Melktertjie Selfiekompetisie!

Hoe lank gaan ek lees: < 1 minute

Kombiekiehier kondig met opgewondenheid en afwagting aan dat ons oor die volgende drie maande ‘n Selfiekompetisie gaan hou in samewerking met Battlefield Distillery. Elke vier weke gaan een gelukkige persoon ‘n boks melktertjies wen. Die gawe mense by Battlefield Distillery sal besluit wie die sexyste selfie ingestuur het.

Die reëls is maar dieselfde as wat die vir alle Selfies hier op Kombiekiehier is, behalwe dat hierdie een Melktertjies as tema moet hê. Hierdie kan moer sexy wees. 🙂 Ons gee nie om as jy jou gesig wil wys in die foto nie, maar onthou ons gaan dit post. Die kompetisie is oop vir mans sowel as vroue en die enigste voorwaarde is dat dit foto eroties eerder as “pornografies” moet wees. Ons wil dit hier kan deel (nie net in Vreesloos nie) – so dink stylvol en sexy. O ja, onthou om vir ons ‘n skuilnaam te stuur!

Stuur jou Selfie na kombiekiehier@gmail.com en meld asseblief sommer in die onderwerp dat dit vir die Melktertjie Selfiekompetisie is.

Die sluitingsdatum vir die eerste boks melktertjies is 30 November 2016.

Geniet en

bly lus. 🙂

Annelise

 

 

15 thoughts on “Melktertjie Selfiekompetisie!

  • Ysbeer

    Nee Annelise, jys verkeerd. Party mense sit nie fotos op nie want nou nou skrik die volk so groot en hardloop weg.

    Reply
  • HappyChappy

    Lyk my die kombiekiehierders is so effe skaam? Nog geen selfies nie?

    Reply
  • Wille Will

    Annelise, ek vra maar net na oorsig van kommentaar sedert 8 November oor hierdie onderwerp van selfies : Happy Chappy, Nostradamus, Ysbeer, Nas en Frik wil jou aanhou ompraat om leiding te gee maar hoekom neem hulle nie self die voorbeeld nie? Hoekom moet dit ‘n “Afrikaanse-ding” wees? Sodra een die waagmoed het om weg te spring sal die ander sekerlik volg. Ons Afrikaners is al lankal uit die Voortrekker tyd verlig : Hierdie blad van Annelise is ‘n klnkende voorbeeld !
    Ns. My eie foto’s is al by vervaldatum verby, in case julle almal nou vinger na my wil wys…lol

    Reply
  • HappyChappy

    Lyk my die Kombiekierhierders is so effe skaam? Nog geen selfies nie?

    Reply
    • annelisePost author

      Ek begin vermoed dis ‘n Afrikaanse ding … en dis so weird, want dis skuilname en sonder gesigte en tog … 🙁

      Reply
      • Nostradamus

        Ok, ek het ‘n vermoede almal wil die skoner geslag se selfies sien, en ek is meer as bereid om in te skryf, maar ek is NIE deel van die skoner geslag NIE, en ek dink nie enige iemand hier stel belang in ‘n stoute selfie van my nie, so wat staan ons te doen?

        Reply
  • Nostradamus

    Wie het gesê jy neem deel? Jy stel mos net die voorbeeld!

    Reply
    • Ysbeer

      Nostradamus ek sekondeer hierdie voorstel van jou. Ek dink Annelise kan vir ons die kompetisie amptelik begin en mooi wys en n vlak daarstel vir al die ander deelnemers om te probeer oorwin. Toe nou Annelise.

      Reply
  • annelisePost author

    hehe, gewoonlik mag nie werknemers en familielede nie deelneem aan die kompetisies nie :p

    Reply
    • Ek stel voor jy doen 2. Ene met n eina broekie en ene sonder. Dan kan ons mos sien wat toelaatbaar is en wat nie

      Reply
  • Nostradamus

    Aah, wat ‘n WONDERLIKE idee!
    Nou wonder ek so by myself, of Annelise dalk vir ons die kompetisie sal inlui?
    Wie is saam met my?
    Wie weet, as ons dalk genoeg is sal sy dalk swig voor groepsdruk?

    Reply
    • HappyChappy

      Virseker – niekompeterende deelnemer!

      Reply
      • annelisePost author

        Julle het ook ‘n antwoord vir alles 😉 🙂

        Reply
        • Geen Deelname… Maar net lyding gee met n voorbeeld

          Reply

Leave a Reply to Nas Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)