Gesamentlike vervolgverhaal: Bobaasspeurder Faber (3)
deur Kro Fox
Taalversorging deur Lusman
(Redakteursnota: Hierdie is weereens die enigste voorstel vir ‘n opvolg wat ons ontvang het. Lees die vorige episode HIER.)
Ek het in die ondersoek na die doen en late van mev. G, die hele week lank, niks ongerymds gesien nie. Sy was ‘n paar keer winkel toe om te gaan klere soek. By ‘n koffiewinkel het sy saam met haar vriendinne gekoek-en-tee. Sy was ook een keer, vir sowat ‘n driekwartier, by ‘n ginekoloogpraktyk.
Nou is dit weer Dinsdag en ek staan weer by die dryfbaan, hierdie keer met een van daardie kameratjies wat soos ‘n pen in my hempsak lyk. En natuurlik ‘n pet op die kop, nie die hoed van verlede week nie.
Na so ‘n paar dryfhoue met die nr. 1-hout, wat nie te sleg verloop het nie, probeer ek die nr. 4-yster. So uit hoek van my oog sien ek vir Spierpaleis met twee dames op die oefensetperk. Die bekende mev. G en ek herken die donkerkop-vriendin van verlede week by die bof. Hulle set hiernatoe en daarnatoe. Dit lyk nie of Spierpaleis so baie vatterig is soos die vorige keer nie. Ek bêre die nr. 4 en vat die wigstok.
Net toe die derde balletjie redelik netjies met ‘n boog deur die lug trek en tollend terugrol, hoor ek die stem van Spierpaleis so ‘n kort entjie weg: “Nie sleg nie. Ek sien jy tel nie kop op nie …
Ek ruk amper my ruggraat uit lit en voel ‘n warmte in my nek opkruip. Ek draai so beheersd as moontlik in die rigting van die stem en leun op die wigstok. My knieë voel skielik nie te stewig nie.
Die spierpaleis en mev. G en haar vriendin staan vir my en kyk. Hy stap nader en steek sy hand uit. “Christof is my naam.”
Ek antwoord, maar my stem klink asof hy deur ‘n stofwolk gorrel: “Faber, aangename kennis.”
Christof kyk na die twee vrouens en sê: “Ons is nie lus om net bietjie te putt nie. Hoe lyk dit, wil jy nie saam met ons ‘n vierbal maak nie, net ‘n kortetjie … nege putjies?”
Ek kyk na die twee vrouens wat glimlaggend na my kyk en terug na die spierpaleis. “Ek is heeltemal ‘n beginner. Ook nie lid van die klub nie; ek het net die besoekersfooi betaal om ‘n paar houe te slaan.”
Nie ‘n probleem nie,” sê hy glimlaggend. “Mev. G het ‘n voorgee van 14 en mev. J het een van sewe. So jy sal op ‘n voorgee van 18 speel en ek met my voorgee van ses. Dis redelik as ek en mev. G spanmaats is en jy en mev. J saam speel. En so, terloops, die verloorderspan gee aan die wenspan elk drie nuwe Wilson-balle”.
Ek wou nog verder teëstribbel, toe stap die twee vrouens nader en stel hulself bekend. Mev. G sê dat dit lekker sal wees en mev. J stel voor ek en Spierpaleis gaan kry vir ons karretjies en kaartjies.
Ek is totaal op my senuwees op die eerste bof, maar wonder bo wonder is die dryfhou nie te kruppel nie. Mev. J is heel opgewonde toe sy haar balletjie op die pen plant en haar dryfhou lê so ‘n paar meter verder as myne. Spierpaleis plant mev. G. se balletjie. Hy gaan staan agter haar met sy hande op haar heupe en help haar so ‘n bietjie in posisie.
Mev. J maak beswaar: “Haai! Dis nie regverdig dat jy coach nie!”
“Jammer! Ek was bietjie ingedagte!” mompel Spierpaleis toe hy wegstaan. Ek weet nie of dit vanweë die afrigting was nie, maar mev. G speel ‘n uitstekende hou. Spierpaleis volg dit op met ‘n ewe goeie hou. En hulle kyk glimlaggend in mekaar se oë.
‘n Gholfuitstappie het sy oppe en affe – myne meestal af. Ek kan nie help aan ‘n bekende spreuk te dink nie; dis so waar vir my: Gholf is ‘n heerlike buitelugervaring wat bederf word deur een donnerse klein wit balletjie.
Mev. G en die spierpaleis is by bof 9 toe ons so halfpad op bof 8 is. So in die verte sien ek hulle weer styf teen mekaar staan. Maar ek en mev. J het ‘n ander probleem. Sy het met die naderhou haar balletjie laat skeef trek en tussen bome ingeslaan. Ek speel my hou en ons loop soek na die bal.
Sy loop voor my tussen die bome in en ek sien vir die hoeveelste keer die mooi wippende boudjies. Skielik draai sy om. Ek loop in haar vas. Ons vang mekaar om nie te val nie en vir ‘n lang oomblik staan ons styf teen mekaar.
Ek raak bewus van haar vinniger asemhaling met die drukking van haar borste teen my. Sy kyk op in my gesig en fluisterpraat: “Mev. G het gesê mens kry partykeer ‘n gelukkie op die gholfbaan. Soen my …” Sy maak haar oë toe en haar hande trek my kop af na haar toe.
Ons lippe sluit. Eers versigtig soekend. Ek proe die souterigheid van haar sweet op haar bolip en toe verdwyn die versigtigheid en dans lippe en tonge in drif en begeerte.
“Ons moet liewer aanspeel, die ander sal wonder,” sê sy. Dit klink vir my asof daar groot spyt in haar woorde en stemtoon hang. “Terloops Faber, my naam is Janette”.
Ons stap uit die bos uit. Sy vat ‘n ander bal en slaan ‘n netjiese hou tot op die setperk. Ek volg met twee houe voordat ons kon set en die laaste putjie aandurf.
Ek hou elke beweging van Janette dop. Ook die wippende boudjies en die woelende borste. Ek dink weer aan die drukking van haar lyf teen my. Dit maak dat ek weer kop optel en drie oor baansyfer vyf eindig op die negende. Sy voltooi die telkaart en ons stap klubhuis toe.
Mev. G en Christof teug al uit lang koue glase. Hy neem ons kaart en gee dit by die kiosk in sodat die persoon daar vir ons die tellings kan uitwerk.
Ek kry vir my en Janette elk ‘n lang koue en ons gesels oor die slegte en minder slegte houe. Die oomblik van waarheid breek aan. Ons kaarte word vir Christof gegee. Hy kry ‘n frons. Mev. G vra wat dan skort, waarop hy kortaf antwoord: “Ek tel net gou weer oor. Ek is seker Piet Kiosk het ‘n fout gemaak.”
Maar die frons bly en sy gesig word al hoe donkerder. Amper onhoorbaar sê hy vir mev G: “Hulle het gewen.”
Janette gee my been so ‘n drukkie onder die tafel en sê glimlaggend: “Dis nou ‘n gelukkie.”
Mev. G word rooi in haar gesig en sê vir Christof: “Gaan koop hulle balle … en dit kom uit jou sak uit!” Sy sluk ‘n groot teug van haar bier en staan op. “Ek gaan nou!”
“Waarheen?” vra Christof verbaas.
“Niks met jou uit te waai nie,” byt mev. G. terug.
“Wat dan van ons afspraa… a … a … ugh … ugh … ?” praat hy sy mond verby.
In rooigesig-woede snou mev. G hom toe: “Jy het my verneder, ons moes gewen het. Jy het vrot gespeel mnr. Professioneel! Sy vat haar handsak asof sy hom daarmee wil slaan en sis: “Ons het nie vandag ‘n afspraak nie, en nooit weer nie en jou afrigkontrak word nou beëindig.”
Daarmee swaai sy om en stap driftig weg. Die vernedering spoel oor spierpaleis Christof se gesig. Hy mompel ‘n verskoning en strompel uit.
Ek is stomgeslaan en kyk na Janette. “Dis hoe sy is … die arme afrigter is seker ook pret beloof vir ‘n maand se proeftydperk voor sy hom betaal. Hy is nie die eerste een nie en sal gewis ook nie die laaste een wees nie,” sê sy.
Ons drink ons biere in stilte klaar. Sy vat haar selfoon en praat so half met haarself: “Sal seker maar Uber moet bestel.”
“Uber?” vra ek.
“Ja,” sê sy, “mev. G het my vanoggend kom oplaai.”
Half versigtig vra ek: “Kan ék maar Uber wees?”
Dit is so asof sy gehoop het vir die aanbod, maar ook nie oorgretig wil klink nie: “Wil nie vir jou verontrief nie. Maar baie dankie.”
Ons vat ons gholfstokke en ‘n paar minute later, in navolging van haar instruksie, stop ons op die oprit van ‘n imposante woning.
Sy sluit oop en ons stap die koel halfskemer vertrek binne. Ek druk die deur agter my toe. Die Yale klik op slot.
Toe ek omdraai, staan sy bykans teen my. Met oë wat blink sê sy: “Kom ons maak klaar wat ons begin het.” Haar arms vou om my nek en weer speel ons tonge met mekaar, met vreeslike lus. Haar hand beweeg oor my bors en ek voel hoe sy my hempsknope losmaak. My hande gly agter haar rug onder haar bloes in. Ek voel haar vel, daar’s geen onderklere nie. Met een beweging lig ek haar bloes oor haar kop. Ek voel haar borste en tepels teen my vel druk. Sy breek die soen, want my lippe het weer gulsig op hare neergekom. Sy vat my aan die hand en lei my in die rigting van die gang.
Sy sleep my gang-af. Ek volg met groot gewilligheid. Die deur van haar slaapkamer is ‘n besonders welkome gesig toe ons dit bereik.
Stoeiend trek ons mekaar se laaste bietjie klere uit. Ons val op die bed neer. Ons hande is oral oor mekaar se lywe – ondersoekend, strelend en vroetelend. My vingers rol haar tepels terwyl ek haar aan die oorlel knibbel. Sy kreun en woel om haarself onder my in te kry. Faber junior voel hoe sy hom na haar bekken toe aansleep.
Haar asem jaag en sy sê skor: “Hou op met speel! Vat my! Vat my nou!”
Ek fluister in haar oor: “Kondoom?”
“Nie nodig nie! Ek is ‘n sportmodel! Ry my!” En met dit glip Faber junior in haar warm-nat begerende liefdesnes in. Sy wriemel en kreun en klimaks gou.
“Nog! Nog! Moenie ophou nie,” fluister sy terwyl sy my styf met haar arms en bene vasklem. Ek begin haar weer ritmies met lang stote naai en versnel na ‘n rukkie. Haar lyf begin weer styftrek. Ek voel die opwelling in my bekken groei. Sy kom weer en weer en aanmekaar, afwisselend met gillle en kreune. My eie lekkerte word in spuitende strome diep in haar lyf afgelaai.
Stadig begin sy ontspan. Ons lê in mekaar se oë en kyk. Dis oë wat voldaanheid en geluk en lekkerte weerspieël. Sy glimlag en sê: “Jy het die mooiste blou oë.”
Sy staan op en trek my agter haar aan, die stort binne. Die lou water en skuimende seep en hande vertroetel die lywe. Ons ervaar heerlike genot.
Terwyl ek met haar mooi borste so onder die stort speel, vroetel sy vir Faber junior tot opstandigheid.
Êrens biep ‘n selfoon. Sy gryp ‘n handdoek en gooi vir my een.
Ek trek my klere aan en stap sitkamer toe. ‘n Minuut of wat later hoor ek haar inkom. Sy sê dat haar kinders laat weet het dat sy hulle vieruur by die skool moet kry.
Ek draai na haar kant toe en wil amper lag. Sy het haar bloes agterstevoor aangetrek en die verkeerdom moue pen haar soos in ‘n dwangbuis vas.
Ek woel die bloes oor haar kop en met haar tepels so naby my gesig vergryp ek my aan die mooi. Ek suig een diep in my mond in.
Haar reaksie het ek nie verwag nie. Sy stamp my agteroor op die rusbank en voor ek nog behoorlik val, ruk sy my hemp oop en spring wydsbeen oor my.
Haar hande woel my broek hardhandig los. Ek weet nie of ek my verbeel nie, maar ek hoor ‘n knoop spat. Sy stroop my kaal tot op my knieë – langbroek en onderbroek in ‘n bondel gefrommel. Sy klim weer wydsbeen oor my skoot en skuif op tot oor Faber junior. Met my bobene, en in ‘n mate Junior ook, voel ek duidelik sy is kaal onder die romp.
Sy laat gly haar poeslippe op en af oor Junior. Hy vat nie lank om kop op te tel nie. Ek vroetel met haar tepels en vou my hande om haar borste. Haar oë blink amper fanaties. Sy trek haar romp ook oor haar kop. Ek verwonder my weer oor die heerlike, begeerlike vrou.
Janette woel vir Faber junior tot volle opstandigheid terwyl sy mompel: “Jy het my mal gemaak toe jy my tepel en bors so in jou mond ingesuig het. Jy gaan dit nou om die beurt met hulle doen terwyl ek jou naai.” Met dié lig sy haarself op en sak dan af oor Junior. Haar oë rek as sy voel hoe ek haar binneste volmaak.
Ek begin doen wat sy gesê het. Een na die ander tepel kry spesiale aandag. Hulle staan hard en donker soos moerbye. En met my as haar perd, speel sy cowboy op galop. Ek sit my een hand tussen ons bekkens in en my duim vind haar klit. Op haar ritme begin ek hom vryf en druk. Binne sekondes begin haar oë rol en haar liggaam ruk soos sy kom – dan ook nie ophou kom nie.
Haar kermende geskree sou seker die bure die polisie laat bel het, as hulle sou hoor. Die polsende, dwingende sametrekkings van haar vagina melk my asemjagend leeg. Sy stort hortend op my ineen. Geleidelik raak ons asemhaling normaal. Junior gly nat tevrede uit haar uit.
“Ek is 45 jaar oud. Ek het nog nooit sulke heerlike seks gehad nie. Hoe kry jy dit reg?” fluister sy.
Met my arm om haar, trek ek haar styf teen my vas met my linkerhand. Met my regterhand skulp ek haar linkerbors met die half harde tepel tussen duim en voorvinger.
Ek antwoord saggies in haar oor terwyl ek hom knibbel: “Ek doen maar net wat jou lyf en jy vir my vra! Dit was ‘n wonderlike heerlikheid.”
Sy vat haar bloes en maak my daarmee skoon. “Tyd dat jy gaan, ek moet tot verhaal kom voor ek die kinders moet gaan haal. Waar’s jou foon? Ek laai my nommer op hom.”
Ek begin my klere aantrek. Ek moet rondkyk of ek die afgebreekte knoop van my broek kan sien. Sy gee vir my my foon terug toe sy klaar is. Ek hoor hare lui. “Dis jou eerste oproep na my toe,” sê sy. “Ek hoop daar sal vele wees! Maar nou moet jy gaan.”
Sy vat haar bloes en romp en loop kamer toe. Ek kyk na haar wippende boudjies wat nou ‘n swaai bygekry het. Ek sien die blinknat wat wys op haar binnebene.
“Wat ‘n dag!” sê ek vir myself en stap deur toe terwyl ek voel of my broek sonder die knoop darem bo bly.
Ek’s verstom dat ek al weer kop optel.
(Lees volgende episode HIER)
4 COMMENTS
Besig met bydrae
Tyd bietjie beperk
Baie dankie vir die lesers wat sê dat hulle die poginkies geniet. En groot waardering vir Lusman vir taalversorging… ek leer ….. ek leer 🙂
Kro
Goed geskryf. Ek sien die storielyn laat baie opsies oop. Gaan beslis weer bydrae lewer.
Ja nee kyk! Faber en Faber junior is nie bang nie. Dis verseker. Knap geskryf Baie dankie. Sodra ek “Milady 2” geskryf het sal ek ‘n bydrae maak tot die sage…