Sondag in Suburbia
deur Kaalvoetmeisie
Ek word wakker van sy wekker. Hy draai op sy sy om die snooze-knoppie te druk en ek kruip agter sy rug in. Ek hou hom styf vas, soen sy nek. Eers saggies, en dan harder. Meer dringend. Honger.
Sy linkerarm strek om my lyf en ek druk sy hand teen my heup vas waar die bytmerke van gisteraand nog pienk sit. Ek voel dieselfde honger in sy greep, dit vat groot happe van my vel en knyp daai lekker knyp. Genoeg om my te laat snak na asem. Net as dit amper seer raak dan skuif sy vingers na die volgende plek toe.
Sonder waarskuwing vou ek hom toe in my hand en druk hard – hy reageer presies soos wat ek wou gehad het. Hy draai skielik om en ek sien die weerlig wat flits in sy oë. “Het jy gedink dit gaan so maklik wees?”
Ek wou hom nog terg, maar soos ek my mond oopmaak om iets te sê is sy mond op myne. Met een beweging gryp hy my polse en hou dit bo my kop vas in een hand. Sy ander hand vou toe om my nek en my heupe lig op van die bed om nader aan hom te kom. Ek wil hom voel teen my. Ek wil hom voel in my. Ek is reeds so nat dat dit nie eers nodig is vir lube nie. Ek soen hom terug en byt sy lip, ek weet presies hoe om te kry wat ek wil hê.
Hy laat sak sy hele gewig op my neer, en ek kry die wrywing wat ek nodig gehad het. My bene vou om syne om hom nader aan my te trek. Maak nie saak hoe naby hy aan my is nie, ek wil hom altyd nader hê. Hy maak ‘n geluid wat net beskryf kan word as ‘n grom soos hy my soen. Hy trek skielik weg, ontknoop my bene, en staan op uit die bed uit.
Ek ‘pout’ soos ‘n tiener, en wonder wat sy plan is. Hy tel sy swart leer belt op wat nog langs die bed lê. My hele lyf slaan in hoendervleis uit. Die weerlig flits weer oor sy blou oë en ek glimlag soet vir hom soos ek my hand skuif om aan myself te vat. Ek kom skaars verby my naeltjie, toe die belt se punt my binnebeen piets.
“Ah-ah, jy weet mos jy mag nie vat sonder toestemming nie… Dis MYNE,” sê hy weer met daardie grom wat so diep uit sy keel uit kom. Dis ‘n waarskuwing. Ek besluit om gehoorsaam te wees. Ek knyp en trek aan die sensitiewe vel net onder my naeltjie en ek krul van die plesier. Dit gaan nie lank vat om my klimaks te bereik nie. Hy weet dit. Hy wil die onvermydelike so lank as moontlik uitrek. Die klein bliksem.
Hy vat sy tyd. Hy bewonder my lyf soos ek wriemel onder sy sig. Hy bewonder sy handewerk van die vorige aand. Bytmerke op my binnebene, krapmerke op my rug, bloukolle op my boude. Elke nou en dan piets die belt saggies, en dan soen hy waar die belt geval het.
Die snooze-alarm gaan af. “Fok tog.” Hy swaai om en sukkel om die foon te kry. Ek vat die kans om my pers speelding tussen my bene te sit.
Hy draai om en sien wat ek gedoen het, “Wat het ek nou net gesê?”
Die belt piets parmantig teen my binnebeen en my spiere trek styf van lekkerkry. Ek kyk na hom met ‘n stoute glimlag en sê heel onskuldig, “Hey! Waarvoor was dit?”
“Jy weet waarvoor…”
“Ek het dan die reëls gevolg! Jy’t net gesê ek mag nie vat nie!”
Skielik is twee vingers in my en ‘n kreun ontsnap deur my lippe. Ek gryp die kussing in ‘n desperate greep om aan iets vas te klou. Ek hyg na asem. Hy knyp aan die merke van gisteraand en ek voel hoe die orgasme al nader kruip.
“O, sy het alweer ‘n loophole gesoek,” sê hy soos sy vingers stadig in en uit beweeg. “Jy weet mos hoe ek voel oor ‘n loophole.” Sy stem is weer diep en die hoendervleis wat op my arms uitslaan verklap my plesier. Hy hou my gesig fyn dop. Net soos ek wil ontplof vat hy sy hand weg. My heupe lig op uit frustrasie. Ek moet myself keer om hom nie te smeek vir meer nie. Hy kan dit in my gesig sien.
“Jy is myne. Ek sal vir jou sê wat jy mag doen. En jy mag nie nou al kom nie.”
Ek vergeet om asem te haal. Ek weet nie wat dit is nie, maar wanneer hy so besitlik raak doen dit dinge aan my. Hy knyp weer daai lekker knyp. Die keer vat hy sy tyd om na elke knyp te soen waar sy hand wegskuif. Al teen my rug af, oor my heupe, dan op teen my maag tot by my nek. My hele lyf is sensitief en ek bewe met elke soen.
Ek trek hom nader sodat hy my vol op die mond kan soen. Hy raak verlore in die soen en ek vou weer my bene om sy lyf. My regterhand is tussen ons bene en ek vryf myself teen hom sodat hy kan voel hoe nat ek is. Sy selfbeheersing is indrukwekkend. Skielik trek hy weereens weg uit my greep. Wat lê nou vir my voor?
“Hou jou hande bo jou kop en moenie beweeg nie.”
Hierdie keer luister ek en ek lê doodstil. Ek roer nie ‘n vinger nie, my oë val saggies toe soos ek die golwe van ekstase geniet. Ek loer so onderlangs na hom, maar hy kyk nie eers om nie. Hy kom terug met die boeie, en maak my linkerhand vas aan die kopstuk se metaal ringe – juis vir die rede. Toe hy mik vir my ander pols, ruk ek dit weg. Dadelik is sy hand om my nek.
“Ek het gesê hande bo jou kop.”
“Dit is bo my kop!” lag ek vir hom.
Hy swaai my lyf om asof ek niks weeg nie en die belt byt bitsig aan my boude. Die keer is dit so hard dat ek my naels in my arm grawe, net om stil te bly.
“Check-in?” vra hy.
“Jy gaan harder moet slaan om my seer te maak,” sê ek wulpsig en die volgende hou val hard genoeg dat dit weergalm in die kamer. Hy vryf oor die pienk van my boude om die pyn egalig te versprei.
“En nou?”
Ek hoor die bekommernis in sy stem. Ek het my safe words, en hy weet ek sal dit gebruik as dit te veel raak vir my. Maar hy weet ook ek is hardegat en ek weet hy doen als wat hy kan om my te beskerm. Ek wil hom gerus stel.
“Goue 7.”
“Good Girl…” en ek smelt in sy arms. Hy hou my regterhand vas sodat ek nie weer stout kan wees nie. “Jy verdien ‘n beloning,” ek hoor die bzzzz van die pers speelding terwyl hy my diep soen, en wag geduldig om te voel waar die vibrasies teen my vel gaan tril. Hy begin teen my ribbes, en beweeg stadig, aspris stadig, al die pad ondertoe tot ek myself nie meer kan keer nie.
“Sebliefsebliefseblief” smeek ek, maar die weerlig slaan in sy blou oë, “Moenie my net terg nie ‘seblief!!” probeer ek weer.
Hy soen harder. Die speelding se punt glip in. Die geluide wat ek maak word versmoor tussen ons monde, en ‘n orgasme stroom oor my hele lyf soos lava uit ‘n vulkaan. Hy beweeg die speelding stadig, en ek lig my heupe op om dit dieper in te stoot. Die golwe hou aan kom, en hy los my regterarm sodat ek self die speelding kan beheer terwyl hy sy hande al oor my lyf vryf. Die laaste golwe van die orgasme spoel oor my en my asemhaling begin terugkeer na normaal. Hy maak my linkerhand los uit die cuff en soen my lank en sag.
“Check-in?”
“Gaan vir Goud, my lief.”
Hy haal versigtig die vibrator uit en net so versigtig is hy binne my. Hy beweeg eers stadig en hou sy gewig van my af. My vel is nog hiper sensitief is van al die stimulasie. Ons soen soos verliefde tieners, noudat my hande los is kan ek elke sentimeter van sy vel waardeer. Ek hou sy pragtige gesig vas. Ek proe die sweet op sy wang en glimlag teen sy mond. Ek trek hom nader. Met elke beweging gly hy al dieper in my. My regterhand beweeg weer stuitig ondertoe, maar hy keer my nie.
“Jy kan vat, maar jy kom nie tot ek sê jy mag nie”
“Gaan jy my aftel?”
“10,” fluister hy in my oor.
“9,” ek pas aan by sy ritme.
“8,” sy asemhaling raak swaarder in my oor.
“7,” my bobene bewe.
“6,” sy rug is natgesweet onder my gretige aanraking.
“5,” my onwillekeurige geluide huts sy tempo aan.
“4,” ek soen hom asof dit ons laaste paar sekondes saam is op aarde.
“3,” niks anders maak saak nie
“2,” my stem raak verlore in die plesier en al wat ek kan doen is om hom styf vas te hou.
“1. Fuck I love you.”
Saam bars ons en hyg na asem tussen soene, tot hy uitgeput langs my neerval. Ons kyk vir lank net na mekaar sonder om ‘n woord te sê.
“Kan ek vir jou tee maak?”
Net soos ek wil ja sê, gaan die verdomde snooze alarm weer af en ek kreun van frustrasie, “Hoeveel tyd het ek om aan te trek?”
“I got you babes, lê nog so paar minute terwyl ek stort en dan kom kry jy my in die kombuis sodra jy klaar is.”
Hy gee my ‘n laaste soen en staan op om badkamer toe te gaan. Soos hy omdraai sien ek die krapmerke op sy rug en glimlag tevrede voor ek my oë toemaak.
3 COMMENTS
Wow, pragtige sensuele storie.
Jy kan gerus meer hiervan skyf veral uit n vrou se oogpunt.
Baie goed geskryf.
Moooi! Dankie!