Soen
Kissing – and I mean like, yummy, smacking kissing – is the most delicious, most beautiful and passionate thing that two people can do, bar none. Better than sex, hands down.” (Drew Barrymore)
Ek stem saam. Selfs wanneer ek aan ‘n mindblowing seksuele ervaring terugdink, is die soen wat deel daarvan was een van die herinneringe wat uitstaan. Ek onthou beter hoe my lovers gesoen het as wat ek kan onthou hoe groot hulle was of hoe lank hulle kon uithou voor hulle gekom het.
“It wasn’t that long, and it certainly wasn’t the kind of kiss you see in movies these days, but it was wonderful in its own way, and all I can remember about the moment is that when our lips touched, I knew the memory would last forever.” (Nicolas Sparks)
Die herinneringe van ‘n soen hou vir ewig, ja. Soms is ‘n soen al wat daar was en dan word daardie soen se betekenis en soetheid vermenigvuldig. Daar is redes daarvoor en alhoewel wetenskap soms romanse minder romanties laat klink, is ek dankbaar vir die ‘ride” waarop my hormone my soms neem.
Hier word die wetenskap agter ‘n soen kortliks, maar baie cool verduidelik.
In die boek The Science of Why We Kiss skryf Kirshenbaum soos volg oor soen:
“Because a kiss brings two individuals together in an exchange of sensory information by way of taste, smell, touch, and possibly even silent chemical messengers called pheromones, it has the potential to provide all kinds of insights into another person.”
Dis waarom ‘n soen meer intiem en meer intens as seks kan wees – veral die eerste keer. En dis waarom jy nooit weer net casual kan dink oor iemand wat jou werklik gesoen het nie. Dis ook waarom al die wetenskaplike verduidelikings nooit die romanties-spesiale betekenis wat jy daaraan heg sal wegneem nie. Dis net die poeier waarmee julle toor.
Hierdie smeulende video wys jou presies hoe om dit te doen. ![]()
Soen iemand vandag. Soen haar van haar voete af. Soen hom asof julle die hoofspelers in jul eie romantiese movie is. Want julle is op hierdie oomblik. En soene last forever, want magic.
