Lieflike ouer lywe
Hier by kombiekiehier besing ons alle liggaamsvorme van alle ouderdomme. Want beauty en begeerlikheid is in die eye of the beholder wat beteken ‘n reaksie op ‘n liggaam sê eintlik meer van die waarnemer as van die liggaam waarna gekyk word. Daar is ‘n ander soort mooi in ouer lywe. Dit is die mooi van weerloosheid, die mooi van die selfvertroue om steeds daardie lyf te wys, die storie-merke wat ‘n vol en ryk lewe op ‘n liggaam gemaak het, die persoonlikheid wat al deel van die liggaam geword het en die sagtheid – in tekstuur en kleur. Aleah Chapin vang juis hierdie aspekte van ‘n ouer vroue se liggaam in haar pragtige skilderye vas. Hier is ‘n paar voorbeelde, maar besoek gerus haar blad vir nog.
5 COMMENTS
WOW! Hoop julle gaan meer van hierdie sort fotos wys!!
erotiek is soos ‘n goeie rooiwyn – word net beter met ouderdom!
Die vrouens is seker in hulself as seksuele wesens en dit maak die fotos eroties en hul begeerlik. Die grootste voordeel van ouer word is dat meer vrouens pragtig en begeerlik word
dit is ongelooflik goed gedoen,,,wys net hoe erotisme nooit nooit ophou nie… wat ‘n wonderlike gedagte…
As ek so na die vriendelike gesigte en vrolike ouer vrouens kyk, is dit maklik om die skoonheid raak te sien. Want hulle is gelukkig. En dit maak mens mooi.