Die Affêre (3)
deur Ramkat Erasmus
Natasha lê op die bed met haar romp tot by haar heupe opgetrek. Sy het nie ‘n broekie aan nie en sy is besig om haarself te streel met ligte hale oor haar skaamlippies. Elke nou en dan glip sy ‘n vinger in haarself in. Ek hou haar dop van die voetenent van die bed af. My videokamera neem elke nuanse van haar selfbevrediging af. Die kamera maak iets in haar los, want sy was nog nooit so nat voordat sy begin het nie.
Dit vat al my selfbeheersing om nie die kamera eenkant toe te smyt en haar te bestorm nie. Ek is besig om verknog te raak aan die vrou met haar lenige lyf en hiper-libido.
Deur die lens kan ek sien sy is besig om nader en nader aan ‘n orgasme te kom. Ek trek verder weg sodat ek haar gesig kan sien. Dis een van my gunsteling dinge omtrent haar. Haar gesig as sy kom. Ek hou die kamera stil en dan kom sy… Ek neem elke oomblik af en skakel dan die kamera af as sy op haar sy rol, haar asem hortend en haar hande tussen haar dye vasgeknyp.
“Ons moet ry…” sê ek en sy trek haarself regop, gee my die Mona Lisa glimlag en gaan badkamer toe. In die spieël kan ek sien hoe sy haarself afdroog en dan kom sy terug in die kamer in. Sy tel haar broekie op en wil dit begin aantrek, maar ek keer haar.
“Nie vandag nie.”
Sy kyk my vraend aan , maar dan gooi sy die broekie argeloos op die bed neer, steek haar voete in die hoë-hak skoene in en draai na my toe.
“Lyk ek reg so?” vra sy.
“Perfek”.
Sy haak by my in en ons gaan uit. Ek sluit die deur en ons klim in my kar en kies koers. Ons is by ‘n gastehuis waar ek nog nooit was nie en waar niemand ons ken nie. Ek het onder ‘n vals naam ingeteken en gesê ons bly tot more.
Ek draai middestad se kant toe en sy vra waarheen ons gaan. Ek sê nie vir haar nie, net dat dit ‘n verassing is. Ek draai by die Staatsteater se parkeergarage in en kan sien sy verstaan nie wat ek daar soek nie. Ek glimlag net vir haar.
Ek parkeer in die agterste hoek van die parkeergarage, klim uit en gee my arm vir haar. Ons stap na die hysers toe en neem die hyser tot by die hoofingang. Ek haal die kaartjies uit my sak en gee dit vir die ou by die deur en hy beduie in watter rigting ons moet loop.
“Ballet?” sê sy. “Ek het nie geweet jy hou van ballet nie.”
“Dit hang alles af…”
Ons staan ‘n bietjie rond tussen die ander mense en dan vat ek haar hand en lei haar na die trappe toe. Dis ‘n middagvertoning van “Die Slapende Skoonheid” en die gehoor bestaan meesal uit skoolkinders en pensioenarisse. Ek lei haar tot op die boonse vlak van die ingangsportaal waar ons alleen is. Ek laat haar teen die veiligheidsreling staan en buig haar effens vooroor. Onder ons beweeg die massas rond. Party kry drankies ander koop programme. Meesal sit hulle net rond en gesels. Ek staan agter haar en hou haar in posisie. Dan lig ek haar rok stadig op tot haar kaal boude ontbloot voor my lê. Ek kan voel hoe sy verstyf as sy besef wat ek gaan doen.
“Moenie beweeg nie” gebied ek, en trek my gulp af. Die situasie maak my kwaai jags en ek haal my stywe voël uit. Ek voel-voel tussen haar bene en ontdek dat sy sopnat is. Ek glip versigtig in haar in en begin haar stadig naai terwyl ons na die mense onder ons kyk. Niemand kyk op nie en haar hande kramp saam aan die veiligheidsreling.
Die klok begin lui vir die mense om in te gaan.
“Ons gaan die vertoning mis” kreun sy deur saamgepersde lippe.
“Nee, ons gaan nie”.
Ek trek uit, stop my ereksie terug in my broek in en trek my gulp op.
“Fok, jy kan my net so los nie!” kreun sy.
Ek glimlag en vat weer haar hand. Ons loop teen die trappe af en ek vat haar verby die gang waar die toilette is. Daar is ‘n deur wat ek oopstoot en ons staan dan in die onthaal area wat vir funksies en openingsaande gebruik word. Ek ken die plek goed, want ons het al meer as een keer hier spyseniering gedoen vir funksies.
“Wat maak ons hier?” vra sy.
“Shhh,” is al wat ek sê en ek lei haar na ‘n ander deur agter in die vertrek. Dis is die deur na die kombuis waar ons ons voorbereidings doen. Agter in die kombuis is nog ‘n deur wat na ‘n gang oopmaak. Dis nie gesluit nie en ek weet dit word nooit gesluit nie. En selfs al was dit gesluit het ek ‘n sleutel vir die deur wat eenkeer vir my gegee is en nooit teruggevra is nie.
Die gang is verlate en ek lei haar vinnig na ‘n glasdeur toe, wat oopmaak op ‘n stel trappe. Ek lei haar boontoe en kom dan by die staaldeur waarna ek gesoek het. Dis die enigste kinkel in my plan. As die deur gesluit is, moet ons omdraai en teruggaan soos ons gekom het.
Ek voel versigtig aan die swaar handvatsels en die deur glip oop. Ek trek dit net groot genoeg oop sodat ek en sy kan inglip en dan trek ek dit weer toe. Ek hoor hoe sy haar asem intrek as sy besef waar ons is.
Ons staan op ‘n staal loopweg, twee verdiepings bokant die verhoog. Onder ons kan ons sien hoe die dansers regstaan om te begin. Die gordyn gaan oop en die dansers begin dans. Sy staan verwonderd en kyk na die ballet wat ver onder ons afspeel. Ek trek haar aan die hand teen die loopweg af tot ons in die agterste hoek kom. Ek dwing haar af op haar kniëe sodat sy die ballet steeds kan sien, maar haar gesig is nou gelyk met my gulp.
Die ongewone situasie maak my rasend en ek kan my voël nie vinnig genoeg uitkry nie. Ek druk hom in haar mond in en sy begin doen waarmee sy so goed is. Ek leen teen die swart muur agter my en sy suig en speel terwyl sy ‘n oog hou oor die ballet onder ons. As ek voel ek is reg om te kom trek ek uit en skiet in die ruimte in. Sy trek haar asem in en begin dan giggel. Ek druk haar mond toe en sy loer versigtig na onder.
“Ek dink jy’t een van die ballerina’s getref!” fluister sy.
Ek trek my broek af en gaan sit op die staalvloer. Ek trek haar kop af en sy wil eers teësit, maar dan begin sy my skoon lek. Ek trek haar op, draai haar om en laat haar tussen my bene sit. Ek trek haar romp op, druk my een hand onder haar bloes in en begin haar tepels stimuleer. Met my ander hand vryf ek haar poesie. Ek kyk oor haar skouer en kan duidelik sien hoe die dansers deur hulle passies gaan. Sy kom na ‘n ruk en druk terug teen my aan.
Vir ‘n hele ruk sit ons so, dan stoot ek haar vorentoe en trek haar op, terwyl die niksvermoedende dansers onder ons aangaan met hulle werk. Ons glip weer deur die staaldeur en teen die trap af. Ek maak seker daar is niemand in die gang nie and ons stap doodsluiters na die kombuisdeur toe en glip in. Ek haal die sleutel uit my sak en sluit die deur wat nooit gesluit word nie.
Ek lei haar na die marmer toonbank en trek haar rok op. Ek tel haar op en sit haar op die koue marmervlak neer met haar kaal boude teen die koue oppervlak. Ek druk haar terug en begin haar poesie lek.
“Iemand gaan hier inloop!” fluister sy.
“Dis ook oraait…” sê ek terwyl ek haar tot orgasme lek.
“Naai my asseblief. Ek het al vyf of ses keer gekom en ek is nog steeds jags. Naai my. Ek wil jou piel in my voel asseblief…”
“Nie hier nie.”
Ek tel haar van die toonbank af, trek haar romp reg en lei haar weer terug na die voorportaal toe. Verskeie kelners en voorportaal personeel maak reg vir die einde van die vertoning deur koffie reg te sit, drankies aan te vul en die magdom ander goed te doen wat so ‘n plek moet doen. Ek vat haar na die hyser toe en druk die knoppie. Die klokkie “pieng” en die deur gly oop. Ons klim in en ek druk die knoppie wat ons na ons parkeervlek toe vat.
As ons by my kar kom wil sy inklim, maar ek trek haar om die kar na die donker hoek waarin ek geparkeer het. Ons staan tussen die kar se neus en die muur in die hoek van die parkeergarage. Ek buig haar oor die enjin kap en trek haar romp op.
“Bly net so staan, en sê vir my wanneer jy reg is,” fluister ek vir haar.
Terwyl ons wag vryf ek haar papnat poesie en glip elke nou en dan ‘n vinger in haar in. Sy wriemel voor my en krul van die lekker.
Dan gaan die hysbak se deur oop en mens begin uitkom en loop na hulle karre toe.
“Nou!” fluister sy en ek haal my piel uit en druk hom in haar spleet in terwyl mense niksvermoedend ‘n entjie van ons af in hulle karre klim en ry. In een stadium gly ‘n kar se ligte oor ons, maar ek dink nie hulle besef wat hulle sien nie, want hulle ry by ons verby in die rigting van die uitgang.
“Ek gaan kom. Ek gaan kom!” fluister sy skor en dan laat ek gaan en ons kom saam-saam in die donker oor die enjinkap van my kar.
-0-
Wanneer ons weer terug is by die gastehuis, gaan klim sy in die stort. Ek koppel my kamera aan die TV stel. Ek trek uit en gaan lê op die bed. As sy uitkom druk ek die knoppie en haar video begin speel. Sy staan lank vir haarself en kyk en dan loop sy tot by die bed. Sy gly ‘n vingernael teen my borskas af en neem my in hand. Sy streel my ‘n paar keer op en af.
“Jy gaan my mal maak. Ek dink ek is verslaaf aan jou,” fluister sy.
Ek sê niks, want daar is niks om te sê nie, en trek haar langs my neer, trek haar teen my vas en dwing haar om na haarself te kyk. Wanneer die vrou op die TV ‘n orgasme bereik, bereik die vrou langs my ook een.
-0-
Ek glip ‘n rubber handskoen, soos die wat dokters gebruik oor my hand en begin my hand saggies en versigtig in haar in werk. “Fisting” is nie vir almal nie. Maar sy’t gevra dat ons dit probeer. Dit vat lank en ek moet baie olie gebruik, maar uiteindelik is my vuis tot by my gewrig in haar in.
En dan gil sy my naam…