
Om te be(sny) of ’n lyn te sny
deur Geriatrix
Sit ons nou die aand rustig en mediteer oor die betekenis van die lewe; die groepie bestaan uit die normale spul plus die Hippie met die kewer. Nou dat ek so daaroor dink en dit ook met hom bespreek het, het ek hippie liewer met ‘n kleinletter as ‘n hoofletter gespel. ‘n Man wat nie meer sy kuif in ‘n eendstert kan kam nie omdat hy eerstens nie soveel hare oor het nie en tweedens omdat Brylcream al lankal van die mark af is, lyk darem regtig sleg as hy nog soos ‘n hippie probeer aantrek. Read more “Om te be(sny) of ’n lyn te sny”