
Oor registrasie en Gemeenskap – State of the Website…
Hello daar geliefde Kombiekiehierlesers, 🙂
Net gou ‘n kort briefie om so ‘n paar goed onder julle aandag te bring:
Eerstens: Ek moes ons forum, Gemeenskap, so vir ‘n rukkie toemaak. Daarmee saam is die private mail funksie ook af. Dit het die webwerf onstabiel gemaak en ons moet net eers uitfigure hoe om die probleem op te los. Dis in elk geval regtig min van julle wat daar deelgeneem het, so dis seker nie so groot verlies nie? Ek sal hard daaraan werk om dit weer (dalk vroeg volgende jaar) weer terug te bring.
Intussen besef ek dat sommige van julle besig was om private boodskappe vir mekaar te skryf en dat julle dalk nie nou meer kontak met mense het nie. Asseblief skryf vir my as dit die geval is omdat ek dan as ‘n tussenganger ten minste kan probeer help om julle op ‘n ander manier weer in kontak met mekaar te kry, ok?
So jammer oor hierdie verwikkeling, maar soos ek sê, baie min van julle het dit gebruik en dis nie eerstens waaroor Kombiekiehier gaan nie.
Wat by by my tweede en baie belangrike punt uitbring:
Lesers HOEF NIE te registreer om op Kombiekiehier te kan lees nie. Daar was/is drie redes om te registreer. Die eerste was as iemand wou deelneem aan die gesprekke by Gemeenskap (die forum). Dit was egter nie nodig as jy net wou lees waaroor mense praat nie. Die tweede rede is as jy onder jou regte- of skuilnaam sou wou kommentaar lewer onderaan die stories. Daardie bly steeds so. En die derde is as jy wil registreer en betaal om Kombiekiehier Vreesloos te sien. Daar was ook sover maar min mense wat daardie gedoen het, so weereens raak dit nie die meeste lesers nie.
So moenie te bekommerd wees oor die registrasie nie. Dis iets wat “ontstaan” het omdat die forum ontstaan het. Mense wat nie geregistreer is nie, kan 99 persent van die website verniet lees. 🙂
Ons het ‘n adverteerder. Wie hou nie van Melktertjies nie? 😉 Ondersteun hulle asseblief – al is dit net vir julle eie plesier. En stuur asseblief enigiemand anders wat na ‘n volwasse mark soek, hierdie kant toe.
Ok, nou is die “boring” admin-deel weer afgehandel. Terug na lekker dinge …
Bly lus.
Altyd.
Annelise
1 COMMENT
Alreeds 2 bot Moonshine en 2 bot Melktertjies bestel