
‘n Dagga orgasme – en 5 dinge wat jy…
deur kombiekiehier se resident nursie
“Is dit waar dat orgasmes meer intens is as jy op ‘n dagga-plak is?”
Ek het hierdie vraag al ‘n paar keer gehoor. Dis sommer ‘n goeie ene om hierdie nursie-hoekie van kombiekiehier mee af te skop. 😉 Miskien vra mense my omdat ek so nou en dan bietjie van die groen kruie gebruik en ook omdat ek so nou en dan orgasmes kry. Die kans is daarom groot dat ek die twee al op dieselfde tyd beleef het. Die logika agter die vraag is reg. Ek kan my antwoord begin deur my eie ervaring met jou te deel. Dis tog die beste leermeester, sê hulle mos, né? Ervaring.
My eerste dagga-orgasme was moontlik “te” alles omdat die hoeveelheid Mary Jane wat ek ingeneem het hopeloos te veel was. Ek was ‘n weed-virgin en wou dit eet eerder as rook. En net daar het my moeilikheid begin, want as mens dit eet vat die effek lank om in te skop … en toe eet ek nog … en toe skop die eerstes in. En toe kap dit my six-love vir die grootste trip denkbaar. Maar die orgasme … ure later het ek kaal langs my reeds slapende partner onder die lakens ingekruip. Die bed het soos ‘n sinkplaat onder my hipersensitiewe lyf gevoel. Die laken was skuurpapier en ek het gedink my liggaam gaan deur die matras sak. Elke liewe sensasie was vermenigvuldig met duisend. En toe draai my partner om en vat aan my …
As mens geweed is doen tyd snaakse dinge aan jou. Minute voel soos ure en ure soos minute. Jou brein is net so opgewerk as wat jou sintuie is so jy het miljuisende gedagtes wat deur dit flits – dis baie moeilik om een lank genoeg vas te gryp om iets daarmee te doen. En vroue het dikwels daardie gedagtes nodig om ‘n orgasme te kry.
Ek kan nie sê hoe lank my maat se hande oor my lyf beweeg het nie. Ek het nie ‘n clue hoe lank hy my hiper-sensitiewe sensitiewe dele vertroetel het nie. Ek vermoed dit was lank, want ek het, terwyl my lyf op die rand van ontplof rondgehang het, los gedagtes uit die stroom in my kop gepluk – en soms nog oor sommige van hulle gegiggel ook.
Maar eventually … eventually, het dit gebeur. Ek het gekom. Groot, onbeskryflik groot. My lyf het meer intens ontplof as ooit tevore. En miskien het dit ure lank aangehou en miskien het minute soos ure gevoel – maar dan is dit nog steeds ‘n bonus. Kry mens groot orgasmes op weed? My persoonlike antwoord is beslis. Maar moenie net vir my glo nie …

5 dinge wat jy oor dagga-orgasmes moet weet voor jy dit self probeer:
1. Die seksuele effek van dagga is, anders as met ander drugs soos alkohol, redelik onvoorspelbaar. Dit is omdat die hoeveelheid wat jy gebruik jou reaksie beinvloed. Sommige verbruikers sê dat as hulle ‘n intense trip het hulle meer in hulself keer en dan die konneksie met hulle metgesel verloor. Die wat dit positief ervaar sê dit verhoog hulle seksualiteit en begeerte en dra by tot die intensiteit van die hele seksuele aanraking. Less is more is in hierdie geval die beste maatstaf en dis wat ek met latere eksperimente ervaar het. Een joint maak seks beter, twee joints kan maak dat jy te “weg” is om dit te geniet. As jy nie te hoog is nie, is daardie vlietende gedagtes meer beheerbaar en is jy meer “binne” as “buite” jou liggaam – die orgasmes is steeds intenser, maar jy onthou om die voorafgaande deel van liefdemaak ook te geniet.
2. Sommige vroue wat sukkel om orgasmes te kry vind dat hulle makliker en meer orgasmes kry wanneer hulle op ‘n dagga-high is. Dit is waarskynlik omdat dit hulle laat ontspan en hulle nie op die gewone gesukkel konsentreer nie, maar op die ander sensasies wat die liggaam ervaar. Intenser en meer kreatiewe fantasieë wat sommige mense kry wanneer hulle hoog is mag ook tot verhoogde plesier lei.
3. Dit neem dikwels langer om ‘n orgasme te kry wanneer jy dagga gebruik. Dit is juis een van die maniere om ‘n orgasme (veral by ‘n vrou) meer intens te maak – hoe langer dit vat, hoe groter is die finale ontploffing.
4. Dagga kan jou hiper-connected laat voel aan iemand. Dis asof mens mekaar op meer gebiede “vang” as gewoonlik. Woorde beteken meer op meer vlakke. Hierdie gevoel van nabyheid maak ook die seksuele ervaring meer intiem.
5. Die positiewe effek van dagga op seksualiteit en orgasmes is groter by vroue as by mans, maar daar is byvoorbeeld in een studie van 800 mans gevind dat 83 persent ervaar het dat marijuana hulle seksuele plesier verhoog. In ‘n ander studie is bevind dat 75 persent verhoogde seksuele plesier en tevredenheid, 68 persent intenser orgasmes en 30 persent langer uithouvermoë gedurende penetrasie ervaar het. Meer vroue rapporteer hoër vlakke van verhoogde seksuele begeerte wanneer hulle dagga gebruik. In een studie het 90 persent verskillende grade van groter plesier aangedui en 40 persent gesê dat hulle orgasmes intenser was.
Ek moedig niemand aan om dwelms te gebruik nie. Ek antwoord net die vraag. En die eerlikste antwoord wat ek kan gee kom uit my eie ondervinding.
Ek lê op my bed. Ek het inhale. Diep. Nou luister ek na die voëls in die boom net buite my kamervenster terwyl ek my syerige laken tussen my kaal bene deur laat streel. Die kussing is ‘n wolk onder my kop. Oral waar ek aan myself vat bly daar ‘n sensitiewe strepie op my vel agter. My tepels voel elektries na ek hulle met my vinger gesirkel het. My hart klop effens vinniger as gewoonlik – ek hoor die bloed in my suis. Ek voel vreedsaam en happy en swewend. En dan vat ek daar … tussen my bene…
7 COMMENTS
En dan die volgende gaan ons ook probeer: Ons ken mekaar se lywe en ons eie lywe goed. Sy gaan eerste probeer, want ‘n vrou se orgasme is langer as ‘n man sn.
Gaan die vape regkry, maar ons gaan sonder dit begin. Dalk eers net probeer terwyl ek haar klit werk. As sy dan voel haar orgasme kom nader, gaan sy die vape so paar kere chain-hit, met die doel dat die dagga vape haar hit omtrent dieselfde tyd wat sy kom.
OK, het die afgelope naweek 2 kere ‘n dagga orgasme gehad.
Die eerste keer net so bietjie hoog, en oeeee, dat was heerlik. Relaxed, geen stres, connected, en kom dat my kop soos ‘n woer-woer draai en dit voel of my oë skeel trek. Dit was Vrydagaand, goeie ou zol brand gemaak.
Saterdagaand toe weer, die keer so high soos ‘n kite, toe is dit pomp, pomp, pomp, pomp… en pomp en pomp, en pomp en pomp en pomp en pomp. En nog pomp. En pomp en pomp en pomp. En toe kom sy, maar dink nie haar kom was iets besonders nie. Ek het bietjies BAIE gevape met my dagga juice wat ek self maak, so toe pomp ek nog, en sy giggel want toe is haar clit sensitief na die orgasme, en ek giggel, en ek pomp en pomp, en toe kom ek. So-so. Uiteindelik. Dankie tog.
Ek is ook nie seker hoe lank ons Saterdaagaand gepomp het nie. Ek dink dit was laaaank, maar nie een van ons is seer gepomp nie. Dalk was dit eintlik kort, of dalk was sy baie nat.
Minder is definitief beter.
Miskien moet ons hierdie vraag oopgooi op ond Gemeenskap werf?
Ek het nou eers hard gesoek na die. Vanaand is die aand (hoop ek). Sal onthou less is more.
Wat is die vraag? 🙂 Julle kan vra net wat julle wil op Gemeenskap. 🙂
Om ‘n partner te kry wat dit wil probeer….. That’s the question.
Dalk sal hierdie post hulle aanmoedig 😉 Share met die partners wat jy wil oortuig. 🙂