Jean-Maré

Hoe lank gaan ek lees: 4 minute

deur Whale

Die sensualiteit van haar stem tref my reg voor my borskas. Hierdie is die oomblik, dit is waarvoor ek die hele maand gewag het. Jean-Maré, boerenooi wat Franse ballades sing met slegs klavier-begeleiding. Daar is ‘n magiese toon in haar stem wat roep vir die oer-oue manier van dinge doen. Jag haar, vang haar en sleep haar grot toe. Fok! Ek sal moet iets kry om te drink.

Die kaartjies vir die eksklusiewe vertoning is bliksems duur gewees; ek vermoed dit gebeur maar as jou headliner al in Vegas opgetree het. Maar ek is ‘n baie groot aanhanger en het die kaartjie sonder skroom gekoop. Want in die aande as ek myself weereens aan selfbevrediging oorgee is dit haar stem in my ore, haar gesig voor my oë. Dit eindig altyd met ‘n komskoot oor haar groot tiete. Ek voel die bekende roering in my broek, en die res van die vertoning is ‘n dowwe waas vol oor-jagse fantasieë waarin ek en sy in ‘n perfekte wêreld leef.

Die volgende dag langs die swembad van die oord kruip ek weg onder ‘n moerse sonsambreel; deels omdat ek dan my voyeurisme met toewyding kan beoefen, en deels omdat die son jou sal bliksem as hy jou alleen moet kry. Ek moes seker half ingesluimer het, want ek het haar nie gesien naderstap nie. Eers toe die sonstoel langs my kraak besef ek daar is iemand langs my. Ek draai my kop lui, verstik amper in my eie spoeg. Dit is sy, Jean Maré! In lewende lywe langs my, besig om haar goddelike liggaam op die sonbed langs my neer te vlei. Die geel bikini wat sy aanhet beklemtoon als … haar tiete, brons vel, die plat maag, die slootjie tussen twee prominente lippe in die bikini-broekie. Sy kan my oë nie sien, my donkerbril sorg daarvoor. Maar as sy die horing in my broek nie kan sien nie, is sy blind. Ek draai selfbewus effens op my sy sodat my horing minder sigbaar is. Ek ruik haar parfum, sag en vroulik. Dan gaan sit sy, rangskik ‘n boek, pakkie sigarette en cocktail om haar voordat sy op haar rug gaan lê. As ek my oë tot in die hoeke draai kan ek die bultjie van haar heuwel net-net uitmaak. En ek donder oor die afgrond van my eie verbeelding en gedagtes.

“Verskoon my meneer, kan jy dalk hiermee help?” vra die hees stem wat so sexy kan klink. Ek kyk om, sy sit topless op die kant van die sonstoel. Haar tiete is beslis al onder die mes gewees, dit is net te ferm. Ek merk die ligte letsels van die twee snytjies, maar sê niks. Al voel dit of sy met haar woorde my balsak in ‘n groot tang vasvat, knik ek asof ek als gewoond is.

“Dankie,” sê sy en gee die sonbrandroom vir my aan; staan dan op en kom hurk voor my met haar rug na my toe. Ek spuit ‘n bietjie van die room op elke skouer, dan haar nek en weer ‘n straaltjie teen haar rug af. Ek merk die hoendervleis van die skielike koue op haar vel, besluit instinktief om die beste van die geleentheid te maak.

Ek smeer die room eers oor haar skouers en haar rug; beweeg dan doelgerig laer af en maak seker slegs my vingerpunte gaan by haar bikini-broek se agterkant in tot net onder die label. Ek mis nie die hoendervleis op haar rug en stuitjie nie. Hande terug na bo, effense drukking van die handpalm. Ek besluit om verder die waters te toets, vryf oor haar skouers en af aan die voorkant tot ek net-net die harde puntjies van haar tepels onder my vingerpunte voel. Ek mis hierdie keer nie die sagte rilling en sug oor haar lippe nie. Ek herhaal die proses, en as ek weer oor haar stuitjie vryf beweeg ek my hande hierdie keer vorentoe, weer vingerpunte by die broekie in; ek voel die stekelrigheid van kortgeskeerde skaamhare. Sy kreun saggies, draai haar kop effens na agter en links, praat sag oor haar skouer: “Ek dink daar is ‘n swembad by die plek waar ek tuis gaan wat meer privaat is … kry my daar oor vyf minute” en sy gee die nommer van haar privaat suite voor sy net daar opstaan en wegstap. Ek sluk.

Sy het die volle bikini aan toe haar suite se deur vir my oopmaak, ‘n sarong vleiend om haar welgevormde bruin gebrande bene. Ek sluk, stap in.

“Hierdie kant toe,” klokkie haar stem terwyl sy voor my uit loop na ‘n ander vertrek. Sy laat val in die loop eers die sarong, dan val die bikini-top. My horing moet beslis duidelik teen my broek afgedruk wees teen die tyd, en ek voel skielik selfbewus. Mense in haar liga kyk nie na mense soos ek nie? Ek besef eers ons is in ‘n kamer toe sy sonder ‘n woord vooroor buk en van die bikini-broekie ontslae raak met haar rug steeds na my gedraai; ek is net betyds om ‘n vinnige kykie te kry na haar koekie wat tussen haar bene sit. Die lippe is effens uitmekaar en die nat blink tussen die lippe.

Sy draai om, kyk reguit na my broek terwyl ek die kortgeskeerde swart driehoekie op haar heuwel bewonder. Ek sluk, volg haar oë wat op die voorkant van my swembroek vasgenael is. Sy beduie dat ek my broek moet uittrek, ek doen dit. My meneer spring kordaat regop tot amper teen my maag, die nat van my lus soos ‘n pêrel voor op die punt. Sy giggel, gaan lê woordeloos op die bed met haar bene oop, wink my nader. Ek sluk eenkeer en stap dan nader.

Skielik klokkie haar lag weer deur my ore; dit raak swart voor my en dan asof in ‘n waas kom my oë weer in fokus. Wat de fokken donner? Ek lê dan op ‘n sonstoel, my hand voor in my broek met ‘n duidelik horing en speel. Iemand lag en ek kyk verward om. Dit is sy; sy sit steeds op dieselfde sonstoel met ‘n sigaret tussen haar vingers en kyk reguit na my terwyl sy skalks giggel. Nee! Fokken nee! Het ek wragtigwaar? Ja, ek het. So weggevoer in my dagdroom dat ek net daar aan myself begin vat het, reg langs ‘n publieke swembad. Foktog. Ek gryp my handdoek, hoed en boek en maak spore. Haar klokhelder lag nogsteeds in my ore.

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

4 thoughts on “Jean-Maré

  • Avatar
    Feb 1, 2019 at 10:30 am
    Permalink

    Faz, al is ek ‘n man, my hand was ook al in my broek om my ongereptheid vas te vat !
    Whale, jy bly maar ‘n doring met die pen, baie dankie vir ‘n lekker storie !

    Reply
  • Avatar
    Feb 1, 2019 at 9:45 am
    Permalink

    Hahaha…oulik…. amper gedink hier kom n lekker ding

    Reply
  • Avatar
    Jan 31, 2019 at 9:42 pm
    Permalink

    Whale, baie goed geskryf en my lekker meegevoer. Lekker gelag vir die arme ou. Wys jou net wat die vroumense met ons kan doen.

    Reply
  • Avatar
    Jan 31, 2019 at 12:58 pm
    Permalink

    Ai! Maar hoe teleurgesteld is ek nou?
    Hier wag ek om oor ‘n vreeslik session te lees!
    Ek het al my broekie begin aftrek en my regterhand het automaties na my koekie geskuif!
    Nogtan baie mooi geskryf.
    Dankie

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)