
Dronk se top 5 songs vir liefdemaak.
Vandag deel ons vir die eerste keer ‘n artikel van ‘n ander site af. Dis omdat die ouens by Pressto iets sexy geskryf het. En snaaks. Wat beteken ons het LUS geword – of ten minste gegiggel. Wat beteken julle sal dit geniet. 🙂
Woorde: Dronk
Okay. Van al die jare se brannas en Coke is jou korasie bietjie laag, china. En korasie – vir dié wat nie weet nie – is nié `n katlokasie nie, dis jou seksdrang, ou seun. Maar geen rede vir vrees nie. Wat is beter om Poplap in die mood te kry met `n bietjie musiek voor die d(r)aad? Hierdie is wel nie `n maklike taak nie. Speel vir dominee se dogter `n tune van AC/DC, en sy check dalk `n demoon in die hoek van die kamer. Dit wil jy nie hê nie. Sukses is wat jy wil hê. En hierdie lys waarborg sukses, pappie.
Minora Marika, die Goth-pop
Scenario: Albert, die bleek outjie met die pentagram op sy T-shirt en wat nogal baie af siek is by die werk, sleep jou saam The Doors toe in Jozi se middestad. Terwyl jy by die bar staan en teug aan jou Chesterfield terwyl jy wonder hoekom niemand smile nie, sien jy vir Minora. Bleek vel, pikswart hare en lyfie uit die hemel (hoewel jy wonder of dit nie uit die hel is nie). Jy gee haar `n light. Sy tune jou jy is oulik en hierdie plek verveel haar. Jy tune vir Albert, wat aan `n pokkel met `n Marilyn Manson T-shirt in die hoek se nek suig, jy gaan fokkof, hy moet `n lift vang. Julle is in die flat langs jou moeder se huis. Tyd vir `n CD, pappie. Tyd vir aksie.
Type O Negative – Christian Woman
Nou kyk, Peter Steele van Type 0′ Negative was `n MENEER (hy was altans oor die ses voet). Hy was selfs al naak in `n vrouetydskrif om sy STAAL te wys. So jy sal moet uithaal. Na `n paar minute se vertikale oefening, tune sy jou jy moet haar met `n regter steek. Jy tune haar jou vuis is nog seer nadat jy vir Sakkie gemoer het by die sokkie. Toe steek SY jou een op die oog. Toe besluit jy fok dit, jou Satansheks, en eet haar met `n plathand teen die oor. Sy bereik haar klimaks. Job well done. Alhoewel jy voel jy moet `n Rhema-pastoor môre bel om die woonstel te cleanse.
Lize-Charné, die Gimnasium-hasie
Scenario: Jy is al 10 minute op die treadmill en jou asem jaag klaar. Ten minstens kan jy die rugby op die TV kyk. Hierdie blonde seksbom, hare in `n poniestert, geklee in haar Dri Fit Nike-oefenbroek en R3 000-tekkies loop verby. Jy lig die speedo op die fiets van 30 km/h na 55 km/h. Sy glimlag. Jy is bly sy sien nie jou Gypsey-tekkies op die trappe nie. Ná gym praat julle `n bietjie en jy maak of jy uitmaak van USN se nuwe Whey Protein-dieet. Die eerste afspaak is gemaak. Na die eerste aspraak eindig jy op by jou flat langs jou moeder se huis. Tyd vir `n CD, pappie. Tyd vir aksie.
2 Unlimited – No Limit
Fok foreplay. Lize-Charné, a.g.v. die afspraak, het vanaand se gym-sessie misgeloop. Sy is dadelik bo. Want sy verkies dit so. Sy kan haar abs behoorlik oefen. Jy sweet alreeds soos `n vark na 38 sekondes. Na ongeveer twee ure is jou rug in traksie en jy spoeg slym op jou Spiderman-duvet. Sy is gelukkig, sy check sommer op haar Nike watch hoeveel calories sy verbrand het. Job well done.
Hannelie, die Hippie
Scenario: Jy scheme jy gaan `n draai maak by `n drumming circle by Emmarentia-dam. Miskien hoor jy bietjie iets van Lars Ulrich wat jy so kwaai like. Geen kans nie, pappie. Net vuilerige hippie-kinders wat met tie dye-klere ronddans met swart onder hulle naels en wat die kak uit `n spliff kan rook. Jy gaan sit langs Hannelie, en dit lyk of daar `n voëltjie in haar hare nes gemaak het. Jy tune haar, jy like dit ook fokkol dat mense bome afkap en shit. En KFC is van die duiwel af, jy vreet ook net blare en pitte. Sy sê jy is oulik, vat jou aan jou hand en soen jou op die mond. Sy gaan haal haar bankie by haar boyfriend, haar pyp by haar girlfriend, en daar gaan ons. Julle is in die flat lands jou moeder se huis. Tyd vir `n CD, pappie. Tyd vir aksie.
Deep Forest – Sweet Lullaby
Sy trek dadelik haar kleertjies uit, maar stop jou wanneer jy nader kom. Eers tyd vir `n spliff, pappie. Sy gaan lê langs jou en alles lyk goed – dán skop daai kak in. Grade A Hidroponics. Sy word `n draak. Daar is nog `n draak teen die dak wat pers vuur op jou zaber spoeg. Uit pure vrees versnel jy jou ritme met die hoop dat die draak sal verdwyn. Sy bereik haar klimaks. Dit lyk vir jou of die draak ook sy klimaks bereik het. Jy het nog nie. Maar die draak en Hannelie lyk gelukkig. Job well done. Die volgende dag was jy jou Spiderman-duvet want dit ruik soos voëlsaad. En nie DAAI voëlsaad nie.
Marinda-Ané, die Model
Scenario: Jou ryk Oom Hans in Sandton vra jou om sy huis op te pas. Hy vergeet die sleutels van sy Aston Martin. Jy trek jou beste Ackermans-hemp aan (wat die minste soos `n Ackermans-een lyk), leen een van jou oom se paar skerppunt-skoene en skiet af na FTV Cafe in Sandton. Jy ry `n paar keer verby die plek om aandag te trek en parkeer hom so naby as moontlik aan die ingang. Marinda-Ané staan dadelik nader. Jy koop vir jouself `n water, vir haar `n Tequila Sunrise en tune haar `n kak-storie dat jy `n myn geërf het in Marikana. Haar ogies glinster. Julle is in die hoofslaapkamer van Oom Hans se huis. Tyd vir `n CD, pappie. Tyd vir aksie.
Felix Da Housecat – Silver Screen (Shower Scene)
Kyk, modelle laaik dansmusiek. En Oom Hans het baie geld, so daar was al baie modelle in sy huis, vandaar hierdie CD ook. Voor sy haar klere uittrek, gaan maak sy eers `n draai by die latrine, en dit klink of sy iets snuif. Onder my, op die bed, kom ek agter sy is `n bietjie maer na my smaak, en haar heupbeen vergruis amper my pubis. En sy lê net daar. Soos `n lyk. Na `n paar minute, wat klink soos `n muis wat piep, bereik sy haar klimaks. Toe gaan druk sy haar vinger in haar keel, eet `n bolletjie watte en bel `n taxi. Job well done. Dink ek.
Kerry-Louise, die Kerkmuis
Scenario: Jou moeder het die vuil Spiderman-duvet in die wasgoedmandjie gesien en sy sleep jou saam selgroep toe. Jy gaan sit langs Kerry-Louise, die pastoor se dogter. Sy glimlag skaam vir jou. Julle begin praat en sy tune jy is oulik. Sy wil jou haar dagstukkie-boekie wys, en julle maak `n afspraak vir die volgende aand. Jou moeder is in die sewende hemel. Die draak teen die dak ook. Hy is steeds daar ná Hannelie. Tyd vir `n CD, pappie. Tyd vir aksie.
DEEL 1: Sweef soos `n Arend – Mark Jansen van Rensburg
Kerry sit met haar handjies gevou op jou bed. Jy soen haar saggies, sy soen skamerig terug. Die arend sweef. Die draak is rustig, hy wieg melodies saam met die musiek. Haar asemhaling raak vinniger. Jy voel iets oor jou gewrig vasklem…
DEEL 2: Roots – Sepultura
Jy het Kerry onderskat. Jy het die boeie misgekyk wat sy in haar Polo-handsakkie versteek het. Die sweep ook. Sy breek drie van jou ribbes. Sy laat jou huil soos `n baba. Vier ure later klimaks sy. Job well done. Die draak vlieg weg terwyl jy jou laaste asem uitblaas…