Is jy seksueel gefrustreerd? (2)

18+
Hoe lank gaan ek lees: 9 minute

deur JouBok

(Lees vorige episde HIER)

Dit is laatnag. Net ’n flentertjie van die gawe van ons Maangodin hang laag op die horison van die donkernag.

My skootrekenaar se skerm herhaal eindloos die Kombiekiehier Vreeslose Bloumaandagfoto van ’n ekstasegevulde hemelse gesig in ‘n deurmekaar kantoor. Die enigste ander lig in my studeerkamer is die LED gloeilamp wat my studeertafel in ’n sagte lig vashou.

Die tydlose dreuning van die seegolwe soos dit breek op die rotse sweef saam met die sagte bries deur my oop skuifdeur my studeerkamer binne. Buite, tussen die bome, roep ’n naguil na sy maat. 

My gedagtes verwelkom die stilte na ek herhaaldelik die ritmiese pols van die versameling snitte “Proe aan die Maangodin” geluister het. Die musiek refrein deur my kop en saam met die toneel op my skerm word 22 jaar bitter kort. Dit is die soveelste keer dat ek daardie dag herleef en ek sal nooit moeg word daarvoor nie.

***

Jane se hande het my belt losgewikkel, die jean se knoop en ritsluiter het gevolg. Sy het dit haar plesier gemaak om haar hande oraloor op my te kry. Met haar hand het sy oor my jockey gevryf om die hardheid en die grote van my horing in volle glorie te verken. Haar hand het onder my jockey ingegly en my voor-kom oor my geswelde akker gesmeer.

Sy het skielik ’n ander uitdrukking op haar gesig gekry en haar hand uitgetrek en begin om my hempsknope los te maak. Ek wou nog help, maar ’n kyk gekry wat enige kleuter sou laat spaander. Ek sal nie sê dat ek die nuwe Jane se optrede en behandeling geniet het nie …  Nee. Dit was ver meer as geniet – ek was in ekstase.

Toe sy my hemp oop het, het haar hande oor my bors gestreel en haar vingers het klein sirkels in en oor my borshare en tepels getrek.

Met ’n glimlag het Jane afgebuk na my regtertepel en haar tong sag daaroor gestreel. Toe het sy haar mond na my linkerkant gesoen-skuif terwyl haar tong my liefkoos. Verruklike tongbehandeling! Jane het haar kop opgelig en my saggies op my mond gesoen en iets  fluistersag in my mond geprewel terwyl haar vingers my tepels hard gedraai het. Later toe ek haar daarna vra sou ek hoor dat die woorde was: “Thank you for the best orgasm of my life.

Haar hande het my hande wat op haar tieties was geneem en haar vingers het tussen my vingers ingevleg. Sy het my arms van my lyf weggetrek en vasgehou. Weer het haar mond afgesak em my tepel gevind. Haar tande het oor my tepel gesluit en vasgebyt. Sy het my so hard gebyt dat die wit-flits van pyn my brein tot stillstand gebring het. Vir ’n oomblik het ek gewonder of sy my tepel wil afbyt ….

My hande het om haar vingers versteen. Ek wou nog skree – toe is die pyn verby. Wanneer haar lippe om my ander tepel sluit, byt  ek op my tande vir wat nou gaan volg. Groot was my verbasing toe ek net ’n nat-warm soen kry. Sy het haar kop opgelig en my in die oë kyk. Haar oë vol duiweltjies en myne vol vrae.

Sy lag uit haar keel wanneer sy sê: “That was for making me wait so lon g… and the other thanking in advance for what I am going to receive.”

Daardie woorde het die Atlas in my krag gegee.

Sy pluk my hemp van my skouers af en begin om my Jeans en onderbroek oor my boude te wikkel sodat my horing vry kan uitspring. Haar hande het nou volle toegang tot my manlikheid. Uitgeswel, seerstyf staan ek voor haar. My akker loer onder die voorvel uit wat die helfte van my glans bedek. Sy neem my in haar hande en staan efens weg sodat sy beter tussen ons kan sien. Ek sien hoe die voor-kom ’n perêl bo-op my spleet vorm. Met haar duim versprei sy dit oor my pers uitgeswelde akker. Haar ander hand gly af na my saadballe wat voel of hulle ’n jaar laas gesaai het. Dan, met haar twee hande, begin sy stadig op en af vryf en daarmee saam vertoon sy met elke beweging meer van my manlikheid wat smeek om bevredig te word.

My oog vang die uitdrukking van lus op haar gesig wanneer sy oor haar lippe lek. Ek sien ’n volbloed vrou in hitte en ek voel die passie in haar lyf brand. Hierdie is ’n vrou wat haar ordentlikheid oor die muur van inhibisie gegooi het. Al wat oorbly is om te plesier en plesier te ontvang. Ek druk met my hande op haar skouers en haar knieë knak gewillig tot hulle op die growwe mat van die kantoor tot stillstand kom. Ek voel haar tong voel, voel aan my voël raak. Ek ruik haar – Ek ruik myself – Ek ruik ons.

My knieë dreig om te knak wanneer haar lippe om my voël sluit. Meer as ’n jaar fantaseer ek oor hierdie oomblik. Ek gee my oor aan die plesier. Jane suig my in haar mond en ek kan nie anders as om my hande om haar kop te klem nie. Ek oorspan my wilskrag om nie haar kop nader te pluk en my diep in haar mond te begrawe nie.

Ek staar in bewondering na waar ek in haar mond verdwyn en haar opkyk-oë my vir goedkeuring vra. Partykeer hoor ek ’n stikgeluid wanneer sy my dieper in haar mond intrek as wat sy beplan het. Spoeg hang drade van haar mondhoeke na haar borste. In my lyf voel ek hoe elke weefsel en senuweebondel my waarsku. Agter my oë begin rooi ligte flikker.  Ek voel soos ’n verraaier wanneer ek haar kop van my wegdruk en haar op haar voete trek.

In daardie oomblik doen ek iets wat ek onder normale omstandighede nooit sou doen nie. Terwyl my lyf meewerk met Jane se hande om my klere te verwyder, trap ek my skoene uit. My vingers haak haar klere en ek trek haar langbroek en broekie in een beweging af. Ek verkyk my wanneer ek sien hoe haar ek-wil-nie-weggaan nattigheid ’n lang silwer lewensdraad tussen haar lippe en haar broekie trek. Wanneer dit breek, klou dit in ’n blink streep aan die binnekant van haar been.

Terwyl ek op my hurke voor haar staan is haar amper-kaalgeskeerde vroulikheid ooghoogte en ek ruik haar. Duisend maal lekkerder as daardie eerste keer dat ek haar geruik het toe ek oor haar skouer gebuk het om haar met ’n rekenaar probleem te help.

Wanneer sy uit haar klere trap is die oomblik te groot. Ek moet proe! Ek trek met twee vingers vore deur haar sopnat sloot en verwonder my aan die helder gladheid wat op haar lippe en om my vingers glinster. Benat en vrou-glad vryf ek met my duim en twee vingers teen mekaar.  Ek druk my vingers teen my neus en ek adem die geur van vrouwees soos ’n rooiwyn-kenner wat die beste oesjaar se vrug bewonder. My mond gaan vanself oop en ek druk my vingers tussen my lippe en met my tong lek ek haar nattigheid af. Ek proe haar! Sy smaak 10 000 keer lekkerder as wat ek ooit sou kon beskryf. Elke molekule, elke gene, elke feromoon en elke geur en elke reuk skree my naam. Ek is voltooi.

Van die ver uithoek van my ekstase hoor ek hoe haar asem jaag wanneer sy na my afkyk en haar verstom dat ek hierdie ervaring so koester.  Daar is ’n uiterste trek van genoegdoenning op haar mond en haar oë glinster wanneer ek sommer so speels weer my vingers benat onder die fontein van haar druppende nattigheid en liefderik daaraan proe.  Ek besluit daar en dan dit ’n uitgemaakte saak is dat my dors nooit genoeg van haar sal kan drink nie.

Ek sak op my knieë en aanbid die lieflikheid voor my mond. Haar rug span ’n boog soos sy haarself uitdruk om meer van haar vir my te offer. Sy druk haarself harder teen my lippe wanneer ek teen haar heuwel raak. ’n Heuwel wat oorwin en ingeneem moet word. My tong vind ’n snelweg tussen haar lippe en kom tot rus op haar turboaanjaer knoppie. Haar bene gaan wyer oop wanneer my hande teen haar dye druk. Daar is geen skaamte of voorbehoud wanneer sy my die beste toegang na haar poes gee. My vingers beweeg na die middelpunt van haar lus.

Twee … drie vingers glip in haar gladheid. My ander hand omklem ’n boud. Met my middelvinger soek, soek ek na daardie rosyntjie wat sy aan my beloof het. Wanneer my vingerpunt dit vind en drukking daarop plaas voel ek hoe haar boude toeknyp, maar na ’n oombilk ontspan.

Te veel dinge is besig om op dieselfde tyd met die vrou voor my te gebeur. Ek hoor hoe haar asem jaag. Haar regterhand is op my kop en ek haar vingers deur my hare gevleg.  Ek krul my vingers binne haar. My vingerpunte begin die voorkant van haar vuurwarm sopnat poes masseer. Haar heupe stamp teen my gesig vas. Haar hand op my kop is besig om te toets of my hare stewig in my kopvel geanker is. Met die opkyk sien ek hoe sy met haar linkerhand haar tieties om die beurt masseer. Meer hardhandig as wat ek sou gedoen het. Haar asem jaag meer hotterend en dan gebeur dit vir ’n tweede keer daardie middag. Met haar kop agteroor gegooi, oë wat in hulle kaste verstar en ’n mond wat wydoop ’n oerkreet geluidloos skree. Haar bene begin bewe en dan weet ek.

Sy sak inmekaar en val half oor my skouer. Ek vang haar en lê haar op die mat neer. Bene ver uitmekaar met my vingers diep in haar opgedruk. Ek staan op my knieë tussen haar bene met my mond styf oor haar geklem. Ek hoor haar kerm en voel dan weer en weer en weer en weer hoe haar liggaam ruk.

Wanneer Jane te sensitief raak vir my aanraking druk sy my teen die kop en druk haar bene toe. Ek gaan lê op my sy langs haar en omvou haar gesig met my hande en kyk diep in haar oë. Haar asemhaling keer terug na normaal. Wanneer sy wil praat druk ek met my vinger op haar lippe. Sy glimlag.

Sy druk teen my skouer sodat ek op my rug draai. Met haar kop rus sy op my skouer terwyl sy met my voël speel. Ek is polsend hard. My toring troon in die lug soos vir teken van ’n gebed om bevredig te word. Jane smeer die voor-kom wat vrylik uit my vloei oor my akker en oor my skag.  Sy lig haar op en kom in posisie en laat haarself val oor my manlikheid. Venus en Mars ontmoet en Venus wen. Ek verdwyn en ek gee nie om nie. Ek hoor Jane snak na asem en ek sien dat haar oë vir ’n oomblik oopsper.

Haar oë vind myne en hulle word haar gewillige gevangene wanneer haar liggaam in ‘n oerritme begin pols. My heupe volg haar leiding. My hande vind haar heupe en wanneer my vingers in haar – net genoeg rondings – grawe weet ek dat daar blou trofeemerke gaan wees om haar vir ’n paar dae aan ons dag van oorgawe en passie te herrinner.

My terugstamp raak meer dringend en my wêreld verklein en word gefokus op ’n plek veertien-sentimeter diep in ’n grot waarin daar ’n onbeheerste vuur brand. My mond waarsku en my liggaam verstar. Met brute krag forseer haar lyf oor my wanneer ek haar heupe aftrek. Ek stamp met alle mag binne haar. Ek ontplof. My Mars-saad spuit diep binne binne haar Venus-vuur asof ek dit wil blus. Dit het die teenoorgestelde uitwerking. Jane se vuur reageer soos ’n vlam wat terug-flits wanneer dit suurstof kry.  Haar liggaam gaan in spasma vir die soveelste keer daardie middag. Haar sekssappe vloei vrylik.

Ons kommunikeer woordeloos. Saam kreun ons, ons genoegdoening en volkome tevredenheid in ’n klank wat net ons reptielbreine verstaan. Haar liggaam val vooroor op my bors en bly uitasem rus.

Ek en sy loop uit haar uit. Ek voel hoe ons sekssappe oor my balsakke kruip en dan tussen my boude inloop. Ek gee nie om nie, want dit is ons. Ons het saam ’n wenresep gemaak en dit ruik heerlik. Ons rus tevrede in mekaar se arms. Die reuk van sweet en seks hang swaar in my kantoor.

Die lugversorger blaas koel lug oor ons warm liggame en bring ons terug na die hede.

Ek sien dat sy na die horlosie teen die muur kyk en ’n trek van ontevredenheid verskyn vir ’n oomblik op haar gesig. Jane streel met haar hande oor my gesig en sê met ’n engelstem. “Time to say goodbye.”

Vir ’n oomblik vloek  ek die song van Andrea Bocelli en my gunsteling sangeres, Sarah Brightman.

Dan lag ek vir Jane en sê in my beste Neil Diamond stem: “When will we say “Hallo Again?'”

***

Ek haat elke oomblik en elke kledingstuk wat ek optel en vir haar gee. Haar instinktiewe vrouwees word beskans met elke stukkie lap wat om en oor haar kurwes vou. Die glinstering in haar oë doof nie vir ’n oomblik nie en sy bly reguit en trots na my kyk.

Wanneer ons klaar aangetrek het en ek die deur oopsluit gryp sy my vas en draai my dat ek na haar kyk.

In totale verbasing kyk ek na die “prim en propper” Jane-gesig en die hand wat na my uitgesteek word. Ek steek my hand uit en vat haar hand in myne vas. Verbaas en omdat ek nie weet waaroor die formele handdruk gaan nie staan ek soos ‘n haas vasgevang in die lig van ‘n aankomende kar.

Dan druk en skud sy my hand na die beste van haar vermoë en sê: “No regrets.”

Ek voel soos ’n kind wat besig is om ’n ewige eed te sweer aan sy mede-bendelede wanneer ek haar woorde herhaal: “No regrets,” en dan speels byvoeg: “… but I promise that this will happen again.”

Sy glimlag en in daardie oomblik weet ek … en sy weet … en ons weet.

 

***

Terug in 2019 het die vlenterjiemaan verdwyn en ek weet wat ek nou wil gaan doen.

 

(Lees volgende episode HIER)

18+

9 thoughts on “Is jy seksueel gefrustreerd? (2)

  • Avatar
    Sep 4, 2019 at 10:07 pm
    Permalink

    Goed gedoen. Uiters goed gedoen!

    Reply
  • Avatar
    Aug 31, 2019 at 9:17 am
    Permalink

    JouBok, absoluut fantasies geskryf ou vriend, ekt dit erg geniet.

    Reply
    • Avatar
      Sep 2, 2019 at 12:02 pm
      Permalink

      Baie dankie Ysbeer en Castle vir die kompliment. Waardeer julle terugvoer.

      Reply
  • Avatar
    Aug 30, 2019 at 1:10 pm
    Permalink

    Ek het geweet ek gaan nie teleurgestel wees om jou en Jane se intimiteit te lees nie ( na jou puik debuut- eerste aflewering nie )…MAAR ek het nie hierdie asemrowende, pragtige, gedetaileerde, uiters persoonlike omskrywing verwag nie!
    Puik!
    Ek het amper oor my skouer geloer asof ek ‘n wegkruipende voyeur is wat twee lovers afloer.
    Dankie, jouBok, die verhaal het my uters genot verskaf.

    Reply
    • Avatar
      Aug 30, 2019 at 1:49 pm
      Permalink

      Dankie Willewill, Meneer jy is te goed vir my.

      Ek is so bly julle hou hiervan. Die skryf daarvan was ook vir my BAIE lekker. Ek is een van ‘daai gelukkige’ mense wat in prentjies dink. So elke gedagte is ‘n ervaring van oneindige moontlikhede.

      Reply
      • Avatar
        Sep 1, 2019 at 10:08 am
        Permalink

        Jy raak ‘n ‘goue’ reel aan met: “Die skryf daarvan was ook vir my BAIE lekker.”
        As mens jou nie inleef en elke woord van jou eie storie geniet nie, wat is die doel daarvan om dit met ander te wil deel?
        Annelise kan my reghelp as ek verkeerd is, maar een van die doelwitte van haar blad is om jou gedagtes vrye teuels te gee en te deel met ander wat soortgelyk dink. Al jou lekker intieme ervarings in jou verlede, al die fantasiee wat vervul is of wat jy nog wil ervaar, al jou seksuele versugtinge, begeertes, satisfaksies, vrae & antwoorde wat jy nêrens anders kan deel met niemand nie.
        Dis maar my opinie en ervaring van hierdie PUIK webwerf. Wat sê die ander ?

        Reply
        • Avatar
          Sep 2, 2019 at 12:20 pm
          Permalink

          Willewill.

          Om totaal eerlik te wees. Die dag toe ek die eerste deel van die storie aan Annelise gestuur het, het ek werklik nie gedink dat dit (die storie en my skryfwerk) aan die standaard en die verwagting van hierdie blad sal voldoen nie. [ Dit is nie ‘n vis vir komplimente nie. ]

          Wat ek wou doen was om iets terug te gee en by te dra tot die baie stories en aangename tye wat ek geniet het in die lekker groot lus-biblioteek wat Annelise vir ons geskep het om in rond te lê en te kuier sodat iemand -soos ek- ook weer kan luskry om te droom.

          Stem oor die PUIK webwef … maar baie (meer) mal oor die puik kiekies wat ons mee ‘gebless’ word.

          Reply
  • Avatar
    Aug 30, 2019 at 12:44 pm
    Permalink

    Hel baie dankie JouBok,goeie opvolg,ek nou so lus….

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)