Die week van my seksuele ontwaking (Dinsdag)

Hoe lank gaan ek lees: 11 minute

deur Hupse Hanlie

(Lees vorige episode HIER)

Dinsdagoggend net na 9 uur stuur ek die WhatsApp.

Ek laat vaar alle pogings om myself te verduidelik en volstaan met: “Pretoria, vanaand?”

Ben het dit die afgelope jare duidelik gemaak dat hy my weer wil sien en ek het hom beleefd, maar herhaaldelik ‘n koue skouer gegee, selfs al het ek gevlei gevoel en al kon ek nie help om kortstondig opgewonde daaroor te voel nie. Sy laaste boodskap aan my het onbeantwoord gebly tot nou toe: “As jy ooit van plan verander, ek sal jou
enige plek in die heelal ontmoet, sê net waar en wanneer, no questions asked.”

Teen 10 uur is die boodskap steeds nie gelees nie en ek oorweeg om dit te delete.

Waarmee is ek besig? My hart gaan sit in my keel toe my foon oomblikke later “ping” en ek sien die boodskap is van hom.

“Laai jou 7hr op, stuur adres.”

Net dit, geen kommentaar nie, geen vrae nie. Ek glimlag, bloos. Ek voel skielik soos ‘n standerd-ses bakvissie en moet die giggel onderdruk. Alle twyfel of ek moes voortgaan daarmee verdwyn soos mis voor die son. Ek stuur vir hom die adres, maar voeg tog by:

“Niks het verander nie, steeds gelukkig getroud. Dis net vanaand.”

“We’ve got tonight, who needs tomorrow ��”

Ek giggel hardop, as verliefde tieners het ons destyds dikwels vir mekaar frases uit liedjies gesing, altyd spelerig en baie vals, maar nooit sonder passie nie. Ek hoor sy sangstem in die woorde en kan nie ophou glimlag nie, dit was goeie, onbevange tye.

Klink of hy steeds ‘n Kenny Rogers aanhanger is. Ek was nie, my rebelse kant het my beslis na musiek gedryf maar eerder in die rigting van die Kurt Cobains van die wêreld en groepe soos Nirvana. Headbanging op die maat van “Smells like teen spirit” was my ding. Wie sou kon raai dat my rebelsheid weer sou opvlam in my middeljare? Hierdie keer blyk dit dat ek my nuwe Nirvana in seks soek, “banging” op die maat van “Smells like middle age sex.” Ek het duidelik my laaste varkies verloor, en ek is boonop hiper-opgewonde daaroor.

***
Tydens middagete wil René dadelik weet wat laat my so straal. “Wag, wag … moenie sê nie, jy het vir Ben gekontak, het jy nie?”

“Vanaand, maar jy hou jou smoel.”

Sy glimlag van oor tot oor, mens sal sweer sy is meer opgewonde as ek.

“Ek moet hierdie Ben sien en klaar, ek kan nie my nuuskierigheid beteuel nie.”

“Vergeet dit René, ‘n ontmoeting is buite die kwessie. Hy mag nie weet dat jy weet nie. In elk geval is hy ‘n plein ou, hy is nie ook ‘n Italian Stallion nie.”

Ek begin te bloos die oomblik toe die woorde my mond verlaat. René het tot op hede geen beskrywing gegee van haar date van gisteraand nie, en sy gaan nie glo my verwysing is toevallig nie. Ek het min twyfel dat sy gisteraand wou hê ek moes kyk, maar daar was geen manier vir haar om te weet ek het wel gekyk nie. Tot nou toe.

Ek sou graag wou hê dat René eerder raai daaroor as weet, maar sy is veels te intelligent om my glips te mis. Sy vind dit duidelik baie amusant. Vir lank sê sy nie ‘n woord nie, kyk net reguit vir my met daai trademark glinster in haar oë en die ondeunde skewe glimlag.

Wanneer sy uiteindelik praat borrel dit onophoudelik uit. “Gepraat van ‘n Italian Stallion. Ek het vir die soveelste keer die ongelooflikste afspraak gehad met Leon, of eintlik met Leonardo? Die man mis net nie ‘n beat nie. Jy sal dit nie glo nie, die allerdaagse Leon is ‘n tipiese plaasboer van die Bosveld. Almal in die omgewing waar hy boer ken hom as ‘n stil, skaam ou wat permanent in sy kakieklere en vellies te sien is, selfs wanneer hy op die dorp gaan eet. Maar wanneer hy deurry Pretoria toe om my te ontmoet dan transformeer hy in Leonardo, die Italian Stallion. Mý Italian Stallion. Dis wat my so opgewonde maak oor hom. Ja, natuurlik is die man beeldskoon en het hy die lyf van ‘n Adonis, maar ek is mal oor hierdie wulpse kant van hom wat hy wegsteek vir mense en waarin hy hom uitleef saam met my. Wel seker nie net met my nie, maar ek gee nie om nie, ons chemistry is iets fantasties.
Elke oomblik saam hom voel ek op die rand van ‘n orgasme.”

Die middagsessie van die werkswinkel hou besonder lank aan weens ‘n spreker wat veels te lief is vir sy eie stem. Ek is baie benoud toe ons kort voor sesuur eers die trappe uitstap na ons kamers en groet René haastig voor ek na my kamer draai.

Sy roep agter my aan: “Onthou ek wil hom sien. Niks van ontmoet nie, ek wil síén,” en sy knipoog.

***
Vir die eerste keer in jare voel ek ek het niks gepas om aan te trek nie. Voorheen het dit my bloot nie gepla nie. Maar nou is dit Ben, my skoolliefde wie ek meer as twee dekades laas gesien het. Hy gaan my waarskynlik na ‘n deftige eetplek vat, hy sal my wil beïndruk. Ek wens daar was tyd om iets te gaan koop, maar my enigste opsie nou is wat ek Donderdagaand by die funksie sou aantrek. ‘n Koekerige lang grys skirt met ‘n wit bloes. Uitgetrapte swart insteekskoene met ‘n effense hak. Ek gaan omtrent so byderwets soos Moeder Theresa lyk.

Ek raak opgewonde oor die idee dat dinge dalk verder kan vorder, dat hy my sonder die koekerige klere sal sien. Dit bring my by my volgende nagmerrie. Ek kies my sexyste onderklere, ‘n plein, vol pantie en ‘n plein bra, albei ‘n vervelige dowwe pienk. Net ‘n bloomer sou minder sexy wees.

Ek spring deur die stort, was my hare. Terug in die kamer trek ek die gordyn toe en sit die lig aan. Dis nog redelik lig buite, maar ek soek dit nou helder in die kamer en ek wil nie nou bekyk word nie. Dit vat ‘n ewigheid om my hare droog te blaas en uit te kam. Dit lyk nie sleg nie, maar dit voel vir my ook skielik uiters gewoon. Dis kwart
voor sewe. Hy het vroeër aangedring op my kamernommer sodat hy my hier kan kom haal en ek twyfel of hy laat sal wees, hy was destyds baie stiptelik. Ek trek vinnig aan, sien in die spieël dat ek nog nie grimeer het nie. Ek doen bitter vinnig net die nodigste, gelukkig het Ben nooit gehou van ‘n oordaad grimering nie. Drie minute voor sewe. Wat het ek vergeet? Ek kan aan niks dink nie, tot ek besef dinge kan vanaand gebeur en ek het nog geensins verder as my onderklere gedink nie.

Die dae van welige bosse skaamhare is dekades al verby, ons is lankal in die 21ste eeu. Dis nog vroeg in die somer en ek het bly uitstel om my jaarlikse bikini-wax te kry. René se perfek getrimde driehoek doem vir ’n oomblik voor my oë op en ek wens ek het meer tyd gehad. Ek haal senuweeagtig die skertjie uit my badsakkie, trek my skirt en broekie uit en gaan staan wydsbeen oor die toilet. Ek begin skaars knip toe daar ‘n klop aan die deur is. “Gee my net drie minute asseblief.”

“Vat jou tyd, daar is geen haas nie”.

Ek snak byna na my asem toe ek sy stem hoor. Dit bring onmiddellik soveel antisipasie, soveel jare se onderdrukte wonder en honger. Saam met dit ‘n vlaag adrennalien en ook paniek. Ek knip net die ergste lengte af, dis die beste wat ek nou kan doen. Terug in die kamer trek ek my broekie en skirt aan, onthou dat ek nog geen parfuum aangespuit het nie. Ek spuit daarvan in my nek, nie te veel nie. As ‘n laaste gedagte lig ek my skirt en spuit ook op en rondom my dowwe pienk pantie.

Ek betrag myself in die spieël en maak vrede met wat ek sien, dit is wat dit is. Voor ek vir Ben gaan oopmaak maak ek eers die gordyne oop.

Ben staan in die gang, groot glimlag op sy gesig en ‘n bossie rooi rose in die hand.

Hy het ‘n netjiese blou denimbroek aan en ‘n swart langmou-hemp. Dis ‘n verrassing, ek het ‘n deftige pak verwag. Hy lyk baie goed en veel meer gemaklik as wat ek my voorgestel het. Die strepies grys in sy hare laat hom eerder
gesofistikeerd as oud lyk.

“Sjoe Hanlie, nog net so pragtig soos altyd, die rose kan nie by jou kers vashou nie,” sê hy en gee die bossie rose vir my. Hy gee my ‘n langerige druk en soen my op die wang. “Dis lekker om jou uiteindelik te sien.”

“Baie dankie vir die rose en ja, dis vir my ook lekker om jou weer te sien.”

***
Op pad na die restaurant vertel hy dat hy vanoggend nog in die Kaap was. “Ek het Saterdag kliënte na die Springbokke se wedstryd in Kaapstad gevat en het toe gebly vir werk. Ek sou eers more terugvlieg. Ek was in ‘n vergadering vanoggend en het eers jou boodskap daarna gesien. Natuurlik het ek bitter vinnig gespring om my vlug na vanmiddag te vervroeg.”

“Jammer, klink of my tydsberekening sleg was, maar dis nie asof ek beplan het om jou te sien nie.”

“Glad nie, jou tydsberekening is eintlik perfek. My vrou het die geleentheid gebruik om vir die week vir haar suster in Ballito te gaan kuier, sy kom eers Sondag terug wat beteken die hele week is myne, of ons s’n as jy wil.”

Die restaurant is deftig, tog gemaklik met ‘n vrolike atmosfeer. Hy het ‘n tafel bespreek wat redelik privaat is in die een hoek van die restaurant. Ons gesels heerlik oor ons skooldae, skoolmaats en onderwysers. Sy staaltjies laat my kort-kort lag, wat baie help om my senuwees te bedaar. Later vra hy my uit oor my lewe. Tog is sy vrae en kommentaar baie anders as die normale. Sy fokus is op my eerder as op dit wat om my aangaan, op wat my bekoor eerder as op wat ek doen. Hy is baie goed daarmee om te delf in wat in my kop aangaan. Hy oordryf geensins die
komplimente nie, weef dit so subtiel in die gesprek dat dit baie natuurlik en opreg oorkom. Ek voel gou totaal op my gemak.

Hy skuif nader aan my en vra: “Onthou jy die liedjie Take my Breath Away?”

Hoe kan ek vergeet? Ons eerste soen was tydens die liedjie, lank innig en intens.

Daarna het ons dit gereeld saam geluister en dikwels dwarsdeur die liedjie gevry.

Dit was beslis ons nommer een vry-liedjie.

“Uhm … ek weet nie. Was dit dalk een van die liedjies in Top Gun? Verder lui dit nie eintlik ‘n klokkie nie.”

Ek verklap niks nie en ek kan sien hy is onseker of ek ernstig is. Hy lyk tydelik van stryk voordat hy glimlag, my diep in die oë kyk en speels sê: “In daardie geval Han, sal ek later op ‘n meer gelëë tyd jou geheue moet verfris.”

Ek voel die warmte en die rooi agter my ore begin. Al weet ek hy is terdeë bewus daarvan kyk ek nie weg nie. Die warmte strek baie verder as my wange en ore, baie dieper. “Wie weet Benna, dalk kry jy reg om my geheue te verfris. Take my breath away. Miskien verfris jy meer as my geheue.” Ek vermoed die wyn praat ook nou saam.

***
Terug by die hotel nooi ek hom vir koffie. Hy gaan sit by die tafel in my kamer terwyl ek die ketel aansit en die koppies regsit. Ek verskoon my om die badkamer te gebruik waar ek seker maak ek is vars en gereed vir enige gebeurlikheid. Toe ek weer die badkamer deur oopmaak is ek verras om musiek vanaf sy selfoon te hoor. Die liedjie is geen verrassing nie, Take my Breath Away. Duidelik is hy haastig. Ek glimlag dankbaar, want ek kan myself nie langer inhou nie, ek het dit vir te veel jare gedoen.

Hy hou sy hand uit na my, ek vat dit en gaan sit dwars op sy skoot, die koffie vergete. Hy trek my teen hom en soen my, eers op my lippe. Ek maak my lippe oop en voel sy tong teen myne. Ons soen asof dit die eerste keer is en hou nie op voor die liedjie klaar is nie. Ons staan op, hy vat my aan die hand en lei my tot by die bed waar hy my laat sit. Hy sak op sy knieë voor die bed, sit sy een hand agter my kuit om my voet effens te lig. Met die ander hand trek hy versigtig my skoen uit en soen my voet. Daarna doen hy dieselfde met die ander skoen, soen ook die ander voet. Die ervaring is vir my wonderlik sensueel. Ek weet as ek hom nou laat begaan is daar geen keer meer nie en ek wil hom eers bederf, daarom trek ek hom aan sy hand regop terwyl ek op die bed bly sit. Ek vryf oor die knop in sy broek, maak dan sy gulp oop. Ek glip sy ereksie uit sy onderbroek en kyk daarna asof ek vir die eerste keer so iets sien, terselfdertyd omvou my vingers hom en beweeg ek dit heen-en-weer oor sy lengte.

Ek voel hoe hy reageer in my hand, hoe sy ereksie met mening opwaarts beur. Ek trek die vel weg van sy voëlkop, lek rondom dit voordat ek die hele kop in my mond sit, my lippe om sy skag. Ek voel soos ‘n jong maagd wat nie weet wat sy doen nie, maar laat my lei deur die oomblik. Ek suig en lek en beweeg my mond en hand voortdurend sodat sy ereksie dieper en weer vlakker in my mond in beweeg.

Wanneer ek met my ander hand se vingers sy balle streel, met my naels sy skrotum krap, begin hy self ritmies my mond te pomp. Ek keer hom op fyndraai, druk hom van my weg.

Hy trek my van die bed op, soen my terwyl hy my bloes se knope losmaak. Baie gou staan ons poedelkaal teen mekaar, sy ereksie vasgedruk tussen ons. Hy staan ‘n oomblik terug, bekyk my van kop tot tone. “Jy is ongelooflik, you take my breath away,” sê hy hees voor hy my versigtig op die bed neerlê.

Hy soen my op my voorkop, op my wange, my lippe, in my nek. Af op my bors, op my tepel wat hy vir ’n oomblik ook lek. Laer af na my naeltjie, soen dit voordat hy met sy tong daarin speel, ek is verras deur die elektrisiteit wat deur my liggaam skiet. Hy soen my op my pubis, aan die binnekant van my dye voordat hy uiteindelik eindig
in my mik. Hy soen my skaamlippe, trek sy tong deur my nat gleuf tot op my klit. My onderlyf druk outomaties op teen hom en ek voel sy lippe om my knoppie, dan die punt van sy tong op my klitoris terwyl hy saggies suig. Dit word afgewissel met sy tong wat op en om my klit lek. Die ekstatiese lekkerte, die dekades se onderdrukte
fantasië oor Ben en die uiteindelike ontsnapping uit my koekerige koekon dryf my baie vinnig tot op die rand van orgasme.

Ek trek sy gesig weg van my onderlyf. “Nee Ben, nie so nie, ek wil hê ons moet gelyktydig kom met jou binne-in my, soos jy altyd wou gehad het en soos ek beloof het ons sou eendag doen. Ons het wel nooit tot trou gekom nie, maar ek wil steeds daai een belofte nakom.”

Ben vat my gesig in sy hande, soen my diep en innig terwyl hy bo-op my klim. Ek
stuur hom gemaklik in my in.

“Hanlie … Hanlie, ek droom al van my tienerdae van hierdie oomblik,” huig hy terwyl hy vinniger en vinniger pomp. Ek kreun hard wanneer my binnespiere krampagtig om hom saamtrek en hy alle beheer verloor.

Hy skiet diep in my terwyl hy sy laaste energie uitstamp. My binnespiere trek en los, trek en los terwyl my orgasme oor my spoel. “Ben….Ben,” prewel ek teen sy oor.

Ons lê lank in mekaar se arms, bedank mekaar vir die vervulling van ‘n jare lange fantasie, al het ek dit so kort gelede as gisteraand eers aan myself erken.

“Hanlie dit was te spesiaal en te lekker om nie te herhaal nie, jy is nog ’n paar dae hier en ek is graswewenaar, ek wil jou weer sien hierdie week.”

“Jammer Ben, onthou Donderdagaand is my werksfunksie en moreaand het ek beloof om saam René te spandeer, ek voel te sleg om haar nou te drop. Ek wil jou graag weer sien en ons sal, net nie hierdie week nie.”

Ek besef dat meer ter sprake is as dat ek René nie wil drop nie, ek wíl tyd saam met haar spandeer. Hier saam met haar spandeer, weg van die huis en van die kantoor. Ben was fantasties en natuurlik wil ek nog avonture saam met hom beleef, maar ek weet daar gaan nog geleenthede wees, hy sal dit maak gebeur. Ben is slimmer as om dinge te probeer forseer. Hy herhaal eerder sy woorde van vroeër deur sy beste Kenny Rogers-sangstem uit te haal: “We’ve got tonight babe, who needs tomorrow.”

Ek antwoord met die volgende reël van die frase in ‘n wafferse Sheena Easton nabootsing: “We’ve got tonight babe, why don’t you stay?”

Daarmee sit ek die lig af en besef dat ek vroeër vergeet het van die oop gordyn. Die plan was om dit toe te trek voor enigiets intiem gebeur het. René sou op die uitkyk gewees het vir ons terugkeer en sou waarskynlik alles aanskou het. Tog, eerder as wat dit my pla vind ek dit onverwags opwindend. Ek wonder of dit by haar dieselfde effek het as wat gisteraand se voyeurisme op my gehad het?

***

Ek en Ben het lekker ontspanne lê en gesels asof ons jarelange minnaars is. Ek het met my kop op sy bors aan die slaap geraak, net om in die vroeë oggendure in ‘n waas bewus te word van my hand om sy kloppende voël. Ons was in ‘n vurige omhelsing en my vagina was reeds sopnat. Dit het afgespeel soos ‘n wet dream en ek was net vaagweg bewus van die werklikheid daarvan. Aangedryf deur wedersydse dierlike belusting was daar hierdie keer nie sprake van enige voorspel nie, hy het geen tyd verspeel om my te penetreer nie. Ons het gesteek soos ‘n jagse
jong paartjie wat net nie genoeg van mekaar kon kry nie. Na dekades saam met net een man was my tweede steek en tweede orgasme binne ure saam met ‘n ander man soos ‘n droom, my heel eerste ervaring saam met ‘n ander man. Terwyl ek steeds op cloud 9 was weens hierdie eerste ervaring kon ek klaar nie wag vir my volgende eerste nie. Gelukkig sou dit binne ure realiseer.

3 thoughts on “Die week van my seksuele ontwaking (Dinsdag)

  • Baie mooi storie Lyn… Ons wag nou vir Woensdag….

    Reply
  • Pragtig eroties en beskrywend… dankie, dis baie mooi

    Reply
  • kobie@cceng.co.za

    Very good

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)