Is jy seksueel gefrustreerd? (3)

13+
Hoe lank gaan ek lees: 11 minute

deur JouBok

 

(Lees vorige episode HIER)

 

Ek word wakker vanuit ’n onrustige slaap. Hierdie woorde refrein deur my gedagtes.

… Every night in my dreams
I see you, I feel you
That is how I know you go on

Far across the distance
And spaces between us
You have come to show you go on …

Die musiek en woorde van ’n lied uit Titanic draai in my kop. Wakker of slaap, bly ek bewus van die heimweë na die vrou wat Rose se skets teen haar kantoormuur gehad het.  

Wanneer ek my oë toemaak sien ek steeds ‘haar’ skets. Dit reik oor afstand en tyd en kom vertoon haarself oor en oor aan my. Hoe langer ek die skets-beeld in my gedagtes koester hoe meer vervaag die swart-en-wit potlood-skets en dit kry kleur. Rose se gesig word wasig en ek sien Jane se laggende oë en gelaat haar plek inneem en ek onthou. Ek onthou haar passievolle lippe, inmekaartrek-giggel wanneer ek aan haar ore knibbel, haar keel, betowerende borste waarvan my mond en hande nie genoeg kon kry, hande wat speels haarself vir my verberg en ek verlang om hulle weer oor en om my te voel.  

***

Daardie volgende oggend het ek vroeër as normaalweg wakker geword. Die nag was kort maar ook te lank. Ek wou nie die ervaring van gister te lank uit my geheue laat gaan nie. Is dit moontlik dat my wese nog steeds bewus is van Jane se geur, haar hande, haar lyf, haar mond en die passie in die ervaring van haar om my? Jane het my brein en elke senuweebondel in my lyf oorlaai met haar inhibisielose seksuele energie waarmee sy my die vorige dag oorweldig het.

’n Vinnige stort en ’n beker koffie om die dag mee te begin.

Ek trek my leerbaadjie aan. Vandag ry ek werk toe met my motorfiets.

Wanneer ek buitentoe stap in die koel van die oggend dink ek dat dit later warm gaan word. ’n Motorfiets met ’n vol tenk petrol en ’n besige kop loop saam soos boude.

Daar is niks soos die ervaring van “te veel vensters en te min deure” met ’n valhelm oor my kop nie. Dit is soos om vir ’n hond te vra waarom druk hy sy kop by die venster van ’n bewegende voertuig uit. Dit sny my van die wêreld af wanneer ek “me-time” terapie nodig het.

Vanoggend ry ‘ons’ langpad werktoe. Twaalf minute is nie lank genoeg nie.  Ek wag dat die hek agter my toeskuif terwyl die enjin kragtig tussen my bene smeek om oopgedraai te word. Ek ruik die soet Jasmyn wat lui in die lug hang en ek onthou.

Wanneer ek deur die stad ry geniet ek die son wat so ’n handbreedte skuins agter my opkom. Op die middelmannetjies staan blokke Gousblomme en Namakwalandse daisies wat uitbundig flankeer met die son wat hulle lewe gee. Die goud, geel, oranje, rooi en groen  streel my oog en ek wens ek kon die ervaring met Jane deel.

Buite die stad kies ek koers op die wye Vrystaatse pad wat oop en skoon voor my lê. Hierdie pad is ’n biker se droom, maar vandag is Jane my droom. Veertig minute later en so 120 km verder stop ek op my aangewese parkeerplek voor ons kantoor.

By ons kantoorblok vind ek dit vreemd dat die buitedeur alreeds oop is. Ek stap in die gang af en sien dat die lig vanuit Jane se kantoordeur oor die gang vloer val. Sy is vroeg! My hart spring in my keel. Hoeveel keer het ek in my gedagtes ’n groet probeer bymekaarsit om haar te sê, dit is “OK” na haar “No Regret” groet van gister?

Ek sien ’n paar goed gelyk wanneer ek Jane se kantoor binnestap met ’n vriendelike “goeie môre.” Jane is steeds begeerlik mooi en sy sit agter haar lessenaar. Sy het ’n vrolike geblomde hibiscus-somersrok aan. Rose se skets wat agter haar teen die muur opgeplak was, is nie meer gesensor nie! Jane het die sterretjie wat sy daardie tyd opgeplak het afgehaal en sy sit daarmee in haar hand. Sy staan op met die mooiste glimlag en gee die stukkie sterretjie-papier vir my.

Sy kom voor my staan en ek neem dit uit haar hand. Ek sien daarop is iets in haar fyn handskrif geskryf. Dit lees: “It’s yours – You have seen it all.” Ek lag en wanneer ek my hand na haar uitsteek beweeg sy terug en glimlag. Al wat ek kan en wil sê is: “Thank you, you are beautiful.”  In daai oomblik weet ek, sy is, ek is, ons is “OK.”

In my kantoor is daar is baie om te doen sodat alles in plek is om die mynstelsels na die nuwe jaar oor te skakel. Nou en dan hoor ek Jane se stem onder in die gang wanneer sy met iemand praat. Ek leef in my ‘man-boks’ wêreld wanneer iemand teen my deurkoesyn klop om my aandag te trek. Ek ruik die geur van vars koffie en ek verlusting my aan Jane en die visioen van haar en haar rok wat ’n sweempie van die lig agter haar laat deurskyn terwyl sy in my kantoordeur staan. Ek dwing my oë na haar gesig en ek sien sy lag vir my onsuksesvolle poging om beskaafd te lyk.

Ek rek biekie my bene deur saam met haar te staan en koffie drink. Sy draai om en begin om terug te stap na haar kantoor. Oor haar skouer hoor ek haar sê: “I will check in on you at lunchtime.”

Wanneer sy wegstap bewonder ek haar lyf wat binne haar vrolike hibiscus-blommerok beweeg. Ek stap na my rekenaar en tik ‘n epos waarin ek haar komplimenteer en stout byvoeg dat ek baie van haar blomme hou. Ek kry net ’n oopbek geel smiley terug.

Met my motorfietsryery vanoggend het ek nie iets saamgebring om te eet nie. Ek bel Jane en vra of sy lus het vir ’n wegneembroodjie van die kantien? Ek bestel vir ons en net vir die moedswil vra ek vir twee Appeltizers wanneer ek betaal.

Eetenstyd … lekker lag oor die blatante Appeltizers saam met broodjies. Sy sit oorkant my en dit is lekker om met haar te gesels. Ons gesprek gaan oor haar dogter wat wag op haar finale uitslae en diè se planne vir volgende jaar. Haar seun wat sy eerstejaar net-net deurgeskuur het. Hulle droom van New Zealand. Ek wil nie daarvan hoor nie.

Ek vertel haar hoe ek my motorfiets rit werktoe geniet het. Van die blomme op die middelmannetjie en die Jasmyn wat blom en hoe haar rok my aan die vrolike blomme herinner. Sy glimlag en vra: “Which one do you like best?”

Ek sê dat sy moet nader staan dan wys ek haar. My oë waarsku, maar sy besluit ek bluf. Wanneer sy om my lessenaar beweeg, druk ek haar dat sy staan-sit op die kant van my tafel. Skaars 30cm van my linkerhand af. Ek begin deur eers met my vinger na ‘n half afgesnyde hibiscus wat op die naat van haar rok, op haar heup sit te druk en dan harder daaraan te vat. ’n Ligte rilling gaan deur haar lyf wanneer my vingers oor haar sy gly en ek besef hoe kielierig sy is. My vingers en hande besoek elke blom op al die “vatsoenlike” plekke. My oë fikseer op die hibiscus wat oor haar bors gedruk is. Met ’n ondeunde lag vra ek haar of ek haar die mooiste een kan wys. Haar kopknik is my woordelose toestemming.

’n Hees uitroep ontsnap haar keel wanneer my vingers begin sirkel. Ek plaas die palm van my hand half onder haar bors sodat my vingers oor haar tepel vryf. Wanneer ek voel hoe haar tepel op my aanraking reageer en nog harder word maak ek my vingers oop en knyp haar tepel deur die dun van die material tussen my vingers. Jane se kop is agteroor gebuig.  My hand vou harder oor haar bors en ek sien hoe haar mond oopgaan. Haar kneukels raak wit soos haar hande die kant van die tafel klem. Ek doen dieselfde met haar tweelingsussie en ek verlusting my daaraan hoe die vrou wat langs my staan haarself teen die kant van die tafel druk.

My hand los haar tieties en vertrek op ’n reis oor haar maag, haar heuwel wat terugdruk wanneer ek daarteen druk. Verkennend druk ek die blommerok tussen haar bene in soos ek my hand verder afskuif tot dit die kaal van haar vel voel net onder die soom van haar rok wat net by haar knieë hang. Jane skuif haar voete verder uitmekaar.

My neus vertel vir my dat daar ’n verrassing op die punte van my vingers wag. My hand liefkoos haar sagte vel van haar bobeen. Weer maak Jane meer plek vir my hand wat tussen haar dye hoër onder haar blommerok verken. My vingers registreer die hitte en die nattigheid wat deur die sagte material van haar broekie sypel. My lyf onthou. Ek moet in my stoel skuif om beter sit te kry, dan hoor ek haar sê: “I see you are sexually frustrated. Serves you right for wanting to admire flowers during the day.”

Ek maak of ek haar nie hoor nie en laat my vingers van so hoog voor tot so ver agter gly. Dit is satynsag en vrou-glad. My vingers vind die ompad na haar nektar-fontein en twee vingers verken die nou bekende poesie. ’n Derde vinger dring aan om ook saam te speel en verdwyn in die nattigheid. My duim vind sy eie speelmaatjie wat wegkruipertjie gespeel het maar nou uitkom om saam te speel. My hand en vingers dans ’n ritmiese dans in en oor haar.

Jane se lus vloei vrylik en glad oor my hand. Ek hoor hoe haar asem hees uit haar keel ontsnap. Dan verstyf haar bene en haar een hand gryp my hand deur haar rok en druk my styf en diep teen haar vas. Haar ander hand is versteen om die rand van die tafel.

Ek verlustig my aan die manier hoe hierdie vrou ’n klimaks ervaar. Dit lyk of dit by haar gesig, voete en hande begin en dan inplof na die middelpunt van haar vrouwees om weer te ontplof en haar liggaam ’n die hitte van die ontploffings-gloed te baai. Haar asem jaag. Haar gesig is rooi en haar tepels druk punte deur haar bra en rok. Stadig kom sy terug na die hede. Al wat sy sê voor sy wegstap is: “I owe you one.”

Ek sit agter my lessenaar en wens dat dit nie so geeindig het nie. Ek is styfseer en het nodig om verligting te kry.  Eers oorweeg ek om ’n draai te loop en gou ’n plan te maak, maar wanneer ek opstaan besluit ek dat met ’n natkol en ’n tent sal dit nie die gewenste ding wees om in die gang af te stap nie.

Later hoor ek haar in haar kantoor. My rekenaar waarsku my dat ek ’n e-pos ontvang het. Dis van Jane. ’n Groot glimlaggende smiley en onderaan: “Sien jou in jou kantoor na die ander huis toe is.” Whaw … Afrikaans … ek is besig om iets reg te doen.

Die res van die dag loop sleepvoet verby. Kwart oor vier kom groet die laaste ouens in die gang om huis toe te gaan. Jane stap saam met hulle my kantoor binne en sê: “Bye” maar knipoog vir my.  Wanneer sy omdraai om te loop aarsel sy vir ’n oomblik by die deur en draai dan om. Stap na my toe en hou haar gebaldevuis-hand na my uit. Ek sien niks in haar hand nie, maar steek tog my hand uit om te vat. Sy maak haar hand teen myne oop en ek voel iets sags en nat in my hand val. Haar broekie. Steeds baie nat! Sy moes dit uitgetrek het net voor sy opgepak het. ’n Trofeë! Ek glimlag. Sy draai om en stap uit sonder om weer terug te kyk.

Ek trek die bondeltjie lap uitmekaar om ons wonder van vroeër te bekyk. ’n Stukkie klam papier waarop iets geskryf staan val op my tafel. “You like my smell – enjoy.”  

Met ’n glimlag druk ek die stukkie lap teen my neus en trek ’n diep asem teug in. Soos ’n bloedhond bevestig ek dat dit wel Jane se broekie en haar sappe is wat sy vir my gegee het.

Ek krap rond om die laaste gedoen te kry en so skuins voor vyf begin ek die chaos op my tafel in orde kry. Die skoonmakers het hulle rondte gedoen. Hulle is alreeds ’n geruime tyd weg toe ek die buitedeur hoor toegaan en die deur sluit. Vreemd? Hulle weet mos ek is steeds hier. Ek hoor voetstappe die gang afkom?

’n Vrolike glimlaggende blommerok staan in my deur. Jane sê dat sy iets vergeet het en dat sy dit gou kom doen het. Ek vra haar wat sy vergeet het en sy lig die voorkant van haar rok op om trots vir my te wys dat ek met haar broekie op my tafel sit.

Fokkit – sy kon nie beter en duideliker vra nie. Ek storm op haar af, gryp haar om die lyf en pluk haar nader. Hande en arms omvou. Ons monde ontmoet. Ek proe bloed waar haar tande per ongeluk my lip stukkend stamp. Ons tonge dans. Lywe vleg inmekaar. Ek trek haar rok oor haar kop. My mond knibbel haar oor en soen haar nek. My en haar vingers is in ’n verbete stryd gewikkel om te sien wie gaan eerste die ander se klere uit hê. Sy, met my belt en broek en ek vroetel met die losknip van haar bra. Ek wen en trek die stukkie kant oor haar skouers en laat dit op my tafel langs haar broekie val.

Sy staan naak voor my. My broek val na my voete. Ek kan nie my ry-stewels uittrap nie ek moet verlief neem om met my broek om my voete te staan.  Sy trek my onderbroek af. Daar is geen huiwering wanneer haar vingers om my horing vou en sy dit gulsig in haar mond insuig nie.

My half losgemaakte hemp hang oor my skouers. My vingers strengel in haar hare. Sy kyk op na my en druk my diep in haar mond.

Sy trek my uit haar mond en lek oor my halfontblote persgeswelde kop. Haar vingers gly oor my lengte, druk die voorvel verder terug en laat haar tong rondom my kop gly. Ek hoor haar sê: “I always wanted to do this.”

Haar tong volg die gewelde are van my basis tot by die kruin. Gulsig sluk sy my terug in haar mond en ek sien hoe ek diep wegsak in haar verruklike mond wat so lekker soen. Ek wonder net vir ’n oomblik wat die lekkerste is soen of …? Wanneer ek afkyk hoef nie verder te wonder nie.

Daar is ’n doelgerigtheid in haar optrede. So asof sy iets kan, moet en wil doen. Haar een hand vou om my saadsak en begin met die balle daarin speel. Ek hoor hoe sy stik wanneer my uitgeswelde voël dieper in haar mond verdwyn. My hande is op hulle eie missie en dit hou haar kop vas dat sy nie kan wegtrek nie.

Hierdie maakpas behandeling wat ek ontvang maak dat my toere besig is om nader aan die rooilyn te draai. Die ekstase van ’n vrou wat tussen my bene kniel. Oë wat elke emosie, trek en glimlag op my gesig waarneem en daarop reageer. ’n Hand wat streel, troetel en net hard genoeg druk om my aandag te hou. ’n Mond wat verruklike gevoelens opwek. Spoeg wat van haar ken na haar borste hang. Haar ander hand wat om my boude vou en my vashou en nader trek. Ek weet dat vandag gaan sy my nie toelaat om haar weg te stoot nie. Dit is so lekker om te ervaar hoe my fantasie besig is om waar te word.

Ek veg teen die gevoel van euforia wat besig is om my wese te oorweldig.  Ek mag en wil nie nou al ontplof nie. Die oomblik moet aanhou. Hierdie oomblik moet vir ewig aanhou. Ek dink aan reënboog lig van die son wat deur die sproei van water op blomme val. Ek dink aan die dreun van my motorfiets enjin en die wind in my gesig, die geur van varsgesnyde lusern, die reuk van grond wat geploeg word … Ek kan nie meer dink nie.

Haar neus druk teen my kaalgeskeerde lyf. Haar hand omvou my saamgetrekte saadsakke. Haar vingers klem diep om my boud. Haar keel vou om my en dan bestaan ek nie meer nie.  Ek is een groot ontploffende vuurwerk. Nee ek is een groot orgasme. Nee ek is een kernontploffing van plesier.. Nee ek is … ek is tevrede in Jane se mond. Ek voel haar lyf ruk en haar rug verstyf. Ons versteen in mekaar se greep.

Ek sak inmekaar en hou Jane vas. Ek ruik my op haar asem. Ek soen haar op haar mond – haar mond gaan oop – ek proe myself. Dit laat my dink aan die woorde wat ek lank terug vir haar gesê het: “Wat jy het, wil ek hê – wat ek het, wil ek vir jou gee.”  Saam koel ons af en ons hou mekaar vas asof ons nooit wil laat gaan nie.

Die antiklimaks van klere aantrek en uitmekaar gaan bring saam met die frustrasie ’n welkom glimlag. Ek vra haar of sy gekry het wat sy vergeet het?

Sy slaan my speels teen my bors en glimlag terwyl sy sê: “Yes, I delivered your gift, collected what you own me and remember – no regrets.”

Ek stap die gang af, sluit die deur.

Wanneer my valhelm oor my kop sluit en ek die oop pad voor my sien begin ek sing.

 

…  Hello, my friend, hello
It’s good to need you so
It’s good to love you like I do
And to feel this way
When I hear you say, hallo …

 

(Lees volgende episode HIER)

13+

6 thoughts on “Is jy seksueel gefrustreerd? (3)

  • Avatar
    Sep 17, 2019 at 12:30 am
    Permalink

    jouBok, jy is besig om my verslaaf te maak aan jou stories!
    Moenie ophou nie …en ek gaan NIE rehab toe nie ☺

    Reply
  • Avatar
    Sep 14, 2019 at 12:06 pm
    Permalink

    JouBok, weereens absoluut fantasies geskryf. Hierdie is n storie en n half.

    Reply
    • Avatar
      Sep 16, 2019 at 9:58 am
      Permalink

      Baie dankie julle.

      Bly julle geniet Jane se storie. Sy gaan (hopelik) nog baie kinky raak. 🙂

      Reply
      • Avatar
        Sep 16, 2019 at 2:44 pm
        Permalink

        Ek hoop wraggies nie sy vat baie lank nie. Ons wag in spanning.

        Reply
  • Avatar
    Sep 14, 2019 at 11:50 am
    Permalink

    Kantoor romanse…stout lekker.

    Reply
  • Avatar
    Sep 13, 2019 at 2:21 pm
    Permalink

    My gunsteling storie tans. Baie goed geskryf.

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)