
Poplap se eerste kriekettoets
deur Annie Kekkelbek
Ek voel hoe ‘n druppel sweet onder my hare teen my rug af begin rol. Terwyl die ou voor my sy hemp uittrek, hardloop die druppel langs my ruggraat af, oor my stuitjie, tot tussen my boude in. Maar dis oukei, want ek is eintlik koelkomkommer waar ek hier op die kombers op Supersportpark se graswalle sit. Want ek is by my eerste krieketgame, doll!
My groot pienk hoed pas by my helderpienk boobtube en matching shorts. Ek weet sommer die kamera gaan my ook afneem vandag. Ek check elke nou en dan die groot screen oorkant die veld om seker te maak ek mis dit nie.
My boyfriend, Faan, het belowe hy sal vir my verduidelik hoe die game werk. Hy sit hier reg langs my op die kombers, sy arms sexy en bruingebrand in die son.
Dis halfelf. Die game begin.
Eers kom die twee reffs op die veld. Almal cheer vir hulle asof hulle iets goeds gedoen het. Weird. Daar in my valley is die reffs die bad guys. Hulle hol gewoonlik na die games af voor iemand hulle met iets kan raakgooi.
Ek vat ‘n diep sluk van my koue draught en kyk hoe die Protea’s op die veld hardloop. Wag, waar is hulle cool bont kleure? What’s up met die wit, wit en nog wit? En dan kom die batters van die ander span ook nog met wit aan op die veld. Hoe gaan hulle mekaar uitken?
Faan down sy bier eers voor hy vir my verduidelik dat hierdie toetskrieket is. Ek hoor nou dis nie eens die eerste dag van die game nie! Dis die vierde ene. En Australië loop alreeds ver voor.
Naby ons op die veld staan ‘n ou met ‘n moerse swart baard. Hy moet blykbaar keer dat die bal nie oor die kantlyn gaan nie. Elke keer as iemand die bal slaan dan hol hy so heen en weer tot hy sien die bal kom nie naby hom nie. Dan staan hy weer en wag.

Krieket is ‘n wag-game. Die slaner wag dat die bouler die bal moet gooi. Maar eers loop die bouler ver weg en vryf hy homself eers so bietjie met die bal en dan hol hy weer al die pad terug van waar hy nou-net gehol het. Dan gooi hy die bal. (Ek het mooi gekyk – ek dink van daai boulers se bene het so bietjie styf geskop van lekker terwyl hulle daai balle so gevryf het.)
“Boul!” Skou Faan vir my.
Ok, dan boul hy die bal en dan eers hou die batter op wag en slaan hy die bal.
In hierdie hele tyd wag die res van die bouler se span om die bal te gaan optel wanneer dit uiteindelik geslaan word. Dan gooi hulle dit terug vir die bouler en begin die wag van voor af.
Die crowd wag om te skree en hulle posters met nommers op in die lug te swaai en hulle wag dat al hulle tjoms klaar drink sodat hulle nog bier kan gaan koop.
Dis eintlik weird, maar nogal lekker. Wanneer die wagtye verby is gaan die mense apeshit. Soos toe ons outjies die Australiër uit kry.
Maar toe gaan sit ons weer, want toe besluit die skaapnaaiers dat hulle nou klaar is vir eers.
(Faan sê mens noem hulle so as hulle rugby of krieket teen ons speel.)
Faan gaan koop vir almal bier terwyl ons wag vir die spanne om plekke te ruil op die veld en sy arms bult so sexy wanneer hy met al die glase vol bruisende geel bier terugkom.

Ek vra vir hom om vir my weer te verduidelik hoe een span nie regtig wen voor een of ander vrou eers iets gaan kom sing nie, maar hy gee my net ‘n kyk en drink een van sy drie biere amper op.
Ek dink daai kyk was lus. Ek het al gesien hy like hoe ek met hierdie top lyk wanneer my boobs so amper uit … almal skree nou vreeslik, want ons kaptein kom op die veld en Faan se aandag word sommer van my boobs afgetrek. Ek pluk aan sy t- shirt se mou dat hy vir my verder kan verduidelik.
“Gaan daai ou met die kief tats nou na ons kaptein toe gooi, hé?” probeer ek bo die geraas vra.
“Boul!” Skrou Faan weer vir my en gee my weer ‘n kyk – een wat by sy skrou pas.
Hy drink weer. Diep.
“Waar is daai silly ou wat jy gesê het op die veld gaan wees?” Probeer ek weer wys dat ek belangstel en geluister het.
“Wat?”
“Daai silly ou.”
Ek like nie van die kyk wat Faan my gee nie, maar gelukkig gooi daai ou met die stunning arms en vieslike snor ons paaltjies stukkend. En toe kyk Faan nie meer vir my nie, maar vir die gras voor sy voete.
En toe kyk ek maar vir die sexy ouens wat al dronker word om my.

Ek try nog so paar keer om die game te verstaan, maar hoe meer van ons spelers weer op die pawiljoen gaan sit, hoe minder wil Faan vir my sê hoeveel tyd oor is of waarom die een ou so ver hardloop voor hy na ons batter toe gooi en die ander ou net so snaakse dansie doen voor hy gooi. Langs my word die toring van plêstiek glase al hoër en die ouens se koppe al laer terwyl ons wag.
Wanneer daar so lang maer ou uit die pawiljoen kom sê hy darem vir my dat die game nou amper klaar is. Ek kan my stuff solank oppak. En dis wanneer ek besluit om hom op te beur, want wat hy nie weet nie is dat ek tog ook iets van krieket af weet. Ek weet dat mense daar streak. En ek weet dat diè wat kyk altyd baie daarvan hou. En almal lyk so down om my en my boobs is naby en ek weet hulle maak Faan happy.
So terwyl die laaste paaltjie deur die lug trek, trek ek my boobtube af. Vir Faan. En sommer vir al die hartseer Protea ondersteuners. Want ek ken die belangrikste rule van ‘n belangriker game as krieket. Boobs wat stom is maak reguit wat krom is. En niemand kan verloor nie.