kombiekiehier se 21 real-life seks tips vir mans
… wat Scope jou nie geleer het nie.
Die wêreld is vol van boeke en artikels en video’s waar slim deskundiges jou leer hoe om jou meisie reg te penetreer of effektief te stimuleer. Maar in die regte wêreld is dit soms daardie goed wat mens nie elke dag teëkom nie wat jou kan floor. So hier is so ‘n paar geheimpies wat die deskundiges dalk nie weet dat hulle dit nie weet nie.
1. Oor selfies: Vroue hou van wys. Mans hou van kyk. Dis ‘n win-win. Moenie die natuurlike ritme versteur deur ‘n shot van jou tottie vir haar te stuur nie. (Tensy sy vra of positief reageer op voelers wat jy uit”steek”)
2. As jy besig is met doggystyle en jy glip in die verkeerde gaatjie in, moenie ‘n muis wees en sê dit was per ongeluk nie.
3. Ouens, dis donker daar onder. Moet nooit vra “is hy in?” nie. Dit los jou net kwesbaar vir “ek weet nie”.
4. Algemene reël:. As jy klaar is, is sy halfpad. Wees gereed om weer te gaan of verder te help. Of vat ‘n maatjie saam.
5. Elke kleedkamer het daai een ou wat ‘n twaalfduimer het en steeds beskeie lyk. Moenie vir jou girls sê “jy kan bly wees ek is nie ou Gert nie”, tensy jy Gert se best man wil wees op hulle troue.
6. Jy is nie haar eerste nie. Dis hoekom sy baby sê op fyndraai. Moenie dit teen haar hou nie. Wees bly sy sê nie boetie nie.
7. Bly kalm as sy squirt. Ja, you’re the man, maar moenie dadelik vir jou pelle sms nie. Wag tot sy in die toilet is.
8. Beatbox is nie sexy nie. Daar is ‘n rede waarom mans shut-up in blou moevies, en hulle is pro’s.
9. Wind los is nie soos burp in sekere kulture nie. Sy gaan nie verstaan dis uit genoegdoening nie. Weereens hou in tot sy toilet toe gaan.
10. Lus is nie liefde nie. Moenie die twee verwar en goed sê wat jy nie bedoel nie.
11. Ja, dit is baie sexy as sy sien jy lek jou vingers af na dit in haar was. Baie.
12. As jy so gelukkig is om in ‘n MMF threesome te beland waar meer as een man meer as een kans kry, tel jou kondome. Daar moet net soveel uitkom as wat ingaan.
13. Sê ja, want mens kry nie dikwels ‘n tweede kans nie en daai nee gaan jou haunt tot in lengte van dae.
14. Moet nooit agterna sê dit moes nie gebeur het of, nog erger, dat jy dronk was en nie gewoonlik sulke goed doen nie. Moralisme after the fact is erger as ‘n emmer yswater. Hou wat lekker of mooi was lekker of mooi.
15. Leer soen. Dis die sleutel tot haar lyf en selfs meer. Vlakker tong en minder spoeg is gewoonlik ‘n goeie riglyn.
Hier is ‘n briljante en skreeu-snaakse tutoriaal as jy hulp nodig het.
16. Los haar sussie en niggie en veral haar ma uit. Al is almal hoe dronk, iemand gaan onthou.
17. Real men go down. En like dit. Baie.
18. As sy sê dis verby, is dit. Skuldgevoelens maak nie lus nie en bring nie verlief terug nie. Kyk rond vir ‘n iemand wat jy dalk misgekyk het toe jy nog jou oogklappe aangehad het. Daai was in elk geval net dopamien – jou lyf sal dit weer eendag vir iemand anders laat vloei. Jy wil haar anyway ook nie hê as sy jou uit jammerte teruggevat het nie, wil jy? Jou hart wil dalk, maar jou penis wil nie – glo my. Hy het ego nodig om op aandag te staan en ego gaan dood wanneer jy begin smeek.
19. Dink mooi voor jy jouself deur ‘n vreemdeling laat vasbind. Selfs al is haar boobs epic. Sy domineer jou dalk soos ‘n inmate van C-max wat jou weke lank krombeentjies kan laat loop.
20. Harry was reg. Mans kan nie net vriende met vroue wees nie, lus en begeerte lurk altyd daar onder waar die duiwel ronddraai. Maar vroue kan. Een of ander tyd gaan jy moet besluit of jy die halwe eier (as die seks nie gaan realiseer nie, maar jy dink sy’s ‘n cool babe om in jou lewe te hou) of die leë dop (draai om en loop weg) gaan kies – en jou eie eiers help om jou besluit te hanteer.
21. Seks is nie Emsie Schoeman nie, dis Animal Planet. Passie is alles. Nie die woorde wat jy sê of die tegniek wat jy toepas nie. Alles gaan oor hoe jy nie dit kan regkry om jouself te beheer wanneer jy by haar is nie. Cool en beheersd is vir wanneer jy sake doen of met die spietkop wat ‘n bribe soek praat. As jy een ding moes leer uit die hele Fifty Shades histerie is dit dat ‘n vrou jou ongetemde passie soek. Kneus haar mond met joune, vat haar hare vas, oorrompel haar.
So daar het jy dit. Kom vra gerus as julle meer vrae oor netelige seksuele posisies het. Of laat waai met ekstra tips. Tips vir vrouens sal weldra ook gegee word.