Terugvoer
So bietjie van die terugvoer wat Kombiekiehier in die eerste jaar ontvang het: 🙂
Rolling Stone skryf: verfrissend Mal oor julle site. Sal my gereeld hier sien. Sou dit so graag op Facebook met almal deel, maar nou besef ek dat die ooms en tannies dit dalk nie sal waardeer nie, of ten minste sal maak asof dit hulle skok. so eg Afrikaner.
Bosvark: Man ek hou van kombiekiehier.
Islekker: Dankie vir die blad. Ek word nou op ouderdom van 59 eers bewus en oopkop oor baie dinge. So ook seks.
TomCat: Hi Annelise Ek het hierdie webblad eers baie onlangs ontdek, en geniet dit nogal. Dit lyk egter vir my asof daar nie baie besoekers is nie (?), en indien dit so sou wees, wonder ek hoekom. (Daar is baie, miskien moet ek so bietjie syfers met julle deel? 😉 – Annelise) Daar is genoeg Afrikaanse mense met baie erotiese en sensuele (en ook kinky) voorkeure en (tot ‘n mindere mate) ook leefstyle, om statisties-gesproke vir baie groter besoeker-getalle te sorg. Hoekom is hulle nie daar nie? Wel, twee gedagtes daaroor van my kant af. Dalk bietjie meer bemarking, byvoorbeeld ‘n skakel vanaf Litnet se Leefstyl- en Erotika subblad na Kombiekiehier. Terloops, ek dink die vry-stories op Kombiekiehier is superieurtot Litnet s’n. Ek is (lankal nie meer)skaam oor my seksualiteit en baie dinge wat daarmee saamgaan nie, en ken ‘n klomp mense wat ook so voel, MAAR ek sou nooit my eie waardigheid (al is dit net my eie persepsie van ‘n skyn-waardigheid) wil aantas deur ‘common’ (of is dit met ‘n k gespel ? lol ) te wees of te raak of selfs daarmee geassosieer te word nie. En die belangrikste bydraer daartoe, IMHO, is “common” taalgebruik terwyl daar uitstekende Afrikaans is om dieselfde gevoel oor te dra. Die belangrikste voorbeeld wat ek kan noem is die oormatige en onnodige gebruik van “poes”, bv poesklap, en verskeie ander soortgelyke aanwendings. IMHO is ‘n poes en ‘n doos, ‘n lekker ding waarvoor meeste mense deesdae nog steeds waardering het. En dan praat ek nie eers van die antieke verhewe siening van die “yoni” nie. My punt is, by all means, gebruik poesie vir verwysing na ‘n yoni of vulva, maar kry ander Afrikaans as die negatiewe gebruik van “poes” gebruik/bedoel word. As ek regtig nie van ‘n ou hou nie gaan ek hom nie komplimenteer deur hom ‘n “poes” te noem nie, maar sal hom veel eerder ‘n “drol” noem vir die verwerplike ding wat hy is. Ek hoop jy kry my “drift” ? Mens kan dalk selfs, stadig maar seker, ‘n paar wydverspreide idiome verander. Wie weet ? Nou ja, genoeg gekla. Ek dink jy het ‘n great idee met hierdie webblad, en sal dit graag aan ‘n paar vriende en vriendinne wil bekendstel, as die “kommon” potensiaal wat soms deurslaan bietjie verlaag kon word. Goed bedoel. Sonder enige poging tot “better than thou” 🙂
Nog ‘n leser: Hi Annelise, ek dink dit wat jy hier het is smaakvol. En ek hou hiervan. Skitterend !
Mr B: Hi Annelise. Ek het nounet “Opebrief aan mans (vir vrouedag)” gelees en wou net vir jou sê dat dit so amazing geskryf is. Vir n paar jaar voel ek al dat dit amper my verantwoordelikheid is om haar te liberate van al hierdie dubbel standaarde, wat nie deur my gestel is nie, maar die omstandighede waarin meeste 30-40 somethings grootegeword het. Die hartseer ding is dat sy nie heeltemal verstaan nie, dus n groot sukses van die “sisteem” Ongelukkig is ek nie so oulik met n pen soos jy nie en ek het iets nodig gehad, die hele konsep verwoord. Anyway…ek wou net my gedagtes deel met jou. Ek love dit, baie dankie!