10 eienskappe wat jou ‘n briljante lover maak. kombiekiehier…
Liefde laat die wêreld draai. Of ten minste jou kop wat dan jou laat voel hoe die wêreld draai. En daar is niks so lekker as om verlief te wees nie. Daardie eerste paar weke wanneer jy in dopamien verdrink is alles rooskleurig en kan jou beminde niks verkeerd doen nie. Die grootste parra lyk soos ‘n prins. Maar enige prins kan ‘n koning wees as hy die volgende “eienskappe” ook na die hormoonparty toe bring:
1. Humor. Laat haar lag. Dis nie meer die jagter wat die grootste stuk vleis voor haar voete smyt wat die prooi uit die grot gaan sleep nie. Dit is nou die een wat haar laat lag. True story.
Wys vir haar goed soos hierdie:
2. Tien punte ekstra as jy jou eie plek het. Hierdie openbare plekke (volg link) is wel kinky en opwindend, maar jou eie, private, skoon ruimte gaan haar laat veilig voel en dus onveilig laat optreë. 😉
3. Size matters. Sorry. Maar daar is darem altyd plêstiek hulp as daai ‘n probleem is.
4. Kan kook. Een van my lekkerste etes ooit was roereiers en toast – bedien in die bed waarin ek so pas in ‘n ander dimensie in gevry is. Dit hoef nie ‘n vyfgang maal te wees nie, maar braai gaan dit nie altyd cut nie.
5. Avontuursin. Ten minste met haar lyf.
6. Selfversekerd. Sy. Wil. Jou. Hê. Glo dit. En doen iets daaraan.
7. Vars asem. Sommer vars oor die algemeen. Sy sal vir dieselfde sorg. 😉
8. Balle. Verkieslik grotes. En nope, nie die soort wat agter aan jou kar se sleepstang hang nie. Eerder die soort wat maak dat jy nie hardloop wanneer jy dalk iets begin voel nie. Want emosie is deel van die hele game – selfs al is hierdie nie forever nie.
9. Woorde. Dit hoef nie jou eie te wees nie. Ander mense het reeds vir jou die werk gedoen. Mens noem hulle digters en sangers. Al wat jy hoef te doen is om dit vir haar te gee. Jy hoef dit nie eens heeltemal te bedoel nie, sy sal wel die dam heeltemal onder die eende uitruk daaroor en dit spesiaal maak vir haarself. Want dopamien, onthou. En want vroue. Maar jy gaan score daarmee. Big time.
Hier is ‘n gedig wat jy kan gebruik: (moenie vir haar sê jy het dit hier gekry of gegoogle nie, maak of jy die digter ken)
Absence van Pablo Neruda
I have scarcely left you
When you go in me, crystalline,
Or trembling,
Or uneasy, wounded by me
Or overwhelmed with love, as
When your eyes
Close upon the gift of life
That without cease I give you.
My love,
We have found each other
Thirsty and we have
Drunk up all the water and the
Blood,
We fund each other
Hungry
And we bit each other
As fire bites,
Leaving wounds in us.
But wait for me,
Keep for me your sweetness.
I will give you too
A rose.
En hier is ‘n romantiese song. Stuur dit na haar foon toe.
10. Passie, passie, passie. Hierdie is nie die tyd om beheersd en cool te wees nie. Jy is haar lover. Love passionately.
Oukei, daar het jy die resep. Gebruik dit en maak paddaprins die koning van die paddas. 😉