“Simply the Best”
deur Bleeksiel
Dit is vroegaand in Bloemfontein. Die winter is in volle swang en die lug hang bedruk met die koue waarvoor hierdie deel van die land bekend is. Die donker begin op die stad neerdaal.
Ek stap oor die pad na ‘n kleinerige Italiaanse restaurant. Ek was nog nie van tevore daar nie, maar sy het gesê dit is ‘n lekker gemaklike plek om te ontmoet. Dit is ‘n ou woonhuis wat in ‘n eetplek omskakel is. Daar is tafels buite op die plaveisel en daar brand plek-plek vure in pasgemaakte vuurmaakplekke strategies geplaas om die kliente gemaklik warm te hou op koue aande. Mens kan ook binne sit en eet. Dit lyk of daar ‘n kaggel binne brand.
“Hi! Hier is ek!” sê die vrou wat by die deur uitkom. Ek het haar nie op daardie oomblik by die deur verwag nie, maar ons groet met so vreemde drukkie. “Kom ons sit sommer hier buite,” sê sy.
“Simply the best,” sê die dame se skuilnaam op die “Skelmpie” platform. Eerste wat ek dink is ek hoop nie sy lyk dan soos Tina Turner nie. Ek lees haar profiel: “Soek nie man nie. Maak gerus kontak as jy ‘n rondreisende besigheidsman is.” Dit klink interessant dink ek. Sy sê sy is enkellopend en stel nie belang in vaste verhouding nie. Sy wil ook nie met iemand in Bloem kontak maak nie, want die dorp is te klein en almal skinder. Ek dog nogals ek gaan ten minste kwartaalliks Bloem toe … en ek klik om ‘n boodskap te stuur.
“Hi Bestie,” begin ek tik. Ek vertel haar so rofweg van myself en dat ek in Bloem is so nou-en-dan. Vra haar wat doen sy vir ‘n lewe. “Speurder” kom die boodskap sommer dadelik terug. Ek skrik skoon, maar besef dadelik die dame speel met my. “Nou dit klink cool – vertel my meer!” antwoord ek.
So begin ons chat en ruil Whatsappnommers uit. Ons chat baie … tot laat in die aand … van kos tot sport. Ons vertel mekaar van ons lewens en van ons liefdes en sommer van alles. Dis sommer gemaklik van die eerste chat af. Ons praat oor haar eks – klink sommer soos ‘n regte drol. Ons praat oor my vrou met issues wat haar gedagtes van seks verwyder. Hierdie is nuwe gebied vir beide van ons. Ons is altwee passievolle mense met seksuele behoeftes, maar nie een van ons is in ‘n situasie waar ons dit kan uitleef nie. Lang storie kort. Ons albei hou van seks en het dit beide lanklaas gehad. Te lanklaas.
Ek het sommer daar en dan ‘n besoek aan Bloem beplan en binne ‘n week was ek daar.
Sy het ‘n stywe grys langbroek aan met swart stewels. Sy dra ‘n langerige swart jas wat hoog toegeknoop is. Haar hare is soort van vasgemaak met ‘n hele paar knippies en pennetjies. Sy lyk vir my baie mooi en sy glimlag so vriendelik, maar ook tog stouts Ons bestel drankies. Sy bestel Jameson en tonik en ek bestel Brandewyn en coke. Dubbels.
Sy sê sy het vir my iets en vroetel in haar handsak. Sy gee vir my iets in haar hand toegevou en toe ek dit by haar vat sê sy ek moet dit eers in my sak sit. Ek maak so.
Die drankies bly kom en toe sy op ‘n stadium toilet toe is, kyk ek na my geskenkie. Dit is toe al die tyd een van haar broekies wat sy vir my gegee het. My hart bons van opgewondenheid. Ek ken nie sulke sexy aksies nie. Ek hou van hierdie vrou!
Ons gesels en drink baie, tussendeur bestel ons kos. Sy eet ‘n hoenderborsie opgedoen met groente en sous, ek eet ‘n spagetti bolognese.
Die rekening kan nie vinnig genoeg kom nie. Ek betaal en ons ry elkeen in sy eie motor na die gastehuis waar ek bly.
By die gastehuis gekom, gaan ons dadelik op na die kamer. Ek het vroeër vir haar whiskey en tonik gekoop en ek drink whiskey en soda saam met haar. Sy gaan badkamer toe en ek skink drankies.
Sy kom uit die badkamer en ek merk dadelik sy het net haar swart jas aan. Ek kan nie wag om haar te soen nie en trek haar nader. Ons soen hard. Ons het dit altwee so nodig, so gemis. Ons vry hartstogtelik. Haar lippe is sag en ek voel haar tong so elke nou en dan. Sy soen vrek lekker. Sy het vroeër vertel haar eks was ‘n sloppy soener, spoeg oral, hoop ek doen beter, maar die manier wat haar lyf reageer bekommer ek nie meer nie. My lus groei in my broek. Hierdie vrou maak my heeltemal mal.
Ek maak haar jas oop, sy het net ‘n bra en broekie aan – die kant en netagtige deurskynende tipe. Sy lyk vreeslik sexy. Ek besef meteens sy het heel aand net haar bra onder daai jas aangehad. My hart klop nog vinniger..
My hande is om haar lyf onder die jas. Ek soen haar mond, dan haar nek, af tot op haar borste. Ek trek haar jas uit en maak haar bra los. Haar ronde vol borste beur na my en ek soen hulle met vors. Ek suig aan haar tepels en voel hoe hulle hard word in my mond. Ek beweeg terug na haar lippe en soen haar weer op haar mond. Teselfdertyd wikkel ek my hemp se knope los en gooi dit van my skouers af. Haar hande en arms is om my en ons omhels met kaal bolywe. Haar borste brand my soos ek haar teen my voel en haar omhels en haar begeer.
Ek maak vinnig my broek los trap my sneakers uit. My kouse waai met een trek. Sy sak terug op die bed. Ek is bo-op haar. Ons vry asof dit ons laaste vry ooit is. Dis hemels. Ons hande is om mekaar bevoel mekaar. Haar sagte lyf is soos ‘n beloning, ‘n prys wat ek gewen het. Ek soen weer haar nek, af na haar borste. Ek soen, suig, ek masseer haar sagte borste met my hande, vryf oor die harde punte. Ek soen nog laer, oor haar maag na haar naeltjie. My hande trek haar broekie af terwyl sy haar heupe instemmend lig sodat ek die kledingstuk moeiteloos kan verwyder. Ek soen nog meer laer. Ek soen haar vagina aspris mis, soen aan die kant verby, dan terug en soen haar lippe – sy is glad geskeer, ongelooflik glad. Ek raak verlore terwyl ek haar daar vry. Ek soen, suig en lek. Sy reageer met elke aanraking. Terwyl ek haar soen glip ek eers een vinger in haar in, dan twee. Sy krul van plesier tewyl ek binne haar is terwyl ek haar onophoudelik soen en oopmond vry. Sy proe ongelooflik Sy is so nat. Ek kan nie meer opgewerk wees nie. Haar rug trek hol toe sy klimaks. Haar asem jagend. Die plesier tasbaar.
Ek leun oor na die bedkassie waar my skeersakkie staan, haal ‘n kondoom uit die kantsakkie en skeur die blink papiertjie met my mond oop. Ek kan nie gou genoeg my onderbroek uittrek en die rubbertjie oor my stywe penis rol nie. So gedaan beweeg ek vorentoe, al soenende terug na haar mond. Ons omhels mekaar, sy proe haarself op my lippe. Ons vry vir ‘n oomblik, lywe styf teen mekaar. Sonder enige hulp vind my penis sy bestemming en my hele lyf sidder toe ek voel hoe ek haar binnegaan en ons een word. Sy snak kortliks na asem. Ons beweeg stadig teen ‘n ritme wat ons albei moeiteloos laat beweeg. Die passie is ongelooflik terwyl ons mekaar se lywe geniet. Die opbou is intens en sy klimaks met my kort op haar hakke. Ek voel hoe sy alle weerstand laat gaan en ons albei hygend, vol ongeloof vir die ongelooflike oorstroming van plesier en emosie wat ons oorspoel. Die behoefte wat ons albei gehad het ten volle vir die oomblik bevredig.
Ek val van haar af, op die bed waar ons nou albei uitasem na die donker dak staar. Ons albei glimlag, steeds uitasem, maar weet dat ons nou iets ongelooflik beleef het.
Ek stap saam af na haar motor en gee haar ‘n soen op haar mond en ‘n groot druk.
“Nag Bestie, mooi ry en lekker slaap, laat weet my as jy by die huis is. En hoop ek sien jou sommer gou weer”.
1 COMMENT
Mooi erotiese storie, prikkelend !