
Seksnuus: Vroue verkies welwillende seksistiese mans
Liewe Kombiekiehierleser,
Ek wil dikwels met jou iets oor seks deel wat ek op die interwebs en allerhande donker plekke raakloop, maar dis in Engels en Kombiekiehier is Afrikaans en ek het nie tyd om alles te vertaal nie. So ek het besluit om ‘n uitsondering te maak. Ek gaan een kategorie oophou wat ook Engels gaan wees. Dit gaan meestal eintlik uit “links” bestaan wat jy na kan volg na ‘n ander website toe waar die oorspronklike artikel sal lê. As jy dit gaan soek sal dit onder “seksnuus” onder “sapio-seksueel” onder die menu wees. Sapio-seksueel beteken om lus vir iemand te wees omdat hulle intelligensie jou aandraai. Onder daardie opskrif sal jy alles kan opspoor waat die intellek en die seksuele mekaar op Kombiekiehier ontmoet. 🙂
Ek dink ons sal in die kommentaar dalk ook lekker oor sommige van die nuus kan gesels. Of in Gemeenskap waar daar baie meer gedoen word as net gesels. 😉
Die eerste artikel wat ek met julle wil deel handel oor ‘n studie wat bewys het dat vroue dikwels welwillende seksistiese mans verkies bo egalitariese mans.
Lees HIER as jy meer wil weet of kliek op die breinprentjie hieronder. 🙂
7 COMMENTS
Julle raak baie intellektueel.
Ek sit nog in die modder van die oer-moeras vas.
Wil nie te veel oor die onderwerpe redeneer nie…..kan ook nie….al die bloed vergaar by die snaar wat wil voortplant, dus weinig vir die brein om te gebruik….lol
Hahaha! Dis ok om daar vas te sit ?
Ongelukkig het die mense wat skade aan seks berokken het eerste intellektueel geraak, nou moet ons ook om dit tee te werk. ?
In “Sperm Wars” het die evolusionere bioloog Robin Baker, gepostuleer dat die moderne vrou se dryfvere nog steeds deur ‘n biologiese imperatief gespan word. Hoe nader die vrou aan haar vrugbaarste deel van haar menstruele siklus kom, hoe meer soek sy na die alphamaat wat haar kan bevrug en sodoende kan sy dan die beste aanteelt bekom wat in ‘n gevaarlike wereld kan oorleef en floreer. Dit verduidelik dan ook hoekom vrouens versog raaak op die “verkeerde” mans – want hulle sal die regte biologiese materiaal verskaf tot oorlewing. Meer as een vriendin het al aan my gebieg dat hulle by so en so geslaap het en hulle kannie verduidelik hoekom nie, hulle hou dan nie eers van die man nie. Ondersoek die man se biologiese arsenaal en alles word duidelik. Fisies, lank en goed gebou, welvarend, goed aangetrek ens ens. Die stereotiepe alpha man.
Fantastiese kommentaar, dankie Ramkat. 🙂
Hierdie vertakking van Annelise se site is inderdaad ‘n welkome byvoeging. Ek ondersteun die feit dat dit onder ‘n spesifieke hoof sal wees wat dit dan vir die selektiewe leser beskikbaar is. Die feit bly staan dat oorhoofse doelwit van hierdie blad “Seks in Afrikaans” is.
Oor die eerste artikel wat met uitgebreide studies en navorsing, die subjektiwiteit van die vrou teenoor die man bewys en ondersteun, kom die vraag na vore dat dit tog net homo sapiens in sy oer gewaad is waar die sterker een (die man) vir die beskerming, behoud en voeding moet verantwoord vs. die vrou wat die voortbestaan van die spesie moet (verseker). Daarom dat sy ook die fisiese hormone vrystel om die man tot paring te lok. Dieselfde basiese beginsel van die hele diereryk.
Die vraag is dus : Waarom ?
Die antwoord op absolute grondvlak is dat die welwillende seksistiese man die mees dominante figuur is om die vrou se doelwit en nering te verseker.
Interessante navorsing wat van my eie vermoedens bevestig en goed inpas by die siening dat ons eintlik onder al die lae van beskawing nog steeds primitiewe wesens is wat op ons instinkte reageer.
Jip. Dit verbaas my ook nie. As ‘n vrou is daar baie voordele aan so man. Dis net nie meer aanvaarbaar om dit te sê nie. Maar as iets nie gesê mag word nie maak dit nie dit minder waar nie.