tussen jou bene ook kan bykom.”

Ek volg haar instruksie.

Na ‘n rukkie laat sak sy die skêr en bekyk haar handewerk. Tevrede sit sy die skêr neer en tel die skeerroom op. Op die blik staan “Shaving cream for men” en “Sensitive skin”. René haal die prop af, sit dit langs haar neer en spuit van die room in haar linkerhand.

“Ek verkies die mans skeerroom, dit werk goed vir my en ruik lekker. Ek hou van die mansreuk so intiem op my vel. Dit herinner my aan alles wat lekker is van daai spesie.”

Sy smeer die skeerroom eers op my skaamheuwel en dan tussen my bene, haar vingers wat saggies teen my vel en skaamplippe raak deur die dun lagie room. Ek wonder of sy bewus is van my bewende bene en my swellende labia. Sy vat die skeermes en skeer stadig en herhaaldelik in klein hale saam met die haargrein totdat alles bo my lippe skoongeskeer is. Dan skeer sy baie versigtig alles rondom my skaamlippe tot voor my perineum.

“Hanlie sal jy skuins draai asseblief, weg van my.” Ek draai sodat die bankie aan my regterkant is, die agtermuur van die stort voor my.

“Dankie, sit nou jou regterbeen langs my op die bankie, weer redelik wyd sodat jou bum cheeks effens oopsper. Leen vooroor en stut met jou hande teen die muur, ek moet jou agter ook skeer.”

Weer volg ek haar instruksie. Ek voel selfs meer ontbloot in hierdie posisie, maar ook meer opgewerk.

René smeer skeerroom tussen my bene en my boude, skeer dan van my perineum terug en tussen my boude, rondom my anus. Wanneer sy klaar is voel ek hoe sy die room tussen my boude met water en haar hande afwas, haar vingers wat vlugtig oor my anus streel. Sy draai my om, vra dat ek my linkerbeen weer langs haar op die
bankie sit. Die room op my heuwel en tussen my bene word nou afgewas, ek is baie bewus van haar vingers wat oor my labia beweeg. Wanneer sy klaar is kyk sy stip na my koekie, haar gesig sentimeters van my varsgeskeerde vroulikheid.

“Jou misterie is asembenewend, Hanlie. So pragtige poesie mag nie weggesteek word nie,” lag René, beweeg haar gesig vinnig tot byna teen my, tuit haar lippe en blaas haar asem onverwags en lank uit teen my skaamlippe voordat sy opstaan en die stort verlaat. Oomblikke later is sy uit die badkamer. Ek staan vir baie lank doodstil, laat die warm water oor my vloei, glimlag oor die ironie dat ek veel eerder ‘n koue stort moet vat. Ek was nie weer my hare na gisteraand nie, was wel my hele lyf baie deeglik met my lekker-ruik body wash. Tien minute later voel ek skoner as wat ek ooit in my lewe gevoel het.

Met hernude selfvertroue maak ek die badkamerdeur oop en stap poedelkaal die kamer binne.

“Dankie,” is my eerste woord sedert ek gaan stort het.

René kyk op van waar sy in ‘n swart minirok voor die spieël staan, ‘n verbaasde uitdrukking op haar gesig.

“Plesier,” sê sy terwyl sy my oopmond bekyk. “Dit was duidelik die moeite werd.”

Die rooi deurtrekker wat sy vanmiddag vir my gekoop he,t is intussen op die bed uitgestal. Ek vat dit, maar trek dit nog nie aan nie, gaan staan voor die vollengte spieël, staar na die splinternuwe seepgladde Hanlie. Dit is vreemd om myself so te sien, asof ek ‘n deel van myself ontdek het wat ek nie geweet het bestaan nie. Dis gepas dink ek, my skoon koepel is simbolies van die proses om my dieper self te ontbloot. Ek vat my tyd met die aantrek van die g-string, baie bewus van René se oë op my. Dis gemaak van rekbare kant en pas soos ‘n handskoen om my mik. Dun
bandjies wat hoog om my heupe sit en ‘n riempie tussen my boude hou die voorste stukkie lap en die klein agterste driehoek-lappie bymekaar. Afgesien van die skade wat gravitasie al gedoen het vertoon my medium-grootte borste nog goed, tog besef ek dat ek beter gaan lyk met ‘n bra as daarsonder. Die sak met die ander onderklere staan langs die bed en ek haal die vleeskleurige kleefbra uit, enige ander bra sou afbreek doen aan die minirok. Ek plak dit versigtig op my borste voor ek die twee dele met ‘n knippie in die middel vasmaak. Daarna trek ek die minirok aan. Dis ‘n donkerrooi satyn-minirok wat styf teen my lyf pas. Dit het ‘n geplooide ontwerp wat my kurwes mooi beklemtoon. Voor het dit dun spaghettibandjies en ‘n reguit neklyn. Agter het die rokkie ‘n kruisbande-
veterontwerp tot op my lae rug waar die veterbandjie in ‘n strikkie vasmaak, maar vir eers los hang. Daar is trekkoordjies aan die sykante naby die soom wat ek aftrek om die lengte effens te verstel. Ek trek dit so dat die rokkie laer hang aan die eenkant soos die bedoeling is. ‘n Verdere verstelling sorg dat die geplooide ontwerp baie
sexy vertoon. Na al die verstellings wys ek steeds heelwat been, maar lyk ek nie meer terterig nie. René help om die veterontwerp agter reg te trek en styf vas te maak sodat die minirok soos ‘n lyfkous aan my lyf sit.

“Bliksem vrou, jy is stunning,” sê René wanneer ek stadig pirouette. “Nou nog net jou grimering.”

René is baie effektief en die grimering neem verbasend vinnig. Soos ek, glo sy ook in less is more. Ek bekyk die resultaat in die spieël en vir die eerste keer in jare dink ek ja, ek lyk regtig stunning.

***

Die Uber laai ons af by ‘n boetiek-restaurant in Groenkloof: “Specialising in French Cuisine” in kursief op die deur. Ons word ontvang deur ‘n groot, aantreklike gryskop-man wat ek raai in sy vroeë sestigs is. Hy neem dadelik vir René in sy arms en geehaar ‘n hartlike druk.

“Dis wonderlik om jou te sien René, ek was verheug toe jy gister bel. Jy word by die dag mooier en jonger.” Sy aandag verskuif na my. “En hierdie moet die nimlike Hanlie wees. René se lofprysing het nie reg aan jou skoonheid laat geskied nie.”

“Hanlie ontmoet vir Chris, hy is een van die twee eienaars van die beste restaurant in Gauteng.”

Chris vat ons deur na ons tafel en hou die stoel vir my uit.

“Ek kom nou my partner voorstel dan vertel ons julle sommer meer oor vanaand se kos en wyn opsies, intussen stuur ek gebottelde water, dis op die huis.”

‘n Kelnerin bring ‘n groot bottel water vir die tafel terwyl ek nuuskierig na die Franse name op die spyskaart kyk. Minute later keur Chris terug, hierdie keer saam met ‘n jong hunk met ‘n spierwit sjef-baadjie en ‘n goudblonde boskaas hare. Ek en René staan op en die jong man soen haar op die wang voor hy na my draai, sy blou oë wat my ‘n oomblik betrag.

“What a pleasure to meet you mademoiselle, tu es vraiment belle,” seg hy voor hy my hand neem en soen. Ek probeer die aksent plaas, hy praat Frans soos ‘n Fransman, maar daar is beslis ‘n skoot Amerikaans in sy Engels. Ek verstaan bitter min Frans, maar weet dat belle mooi beteken. Dat ‘n mannetjie wat waarskynlik nog nie dertig is nie my nou so kan laat bloos. Hy stel hom voor as Thomas, uitgespreek soos die Franse to-MA.

“Ladies may I interest you in our signature dish, Boeuf Bourguignon or Beef Burgundy if you prefer. If you don’t know, it is a French stew of beef that I slow cook in a secret Burgundy red wine. I add a bit of pork and some carrots, mushrooms and miniature onions . I don’t want to give away too much, let’s just say it is a dish fit for
a princess, so both of you qualify.”

“Sold, that sounds delicious,” sê ek dadelik.

“I concur,” kom dit van René.

“Fantastiese keuse,” sê Chris. “René ek weet jy verkies gewoonlik wit wyn, maar saam met hierdie dis het ek ‘n wonderlike Pinot Noir van ‘n klein wynlandgoed in die Hemel-en-Aarde Vallei. Die wynmaker besoek ons redelik gereeld sedert ons oopgemaak het en ek is oortuig hy het hierdie spesifieke Pinot Noir spesiaal gemaak met Thomas se Boeuf Bourguignon in gedagte.”

Ek en René kyk vir mekaar en knik gelyktydig instemmend.

Vyf minute later is die wyn geskink en is ons alleen by die tafel. René lig haar glas en sê: “Op Hupse Hanlie. En ‘n genotvolle aand.”

Sy skuif haar regtervoet vorentoe tussen my voete deur, haar been skuur liggies teen my kuit. Sy hou dit daar.
Die kos is werklik fenomenaal en Chris was reg oor die wyn, dit komplimenteer die kos uitstekend. Die twee eienaars maak gereeld ‘n draai, hul vleiery kry nooit einde nie en ek en René speel heerlik saam. Ek komplimenteer Thomas met die uitstaande kos.

“My dear Thomas, this dish is out of this world, it does things to my tastebuds … well actually to my whole body which could be … uhm, dangerous. Tell me, does the master chef Thomas have any other hidden talents to discover?”

“Ma chère, I’ve no doubt an alluring muse like you may bring forth talents of mammoth proportions even in a mere man like me.”

René vertel my dat Chris ‘n restaurant gehad het in Boston, Amerika. Thomas is ‘n Franse Kanadees wat in Montreal grootgeword het. Hy is na skool na ‘n sjefskool in Boston en het Chris ontmoet toe hy by sy restaurant gaan eet het. Hulle gedeelde belangstelling in kosmaak het gesorg dat hulle dadelik kliek en Chris het hom onder
sy vlerk geneem. Thomas het later voltyds as sjef vir hom gaan werk. Na Chris se egskeiding wou hy terug Suid-Afrika toe en die impulsiewe Thomas het met die voorstel gekom dat hulle saam ‘n restaurant hier begin. Thomas het geld by sy familie geleen om vir sy aandeel te betaal. Die Franse aanslag was ‘n logiese keuse weens Thomas se agtergond en sy voorliefde vir Franse disse. Hulle het die restaurant drie jaar terug oopgemaak toe Chris sestig was en Thomas ses-en-twintig.

René voeg by: “Ek ken hulle nou al twee jaar vandat ek die eerste keer hier geëet het. Hulle is twee dierbare mans en is net so verteerbaar soos hulle disse. Albei geniet natuurlik hulle enkel-status terdeë. Watter een is jou favourite?”

Die luim waarin ek is maak dit vir my maklik om dit te sê soos dit is: “Ek vind altwee vrek sexy op sy eie manier, dit sal afhang waarvoor ek lus het op die betrokke dag, oud of jonk. Soos ek nou voel sal ek albei saam kan opeet voor brêkfis.”

Vir die soveelste keer vanaand kom die skewe glimlag en die glinster in die oë. “Wie weet, dalk kom daai gelukkie nog oor jou pad, net nie vanaand nie. Vanaand gaan jy te besig wees,” sê René en druk vir ‘n oomblik my hand.

***

Na baie uitbundige lag, speelse flirtasie en te veel wyn is ons laataand terug by die hotel en in René se kamer. Sy dring aan op ‘n nightcap en kom te voorskyn met ‘n bottel Cape Velvet. Na ek ‘n tweede glasie van die hand wys kom René se voorstel.

“Jy lyk so bleddie sexy, ek moet dit op kamera vaslê. Eers net soos jy nou is, en dan spesiaal vir jou man met jou nuwe sexy onderklere. Hy sal dit waardeer ek waarborg jou.”

“No ways. Dalk kan jy my nog afneem met my rok aan ja, maar ek soek nie revealing foto’s wat rondlê nie. En ek hou in elk geval nie daarvan om so in die kollig te wees nie.”

“Jy worry onnodig. Ek sal die kollig met jou deel, my man sal ‘n paar goeie foto’s van my baie geniet, hy neul gedurig vir foto’s. En ek het ‘n oplossing wat jou volkome in beheer plaas, ons ruil selfone. Ons neem mekaar af en gee daarna die fone terug. Wat jy daarna met jou foto’s maak is jou saak, jy kan dit delete as jy verkies. Die punt is ons is dan elkeen in beheer van ons eie foto’s. Komaan, dit sal groot pret wees en ons mans sal mal wees daaroor, dis nou as jy besluit om wel vir Gerrie te stuur. Ek gaan myne beslis vir Jacques stuur.”

Ek staan op, hou my een hand uit met my selfoon en die ander een oop in afwagting op haar foon. Ons ruil fone.

“Jy eerste sê ek,” en beduie haar na waar die lig beter is. Sy poseer in elke moontlike posisie terwyl ek verskeie foto’s van haar in haar swart minirok neem.

“Right. Ek vermoed Jacques sal nou wil aanbeweeg na jou in jou onderklere.”

“Jy kan maar net sê as jy my in my onderklere wil sien hoor,” sê René terwyl sy haar minirokkie uittrek en langs die bed neersit.

Haar bra is strapless, maar hou haar klein borste mooi ferm. Die deurtrekker is van deursigtige kant en is baie meer revealing as myne, haar skaamlippe prominent teen die deurskynende materiaal. My oë talm lank op die duidelike klammigheid.

“Dis jou skuld,” is al wat sy sê.

Na ‘n dosyn verdere foto’s stop sy my. “Jou beurt.”

Dit neem nie lank voor sy vra dat ek van die minirok ontslae raak nie. “Nou vir daai revealing foto’s vir jou man. Laat ons daai mooi g-string sien.”

Ek maak die strik agter my minirok los, trek die veterbandjies oop, trek die boonste deel van die rok dat dit oor my heupe hang. Wikkel dan stadig uit die rokkie, skop dit eenkant toe. Ek trek die kleefbra weg van my borste, verskoon myself vir ‘n oomblik om my borste te gaan afspoel.

Ons albei lag terwyl ek dramaties poseer, stelselmatig in meer suggestiewe posisies.

Uiteindelik besluit sy sy het genoeg van my so geneem.

“Hanlie, ek het nou wel net van onderklere gepraat, maar ek vermoed Gerrie gaan jou sonder jou pantie ook wil sien. Ek is seker hy kan nie wag om die nuwe, seepgladde Hanlie te sien nie.”

“Jy kan maar net sê as jy my sonder my pantie wil sien hoor,” sê ek terwyl ek my duime by die deurtrekker se bandjies inhak. Ek beweeg my hande heen en weer en stadig af soos ek die bandjies oor my heupe trek, oor my bobene en knieë, ek maak so groot skouspel daarvan as wat moontlik is. Gestroop van my laaste kledingstuk
staan ek effe wydsbeen, my hande op my heupe.

“Jy kan my naakte lyf afneem soveel as wat jy wil solank jy ook van alles ontslae raak. Trek uit vrou.”

René gehoorsaam. Ons staan en kyk vir mekaar soos twee kinders wat dokter dokter speel.

René praat eerste. “Okay, ons maak beurte. Jy kies ‘n pose en ek neem jou so af, dan neem jy my af in dieselfde pose, dan kies ek ‘n pose en so aan.”

Ek kies die full frontal posisie waarin ek reeds staan. Ek vat my tyd wanneer ek haar so afneem, ek kan nie my oë afhou van daai kaalgeskeerde mik tussen haar wye heupe nie, dis asof sy gemaak is vir die uitsluitlike doel om mans en vrouens seksueel te behaag. Sy kies daarna om om te draai en oor haar skouer te loer, haar groterige boude is ferm geoefen en lyk of dit ‘n interne push-up funksie het.

Ons gaan deur ‘n paar posisies voordat ek op die punt van die bed gaan sit en my bene wyd oopmaak. “Dalk sal Gerrie hou van ‘n close-up, iets wat ek eerder sal waag om te stuur, want my gesig is nie daarop nie. Niemand sal my anyway so herken nie, nie eers Gerrie nie,” lag ek.

René kom sit plat op haar boude, haar voete teen die voetenent van die bed, haar bene ook oop met die buitekante van haar knieë wat druk teen die binnekante van myne. Sy rus haar elmboë op haar knieë met my selfoon tussen-in in haar hande, gereed om die foto te neem. Ek stop haar.

“Wag, daai is perfek.” Ek vat haar selfoon wat langs my lê. “Sit net so, moenie beweeg nie. Sit die foon neer en sit jou hande op jou knieë, verder vries jy.” Ek neem die uiters revealing foto, maar nie voor die toneel nie ook in my geheue vasgebrand is nie.

Sonder ‘n woord tel sy my foon weer op, haar elmboë terug op haar knieë en die foon in haar hande. Sy mik om te neem, glimlag en druk met haar knieë my bene nog verder uitmekaar. Die selfoonkamera klik twee keer voor sy op haar knieë met haar bene ingevou gaan sit, steeds tussen my bene. Die foon beweeg nader en nader, haar gesig sentimeters agter die foon, die foon klik-klik-klik. En dan is dit stil.

Ek maak my oë toe. Haar hande is aan die binnekant van my dye, haar tong trek ‘n lyn teen my gleuf op. Sy flik haar tong kortstondig in en uit my gleuf. Haar mond vou om my klit, suig die knoppie in. Laat los, suig weer in. Weer. My kop agteroor, my mond wawyd oop, my hande verstrengel in René se hare. Haar tong om en om my
klit. Sy suig weer in, hierdie keer terwyl haar tong op en af streel teen die klein skag. ‘n Vingerpunt ligweg teen my anus, ‘n nael ‘n fraksie binne. My bene bewe vuurwarm, my onderlyf stamp ongenaakbaar teen haar mond, my hande klem haar kop stywer vas. Sy krul haar tong, vorm ‘n tuit om die sensitiewe punt van my klitoris, maak klein sirkel bewegings daarmee, suig en los, suig en los. Ek ontplof, verloor alle beheer, buig krampagtig vooroor en dan terug, my rug nou plat op die bed, my asem jaag. “René, fok fok fok, ja ja!” bulder ek. René stop nie, my plesier ook nie, die sametrekkings hou aan en aan.

Sy klim op die bed, trek my hoër op sodat ek vollyf op die bed lê. Druk my bene oop en gaan lê bo-op my, tussen my bene, haar poesie teen myne, stamp reëlmatig teen my. Dan lig sy haarself op, draai haar lyf en lig my linkerbeen, hang dit teen haar regterskouer, gaan sit in ‘n sker posisie tussen my bene. Ons skuur teen mekaar, sy
ry my, haar onderlyf vorentoe en agtertoe, haar nat lippe teen myne. Ons asems jaag.

Genadiglik kom sy tot stilstand, sit sy doodstil met ons kloppende poesies sopnat teen mekaar. Ek haal verskeie kere diep asem en blaas hard en langsaam uit in ‘n poging om my asemhaling te normaliseer.

René wikkel haar los uit die sker en draai op haar rug langs my op die bed. “Liewe magtig Hanlie, ek het gedink dit sou lekker wees om jou ‘n nuwe ondervinding te gee, maar ek het nie dit verwag nie. Goeie donner!”

Sy giggel klaar voor sy verder praat: “Daar het jy dit nou, nog ‘n nuwe ervaring done en dusted en die week is nog nie eers verby nie. Wie weet wat wag vir jou moreaand.”

“Sorry liewe René, maar op geen manier is hierdie nuwe ervaring done en dusted nie, nie voor ek die uhm … nuwe ervaring in my mond geproe het nie.”

Ek suig eers haar puntige tepel voor ek afbeweeg na haar mik. Ek gebruik die kans om haar vroulikheid deeglik te bestudeer, nog kiekies in my kop te neem, terwyl ek my hand en vingers stadig oor haar pubis beweeg, oor haar lippe, oor haar kittelaar, ‘n vinger in haar skede.

“Wag eers,” sê René. Sy draai my op my rug, my kop nie ver van die bed se kopstuk af nie. Sy gaan staan wydsbeen oor my, haar voete weerskante van my kop, haar hande teen die muur. Sy sak tot op haar knieë, sak haar onderlyf, vryf haar poesie teen my gesig, die reuk van haar seks ‘n hemelse afrodisiak. My tong penetreer haar vagina, haar warmte om my, haar heuning soet op my smaakknoppies. Haar skaamlippe maak oop teen my lippe. Ek lek die ruimte binne-in haar, verskuif dan my fokus na haar klit. René buig vorentoe, my mond nou gemaklik om haar knoppie.

Instinktief poog ek om haar verbysterende tegnieke van vroeër na te doen, ek suig en los, suig en los, my tong in ‘n tuit gevorm. Sagte kreungeluidjies ontsnap uit haar mond. Haar boude span styf in my hande, sy knyp my kop met toenemende fermheid tussen haar dye vas. Haar hande is agter haar rug op my borste, haar duime streel my tepels. Sy kreun hard, haar boude span stokstyf, ek voel haar vagina en bekkenspiere ritmies saamtrek, haar sappe warm in my mond.

5 thoughts on “Die week van my seksuele ontwaking (Woensdag)

  • Ou Hond

    Lekker stout Hanlie met Rene nog stouter

    Reply
  • JouBok

    Fokkit Hupse Hanlie.

    Wat ‘n storie. WAT ‘n storie. WAT ‘n skryfstuk!

    Ek hoop dit het in die regte lewe met jou gebeur. 😉 en as dit nie het nie hoop ek dit gebeur binnekort. Ek love you storie en skryfwerk.

    Dankie

    Reply
  • Hehehe ekt ook n Hanlie geken…. ai hoekom het ek jou laat wegglip….

    Reply
  • annelisePost author

    Hierdie storie is baie sexy en baie, baie goed geskryf. 🙂

    Reply
    • Ou Hond

      Die foto wat saam met die storie maak dit nog meer sexy. Dit is die mooiste hande met die ringe op die vingers met pragtige paar boudjies.

      Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)