
Melktertjies
Melktertjies. Dis wat die skuld vir alles gaan kry. Melktertjies. Ek maak my romp los en laat val dit onder luide toejuiging op die grond. Dis wat gebeur as ‘n mens nie betyds huistoe gaan nie. Hierdie partytjie moes al lankal opgehou het. Al die ordentlike mense is al weg. Dis wanneer ‘n mens net daardie rukkie te lank bly dat onheilighede uitbroei waarvoor jy nie noodwendig nee wil sê nie.
Net soos ek nie nee wou sê vir die Melktertjies wat so mildelik gevloei het nie.
Dit was Dirk wat gewonder het waarom mense nie met Melktertjies bodyshots doen nie. Dirk met die lang wimpers en die kuiltjie langs sy mond. Dit was ook hy wat die lootjies uitgedeel het en wat die laaste vroue met daardie smile oortuig het om deel te neem.
Dit was ek wat die kortste stokkie getrek het.
Ek knoop my bloes los en voel hoe iemand my help om dit oor my skouers af te trek. Dan help Dirk my om op die tafel te gaan lê. Hy vra dat ek my arms bo my kop moet uitstrek. My kop draai van die soet melktertjies wat ek deur die aand gedrink het. Soet melktertjies maak stout melktertjies, dink ek en giggel so effens.
Daar is sewe mense om die tafel. Twee vroue en vyf mans. Een van die mans gee ‘n bottel vir Dirk aan waar hy langs my aan die kant van die tafel staan. Ek kyk hoe hy die prop losdraai en dan die bottel stadig hoog bo die tafel tiep. Die ligte roomkleurige vloeistof maak ‘n lang straal uit die bottel se nek en tref my lyf net bo my naeltjie.
Dis yskoud!
Ek snak na my asem wanneer die koue my tref. Die drank begin weerskante van my lyf afloop. My hoendervleis volg die pad van die koel vloeistof tot waar dit deur die warm mond van een van die mans gestop word. Hy lek teen die kant van my lyf op tot in my naeltjie en my hoendervleis volg die pad van sy tong terug.
Dirk het intussen na my bene beweeg. Ek voel koue vloeistof gevolg deur warm tonge op my voet, enkel, my knie en my bo-been. Een van die vroue het ook nou ‘n bottel gevat. Sy gooi ‘n straaltjie oor my polse wat agter my kop uitgestrek is. Sy lek self dit af voor sy dan teen my arms op beweeg. Sy drup-drup die soet melktertjies op daardie sagte binnedele van my arms en lek-lek dit weer stadig af. Sy kyk in my oë wanneer sy die bottel bo my mond tiep. Die vloeistof loop in my mond in, maar dit is baie so dit loop ook oor my lippe en oor my wang en langs my gesig af tot in my nek.
Die vrou sit die bottel neer en laat sak haar kop oor myne.
Sy lek die melktertjiespoor in my nek, teen my wang op. Dan lek sy oor my lippe.
Presies wanneer iemand ‘n koue straal in my lies laat afloop.
Ek is besig om in sensasie te verdrink. Die vrou se sagte mond is op my myne. Ek proe melktertjies wanneer sy haar tong in my mond indruk. Ek maak my mond oop, maar my terugsoen verander in ‘n kreun, want iemand het my bene oopgedruk en volg nou daai pad wat die melktertjies teen my lies af gemaak het.
Haar mond op myne is so sag en dis in teenstelling met ‘n growwe mond wat soek-soek om my broekie se rand.
Sy soen my diep, diep. Ek verdrink in haar soen. Ek is vaagweg bewus van ander goed wat met my lyf gebeur. ‘n Hand skuif onder my in en knip my bra los, ‘n ander trek my broekie uit. Daar is warm hande op my borste en warm hande sprei my bene en dan lig sy haar kop op.
Die straal op my bors loop direk in die monde wat reeds aan my tepels lek in. Dis Dirk wat die straal tussen my bene in laat loop. En dis hy wat dit eerste oplek. Ek krom my rug om nader aan die monde op my borste te kom. Ek sprei my bene om nader aan Dirk se tong to kom. Ek maak my mond oop vir die vrou se mondvol soet.
My lyf is nat en taai en soet en hande en tonge en monde en ek is ruik kaneel en begeerte en dan kom ek. Melktertjie se soet word sout.
Ek is ‘n melktertjie
5 COMMENTS
Briljant!
Hoe lus kry ek ook nou vir ‘n melktertjie. Dankie vir die goeie idee wat jy skep.
Een van die bestes wat ek tot nog hier gelees het….selfs lus gekry vir n melktertjie….lol
Baie dankie vir hierdie mooi storie – daar gaan my dieet sopas by die agter deur uit. LMGA
sjoe…Tannie Poppie van die Tv kosprogram kannie sulke melktertjies maak nie !
Smullekker storie !