Milady

14+
Hoe lank gaan ek lees: 13 minute

deur Ramkat Erasmus

 

Iets maak my wakker. Aan die maanlig teen my muur kan ek aflei dis omtrent die Derde Uur. Ek wag, maar ek hoor nie weer die geluid nie. Dan rol ek uit die bed uit en trek my nagrok oor my kop. In die donker voel ek na my broek. Dit hang oor die stoel langs die bed en ek trek dit sommer so oor my kaal gat aan. As ek buk na my stewels toe, hoor ek dit weer. ‘n Geskuur van staal teen klip. Dan ‘n hond wat saggies tjank.

Ek pluk my stewels aan. Nie die harde gevegstewels nie , maar die sagte leerstewels wat tot in die middel van my kuite kom. Ek haal die wapengordel van die stoel se rug af en bind dit om my lyf. Ek skuif dit so dat die swaard reg lê vir my hand. Dis ‘n swaard vir twee hande maar na jare se oefening kan ek hom met een hand gebruik. Ek voel-voel na die dolk wat nou agter op my heup sit. Perfek.

Ek glip geruisloos by my kamerdeur uit, draf ‘n paar tree in die rigting van Milady se kamers. Dan hoor ek weer ‘n geluid. Voetstappe die keer. Maar voetstappe van mense wat probeer om nie te raas nie.

Ek trap op die lysie aan die kant van die gang se muur en lanseer myself boontoe. Ek gryp een van die dakbalke en hys myself op. Dan beweeg ek so vining as wat ek kan oor die dakbalke in die rigting van Milady se kamers.

Ek kom om die hoek en sien daar is vier van hulle. En van hulle kniel voor die deur en haal ‘n implement uit sy bladsak. Hy begin in die sleutelgat vroetel.

Hulle dra swaar leerhasnasse en staalhelms op hulle koppe. Daar is geen identifiseerbare tekens op die harnasse nie. Die een wat kniel sukkel met die slot. Die ander drie staan agter hom, hande op die handvatsels van hulle swaarde. Dom.

Ek kniel op die dakbalk, vat die growwe hout vas en laat my bene sak. As ek langarm hang. Laat los ek en land agter hulle. My swaard is gesmeer met varkvet om roes te bekamp maar dit beteken ook dat ek dit uit die skede kan trek sonder om ‘n geluid te  maak.

My eerste hou is na links en op. Die swaard gly onder sy helm se rand in en gly deur sy nek na bo. Die een aan die regterkant word bewus van my en begin om sy swaard te trek, maar dan swaai ek weer van bo-af na regs en af. Die tweede ou se kop begin rol soos wat die eerste een se kop die grond tref. Die derde ou het sy swaad amper heeltemal uit sy skede maar ek gly met my linkerhand die dolk uit sy skede agter my rug en druk dit in sy keel in. Hy tuimel met ‘n roggel ineen. Die laaste een het teen die tyd omgedraai en probeer opstaan, maar ek skop hom agteroor en dan kry die swaard weer sy teiken net on die helm en bokant die harnas.

Ek hoor bewegings en sagte gille uit Milady se kamers en gaan staan met rug teen die deur. My bolyf en gesig is vol bloedspatsels. Dan is daar swaar voetvalle in die gang. Twee mans, in dieselfde harnasse as die vier op die grond kom vinnig om die hoek. Een het ‘n swaard en die ander ‘n tweesnydende strydbyl.

‘n Strydbyl is dodelik as jy op ‘n plek staan waar jy jou arms kan swaai. In ‘n gang met iemand langs jou is dit ’n probleem eerder as ‘n wapen. Hy swaai die byl met ‘n boog in die rigting van my nek maar ek tree agteruit en die byl tref die gangmuur. Ek sien hoe die skok deur sy skouers ruk en hy steier eenkant toe in sy kameraad vas. Ek steek met albei my wapens en die dolk gaan in die byldraer se keel in, maar die swaard mis die ander een se keel en steek teen sy harnas vas. Hy tree terug en dan is sy swaard in sy hand, Hy kap-kap na my toe maar hy’s te stadig en as ek my swaard laat val en vorentoe beweeg sien ek hoe sy oë oopsper agter die ooggate van die helm en dan dryf ek die dolkl deur een van die gate in en diep tot agter in sy oogkas.

Ek pluk die dolk uit en tel my swaard op. My asem jaag. My neus id gevul met die reuk van bloed en kak soos een van hulle ontlas in sy doodsroggel.

Ek hoor geluide uit Milady se kamers, dan nog voetstappe in die gang. Ek tree tot by die deur en fluister hard: “Moenie oopmaak nie!” Die geluide word stil.

Die vet kamerheer, Carlu, kom om die draai in die gang, sy nagrok tot bo sy kniëe opgehys. Hy het pantoffels aan sy voete en as hy die lyke sien steek hy vas. Hy gly op die bloed en slaan amper neer, maar hy gryp die lysie aan die kant van die muur en hou homself regop. Sy oë neem die prentjie in, en dan begin sy asem jag en sy adamsappel begin op en af spring. Ek tree net betyds agtertoe voor hy ‘n vuilbruin stroom kots.

Hy hyg na asem. Ek sê niks, wag dat hy klaar kots. Dan is daar ‘n kloppie van binnkant Milady se kamers. Voor ek kan antwoord glip die deur oop en die kamerjuffer se gesig verskyn in die opening. Sy sien my en haar gesig vertrek in afgryse. Dan kyk sy na die lyke en sy stoot die deur dadelik toe.

Ek hoor vrouestemme agter die deur an dan gaan die deur weer op. Die keer staan Milady in die deur. In haar regterhand is ‘n swaard. Sy het ‘n nagrok aan wat van baie dun katoen gemaak is. Deur die materiaasl kan ek haar donkerbruin tepels sien en die klossie rooi hare tussen haar bene. Haar rooi hare golf oor haar skouers en ek konsentreer om haar in die groot groen oë te kyk, eerder as die begeerlikhede laer af.

Sy kyk my vir ‘n paar sekondees in die oë en dan kyk sy sonder om ‘n woord te sê na die lyke.

“Carlu!” gebied sy, en die kamerheer strompel orent. “Kry mense en maak skoon hier.”

Carlu knik, en skarrel weg. Dan kyk sy na my. Ek kan voel hoe my horing begin groei.

“Waar is jou helpers?” vra sy my. Ek kyk om my rond en trek my skouers op.

“Net jy?”  vra sy in ongeloof, “en ses van hulle?”

Ek knik.

Sy kyk my op en af en ek is skielik intens bewus van die horing wat al harder in my broek groei. Ek steek my groot swaard  se punt in die grond voor my en hou die handvatsel sodat sy nie die knop in my broek kan sien nie.

“Moreoggend. Die negende uur. Kry my in die oefensaal.”

Sy draai om en loop weg, haar boudjies skommelend deur die dun matriaal. Die kamerjuffer  kom staan in die deur. Sy begin die deur toe stoot en dan kyk sy doelbewus na my broek met die knop.

“Nie in die leeftyd nie…” En sy stoot die deur toe.

***

Ek maak water warm en was die bloed van my lyf af. Ek probeer so goed ek kan die bloedspatsels van my leerbroek ook afvee. Ek hang alles op, inspekteer my swaard vir skade, druk dit terug in die skede en hang dit oor die stoel waar ek dadelik my hand daarop kan lê.

Milady Mirri ‘a Wika, koningin van die Vier Koningkryke en Meesteres van Lewe en Dood. Haar pa is dood toe sy 16 was en sy het die troon in sy plek bestyg. Niemand het haar ‘n kans gegee om 17 jaar oud te word nie. Maar al gou trou sy met Koning Leodas, haar buurheerser en hulle verenig hulle twee konkryke. Leodas beswyk aan ‘n hartaanval en in die kroëe en tavernes loop die grappe oor hoe sy hom met haar heuningpot vermoor het.

Sy begin ‘n professionele weermag op die been bring met die hulp van Leodas se generaal, Baron Reeda. Sonder waarskuwing val sy en Reeda nog ‘n buurstaat binne en na skaars 48 uur gee die verwyfde Koning Krie oor. Sy verenig sy ryk met hare en laat hom toe om in sy kasteel aan te bly met ‘n paar mooi jong mans om hom geselskap te hou. Sy marsjeer haar weermag in die rigting van Lilas se ryk oor die rivier en aangrensend aan haar, nou verenigde, ryk. Lilas ontmoet haar by die rivier sonder ‘n enkele soldaat by hom en daag haar uit tot ‘n tweegeveg. Baron Reeda gee opdrag aan die boogskutters om Lilas te skiet, maar Milady keer hom. Sy klim van haar perd af en met ‘n mes sny sy haar romp bokant kaar kniëe af. Sy pluk haar mantel af en vra een van die soldate vir ‘n paar stewels. Dan klim sy op haar perd en ry deur die rivier na waar Lilas op haar wag. Haar weermag kyk in doodse stilte hoe sy van haar perd afklim en met Lilas praat. Dan draai sy terug en praat met haar mense.

“Indien Lilas my oorwin sal julle hom almal onderdanig wees. Dit is my bevel.”

Lilas, geklee in ‘n swaar harnas, en gewapen met ‘n skild en ‘n strydbyl beweeg nader. Van die soldate begin weddenskappe aangaan. Milady staan doodstil en wag. Lilas se strydbyl swaai om sy kop en kom neer op Milady, maar sy het terug getree. Die byl tref die grond en sink duime diep in die turf in. Lilas worstel om die byl gelig te kry en Milady tree vorentoe en druk haar swaard in sy keel in, net onder sy helm en bokant die rand van die skild. Sy rol hom om met haar voet en dan klim sy op haar perd.

“Kom Baron. Bring my weermag!”

Hulle marsjeer op Lilas se hoofstad aan, maar net waar hulle kom gooi mense hulle wapens neer en buig die knieg voor haar. Een persoon, Lilas se koningen, weier om te kniel en Milady laat Lilas se lyk haal. Sy laat ‘n groot staasbegrafnis reel en voor die volk begrawe sy Lilas se Koningen lewendig langs haar man se lyk.

Haar mag gekonsolideer, keer sy terug na haar kasteel en begin onderhandeling met haar buurstate om in vrede saam te leef. Maar sy hou nooit op om haar weermag gereed te hou nie. En hulle aanbid die grond waarop sy loop.

En moreoggend wag sy vir my in die oefenkamp.

***

Ek word wakker. Strek my lyf behaaglik en was my met koue water. Dan trek ek ‘n sagte doek om my onderlyf en omgord my lendene. Ek trek ‘n sagte wolhemp aan en bo-oor dit my ligte kettingharnas. Die ding het my ‘n fortuin gekos maar dit het al meer as een keer my lewe gered. Dis geweef van klein staal ringetjies deur ‘n vakman in Onderrivier. Dis baie lig, maar ontsettend sterk. En soos ek sê dit het ‘n fortuin gekos maar dit het al my lewe gered so is dit aan die einde van die dag regtig so duur?

Ek trek ‘n ligte seiljurk bo-oor die harnas aan en trek my ligte stewels aan. Dan hang ek die swaard en dolk om my lyf trek die deur agter my toe.

In die kombuis kry ek pap en ‘n beker heuningbier en as ek klaar geëet het, draf ek oefenkamp toe.

Die klok vir die negende uur lui net soos en die deur na die oefenkamp oopstoot. Milady is reeds daar, geklee in ‘n swart broek, swart stewels en ‘n seiljurk soos myne. Haar hare is agter op haar kop vasgebind. In haar hand is dieselfde swaard wat sy die vorige aand gehad het. Ek wonder of dit die een is waarmee sy Lilas doodgemaak het…

Op die balkon bokant die oefenkamp staan ‘n paar mense. Ek herken vir Carlu, die kamerjuffer en ‘n groot vors man met lang grys hare, Baron Reeda. Daar is nog mense maar ek sluit hulle uit en fokus op Milady.

“Jy reg Beskermer?”

Ek knik.

Ek is ‘n seniorlid van die Beskermersgilde, en dis hulle wat my gestuur het om Milady te beskerm op aandrang van Baron Reeda. Maar wat nou hier aan die gebeur is, is nie waarvoor ek gestuur is nie.

Milady beweeg nader en ek trek my swaard. Sy is vinnig. Baie vinnig en een of twee keer voel ek die wind as haar swaard by my ore verbyswiep.

Ek hang my groot sward net voor my uit en as sy te naby kom druk ek haar wapen eenkant toe. Ek kan sien sien sy word kwaad want ek baklei nie terug nie, trouens ek speel met haar. Dan lanseer sy ‘n verwoede aanval en ek word geforseer om terug te tree. Een van haar hale tref my bo-arm, maar dis net ‘n skrapie. Ek hoor nogtans hoe die toeskouers geluide van verbasing maak.

Sy kom weer in, maar ek tree na regs, lig my linkerarm en hak my been agter hare in. Sy verloor haar balans en val agteroor. Ek tree nader en hou my sward op haar keel gemik.

“Dink jy’s oulik” grinnk sy. Sy rol om en dan staan sy weer voor my reg vir nog ‘n aanval. Ek besluit om die gekspul tot ‘n einde te dryf. Ek val aan met my swaard reguit voor my. Sy retireer en druk haar hand in haar sak. Dan gooi sy ‘n handvol grys poeier in my gesig. Ek knyp my oë toe en dan is daar ‘n dowwe slag. Deur skrefiesoë sien ek ‘n rookwolk voor my. Ek beweeg na die kant en die rook verdamp.

“Hierso Beskermer…” sê sy en ek swaai om. Sy staan reen die reling van die oefenkamp aangeleun, agter my.

Sy sien seker die verbasing op my gesig want sy lag. Dis die eerste keer dat ek haar hoor lag en dis ‘n pragtige klank om te hoor.

Ek beweeg nader en sy skarrel na links. Weer steek sy haar hand in haar sak maar ek wag nie die keer vir die grys poeier nie. Ek duik vorentoe en kry ‘n handvol material in die hande. Ek kan voel sy skarrel nou in die ander rigting maar ek laat my swaard val en gryp weer. Die keer kry ek haar om die lyf beet. Ek hoor weer die dowwe knal en ruik die rook maar ek het haar en ons val. Ek land bo-op haar en hoor hoe die asem uit haar liggaam uitgeforseer word.

Die rook verdamp. Ek lê bo-op Milady Mirri. Haar pragtige groen oë gaan oop en sy probeer my van haar afstoot.

“Jy’t my asem uitgeval jou lummel, Klim af van my af!”

Ek rol af en buk om my swaard op te tel. Milady loop by my verby na haar swaard toe. Ek hoor die mense op die balkon wat opgewonde onder mekaat gesels en kommentaar lewer. Ek kyk op. Baron Reeda staan soos ‘n rots met arms gevou en geen uitdrukking op sy gesig nie. Dan sien ek ‘n flits uit die hoek van my oog. Ek gryp Milady aan haar poniestert en pluk haar agteroor. Sy val op haar rug en ek kap in die lug in met my sward. Die kruisboog pyl spat in twee op my lem en flits aan beide kante van my kop verby. Die pylpunt sny my wang van my neus af tot by my oor oop.

Ek gaan staan wydsbeen oor Milady. Sy probeer regop beur maar ek sit my voet op haar bors en hou haar plat. Ek hoor vaagweg hoe sy vloek en my ‘n pynlike dood belowe, maar my likkewaanbrein het oorgeneem en ek fokus nou net daarop om haar lewendig te hou.

‘n Man, in swart geklee, met ‘n masker oor die onderkant van sy gesig, spring van die balkon af. Hy land ligvoets en beweeg vinnig nader aan Milady en ek. Hy span sy kruisboog, iets wat nie maklik is as jy beweeg nie. Dan lig hy die boog en trek die sneller. Ek kap weer, maar die keer mis ek en die pyl tref my voor die bors. Dis ‘n moerse slag en stamp amper my wind uit, maar kom nie deur my deur ringharnas nie.

Hy gooi die boog neer en pluk ‘n dolk uit. Ek stamp die dolk eenkant toe en slaan hom met die vuis in die middel van sy masker. Ek voel hoe sy neus onder my kneukels breek. Ek stamp hom om en as hy op sy rug val duik ek op hom. Ek pluk sy masker af. Sy lippe bibber en ek druk my vinger in sy mond in. Hy probeer my byt maar ek grawe onder sy tong in en kry wat ek soek. Ek trek die klein leersakkie van onder sy tong uit en gooi dit eenkant toe. Hierdie sluipers dra almal ‘n gifsakkie in hulle monde saam vir ingeval hulle gevang word.

Die skare op die balkon gil en skree nou vir ‘n vale. Dan is Baron Reeda daar. Hy het twee soldate by hom en hulle gryp die sluiper en bind hom vas.

Hy beweeg by my verby na waar Milady nog steeds op haar  rug lê, met ‘n verdwaasde trek op haar gesig. Hy kniel langs haar en help haar om regop te sit.

Sy hyg na haar asem en dan kyk sy na my. Haar groen oë verander na grys maar sy sê niks.

My bors is seer waar die pyl my getref het en ek voel die bloed langs my wang afloop en onder my kettingharnas in.

Baron Reeda help haar regop en sy stoot hom geirriteerd weg as sy op haar voete is. Sy kom nader en ek staan waar ek staan.

Sy is ‘n kop korter as ek. Ek is skielik verbaas dat sy so klein is. Haar grys oë kyk diep in myne, dan steek sy haar hand uit en vat aan die skeur in my seiljurk waar waar die pyl my getref het. Dan beweeg haar hand na my wang toe. Liggies vat sy aan my wang sodat ek dit amper nie voel nie.

“Dankie” fluister sy. Dan draai sy weg en met Baron Reeda, die kamerjuffer en Carlu, die kamerheer op haar hakke, loop sy uit die oefenkamp uit.

***

Ek kan nie slaap nie. Carlu het die dokter na my toe gebring. Hy het my wonde geinspekteer en toe salf aan my bors gesmeer wat nog nie gehelp het nie. Hy’t ge-uhm en ge-aha toe na die wond op my wang gekyk en ye knoffelasem in my gesig uitgeblaas en van dieselfde self as wat hy op my bors gesmeer het, op my wangwond gesmeer. Carlu het my verseker Baron Reeda het ‘n ring van staal om Milady geplaas.

Hulle is daar uit en ek het op my bed gelê en gewonder wat volgende gaan gebeur. Na ‘n ruk het ek opgestaan, die dokter se salf afgewas en my eie medisyne aangesmeer. Toe het ek op die bed gaan lê en probeer slaap.

***

My deur kraak oop. Ek reik na my swaard maar dan sien ek dis die kamerjuffer wat in die deur staan.

“Sjuuut” sê sy.

Ek lê terug en sy kom geruisloos nader. Sy het ‘n swart kleed aan met gate vir haar arms. Sy het ‘n veelkleurige doek om haar kop gedraai en dit so gerangskik dat dit haar gesig bedek. Net haar oë steek uit.

Sy kom sit langs my op die bed en haar hand vryf oor my bors en deur my borshare. Dan beweeg sy af, onder kombers in en na my sabel toe. Ek is dadelik hard want ek was lanklaas by ‘n vrou. Sy lag diep in haar keel as sy my hardheid voel.

Sy gooi die kombers af en buk af na my toe. Sy trek die doek weg van haar gesig af en begin my met haar mond liefkoos. Die plesier ruk deur my lyf en voor ek kan keer skiet ek haar mond vol van my saad.

Sy sluk gulsig en hou aan suig. Dit vat nie lank nie dan is ek weer reg. Haar een hand omvou kmy saadsakke en sy streel hulle sagkens. Dan staan sy op en maak die knope van haar kleed los. Sy laat die kleed van haar skouer afgly and dan staan sy kaal voor my. Ek verkyk my aan haar lyf en wens daar was meer lig as die stukkie maanskyn deur die venster. Ek trek haar nader en begin haar lyf soen. Ek beweeg booentoe en suig aan haar welgevormde borsies dan beweeg ek af en lek en soen haar maag. Nog verder af tot ek die klossie hare onder my tong voel. Ek beweeg nog laer en dan is my tong voor haar gleufie. Sy maak haar bene effens oop en buig haar rug na agter. Ek trek haar aan die boude nader en speel met my tong oor haar plesierknoppie. Haar hande vleg in my hare in en haar asem begin jag. Dan gee sy ‘n klein gilletjie en haar onderlyf ruk ‘n paar keer terwyl sy met haar bo-lyf oor my kop buig.

Sy ril nog ‘n keer of twee dan beweeg sy om my en gaan lê op die bed met haar kniëe opgetrek. Sy laat haar bene oopval en sit haar hande oor haar plesiergrotjie. Ek beweeg tussen haar bene in en vat haar hande weg.

Die flou maan gooi ‘n dowwe streep lig oor my bed. Soos ek haar hande wegtrek sien ek die rooi klossie hare tussen haar bene. Ek steek my sabel in haar grotjie in en begin stadig in en uit beweeg. Haar oë is toe en sy hyg na asem, dan begin sy ruk en ruk en ruk. Sy maak diep kreungeluide in haar keel en in haar bors. Haar pragtige borsies bons in die maanlig. Ek stut myself op my een hand en met die ander trek ek die doek van haar gesig af.

Milady Mirrie ‘a Wika, Koningin van die Vier Koningkryke, en Meesteres van Lewe en Dood se oë fladder oop. Sy probeer weer haar gesig toemaak maar ek hou die doek vas. Dan stamp ek in haar in met alles wat ek het. Haar gesig vertrek, sy slaan haar naels in my rug in en sy ruk haar onderlyf op en af. Ek gooi my saad in haar in, buig my rug na agter om nog dieper in haar in te kom en dan, vir ‘n oomblik, is ek die baas.

***

Sy glip uit as die lig buite die venster helder begin word. En ek wonder wat volgende gaan gebeur…

14+

11 thoughts on “Milady

  • Avatar
    Nov 13, 2019 at 3:14 pm
    Permalink

    Heerlik rof en onbeskof en ook sag en sensueel…. pragtig Ramkat

    Reply
  • Avatar
    Nov 11, 2019 at 6:11 am
    Permalink

    Het Storie baie geniet, jy mag maar skryf

    Reply
  • Avatar
    Nov 8, 2019 at 9:23 pm
    Permalink

    Ramkat, jou ou yster. DIs nou n absolute moewiese fantastiese storie. En helaas wonder ek ook wat volgende gaan gebeur.
    Moenie ons te lank laat wag nie.

    Reply
    • Avatar
      Nov 12, 2019 at 7:38 am
      Permalink

      O, ek sal nie…. Maar ek het die week ‘n monster. Sal volgende week die oplvolg plaas.

      Reply
  • Avatar
    Nov 8, 2019 at 4:31 pm
    Permalink

    Ramkat uitstekend!

    Hierdie storie het my laat terugdink aan ‘Die Buiter’ en ‘Olaf die Seerower’ boeke van my jeug. Ek moet jou sê dat dit fantasties sou gewees het as net een van daardie boekies jou passievolle verowering en oorgawe tonele ingehad het.

    Dankie ek het dit besonders baie geniet. Dit is nou ‘n storie 1000.

    Reply
    • Avatar
      Nov 12, 2019 at 7:39 am
      Permalink

      Ek onthou daai stories goed. Dankie vir die kompliment.

      Reply
  • Avatar
    Nov 8, 2019 at 3:19 pm
    Permalink

    Jy voer ons weg na ‘n ander tyd en plek, Ramkat! Lieflike verhaal. Laat kom hulle!

    Reply
    • Avatar
      Nov 12, 2019 at 7:40 am
      Permalink

      Ek probeer om hulle altyd te laat kom….

      Reply
  • Avatar
    Nov 8, 2019 at 3:04 pm
    Permalink

    Heeerlik!
    Dit was vir my asof ek ‘n baie grafiese ‘comic’ lees ☺
    …en die karakters se beskrywing het goed ingepas by die gewilde neiging tot strokiesprent helde wat ons deesdae mee trakteer word!
    Ramkat WELGEDAAN !…ek het jou talent weereens geweldig geniet, dankie!
    Sou dit nie asemrowend wees as Annelise ‘n grafiese kunstenaar kon oorreed om hierdie verhaal teken vorm te omskep nie?
    Dan het Kombiekiehier tot sy eie strokiesprent!
    Saluut, mede Rooikop liefhebber…☺

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)