Die week van my seksuele ontwaking – Sondag
deur Hupse Hanlie
Die spoed en krag van die Boeing 737 druk my terug in my sitplek met die opstyg. Dit bring goeie herinneringe terug aan my laaste vlug byna twee dekades gelede, ‘n jong vrou vol energie en passie vir die lewe op pad terug van haar wittebrood en vol drome oor die lewe vorentoe. Wat het van daai vrou geword wonder ek?
Die gedagte laat my skuldig voel. Ek is baie gelukkig getroud met ‘n dierbare man en twee onmoontlike, maar wonderlike tiernerdogters. Dit was vir my baie moeilik om van hulle afskeid te neem op hierdie Sondagmiddag wetende dat ek hul eers weer Vrydagaand sien, maar die tweeling het my verseker: “Ma fuss verniet, ons is al
amper veertien en kan na ons self kyk, en Pa is anyway ook hier.”
Het ek iewers deur die jare iets van myself verloor? Teister hierdie gedagtes my dalk juis nou omdat vanaand die eerste aand sedert my troudag is dat ek gaan oornag sonder ten minste een van my drie gesinslede onder dieselfde dak?
“Hallooo…? Aarde na Hanlie!” René se welluidende stem ruk my uit my diep gedagtes.
“Hey, waar was jy? Ek het gevra of jy uitsien na die paar dae se workshop in Pretoria?”
“Ek weet nie. Ons sal seker iets leer, maar ek gaan vir Gerrie en die meisies mis.”
Ek weet jou seuns is in elk geval op ’n rugbytoer, maar gaan jy nie vir Jacques mis nie?”
Na meer as tien jaar met René as my kollega ken ek al haar skewe glimlag en die vonkel in haar blou oë wanneer sy ondeund is. Dit laat my altyd glimlag, al weet ek nie altyd wat is tong-in-die-kies en wat is ernstig nie. Ek besef ek behoort meermale geskok te wees, maar sy het net daai vermoë om my gemoed te lig, om my te laat glimlag. Om my in te katrol in haar opwinding.
“Wel, ek hoop beslis jy gaan iets leer… daar is ‘n volle vyf aande daarvoor”, sê sy met ‘n knipoog. Sy gooi haar lang blonde hare agtertoe en lag wanneer sy sien hoe erg ek bloos.
“Ek is seker Jacques gaan die alleentyd baie geniet en ek definitief ook. Soos ek jou al baie gesê het, ons is lief vir mekaar, maar ons is nie vasgeketting aan mekaar nie, ons gun mekaar bietjie ruimte, bietjie vrye tyd. Of is dit nou vry tyd?”
René is ‘n paar jaar ouer as ek, verby haar middel veertigs, maar sy is nog net so mooi soos altyd. Sy het ’n unieke, treffende skoonheid wat mans na hul asem laat snak en vrouens in verwondering laat. Ek betrap myself dikwels dat ek vir haar staar. Nie soos die mans wat die klere van haar lyf af probeer staar nie, eerder soos ’n vriendin vol bewondering. Veral wanneer sy soos nou in ‘n ondeunde bui is en haar hele gesig ophelder en sy op haar stralendste mooiste is.
***
Ons Ubër na die hotel in Pretoria. Dit is ‘n ouerige, maar deftige hotel wat in ’n reghoek gebou is, drie verdiepings. Die ontvangstoonbank is links met die instap, aan die regterkant is ’n oop sitkamer-area asook enkele rekenaarhokkies. Dieper in is twee hysers in die middel met trappe aan weerskante van die hysers. Die kaart by
ontvangs toon twee rye kamers op elke vlak wat direk na die trappe reguit na agter loop. Daar is ook ’n agterste ry met enkele kamers wat die reghoek voltooi. Die kamers kyk almal uit op die binnehof wat bestaan uit ‘n lang smallerige tuin met meestal gras en enkele roosbeddings.
René het voorheen daar oornag en het daarop aangedring om die kamers self te bespreek, hoewel hoofkantoor natuurlik betaal. Ons albei se kamers is op die derde vloer, myne die eerste kamer in die linkerflank en haar kamer die eerste op die regterflank. Ons spreek af om mekaar oor ‘n uur vir ete te ontmoet by die hotel se restaurant op die tweede vloer bokant ontvangs, genoeg kans om eers af te pak en huis toe te bel.
Dis laatmiddag wanneer ek my kamer binnestap. Direk regs is die badkamer wat duidelik onlangs opgradeer is, na links is ‘n tafel met twee stoele en ‘n hangkas. Die ruim vertrek het ’n koningin-grootte dubbelbed met die koppenent teen die regtermuur in die gedeelte na die badkamer. Die bed is oorgetrek met spierwit linne en ‘n dik snoesige duvet waarop twee netjies opgerolde handdoeke lê. In die linkerhoek verby die bed se voetenent is daar ‘n glasdeur. Die res van daardie kant van die kamer wat na die binnehof kyk bestaan uit ‘n baie groot soliede venster. Ek kan deur die kantgordyn sien dat daar ‘n klein balkon aan die ander kant van die venster is. Ek sit my tas neer, sluit die glasdeur oop en gaan staan op die balkon, kyk vir ’n oomblik af in die binnehof voordat ek iemand hoor fluit. René staan op die balkon van die kamer regoor myne en waai. Ek lag en waai terug, ek sien waar sy haar tas langs haar bed neergesit het in die kamer wat ooglopend ‘n spieëlbeeld van myne is.
’n Uur later sit ons elkeen met ’n glas wyn in die restaurant en skerts oor ons kollegas wat moes agterbly. Na die hoofgereg breek sy die nuus.
“Hanlie ek eet nie moreaand saam met jou nie. Ek vertrou jou dat dit tussen ons bly, maar ek sien moreaand ‘n ou vriend. Hy kom my oplaai en uitvat vir ete. Ek hoop nie ek skok jou te veel nie, maar ‘n vrou moet ook soms bietjie leef. Jy behoort dieselfde te doen, jy kan nie vir ewig net by die werk of by die huis wees nie, dis mos nie ‘n lewe nie.”
Weer daai skewe glimlag en vonkel in die oë: “Wat van daai ou boyfriend van jou wat jou so stalk? Is hy nie ook hier iewers in Gauteng nie? Ek is seker jy is nuuskierig? Kuier bietjie saam hom. Net nie Woensdag- of Donderdagaand nie. Woensdag gaan ek en jy Pretoria rooi verf en Donderdagaand is mos die funksie.”
“Okay René, my lips are sealed, to each her own. Maar nee dankie vir my, ek is getroud en so ook my skoolkys Ben.”
“So what? Kom nou liewe, altyd tog so stroopsoet preutse Hanlie, live a little. Die idee is glad nie dat jy en Ben julle wederhelftes los en mekaar aanhang nie. Dis net ’n bietjie avontuur, iets wat jy lankal verdien. En iets wat jy kan terugploeg in jou huwelik, ek is seker arme Gerrie is al lankal verveeld”.
“Jy kan dit op jou maag skryf, zero chance of that happening,” lag ek. Ja, René, jy skok my inderdaad.
***
Terug in die kamer sit ek die lig aan en gaan badkamer toe. Daarna kook ek die ketel vir my slapenstyd-tee en gaan sit daarmee op die balkon. Ek kyk op en besef dat René nog nooit haar kamergordyn toegetrek het nie. Sy staan langs haar bed besig om op haar foon te tik voordat sy dit op die bedkassie sit en begin om haar bloes se knope los te maak. Ek verwag dat sy enige oomblik die gordyne gaan toetrek, maar voel baie ongemaklik toe sy dit nie doen nie en haar bloes heeltemal uittrek. Sy trek ook haar denim uit en draai vir ‘n oomblik voor die spieël met haar
rooi bypassende bra en deurtrekker.
Ek wil terug in my kamer waar ons mekaar nie kan sien nie, maar is bang sy sien die beweging. Ek kyk eerder net weg, gelukkig is die balkonlig nie aan nie en kan sy my hopelik nie sien nie, so kan ons die verleentheid gespaar bly. Besef sy nie mense kan in sien nie? Okay, dis seker net vanaf my kamer moontlik om diep genoeg in haar kamer in te kyk, maar steeds.
Eers wanneer ek seker is sy moet klaar aangetrek wees kyk ek op. Net om te sien sy staan nou poedelkaal voor die bed, weggedraai van my, haar blonde hare hang tot by haar skouerblaaie, haar wye heupe en stywe boude staan stewig geanker bo haar lang atletiese bene. Sy draai om, haar borste is kleinerig, maar staan parmantig regop soos die van ’n jong vrou. Die mik tussen haar bene is netjies kortgeskeur in ’n driehoek, effens donkerder as haar blonde hare. Ek wil wegkyk, maar is in ’n trans vasgevang. Ek besef dat ek weereens oopmond staar na René, maar hierdie keer is dit nie haar oë of hoë wangbene wat my bedwelm nie. Na ’n ewigheid sweef sy grasieus na die badkamer,totaal gemaklik in haar vel, nét haar vel.
Dit vat ‘n tydjie om tot verhaal te kom. Toe my asemhaling effens bedaar glip ek terug in die kamer, trek my pajama-rokkie aan, sit die lig af en klim in die bed. Ek lê vir ‘n geruime tyd met my oë toe, veg teen wat my lyf voel voordat ek soos ‘n gemanupileerde marionet regop skiet. Ek gaan sit op die kant van die bed en trek bewerig die gordyn oop.
René is terug in die kamer, haar gordyne steeds oop, steeds in haar evasgewaad. Sy lê op haar rug op die bed, draai haar foon dwars terwyl sy na iets daarop kyk. Terwyl sy steeds die foon met haar linkerhand vashou beweeg haar regterhand stadig oor haar maag, dan na haar mik. Sy omsluit kortliks bakhand haar hele vulva voordat sy haar klitoris ritmies begin vryf met twee vingers, heen-en-weer. Dit hou aan vir ’n minuut of drie voor sy skielik opstaan, haar gleuf met die lippies nou effens oop, ek verbeel my ’n glimp van klammigheid voordat sy na die kas draai en iets uithaal. Sy gaan lê weer op haar rug, druk hierdie keer die tweede kussing onder haar boude in, haar skaambeen en vulva prominent gelig. In haar hand is ‘n koordlose vibrator, nie die dildo tipe nie, ’n gewone masseerder met ‘n groot ronde kop. Sy plaas die kop direk op haar knoppie, haar oë steeds vasgenael op die
selfoon-skerm. Ek trek instinktief my rokkie op, plaas my hand op my skaamte, vind my welerige hare en my lippe sopnat, hou my hand net so stil, kan nie vertrou om dit te beweeg nie.
René laat val die selfoon, verstel die vibrator tot sy maksimum intensiteit, knie dan haar bors met haar vry hand, vryf die erekte pienk tepel tussen haar duim en wysvinger. Tersefdertyd pomp sy ritmies teen die vibrator, haar heupe en boude wat hoër beer. Dit hou aan terwyl die warmte in my eie lende al dringender klop. René se maagspiere trek saam, haar kop ruk agteroor, haar mond wyd oop voordat sy halflyf vooroor buig in ekstase, albei hande nou op die vibrator terwyl haar onderlyf in spasma teen die vibrator stamp. Sy trek my toutjies en my lyf reageer oombliklik, my vingers freneties oor en om my klit, my wellus dieper in die rooi as ooit tevore. My koekie trek onwillekeurig saam in golf na golf van plesier, nat lekkerte spoel warm oor my skaamlippe en tussen my dye af. My oë steeds vasgenael op René, op die nat vrug tussen haar bene, nou wyd oopgesper terwyl haar sametrekkings verlangsaam.
Sy draai haar gesig in die rigting van die venster. ‘n Skewe glimlag vorm om haar mondhoeke.
(Lees volgende episode HIER)
4 COMMENTS
Hupse Hanlie, het jou storie geniet, Ek wag vir die opvolg.van die week se (s)ekskapadis.
Hupse Hantie ek het jou verhaaltjie werklik geniet !
Lekker suiwer. tog los, gemaklike taal gebruik, lesers vriendelik.
Die kern v storie uit die alledaaglikse maar die kinkel van die voyeurisme is asembenewend!
Dit het selfs ‘n opwekkinkie uit my gelok (he-he)
Dankie skryf gerus vir ons nog !
Ek Like Lesbiers ook
Hier KOM n ding