Mevrou Koster
deur Uther Pendragon
Hanna is ‘n bobaaskok. Die heerlikste reuke vul die huis aldag en heeldag. Eintlik is Hanna ‘n boobaasbakster – sy bak terte en koeke vir die tuisnywerheid en haar koekies word by die apteek en die garage op die dorp verkoop. Hanna hou van die sensualiteit van bak en brou – die reuke, smake en selfs gevoel daarvan – soos die sensuele kraak van die buitenste korsie van ‘n koeksister voor jou tande in die sagte soetheid insink, die romerigheid van ‘n
melktert wat oor die tong smeer, die deeg wat tussen haar vingers peul wanneer sy die deeg knie.
Die agterdeur kraak soos Koos van buite binnekom. Hy hou sy vrou dop wat die deeg in die knieskottel knie.
“Dit lyk soos reën,” sê hy van waar hy teen die deurraam staan. Hy staan maar daar om geselsies te maak – daar is niks by die huis om te doen nie. Hy kyk na haar deegbesmeerde hande met die deeg wat tussen haar sterk en vaardige vingers uitpeul en na die swaar borste wat ritmies saam met die beweging van haar arms skud. Daar was ‘n tyd … maar dit was toe… nou is daar geen roering in sy broek nie.
“Ek sal nou-nou vir jou koffie maak,” sê sy terwyl sy die hare, wat op haar sweetnat voorkop vasplak, met haar voorarm wegvee.
“Kan jy na die agterdeur se skarnier kyk, dit het olie nodig.”
“OK,” sê hy en gaan by die agterdeur uit om na die saampakkende wolke te kyk.
Koos is ‘n doodgoeie man, dink sy. Al is hy oorgewig en bles, is hy lank en het nog sy rugbyspiere. Hy rook nie en drink ook nie te erg nie. Hy is nie te lui nie en maak goed by die huis reg wanneer sy hom daarvoor vra. Hy kla nie maklik nie, maar eintlik het hy nie sterk opinies oor enigiets nie. Hy is nie jaloers nie, maar eintlik ook nie ambisieus nie. Hy is al vir drie jaar werkloos na hy gedwing was om op 55 op vroeë pensioen te gaan en hy soek
halfhartig werk. Gelukkig het sy ‘n ekstra inkomste en niks staan vir haar hande verkeerd nie. Sy sal alles in haar vermoë doen om huis en haard bymekaar te hou – en dit sluit Koos in.
Maar dan kom daar ‘n bitter trek om haar mondhoeke wanneer sy dink aan die feit dat Koos net so fluks in die bed is as wat hy rondom die huis is – hy sal goed in die huis doen, maar net wanneer sy hom daarvoor vra – en net as dit nie hom gril of te veel verontrief nie. Sy het al hoeveel keer geskimp, gevra en selfs gesmeek dat hulle iets anders op Sondagmiddae na ete moet doen. Sy is al so gatvol daarvoor dat hy haar na ‘n soen of twee, bloot haar nagrok optrek, bo-op haar rol en na dertig stote of so, van haar afrol, omdraai en gaan slaap.
Seksie nagklere lyk vir hom soos hoergoed, aan haar tepels wil hy nie suig nie, want hy is mos nie ‘n fokken baba nie en elke keer wat sy hom probeer suig met die hoop dat hy haar ook met die mond sal bykom, dan stop hy haar met: “Net ‘n hoer suig piele!”
Gewoonlik stop die vryery wanneer sy vir hom vra: “Maar hoe weet jy dit?” en dan draai hy vies op sy, met sy rug na haar, om te slaap. Doodgoed en goed dood.
* * *
Sy klop aan die sydeur en maak dan dit sommer oop. Dominee sit soos gewoonlik agter sy lessenaar in die studeerkamer langs die huis, wat sommer as sy kantoor dien.
“More Dominee, jammer om te pla,” sê Hanna.
“Jy pla nie suster, waarmee kan ek help?” vra hy met ‘n glimlag.
“Ek het hierdie koekies vir Mevrou Dominee gebring, maar Lina sê sy is nie hier nie, dus het ek maar na die kantoor omgeloop,” sê sy en sit die koekies op die koffietafel neer.
“Sandra is na haar siek moeder toe om haar te help versorg. Sy sal die week by haar in Betlehem wees,” sê hy terwyl hy sy oë wegskeur van haar tiete wat in die V van haar hals uitbol.
“Wie gaan na Dominee omsien terwyl sy weg is?”
“Lina is darem hier om te kook,” lag hy.
“Maar dit is sekerlik nie al …” Die res van die sin stol in Hanna se mond.
“Dankie vir die koekies, Hanna, maar ek wil jou net sê dat jy deels verantwoordelik vir hoe vet ek word!” sê Dominee terwyl hy oor sy plat maag vryf.
Grootoog antwoord sy: “Dominee lyk baie aantreklik en is glad nie vet nie!”
“Vleier,” lag hy.
Hanna staan vir ‘n paar sekondes en na niks gebeur nie sê sy: “Dan gaan ek maar, stuur groete vir Mevrou”.
“As daar nog iets was?” vra hy.
“Nee, niks vir nou nie,” antwoord sy vinnig. By die deur draai sy om en sê: “Ek sal more weer ‘n draai kom maak,” voor sy die deur toemaak.
* * *
“Goeie middag dominee” groet sy van die deur af.
“Middag Hanna, waarmee kan ek help vandag?”
“Ek wou net inloer om te sien of Dominee OK is en ek het hierdie melktert gebring.”
“Dankie suster, kom sit ‘n bietjie,” en hy loop om sy lessenaar na die rusbank toe.
“Kan ek jou ietsie aanbied? Koffie, tee of ietsie sterker?” en hy haal ‘n bottel sjerrie uit die kabinet.
Hanna was voor Koos met Karel getroud, en voor Karel, en na sy dood, het sy met verskeie mans uitgegaan voor sy met Koos getroud is. Kortom, Hanna ken mans.
“Ietsie sterker,” sê sy met ‘n glimlag.
Terwyl dominee omdraai om glasies uit die kabinet te haal, trek Hanna die voorkant van haar rok af sodat die V van haar halslyn dieper weerskante van haar diep tietkloof oopgaap. Sy druk met haar bo-arms vinnig en vaardig weerskante van haar borste sodat dit bietjie meer bo die koppies van haar bra uitpeul – die hele aksie neem minder as 2 sekondes.
Hy gee vir haar die glasie aan en kyk skelm verby die glasie na haar groot bollende tiete. Hy voel ‘n roering in sy broek en gaan sit vinnig langs haar voor sy sy groeiende ereksie kan sien. Hy merk so in die sit haar voete met die rooigeverfde toonnaels wat by haar oop sandale uitsteek – iets wat Sandra nooit sal doen nie.
Hulle gesels oor ditjies en datjies. Hanna vra uit oor Mevrou se siek moeder. Duidelik wil nie een vinnig die besoek beeindig nie.
“Nog enetjie?” vra hy, maar skink reeds.
Sy vat die glasie by hom.
“Ek het eintlik gekom om met Dominee oor iets te praat,” sê sy en haal diep asem toe hy na haar kyk.
“Enigiets Hanna, ek is hier vir jou,” sê Dominee terwyl sy oë na haar uitbol van haar tiete dwaal.
“Ons sukkel finansieël Dominee …” sê sy sag.
“Dit is moeilike tye Hanna …” antwoord hy.
“Koos is nou lank sonder werk Dominee,” sê sy en draai effe na hom sodat haar knie teen syne druk.
“Ek is bewus daarvan Hanna, maar wat doen hy om werk te vind?”
“Ons stuur sy CV oral heen waar hy hoop om ‘n werk te kry, maar ons kry nie eens erkenning van ontvangs van die besighede waarheen ons dit stuur nie.”
“Ai Hanna …”
“Die pos vir koster, Dominee, is dit al gevul?” vra sy en sit haar hand op sy bobeen.
“Nee nog nie Hanna, ons het al ‘n hele paar aansoeke gekry, Koos s’n ook,” sê hy en vat ‘n slukkie uit sy glas.
“Wat is Koos se kans om die pos te kry Dominee?”
“Nie baie goed nie Hanna, hy het nie die regte kwalifikasies nie”
Hierdie keer vra Dominee nie eers nie, hy staan op en skink sommer en gee vir haar aan. Haar hand gaan outomaties na sy bobeen wanneer hy weer langs haar plaasneem.
“Koos is hardwerkend Dominee, hy sal alles doen wat Dominee hom sê om te doen.”
“Hanna, dit is nie my besluit nie…”
“Ai Dominee …” sê Hanna en haar hand skuif nader na sy kruis.
“Ons soek iemand wat boekhouervaring het Hanna, en Koos was ‘n sekuriteitsbeampte”
“Ai Dominee …” sê Hanna en ‘n traan rol oor haar wang. “Ons het die geld so nodig…”
Die kant van haar pinkie raak toevalling aan sy ereksie wat krom in sy broek bol.
“Hanna …. die Kerkraad het die laaste sê”
En dan sit sy teen hom, haar groot tiete druk teen sy arm terwyl sy sê: “Maar jy kan hulle mos oortuig Dominee…”
“Ek sal doen wat ek kan Hanna.”
Sy sê nat in sy oor: “En ek sal doen wat ek kan Dominee.”
Soos sy arm om haar sagte lyf sluit, sluit haar hand oor die knop in sy broek.
“Hanna….”
“Dominee…”
Sê hulle in mekaar se monde terwyl haar sterk en vaardige vingers druk en druk.
* * *
Koos is die nuwe koster.
Hy sorg dat die tuinier die gras sny, die aflewerings gedoen word en die korrespondensie by die dominee en die poskantoor uitkom. Hy vervang die ligte en die kraanwassertjies sommer self. Dit gaan goed met Koos en Hanna. Trots loop sy deur die straat om haar aflewerings te doen. Almal weet dat Koos die nuwe koster is. Dit gaan finansieël weer goed met hulle.
Wanneer die foon lui antwoord sy: “Mevrou Koster hier …
Toe Koos die werk kry, het Hanna vir hom ‘n geskenk gekry – ‘n fênsie adresboekie wat met swart kunsleer oorgetrek is met ‘n slopie aan die kant vir ‘n pen. Koos het die grootste deel van die eerste twee dae by die werk al die lidmate se adresse en telefoonnommers in sy adresboekie van die afgerolde adreslys in die kantoor oorgeskryf – dit is na als waarvoor adresboekies daar is. Elke dag loop hy trots in die straat af werk toe met die adresboekie in
sy hand – dit lyk amper soos ‘n smal Bybeltjie – buiten vir die oranje pen wat uitsteek natuurlik. Maar vandag het hy by die aankom by die werk met ‘n skok agtergekom dat hy sy adresboekie by die huis vergeet het en dus stap hy nou die vier blokke terug huis toe. Die agterdeur maak geruisloos oop. Hy beweeg dit heen en weer – ja-nee die skarnier is goed ge-olie. Hy stap deur die kombuis en staan dan botstil in die gang.
Hanna en Dominee is in die sitkamer. Hanna se rok is tot by haar middel afgetrek en haar bra is af. Sy is op haar knieë tussen Dominee se bene. Sy broek is om sy enkels. Haar arms rus op sy harige bobene. Haar swaar tiete skud ritmies met die op en afbeweging van haar kop. Hulle sien hom nie waar hy in die gang staan nie, want beide se oë is toe van wellus. Koos staar verstar na die wit slym wat skielik by Hanna se mondhoeke uitborrel en oor haar vingers, wat om Dominee se beaarde skag geklamp is, afdrel. Dan, soos Dominee se steune en Hanna se slurpgeluide al harder opklink, kom Koos uit sy waas. Hy draai woordeloos om en stap net so geruisloos by die huis uit as wat hy ingekom het, sonder die adresboeke, maar met ‘n tierende ereksie.
* Fellatio deur Mihaly Zichy (19de Eeu)
1 COMMENT
Ek sal ook regtig nie omgee Om so gelukkig sois die predikant te wees nie. n Man mag Mo’s lus raak of hoe sê ek