
Ta’ Alet
deur Bobcat
Dit is Saterdagmiddag net voor twaalf toe ek die laaste aankope vir die nuwe week by die kooperasie finaliseer. Terwyl ek verby die klein winkeltjies in die straat afstap na waar ek die ou Cruiser gelos het voor die poskantoor, wonder ek of die “stoute” tantes van die dorpie met mekaar oor my skinder. Ek sien gereeld hoe van hulle na my kyk, hul oё oor my broek laat gly en dan kamma skaam oogkontak vermy terwyl hulle agterna roep: ”Groete vir jou ma-hulle Riempies!”
Ek kyk oor die straat na die biblioteek en wonder hoe dit met ta’Nellie gaan toe ek teen iemand vasloop.
“Jinne ou Riempies … is dit jy?” groetlag ta’Alet.
Sy is ta’Nellie se beste vriendin, die jongste van die vriendegroepie en die dorp se naaldwerktannie met haar eie boetiek. Kom ook gereeld saam op die plaas kuier waar ek menigmaal haar pragtige dik bos rooibruin hare en stywe boobs, wat altyd lyk of hulle wil ontsnap, bewonder. Sy is korter van postuur as haar vriendinne, maar met die lyf van ‘n loopplank prinses, sagte dimpels om haar mondhoeke en sy is altyd stylvol gegrimeer en aangetrek.
“M-m-middag tannie, j-j-jammer tannie,” stotter ek verleё.
“Ag tog hartjie, ek is so bly om jou te sien. Nou net gesluit, maar ek sal oopmaak. Jou ma het gesê dat jy vandag sal verbykom om jou pak se broek te kom pas.”
Ek bloos bloedrooi van verleentheid, want die aanpassery het by my agterstewe uitgewaai. Ma koop altyd my klere ‘n nommer of twee te groot en dan verstel ta’Alet dit vir haar.
“N-n-nee maar dis reg tannie, baie dankie en jammer ek is so laat,” lieg ek kliphard.
Nadat sy die boetiek se deur agter ons toegetrek en gesluit het gaan haal sy my langbroek agter die toonbank, beduie na die aanpaskamer en verdwyn agter die kombuisie se gordyn met ‘n “suiker of heuning in jou tee, Riempies?”
“Heuning, dankie tannie,” antwoord ek oor my skouer terwyl ek my kortbroek met onderbroek en al op die vloer uitskop en die langbroek aantrek. Die broek sit nogals goed aan my, dink ek, terwyl ek my sitvlak in die spieёl bekyk.
Ek hoor hoe ta’Alet die skinkbord op die toonbank neersit en trek die gordyn oop en begin in haar rigting stap. Die boetiek se dik mat is sag onder my voete en ek maak ‘n lawwe draai beweging asof ek dans. Sy betrag my met haar kop effens skeef en haar oё op skrefies getrek.
“Jy het gegroei van die laaste passing af,” laat sy droogweg val terwyl sy my aan die skouer beetkry en laat omdraai.
Haar goedversorgde hande gly oor my boude en die agterkant van my linkerbeen voordat sy my aansê om op die passtoeltjie te staan. Haar warm hande vou behendig om my bene terwyl sy die broekspype verstel en met kopspelde vassteek en elke keer as sy orent kom kan ek uit die hoogte tussen die twee stoeiende varkies in haar bra afkyk. Terwyl sy effe vooroor buk verbeel ek my dat ek die punt van haar een bors kan sien en dit laat bloed onmiddelik na my, nou effe opgewekte, orgaan vloei.
Wanneer die tannie orent kom is sy gesigshoogte met my skrotum en ek sien hoe daar ‘n diep rooi blos oor haar wange vloei en haar oё is vir etlike sekondes stokstyf soos die van ‘n werfbobejaan in die son.
“Hoe voel die hang van die broek, Riempies?”
Ek hurk en kom orent om die “hang” te toets en voel hoe my voёl in die linker broekspyp val. Effe verleё druk ek gou my hande in die broeksakke, maar voordat ek kan antwoord vat ta’Alet my linkerbeen in ‘n wurggreep net onder die gulpgedeelte skynbaar om ‘n verstelling uit te meet.
“Hiert!”gil sy toe sy my meneer raakvat, en steier agteroor asof sy ‘n pofadder gewaar het. Ek gryp na haar om haar val te keer, maar is te laat en kry haar voor aan die rok beet. Haar knope spat in alle rigtings en haar tiete tuimel te voorskyn. Ek beland bo-op haar met my een been tussen hare.
“O-o-o-fok … s-sorry tannie,” is al wat ek uitkry.
Sy begin ruk onder my en tot my verbasing bars sy uit van die lag terwyl sy haar hande weer oor my agterstewe laat gly. Ek raak intens bewus van haar warm borste teen my sowel as van die bult van haar vroulikheid teen my bo-been. Sy lag nou onbeheersd en effens histeries. Ek druk my bolyf op en instinktief kyk ek af na haar borste. Bo verwagting is hulle net so styf en gepunt soos wat hulle in haar bra onder haar rok lyk behalwe dat hulle spierwit is met parmantige “nippels” wat omtrent ‘n sentimeter bokant die mooiste paar wynrooi areolas uittroon.
Haar vingers strengel deur my hare en ek voel hoe sy my kop afdruk. Ek gee met genoeё toe en my lippe omsluit haar een tepel. Ek suig, knibbel en rol hom met my tong terwyl haar hande langs haar sye afbeweeg. Ek voel hoe sy haar boude lig en haar knie-lengte rok optrek tot bo haar boude. Dan trek sy haar bene op en haak haar tone weerskante van my heupe oor my broek. Ek lig myself effens van haar op en terwyl sy die broek se enkele knoop losmaak en die ritssluiter aftrek maak sy haar bene reguit en stoot die broek tot by my knieё.
Ta’Alet trek my weer teen haar vas en ek voel hoe my stokstywe voёl nou tussen ons lywe vasgeklem word. Haar hande vroetel met my hempsknope en binne sekondes is ek en die tannie nipple teen nipple. Ek soen haar nek wat na Estee Lauder ruik terwyl haar naels teen my rugraat af speel. Wanneer ons lippe ontmoet is haar mond vars en koel. Haar lipstiffie proe na kersie en haar vel brand soos ‘n kool vuur teen myne terwyl ons lippe en tonge mekaar ontdek.
Die soen is intens, lank en hemels en ek kan voel hoe sy begin ruk onder my. Sy probeer iets sê, maar haar woorde neem nie vorm nie. Dan stoot sy my weg van haar en lê net daar op die mat met haar een arm bo-kant haar kop en haar ander hand oor haar mond. Ek kan sien dat daar trane in haar oё is maar sy giggel tussen die rukke deur. Dan bring sy van nêrens ‘n sker te voorskyn en gee dit vir my. Ek staar na haar rukkende liggaam en dan sê sy rukkend: “Maak my kaal … asseblief.”
Die sker glip deur haar stukkende bra se voorste V, dan deur die bande van haar rok en bra se regter- en dan linker bande en haar rok val bo heeltemal oop. Sy ruk, huil en lag nou deurmekaar op ‘n manier wat die barbaar in my wakker maak. Ek gooi die sker eenkant toe en skeur die res van haar rok van haar onderlyf. Ek kan sien dat haar spierwit broekie deurweek is van haar nektar en ek druk my vier vingers tussen haar bene in in ‘n skraap beweging, omsluit die broekie tussen haar bene in my hand en pluk dit skeurend van haar lyf.
Haar oё is ondersoekend op myne as ek myself tussen haar bene tuismaak en bo-oor haar uitstrek en beide haar hande in my linkerhand bokant haar kop vasklem. My lippe soek haar waggende mond op en terwyl ek haar sag soen verken my regterhand haar bors, haar maag, die waai van haar bene, die kuiltjies van haar lieste en dan trek ek stadig met die agterkant van my hand oor haar sopnat dig beboste poes. Ek kan voel hoe haar sappe aan my vingers kleef, die skaamlippies lê reeds opgehewe en oop en haar klitoris staan trots en prominent.
Ek los haar hande en verskuif my soen na haar naeltjie, lae maag en net bokant haar heuwel van sonde. My soene op haar lyf los die smaak van ryp, koel granaat in my mond en die hoendervleis op haar rukkende vel speel ‘n erotise tango in my oё.
Ek het die diep behoefte om haar te tart tot sy dit nie meer kan vat nie, maar my eie drange veroorsaak ‘n kloppende pyn in my nou rukkende lende. Dan kom sy orent, rol my op my rug, vryf met haar hande oor my maag en neem my kloppende disselboom in haar hande. Sy swaai haar een been oor my en kom in die sit posisie reg bokant my voёl.
Ek voel eers die haartjies van haar Eva’s vy, dan die koue nat van haar vroeёre lus en dan die warm gladde noupassende nat van haar vroulike binneste wat teen my skag afgly. Vir ‘n kort vroutjie het sy enorme kapasiteit aangesien sy sonder sukkel tot teen my pubis been en balsak afglei.
Sy bly in die sittende posisie met haar hande op haar bo-bene en begin om haar boude net effe na vore en agter te wieg sonder om enige diepte prys te gee. Haar kop hang agteroor en haar rooibruin hare hang tot onder haar skouers en wip-wip met elke vorentoe en agtertoe.
My regterhand rus op haar heup terwyl die duim van my linkerhand naarstigtelik oor haar klitoris swiep. Ek raak bewus van die muskusreuk van seks en die al intenser gloed van hitte en skoon sweet wat ons begin omvou. Haar kaal borste wip wip styf en ferm armlengte van my gesig af terwyl die voue van haar genotgrot beur teen my priemende piel. Sweet of sappe loop warm teen my lieste tussen my balsak en my binnebene af en ek voel ‘n naderende ontploffing opbou.
Ta’Alet kyk af na my toe, glimlag, sit haar hande op my bors en begin sterk vorentoe en agtertoe beur. Ek voel hoe sy nog natter word om my, gepaardgaande met ligte orgasmiese trillings en hoe haar naels nou in my borskas ingrawe. Dan lê sy vooroor op my bors en stoot haar bene lank uit langs myne. Haar wange is bloedrooi en haar rooibruin hare kleef teen haar voorkop vas.
Ek rol haar om, sonder om uit te trek, gooi my bene weerskante van hare en trek haar bene styf teen mekaar binne myne. Ek omvou haar gesig in my hande en liefkoos haar lippe met myne terwyl ek my voёl uittrek tot net voor die glans. As ek weer indruk voel ek hoe my voёl haar natheid oopbeur totdat ons pubis bene teen mekaar druk. Haar bene glip onder myne uit en sy trek dit hoog tot amper langs my skouers op. Terwyl sy haar bene vas en oop hou naai ek haar met oorgawe totdat ek voel ek gaan kom.
Ek pluk net betyds uit en die eerste straal sperm skiet oor haar borste, nek en tot in haar rooibruin lokke. Dan druk ek my voёl met die hand teen haar klitoris en ledig my arsenal teen die parmantige soldaatjie …
8 COMMENTS
Pragtig sexy en net reg met n bietjie kinky daarby.
Hoop jy kry nog tantes beet en vertel dit hier.
Bobcat dis nou netjies gedoen. Soos n ou vriend van my altyd gese het, vrouens is soos goeie wyn, hulle raak net beter.
A nee a. Wat te erg is, is te erg!!!!!
Ek sal nou begin proseeder! !
Jy en Annelise sal nou moet begin betaal vir my droog skoonmaak. Wantjou stories oor Riempies veroorsaak elke keer n Nat klewerige kol in my broek ????
Hahahaha! 🙂
Netjiese storie!
Bobcat se Tantes is surrealisties -verby !
Met die bekendstel van elkeen verras hy my elke slag met ‘n nuwe kinkel wat die nuwe tante het.
Pragtig en eroties geskryf, Bobcat, met die geure en kleure en omskrywings pragtig tussenin gegooi…sommer so “net terloops”…DiT is talent, my vriend, dankie day jy ons so vermaak.
Hierdie is sover my gunsteling van Bobcat se tannie-stories. Die klere-afsny deel is baie sexy…
Goeie genugtig…….baie goed geskryf!
Het al menigte maal ‘n soortgelyke fantasie gebruik waneer…………uhm kom ons volstaan net hiermee.