Is jy seksueel gefrustreerd? (4)
deur JouBok
Taalversorg deur Lusman
(Lees vorige episode HIER)
Dit is Klein-Saterdag en ons is vroegoggend reeds op kantoor. Daar heers ’n feestelike atmosfeer tussen die ouens. Want twaalfuur breek die kort vakansie tussen 25 Desember en Nuwejaar aan. By die huis staan my motor reeds gepak en reg vir die 700 km-rit na my vakansiehuis in KwaZulu-Natal.
Met bittersoet emosies sien ek uit na die paar dae weg van die kantoor. Ek is moeg. Die jaaromskakeling het my baie besig gehou en ek het nodig om vir ’n paar dae weg te kom … maar nie van Jane af weg nie.
Ek het vroeër by Jane se kantoor ingewals om môre te sê. Sy het ‘n tweede keer na my gekyk waar ek in haar kantoordeuropening gestaan het. Ek het my swart hemp en broek en rystewels aangehad. Met my valhelm en leerbaadjie oor die arm het ek ‘n paar takkies jasmyn wat vol trossies wit blomme met sorg voor by my hemp uitgehaal. Ek het dit in haar glas water op haar tafel gedruk.
Ek staar na haar. Met die son wat by haar kantoorvenster instraal is sy verruklik. Die lig wat van agter deur haar hare skyn maak haar prentjiemooi. Na ons hibiskusblomrok-ervaring van laasweek sien ek sy trek meer dikwels ‘n rok aan. Vanoggend het sy egter ‘n langbroek en ‘n bloes aan. Vanaf die eerste dag wat ek haar ontmoet het, is sy onberispelik geklee. Trots op haarself en ook trots op haar werk. Ek het die laaste paar dae die gevoel gekry dat sy ook trots is op die musiek wat ons saam komponeer. Want sy het ‘n soet-skelm glimlag op haar lippe wanneer ons by mekaar verbystap.
Terwyl ons gesels, dwaal my oë en ek wonder watter kleur onderklere sy vandag aanhet. Dit lyk na pienk, maar ek sal definitief later moet seker maak. Haar tepels maak bultjies soos sy na my staan en kyk, terwyl ek haar skaamteloos bewonder. My oë tel hoeveel knopies daar tussen my vingers en haar tieties gaan wees wanneer ek daardie ragfyn, halfdeursigtige bloes uittrek. Ek wonder of ek weer ’n gebruikte broekie sal kry as ’n proe-en-ruik-offer van haar lyf en passie.
Dit voel soos ’n ewigheid vandat ek die kurwes op haar lyf ontdek het. In werklikheid is dit slegs ’n week sedert ek die kantoor binnegestap het met twee yskoue Appletisers en twee wegneemetes – wat toe nooit deur my of Jane geëet is nie. Ons honger is versadig deur die soet van passievolle liefdesvrugte en ons dors deur die oplek van lus-nektar wat vrylik gevloei het.
Ek dink by myself: Die volgende agt dae gaan baie lank wees.
Met die vroeg begin en die vakansiegees in die kantoor het ek en my kollegas afgespreek om die dag af te skop met ‘n sjampanje-ontbyt. Ons het gesorg vir vars lemoensap en sjampanje, roereiers, spek en gebraaide tamaties en geroosterde brood wat op ’n gasbraaier voorberei sou word. Het ek onthou om te sê dat ons vodka ook vir ontbyt gaan hê?
Vroeg-vroeg het die eerste proppe geklap. Die gasbraaier was nog nie eers staangemaak nie, toe is die eerste “skroewedraaier” al besig om ons skroewe los te draai. Ek het ‘n gevoel hierdie dag gaan baie lank vir party van ons wees.
Jane is gelukkig ook hier. Haar lippe glinster van die nattigheid van die oranje vloeistof wat uit haar glas aan haar lippe kleef. Ek wonder of sy een van die sjampanje- of vodka-mengeldrankies geneem het. Terwyl ek na haar lippe kyk, spring my gedagtes na ’n song van Peter Sarstedt. Ek wonder hoe haar songebruinde liggaam gaan lyk wanneer sy terugkom van haar somervakansie. Sal daar ’n ligter strepie op haar rug en boude wees …?
Die gesprekke wat rondom my aangaan is lig. Die ouens is opgewonde oor wat hulle alles gaan doen en hoe lekker dit gaan wees. Vir ’n oomblik dink ek dat dit lekker sou gewees het om vakansieplanne saam met iemand te kon maak. Iemand soos Jane, maar soos sy self gesê het: “No regrets”.
Die opwinding van wegbreek, die vooruitsig van myle se lywe op die strand en dalk ook die “skroewedraaier” se getorring aan ons inhibisies, maak my meer geneë om deel te neem aan die skertsery. Jane het haarself verskoon om iets in haar kantoor te gaan doen. Een van die manne maak ’n opmerking oor hoe “anders” sy die laaste paar weke lyk en optree.
Ongeërg vra ek: “Waarom sê jy so?”
Ou Dirk haal vir ’n slag diep asem en sy oë rol eenkant toe en ek sien hoe sy brein begin om herinneringe op die roep.
Dirk begin deur te sê haar persoonlikheid is “ligter” en sy is meer toeganklik. Hy meen ook haar kleredrag is nie meer so formeel nie. Sy het ook ’n paar kilogramme verloor maar haar lyf is meer stewig. Hy vervolg dat sy meer selfversekerd optree en deesdae die mooiste, vriendelikste glimlag het.
Ek stem saam met Dirk, maar met ’n beterweterige glimlag staan ek en wonder wat hy sal sê as ek hom vertel hoe haar woordeskat uitgebrei het wanneer sy in oomblikke van passie vasgevang word.
Die sjampanje-ontbyt word verslind, die gasbraaiers opgepak. Die sjampanjebottels het die lemoensap en vodka oorleef. Glase vol borreltjies word geskink en vir oulaas geklink. Oral is die gesprekke goed op dreef. Die horlosie teen die muur kondig 12-uur aan. Party van ons kollegas pak op en die kantoor is besig om leeg te loop.
Wanneer die laaste bottel champers se prop op die vloer lê en droog word is Dirk die laaste ou om te groet. Met skroewe wat te los gedraai is, is Dirk se mond vinniger as sy brein. Hy stap by Jane se kantoor verby en steek vas toe hy haar sien waar sy besig is om haar handsak te vat.
Ek hoor hom sê: “Jane, jy lyk wonderlik en jou lover-man is die gelukkigste bliksem wat leef.” Dan besef hy wat hy sê en probeer, rooierig in die gesig, cover met ‘n vinnige “’Skuus … hou lekker vakansie. Baai.” Hy storm die gang af.
Ek onderdruk ‘n laguitbarsting wanneer ek haar antwoord hoor wat sy agter hom aanskree: “Thank you, Dirk. That’s kind of you – I will tell my lover and … ” Daarmee is Dirk buite hoorafstand. Oomblikke later hoor ek sy voetstappe by die venster wanneer hy verbystap na sy motor.
Wanneer ek omdraai staan Jane by my kantoordeur. “Dirk asked me to tell you that you are a lucky bliksem.” Sy lag ‘n lag wat soos musiek in my ore klink.
Met die inkom trek sy die kantoordeur agter haar toe en sluit dit. My mond sluit oor haar lippe en sy smelt in my arms. Haar ferm borste druk teen my vas. Tyd maak nie nou meer saak nie.
Haar arms omsirkel my en haar vingers reik om boude en boor tussen hulle in. Ek vou my hand agter haar nek om en met my vingers vroetel ek van onder tussen haar hare in. Haar hare is lank en hang oor my hand. Ek vat haar hare vas en trek haar kop onverwags hard agteroor. Ek hoor haar kreun in my mond. My ander hand se vingers druk hard op haar rug en ek moet myself verhinder om haar nie so hard te druk dat sy die volgende dag blou vingermerke sal vertoon nie. Daar flits ‘n kinky gedagte deur my brein dat dit nogal mooi sal wees om my vingermerk-trofee op haar wit rug te sien!
Ek voel haar vingers op my boude reageer soos ek haar kop verder agteroor trek en harder op haar rug druk. Haar tong sirkel in my mond asof sy meer van my wil waarneem op een slag. Ek trek my kop weg en ek kyk af na haar gesig. Daar is ‘n blos op haar wange, haar asem jaag so vinnig soos myne en haar borste dein op en af met die ritme van haar asem. Ek sien ‘n aartjie wat in haar nek pols met elke hartklop.
Ek trek haar regop en verdrink in haar oë. My vingers begin die knopies van haar bloes losmaak. Wanneer ek met my vingerpunte aan die sagte wit vleis van haar tieties raak, verstyf haar tepels om te pas by die horing in my broek wat teen haar druk. Ek trek haar hempie oop en kyk na die pers bra wat haar tieties omhul. Vir ‘n oomblik is ek jaloers op daardie stukkies lap wat so intiem met haar saamloop elke dag. Ek druk my hand agter haar rug in en glip die knippie los. Haar bloes en bra los ek sodat dit los oor haar skouers hang. My hande vind haar tieties die oomblik toe my lippe vuurwarm aan hare raak.
Laasweek het ek gewonder wat die lekkerste is: Om haar op haar lippe te soen of wanneer haar lippe om my uitgeswelde akker vou terwyl ek in ekstase is. Daardie vraag en antwoord het nou geen waarde in die heelal van my bestaan nie. Ek is net bewus van die lekkerste lekker wanneer ek die tekstuur van haar lippe en tong ervaar. Dis die gevoel wanneer my tong oor haar tandjies streel, ons tonge om mekaar gevleg. En dan is daar die smaak van haar lipstiffie, maar bowenal die smaak van haar mond, haar spoeg en die reuk van haar asem in my neus. Haar lyf is sensueel styf teen myne. Haar arms om my is nou met haar hande in my onderbroek, oor my kaal boude – die warmte van haar tieties styf teen my bors gedruk. My arms is om haar met my vingers wat in die kuiltjie agter aan haar nek nes gemaak het. Verruklik lekker … Ek besluit dat enigiets wat ek saam met Jane ervaar op hierdie oomblik die belangrikste deel van my bestaan is.
Wanneer sy my broek losgemaak het, wis ek nie. Maar ek voel haar hand binne my onderbroek om my uitgeswelde piel sluit. Sy smeer met haar handpalm die gladheid van my pre-kom oor my terwyl sy my van bo na onder streel. Ek voel hoe die vel heerlik styftrek soos haar hand die basis van my skag bereik. Hierdie keer wag ek nie vir haar nie, maar trek my onderbroek self uit. Ek knoop my hemp los en trek dit ook uit.
Ek stoot haar agteruit in die rigting van my kantoorstoel. Net voor ek haar platdruk in my stoel, trek ek haar langbroek oor haar voete. Steeds met haar broekie aan sit-lê sy agteroor op die punt van my swart leerstoel. Haar broekie is, soos haar bra, ook pers. Vir ‘n oomblik bewonder ek die kleremaker se vernuf om met so min lap al die strategiese plekke te kan toemaak.
Daar is ‘n duidelike bokspoor wat van binne teen die sagte materiaal druk. Op die hartlyn skyn daar nattigheid deur. Ek druk met my neus daarteen en haal diep asem. Ek is verslaaf aan die geur van hierdie vrou. Met my tong trek ek spoeglyne oor haar kaalgeskeerde heuwel, en die groter wordende nat kol op haar broekie.
Ek trek die stoel met haar daarop tot voor die venster. Wanneer ek voor haar gaan sit, tel ek haar bene oor my skouers sodat die lig van buite op haar en in haar in skyn. Van waar ek voor haar op die grond sit, lyk sy verruklik mooi soos die lig met haar liggaam liefde maak.
Wanneer ek die reeds bekende klank uit haar haar keel hoor kom en die dringend wordende trek van haar hande op my kop voel, stop ek. Op haar gesig lees ek ‘n verwytende kyk. Maar haar oë smeek wanneer sy probeer om my kop weer nader te trek met haar arms en bene. Ek tik haar op haar boud en wys vir haar dat ek haar broekie wil uittrek. Jane druk met haar bene op my skouers om haar boude te lig en ek trek haar amperbroekie uit. Vir my genot trek ek eers met my tong deur haar lekkerte om haar sappe uit haar fontein te proe. Dan, met twee vingers, gly ek van haar maag oor haar heuwel, tot hulle wegsak tussen haar sopnat poesielippe.
Haar boude is amper oor die rand van die stoel en sy lê agteroor met haar bloes en bra wat los oor haar bors en skouers hang. Sy gee nie om hoe sletagtig sy vir my aanblik lyk nie. Ek plaas my mond op haar poesie en met my hande reik ek op – op na haar tieties. Ek masseer hulle eers sag en dan al hoe harder soos ek haar daardie eerste keer sien maak het. Haar tepels rol tussen my vingers. Ek hoor haar kreun, maar sy stop my nie. Die terugvoering van haar liggaam is haar seks wat harder teen my mond druk. Haar een hand trek my hare en die ander een trek my kop harder teen haar vas. Wanneer ek voel dat die spiere in haar lyf besig is om saam te bondel, los ek haar. Ek trek my kop weg en sit agteroor en ek sien dat sy my vir die tweede keer verwytend aankyk. Haar asem jaag en haar gesig is rooi.
Ek sit my mooiste, onskuldige glimlag op my gesig en beveel haar dat sy haarself moet vinger totdat sy kom. Die kyk op haar gesig is onbeskryflik. Eers een van skok, toe skaamte, toe gedetermineerdheid en toe lus met ‘n hoofletter “L”. Skaamteloos druk sy drie vingers van haar regterhand in haar poesie totdat dit nie verder kan ingaan nie. Sy trek hulle uit en begin om met haar sopnat vingers sirkels oor daardie soenbare lippe van haar te trek.
Haar oë boor in myne in. Met haar mond vorm sy die woorde “you too”. Ek laat sak my hand wat op haar been gerus het na my toring. My oë kyk in haar oë, dan flits dit vinnig na haar linkerhand wat haar tieties masseer en haar tepels rol. Dan gaan my oë laer af na haar regterhand wat steeds dringender sirkels en glybewegings maak. Haar nektar vloei nou helder uit haar uit en trek ‘n lang sliert van haar geswelde lippe af, soos die swaartekrag besig is om dit grond toe te trek. Dit vorm ‘n lang silwer druppel in die lig. Dit is ‘n asemrowende gesig. Ek wens ek het ‘n kamera gehad. My linkerhand vind my stokstywe voël en ek begin myself in ritme met Jane se polsende heupe op en af skommel.
Ek staar na die tweekleurige “snoekertafel” wat voor my opgestel is. Pienk en bruin, bruin en pienk. Dan beweeg my ander hand na Jane se hitte. Ek maak my vingers nat met haar vrouesappe en sien dat die nattigheid ook oor haar agterdeur gevloei het. Ek vra nie, want om verskoning te vra is makliker as om toestemming te kry.
Sonder waarskuwing druk ek my nat wysvinger in haar bruin roosknoppie in. Ek hoor Jane snak na haar asem en haar mond verstar. Met my wysvinger twee en ‘n half litte diep in haar anus in, hou ek my hand stil. Na ‘n paar sekondes is sy nie meer stil nie. Haar regterhand is besig om fanaties oor haar poesielippe te vryf. Ek kry haar tepels jammer soos sy hulle om die beurt rol en trek. My wysvinger van my regterhand vind ‘n ritme met haar heupe. Dan word my middel- en wysvinger spanmaats wanneer hulle saam in haar donker dieptes inglip.
Jane beweeg fanaties. Sy maak dierlike geluide en ek vergeet dat ek veronderstel was om myself te bevredig soos ek na haar staar. Die skouspel voor my is te lieflik. Ek het ‘n pond-sitplek in die heilige katedraal waarin hierdie skeppingsdrama hom met haar uitspeel.
Dié keer, vir die regte redes, verstar Jane se liggaam. Haar oë rol terug in haar kop en staar nikssiende na die plafon. Haar senuweestelsel word oorlaai met ontploffende energie wat deur haar stuiptrekkende spiere afgevuur word. Haar gil vul die kantoor. ‘n Straal vrouekom spuit tussen haar rooi-opgeswelde lippe uit oor my arms en bors, soos ek hier voor haar sit. Van die vloeistof spat op my horing wat paalorent staan.
Wanneer sy agterkom wat gebeur, probeer sy dit keer deur haar hand krampagtig oor haar poes te vou. Ek kyk hoe haar anus slukbewegings maak om die twee vingers wat diep in haar opgedruk is. Haar liggaam reageer steeds op die intensiteit van haar orgasme. Ek wonder of haar hol probeer om my vingers verder in te suig.
My linkerhand, wat veronderstel was om myself te bevredig, vind ‘n meer bevredigende plek wanneer twee vingers in haar poesie inglip en krul om haar G-kol te begin stimuleer. Hierdie skouspel wil ek weer sien en ek dink Jane ook, want sy ontspan onder my aanraking en begin dan ritmies met my twee hande in haar beweeg.
Dit is waar wat gesê word: Vele hande maak ligte werk. Binne ‘n minuut of wat het dit weer gebeur. My twee hande met vingers diep in haar, haar een hand vrywend oor haar tieties se rooigedraaide en opgehewe tepels en haar ander hand se vingers op haar klit, het die diskoligte weer vir haar aangeskakel. Dis duidelik vir my dat haar tweede keer groter is as die eerste.
Dit was soos ‘n verblindende lig wat in haar kop ontplof het sê sy vir my toe haar stuiptrekkings bedaar.
Uitgeput, liggaamlik en geestelik blyk dit, sak sy inmekaar op my stoel. Ek tel haar bene van my skouers af en kry van die snesies in my lessenaarlaai en vee haar droog. “Thank you,” prewel sy.
Ek is steeds seerstyf terwyl ek voor haar sit en haar bene streel, met haar hande wat op my hande lê. Met teleurstelling besluit ek dat dit nie vandag my gelukkige dag gaan wees nie.
Wanneer ek uiteindelik opstaan en omdraai om ons klere te kry, hoor ek ‘n klapgeluid en ek voel my boud brand. Ek vlieg om en sien hoe Jane steeds op my stoel sit maar met my liniaal wat op my tafel gelê het, in haar hand. Sy kry ‘n dissiplineerder-uitdrukking op haar gesig en vra hoekom ek nog steeds styf is. Het ek dan nie ook ‘n opdrag gehad om uit te voer nie? wil sy weet. Ek chicken uit deur te sê dat haar orgasme beter was om te aanskou as wat dit sou wees indien ek myself een sou gee. Weer brand my bobeen waar sy my sonder waarskuwing looi en sê ek moet nader staan, want sy sien ek is nie goed met die uitvoering van opdragte nie.
Sy sê iets wat klink na: “If you want something done, ask a woman” en suig my horing onseremonieel in haar mond in. Dis heerlik, heuglik, lekker, bevredigend, verruklik. Al daardie woorde flits deur my gedagtes. Maar niks beskryf die gevoel van absolute hemelsheid nie wanneer my gedagtes draal oor die prentjie-lekkerte wat ek die vorige keer met haar beleef het: Die emosie en hantering van hierdie vrou se mond en hande op en oor my saadsakke terwyl sy my bederf het.
Jane voel dat ek besig is om reg te maak om te ontplof. Sy trek haar mond weg van my voël af, maar hou met haar hand aan pomp en masseer. Wanneer die eerste kloppende stuiptrekking beheer neem van my onwillekeurige spiere, druk sy haarself vorentoe sodat my spuitende wit saad oor haar tieties en keel spat. Met die laaste stuiptrekking buig sy vooroor en plant ‘n teer soen op my steeds geswelde akker, nou stadig besig om na normaal terug te keer.
Ek wou nog die boks met die snesies waarmee ek ons netnou droog gemaak nader trek, toe sy my aan die hand vat. Sy begin om met my hand die wit, gespilde saad, wat besig was om stadig af te loop teen haar bors en keel, in haar vel in te vryf.
“Something to remember you by till the 2nd of January. Happy Christmas,” sê sy terwyl sy my glimlaggend in die gesig kyk.
*******
In die donker nag is dit stil in die motor. Die motorligte sny deur die swart van die nag voor my uit. Ek hoor die sagte dreuning van motorbande op die teer soos dit die kilometers opvreet. Die klankstelsel is afgeskakel. My kop is besig met haar en my kop stem saam.
Dan hoor ek die SMS-klingel op my selfoon. Ek maak die boodskap oop en lees: “I can still smell you on me… Thanks for the first, greatest and most unique X-mas present ever. Drive safe and as always – no regrets.”
Ek tik in die ry en stuur die volgende vir haar terug: “You are welcome, the pleasure of seeing you, enjoying your gift was out of this world. Next time I hope to collect my RW. Goodnight.”
Wanneer ek die selfoon neersit, bring ek my hand vir die soveelste keer daardie middag en aand op na my gesig. Met my vingers naby my neus, ruik ek iets aards, iets soos kompos en vars grond – soos wanneer mens ‘n nuwe plantjie plant.
Ek ruik Jane en wil nooit weer my hande was nie.
Ek verlang …
(Lees volgende episode HIER)
10 COMMENTS
JouBok…wow wow… net as mens dink jy het alles al gelees en ervaar, dan is daar selfs n beter storie. Wonderlike!
Dankie MyDream.
Hopelik gaan Jane jou in nommer 5 uit jou sokkies verras. Sy is besig om haarself op te dollie in die kuberruim. 😀
Dankie julle, vir die gewaardeerde terugvoer. Hierdie skrywery is ‘n nuwe ervaring en ek vind dit baie ‘bevredigend’. Jane was (is) ‘n wonderlike inspirasie in my lewe. ?
Die stuk lees so ‘lekker’ omdat Lusman en Annelise dit beetgehad het. Kudus
JouBok – wat n storie. Absoluut uitmuntend geskryf. Ekt dit nou vreeslik geniet.
Dis my verjaarsdag vandag en my Jane het my die gelukkigste man vanoggend gemaak* Absoluut Awesome en so eie aan ons lewe of dit wat ons kort!
Baie geluk met jou verjaarsdag JJ. Ek is bly dit het vir jou so sexy begin en hoop daar is sommer nog so paar erotiese verrassings wat voorlê. 🙂
Meer asb!!!!!
Hierdie episode is vir my spesifiek baie sexy JouBok. Ek was amper jaloers op haar. 😉
Net AMPER? 😉
Baie dankie Annelise. Dit is ‘n groot kompliment!
As elke man net EEN-keer ‘n Jane in sy lewe kan beleef sal die wereld vir almal ‘n beter een wees om in te leef.
Dankie jouBok, jy’t ‘n greep van die werklikheid met ons gedeel sover en dis asemrowend aangenaam.