Op kantoor meneer (1)

16+
Hoe lank gaan ek lees: 7 minute

deur Wille Will

Taalversorging deur Lusman

Roedan kom, soos gewoonlik, laat by die vergadering ingestap met sy lang lenige lyf geklee in ‘n  donkerblou snyerspak met ‘n ligblou oopslaanhemp daarmee saam. Hy sak in die enigste oop sitplek neer, sy een hand in die lug. Met sy kenmerkende onnutsige glimlag op sy skoongeskeerde gesig met die blou oë en die kort blonde kuif wat uitdagend skuins staan, sê hy net: “Sorrie.”

Alle oë het ná sy binnekoms na hom gedraai. Die twee dames wat ook om die lang tafel sit  onderdruk altwee ‘n glimlag. Die res, die paar mans om die tafel, draai net weer terug, met ‘n sug hier en daar hoorbaar, na die enigste ander dame in die vertrek. Sy staan aan die koppenent van die tafel.

“Meneer Muller, sal jy asseblief na die vergadering vir my in my kantoor kom sien.” Sy plaas die klein, modieuse bril met die silwer kettinkie om haar nek weer terug op haar neusbrug –saak afgehandel. “Ek gaan voort van waar ons onderbreek is deur meneer Muller se laat aansluiting by ons.”

Roedan glimlag nog steeds. Hy is meer geïnteresseerd in die kleredrag van Helga van Antwerpen, die vrou wat voor staan, as in wat sy sê. Sy is geklee in ‘n grys vrouepak met ‘n ovaal kamee wat die ronde kraagpantjies van haar wit bloes bymekaar speld.

Hy wonder waarom Ilse, van Statistiek, en die ander dame links van haar ‘n oomblik gelede so geamuseerd was. Dan dink hy aan die keer toe Ilse, sowat ‘n maand gelede, onverwags in die stoorkamer ingekom het en hom met sy broek op sy enkels en sy hande op die boude van die bukkende nuwe verkopedame gevang het. Sy het gemaak of sy hulle nie gesien het nie en is gou by die deur uit. Dis sweerlik dit, dink hy. En sy het seker vir die vroulike kollega langs van haar van sy eskapade vertel. Dis dié dat sy ook sit en glimlag, maak Roedan sy afleiding.

As sy oë weer na die ander kant van die tafel gaan, sien hy Ilse kyk nog steeds onderlangs na hom. Hy knik vir haar. Sy bloos ooglopend en draai dan haar gesig weer na die spreker voor.

Na die afloop van die vergadering klop Roedan aan die swaar eikehoutdeur waar “Besturende Direkteur” in sierlike goue letters op ‘n naamplaat aangebring is.

“Binne,” hoor hy die skerp stem. Hy draai die deurknop en tree na binne.

Helga van Antwerpen staan met haar rug na hom agter haar lessenaar. Die vingerpunte van haar hande raak liggies aan mekaar agter haar rug. Sy staar uit oor die stad, deur die ruit wat die hele muur voor haar beslaan.

Roedan stap oor die dik mat tot by die lessenaar. “U wou my sien.”

Sy draai nie om nie. Die vingers van die hande agter haar rug skuif net oor mekaar.

“Jy het blykbaar nie respek vir protokol nie. Ook nie vir my vergaderings, of teenoor my nie. Dit laat my wonder of jy respek het vir jouself?” Met hierdie woorde swaai sy om en plaas haar lang vingers op hul punte op haar lessenaar se blad. Met haar grys oë kyk sy hom kil en indringend in sy oë aan.

“Sit,” beveel sy.

Hy gaan sit, maar laat nie sy oë sak – uit haar blik uit nie. Sy bly staan asof sy wag vir ‘n antwoord.

“Juffrou, met alle respek gesê … dis nie met minagting nie, maar my dienste is gesentreer op handelsvlak buite ons kantoor. Ek het geen insette wat ek op ‘n vergadering wil lewer nie. My verkoopsyfers spreek vanself. Daarom vind ek geen baat om die vergaderings by te woon nie.”

Sy neem plaas op haar hoërugstoel en dis asof daar ‘n skadu van ‘n glimlag op haar lippe is. Sy plaas haar bril op die lessenaar en vryf haar neusbrug met haar duim en voorvinger voor sy weer opkyk.

Roedan se oë flits vinnig oor haar gelaatstrekke. Hy besef dat sy eintlik ‘n baie aantreklike vrou is, alhoewel sy seker twintig jaar ouer as sy 31 jaar hy is.

Die juffrou onderbreek sy gedagtes met: “Ek hoor wat jy sê en aanvaar dit as ‘n soort verskoning, maar ek moet te alle tye dat alle personeel ‘n hoë werksetiek handhaaf. Goeie dissipline is vir my uiters belangrik. Ja, dissipline.” Die klem wat sy op die woord “dissipline”  lê is vir Roedan opmerklik.

Sy plaas haar netjies gemanikuurde hande langs mekaar op hul palms op die lessenaar en kyk ‘n oomblik daarna. Wanneer sy weer opkyk is dit asof sy ‘n besluit geneem het.

“Ek dink ek moet … of liewer … ek is genoop om jou beter te leer ken buite die kantoormilieu … wil sien wat jou laat kliek. Dan verstaan ek jou dalk beter.” Sy kyk in sy oë vir ‘n reaksie.

Roedan se denke rol soos die verwerker in ‘n rekenaar. Hy weet nie wat die vrou regtig van hom verlang nie … dis amper asof sy by hom aanlê!

“Wat stel u voor?” neem hy die veilige uitweg.

Sy sit haar hande by mekaar en sê plegtig: “Ek gaan môre vir drie dae na ‘n konferensie. Noteer dus in jou persoonlike dagboek of jy Vrydag by my aan huis aandete om sewe-uur sal kan nuttig.”

“Ek weet ek sal kan, juffrou Van Antwerpen. Baie dankie vir die voorreg.”

“Afgespreek. Nodeloos om te sê, ek voel dat dit privaat tussen ons moet bly. Die kletskouse op kantoor sal ‘n geil dag hê met so ’n private ete by my huis … al is daar niks daaragter nie.”

Haar oë bind vir ‘n oomblik met syne. Roedan staan op. “Sal dit al wees, Juffrou?” Sy knik net.

Hy draai om en stap by haar kantoor uit.

Hy stap met baie vrae wat maal in sy kop met die gang af. Dis asof sy lewe sedert sy egskeiding agt maande gelede net meer gekompliseerd geword het, veral met vroue. En dis asof sy seksdrang baie hoër is as voorheen.

Op die ingewing van die oomblik draai hy in die kort dwarsgang af, eerder as om reguit na sy kantoor te loop. Hy klop aan Statistiek se deur. Toe Ilse se stem vriendelik van binne roep “Kom binne” is hy ‘n oomblik verdwaas waarom hy daar geklop het! Hy stap egter binne. Ilse staan op agter haar tafel.

“A, die laatkommer! Waaraan het ek die besoek te danke?”

“Moenie dit nog erger maak nie, ek is so pas uitgekak deur die baas … askies vir die vloekwoord … sorrie.”

Ilse antwoord met ‘n helder laggie: “As dit is hoe dit jou laat  voel, no probs.”

Roedan komplimenteer haar dadelik: “Jy was die enigste vriendelike gesig vanmôre met die vergadering … toe wonder ek of jy nie ‘n bottel Nederburg Shiraz ’69 vanaand saam met lekker musiek met my wil deel nie … net om dankie te sê.”

Sy kyk hom ‘n sekonde ondersoekend aan. “Dit sou lekker wees, maar jy weet ek is getroud …” Roedan voel en weet dis sy beurt om te bloos.

“Ag, fok.” Hy kyk af.

Sy stap verby hom. Dis asof daar ‘n welkome liggie in sy gedagtes aanskakel toe hy hoor sy sluit haar kantoordeur. Meteens is sy voor hom. Sy neem sy gesig in haar hande en begin hom vurig soen. Sy mond gaan oop onder die aanslag van haar lippe. Maar dis ook van pure verbasing. Want nooit het hy kon dink hierdie vrou, vir wie hy al ‘n geruime tyd sy lippe aflek, sal haar so geredelik beskikbaar maak nie. Sy mond gaan gewillig saam met hare in wedersydse verkenning. Hy voel hoe haar hele liggaam teen syne druk. Haar klein borsies voel soos sagte vla teen sy bolyf. Haar een been krul om sy bene asof sy hom vir ewig wil vashou.

Sy klein brein, wat druk in sy broek, neem oor. Hy voel hoe sy hande die ritssluier agter aan haar rok afruk na onder. Sy staan terug en tel die rok voor op tot bo haar middel. Hy sien haar venusheuwel uitbult in ‘n deurtrekker.

“Ek trek al die afgelope maand, vandat ek jou in die stoorkamer met daai girl gesien het, so aan,” bieg sy. “Maar, daar’s nie nou genoeg tyd nie en hier’s ander mense,” sê sy half sugtend. “Ons kan vanaand uitbrei, nou moet dit ‘n kwiekie wees.”

Roedan pluk sy gulp oop en haal sy meneer uit terwyl sy haar einabroekie afskuif na onder. Haar hande reik na die lessenaar agter haar en met haar kaal boude halfpad oor die rand maak sy haar bene oop. Hy druk sy stywe voël met sy regterhand in haar poes in.

“Bliksem jy’s groot,” kreun sy.

Dan begin hy haar ongenadiglik naai.

Ilse hyg van die naaihale. Sy lyk effens verward, terwyl sy ondertoe staar na haar onderlyf. Haar gevoelens is waarskynlik deels emosioneel en deels fisiek, dink Roedan.

Ilse se vingers boor in Roedan se baadjie se skouers in. Haar hare waai heen en weer oor haar oë saam met die aksie daar onder en in pas met die beweging van Roedan se voël. Hy het haar van die lessenaar af opgetel. Haar bene is half om sy middel. Sy voël pomp staccato in en uit, terwyl hy haar met sy hande onder haar boude in die lug hou.

Toe hy netnou vir die eerste keer in haar ingeslaan het, kon hy sien vlae van pyn en plesier het mekaar afgewissel. Sy groot swingel, of miskien omdat sy self lanklaas verkeer het met haar eie man, het waarskynlik daartoe bygedra. Maar nou het haar sensasies oorgeslaan na suiwere genot, kan Roedan aan haar reaksie op sy stoothale agterkom. Roedan onthou skielik ‘n vrou het op ‘n tyd vir hom gesê hy veroorsaak iets wat voel soos ‘n vuurbal daar onder. Aan Ilse se heftige reaksie en kreune kan hy sien dit moet so iets wees wat nou by haar begin vorm aanneem het. Hy stoot haar met lus.

Roedan begin sirkelbewegings maak met sy penis. Hy doen it nou met elke betreklik stadige instoot. Roedan weet sy tegniek is al so goed ontwikkel dat dit nou elke sentimeter van Ilse se poesie moet vul en aanraak.

“W-w-wat … uhh … m-m-maak j-y nou!” gil sy amper. Dit moet daai vuurbal se vlamme wees wat nou haar liggaam van binne met intense genot deurtrek, dink Roedan. Hy pomp nou weer harder, om dit te laat voortsnel om uitkoms te bereik. Wanneer haar orgasme ontplof, omarm sy sy hoof baie ferm en gee teruggehoue gilletjies. Sy’t nou ook in beweging gekom en slaan met haar lyf op en af oor die volle lengte van sy voël heen. Dis asof daar tande binne haar is wat sy voël van ‘n kant af moet opkou, redeneer Roedan by homself.

As spuit na spuit van sy saad in haar inskiet, grawe sy duime in haar boudwange in. Hy kan sien dit maak seer. ‘n Gevoel van “die piek is bereik, die wenpaal is verbygesnel” kom oor hom. Aan haar gesigsuitdrukking kan hy sien sy moet iets soorgelyks ervaar. Maar dan begin sy weer stampend beweeg, asof sy die aksie wil uitrek.

Sy hande verslap onder haar boude. Die sweet stroom van haar af terwyl hy haar lyf stadig laat afgly teen syne – tot sy weer op die vloer staan.

Met hul gesigte sentimeters van mekaar staar hulle net in mekaar se oë.

Die innige oomblik word verpletter wanneer ‘n stem, ver agter, roep: “Iemand sê asseblief  vir Ilse Romano’s Pizza is hier voor by ontvangs. Haar foon bly beset.”

Hulle swaai soos een na die lessenaar waar die gehoorbuis van die mik af lê. Roedan pluk sy broek se ritssluiter op en vee deur sy blonde, kort hare. Ilse pluk haar pêntietjie op en stryk die kreukels van die rok plat.

“Gee drie tellings na ek by die deur uit is en dan glip jy uit … en bel my later!” sê sy dringend. Sy ontsluit haar kantoordeur, gaan uit en trek dit weer toe.

“Oukei julle … dankie … ek is op pad ontvangs toe!” hoor Roedan haar stem in die gang af roep.

Sy hart klop onstuimig in hom, maar dan gee hy ‘n lang asemteug en drie tellings en maak die deur weer stadig oop. Hy loer vinnig links en regs. Dan stap hy in die gang af terwyl hy die baadjie om sy skouers regtrek.

 

(Lees volgende episode HIER)

16+

12 thoughts on “Op kantoor meneer (1)

  • Avatar
    Sep 27, 2019 at 12:03 pm
    Permalink

    Wow….kampioen storie!
    Nou hoe moet n man deur die dag kom as jy so iets lees.
    En…Annelise…waar is jou reisende hoeretjie dan deesdae?
    Kombiekiehier kannie beter nie

    Reply
    • Avatar
      Sep 27, 2019 at 12:05 pm
      Permalink

      Op pad … ek lees dit net vir oulaas deur ..

      Reply
  • Avatar
    Sep 25, 2019 at 6:31 pm
    Permalink

    Uitstekend Wille Will.

    Hou van die storie en die moontlikhede. Sien uit na die stories wat in ons Godin se “Kantoor” laai le. Dankie

    Reply
  • Avatar
    Sep 25, 2019 at 4:32 pm
    Permalink

    Lekker storie. Het n ander rigting verwag. Hou van die afwagting.

    Reply
  • Avatar
    Sep 25, 2019 at 11:40 am
    Permalink

    En nou wat gaan dit ons arme lustige klomp drommels kos om ons ou lus bevredig te kry Onse Edeldierbaarste?

    Reply
    • Avatar
      Sep 25, 2019 at 11:46 am
      Permalink

      Hehe ek maak jou mos elke dag met ‘n stukkie iets anders lus. Eers nou bietjie Ramkat en dalk moet my hoertjie weer bietjie kilometers opsit …. Of wil jy net een geur roomys hê op ‘n slag? 😝😁

      Reply
      • Avatar
        Sep 25, 2019 at 11:54 am
        Permalink

        Jissie ek wens jou hoertjie kan weer ry, met ‘n lorrie oof andersins…mis haaar…

        Reply
        • Avatar
          Sep 25, 2019 at 12:00 pm
          Permalink

          Sy gaan more weer so paar kilometer vorder … 🙂

          Reply
  • Avatar
    Sep 25, 2019 at 10:56 am
    Permalink

    Meesterlik ou Wll. Kannie wag vir nog nie!!

    Reply
    • Avatar
      Sep 25, 2019 at 11:43 am
      Permalink

      daar kom nog met ‘n kinkel of twee…dankie intusssen vir jou en Ysbeer.

      Reply
  • Avatar
    Sep 25, 2019 at 8:12 am
    Permalink

    Will, jou ou meester. Hierdie storie is so goed, ek word sommer n kantoor werker.
    Maar verseker is Roedan nog nie klaar met die personeel nie, of is dit nou anders om?

    Reply
    • Avatar
      Sep 25, 2019 at 8:13 am
      Permalink

      (Nope hy is nog so episode of twee van klaar af. Hulle lê reeds hier in my laai … 😝)

      Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)