Groentjies: Saam
deur Fantasma
(Lees vorige episode HIER)
Gawie staan op van die bank en hou sy hand uit na Karlien. Kom ons gaan spoel die lekker van ons lywe af. Hy trek haar op en hulle staan teen mekaar met geen kledingstuk aan nie. Albei is naak en dit verbaas albei dat hulle nie skaam voel nie. Hy sit sy arms op haar skouers en soen haar op die voorkop.
“Karlien, is jy spyt wat ons nou gedoen het,” vra hy besorgd. Hy wil haar nie as vriendin verloor nie.
Sy trek haar vingers deur sy hare.
“Nee, Gawie. Ek is en sal nooit spyt wees nie. Hierdie dag en oomblik sal ek altyd koester.”
Hy vat haar hand en hulle is die gang af na die badkamer wat Karlien en Ella deel. Draai die krane oop en klim onder die stort in. Alles doen hulle asof dit doodnormaal is om te doen. Asof hulle dit al meer male gedoen het. Soos twee wat mekaar se naak lywe gewoond is. Glad nie meer skaam vir hulle naak lywe nie. Gawie neem seep en hy begin om vir Karlien te was. Van haar kop tot haar tone, elke kurwetjie en hoekie van haar slanke lyfie. Toe hy haar borsies was kreun sy. Hy was haar tussen haar bene en sy kreun nog erger. Haar oë gaan toe en haar asemhaling versnel.
Toe is dit haar beurt en sy was ook sy hele lyf. By sy heupe gekom staan sy piel weer stokstyf en punt dak toe. Voor hy kan keer is Karlien af op haar knieë en sy het hom in haar mond en haar tong bewerk hom. Hy leun met sy rug teen die stortmuur terwyl sy hom weer suig tot hy met sy hande in haar hare kreun en sy semen in haar mond skiet. ‘n Oomblik later, toe sy bene nie meer te lam is nie, is hy op sy knieë voor haar, sy gesig verberg tussen haar bene en sy tong en vingers doen hulle werk. Die keer is sy met haar rug teen die teëls van die stortmuur. Nie lank nie en haar hele lyf gaan in spasmas in. Sy gil en kom om sy mond. Hy moet haar vashou sodat sy nie neersak nie. Nadat albei weer hulle asems herwin het, klim hulle uit die stort. Karlien haal vir hom ook ‘n handdoek uit die kas. Elkeen het ‘n handdoek om hom gedraai. Hulle val uitasem langs mekaar op hulle rûe op haar dubbelbed neer.
“Sjoe! dit was nou intens gewees,” gee Karlien haar weergawe van wat nou gebeur het.
In ‘n kwessie van ‘n uur het hulle mekaar twee keer laat kom.
“Dit was,” beaam Gawie haar waarneming.
Daar heers ‘n ruk stilte. Elkeen staar na die dak met hulle eie gedagtes.
“Gaan ons ooit genoeg van mekaar kry, Karlien?” vra hy die vraag wat in albei se koppe draai.
“Nie soos ek nou voel nie,” gee sy haar eerlike opinie.
Hy vat haar hand in syne. “Ek weet ook nie of ek ooit genoeg van jou sal kry nie.”
“Ons geniet dit tot dit uitwoed,” is haar beskeie antwoord. Maar sy glo nie sy sal ooit genoeg van Gawie kan kry nie.
Albei ignoreer en wil nie dink wat gaan gebeur as die ander drie terug is en hulle vind uit wat se onheil tussen hulle twee plaasgevind het nie. Hulle het van die belangrikste reëls van die huis oortree. Huisbewoners mag nie betrokke raak by mekaar nie. Mag nie ‘n verhouding hê nie. Ook mag daar geen koïtale aktiwiteite in die huis plaasvind nie.
“Gaan ons nou slaap?” vra Gawie.
“Hoe laat is dit? Ek is nog nie vaak nie,” antwoord Karlien. Daar is nou net seks op haar brein. Sy giggel. “Ek glo nie ek sal vanaand kan slaap nie. Nie na alles wat gebeur het nie. Dit gaan my lank vat om alles te verwerk.”
“Ek sal ook nie kan slaap.” Hy grinnik. “My gedagtes sal die hele aand by ‘n pragtige bruinoog meisie wees.”
“Ja, seker ‘n naak een,” sê Karlien en knipoog vir hom.
“Ons is nog te vol van die adrenalien om rustig te raak vir slaap.”
“Ons kan die movie verder gaan kyk? As jy wil?” maak sy ‘n voorstel, maar wil nie te gretig klink nie.
Verras kyk hy na haar. “Is jy ernstig? Sal jy graag verder wil kyk?” vra hy verstom.
“Wat is fout daarmee? Nou is ek eers nuuskierig om te sien wat gaan daai twee nog aanvang wat interessant is.”
Hy lag. “Jy bedoel seker wat eroties is?”
Sy draai op haar sy. “Gawie dink jy ek is orig? Ek is ‘n flerrie of dalk nimfomanies?” vra sy angstig.
Gawie sit sy hand teen haar wang. “Nee, Karlien. Ek dink jy is net ‘n gewone vrou met ‘n normale seksdrang. Dit het eers nou ontwaak en dit was maar altyd daar.” Hy grinnik. “Natuurlik is ek aangenaam verras, want jy het voorgekom as ‘n meisie wat glad van seks sal hou nie.”
Karlien spring op. “Ek is nou lus vir koffie,” sê sy en begin deur toe stap, “kom jy?”
Sy kry nog effens skaam dat sy vanaand aan Gawie geopenbaar het dat sy eintlike ‘n baie hoë libido het. Met die handdoeke om hulle loop hulle sitkamer toe. Karlien kry haar sweetpaktop wat oor die bank hang en trek dit aan bo-oor die handdoek. Gawie soek sy sweetpakbroek en vind dit agter die bank. Trek dit aan en gooi die handdoek oor die bank. Sy soek haar sweetpakbroek en vind dit onder die kombers. Terwyl Dawie sy besmeerde onderbroek en T-Hemp optel trek sy haar sweetpakbroek onder haar handdoek aan.
Hy vind haar nat broekie en T-Hemp, tel dit op en beduie na hulle besmette klere. “Ek sit die gou in die waskamer.”
Albei is nou weer gekleë in hulle sweetpakke met geen onderklere onder aan nie. Hy loop waskamer toe en sy kombuis toe om die ketel aan te skakel. Terwyl sy bekers uithaal en dit op die kombuisblad neer sit kom Gawie in en gaan staan agter haar. Hy sit sy arms liefderik om haar middel. Sonder om eers te dink leun sy terug teen aan
hom. Sy hande beweeg onder haar sweetpaktop in en elke hand skulp oor ‘n ferm borsie van haar.
“Gawie,” sê sy hees. “Ek kan nie koffie maak as jy my so vashou nie.”
“Jy is so sexy ek kan nie my hande van jou afhou nie.”
“Dankie, Gawie.” Dit is die eerste keer in haar lewe dat ‘n man dit vir haar sê en sy sal lieg as sy nie goed voel daaroor nie. Hy draai haar om en soen haar saggies op die mond. Niks vurig of hartstogtelik nie, maar genoeg om haar hoendervleis te gee. Niks wat Gawie van nou af aan haar gaan doen gaan geen effek op haar hê nie. Elke keer wat hy nou aan haar raak stuur dit aangename prikkels deur haar lyf. En Gawie wil net aan haar raak en sy vingers oor haar satynsagte vel streel.
Hulle maak hulle weer gemaklik onder die kombers op die rusbank en drink hulle koffie in stilte. Klaar gedrink sit elkeen sy beker op die koffietafeltjies langs hulle neer. Hierdie keer skuif hulle tot teenmekaar op die bank.
“Kyk ons verder?” vra Gawie ewe nonchalant.
“Um,” sê sy en knik en probeer om nie te gretig te lyk nie.
Gawie laat die bloumovie verder speel en dit begin waar die vrou ‘n oomblik gelede ‘n orgasme bereik het. Nie moeilik om te sien dat die ou weer erg lus is, want sy horing staan stokstyf. Hy gaan maak hom lê op sy rug langs die meisie. Sy lig haar op, draai haar om en maak haarself lê langs hom met haar kop reg by sy stywe voël en omvou haar hand om sy skag en begin om dit op en af te vryf. ‘n Rukkie later lek sy sy piel op en af en rol haar tong oor sy skag en toe gly haar mond oor sy harde piel. Sy begin hom suig en druk dit dieper in haar mond in, dan weer uit, dan weer diep in. Die ou kreun en steun. Dan lig die ou sy kop op, gryp haar heupe vas en tel dit op en plaas haar onderlyf oor sy lyf. Sy kry die boodskap en sy gaan kniel oor sy gesig en sak af tot haar koekie regoor sy mond is. Nou staan sy handeviervoet oor hom. Met sy hande op haar boude begin hy haar koekie te lek en te suig en sy gaan weer voort om sy piel te suig. Dit is ‘n gekreun en gesteun soos die twee mekaar se seksorgane suig
en lek. ‘n Hele ruk later bereik die meisie ‘n orgasme en die ou volg dadelik en skiet sy semen in haar mond en toe in haar gesig vas en sy lek dit van haar lippe af en die res vee sy met haar vingers af en druk dit dan in haar mond.
Terwyl die hele toneel voor hulle afspeel het hulle hande outomaties onder mekaar se broeke in beweeg. Karlien se hand is om Gawie se stingel en sy middelvinger is tussen haar koekielippe in. Terwyl die pornofliek nog aanspeel kyk hulle met gejaagde asems verbaas na mekaar, maar nie een los wat hulle doen nie.
Karlien is die eerste een wat praat. “Whao! Ek het nie geweet twee kan met orale seks saam kom nie.”
“Wel jy kan nou self sien dit is moontlik. Daardie posisie word die 69-posisie genoem.” Lig hy haar in. Hy is darem nie heeltemal ‘n oningeligte nie.
“Flip, hoeveel seksposisies is daar?” vra sy erg nuuskierig.
“Hel ek weet nie, maklik meer as sestig. Maar daar is baie variasies van ‘n posisie,” lig hy haar nonchalant in.
Die wete dat daar verskeie seksposisies is, gee haar erotiese denke vrye teuels. “Dit klink vir my amper onmoontlik dat ‘n mens op so baie manier kan seks maak,” sê sy met ongeloof, maar is erg nuuskierig om te sien hoe dit moontlik is. Seksueel geprikkel trek sy sy voorvel stadig af en op. Hy is ook nou weer erg lus en volg haar voorbeeld en beweeg sy vinger op en af deur haar nat gleufie.
“Dink jy dit sal ‘n lekker wees om saam met jou maat te kom?” vra sy sag.
“Ek glo dit sal ‘n belewenis wees, maar dit sal nogal konsentrasie en beheer van albei neem om dit so te bewerk dat hulle orgasmes saam val,” gee hy sy opinie. Hy sal dit graag wil beleef. Saam met Karlien. Om saam met haar te kom is een van sy erotiese drome.
Sy loer skaam onderlangs na hom. “Sal jy dit graag wil probeer?” vra sy en hoop hy dink nie sy is orig of seksbehep nie, want sy is nou weer erg lus.
“Ja, ek sal. Dis was nogal frustrerend om jou te stimuleer totdat jy kom en ek moes my lus inhou.” Hy is ook nou weer erg spuls.
“Ek het dieselfde ervaar.” Sy skuif haar bril op haar neus met haar regterhand. Die ander een is nog geklem om sy stywe manlikheid. “Wil jy probeer?” vra sy en kyk hom met afwagting aan.
Weer verras sy hom met haar spontaniteit en waagmoed. Dis duidelik dat sy nie ‘n man in die bed gaan verveel nie. Sy, wat eintlik nog onervare is, is nie bang om dinge te probeer nie.
“Die 69?” vra hy nou erg bronstig.
“Ja. Dit wat hulle, ” sy beduie na die televisieskerm, “nou net gedoen het.”
“Oukei, as jy graag wil,” vra hy ewe kalm om sy entoesiasme te probeer verdoesel.
“Ek wil graag,” sê sy hees en lek oor haar lippe.
Wat het met jou gebeur Karlien? vra sy haarself. Net gister was jy nog ‘n kuis en ‘n rein meisie en nou wil jy met seks eksperimenteer, dink sy by haarself. Maar sy weet nou dat sy die begin van liggaamlike genot ontdek het, wil sy meer hê en haar liggaam skree vir meer.
“Reg dan probeer ons dit, maar ek dink nie dit gaan hier op die bank werk nie,” sê hy met ‘n tikkie opgewondenheid.
Gawie haal haar hand van sy voël af en uit sy broek uit. Staan op, is die gang af en kom terug met sy donkerblou duvet. Op sy instruksies help sy hom om die koffietafel wat in die middel van die mat staan eenkant toe te skuif. Die duvet word op die mat oopgesprei en hy trek ook die kombers en twee strooikussings nader. Dan kry hy die
lugreëlaar se afstandbeheer en stel dit ‘n bietjie warmer. Dit is immers winter en hulle wil nie vries nie. Alhoewel hy dink hulle lywe is so warm vir seks dat ys op hulle sal smelt. Besluitloos staan hulle voor mekaar en dink wat die volgende stap moet wees. Gawie reageer eerste. Sit sy hande op haar skouers, trek haar nader en begin haar te
soen. Haar arms gaan om sy nek. So met die gesoenery gaan hulle albei af op hulle knieë. Hulle soene word al hartstogteliker. Met sy hande trek Gawie haar sweetpaktop se ritssluiter af. Sy laat sak haar arms en hy stoot dit oor haar skouers en haar ferm borsies spring parmantig uit. Sy trek haar arms daar uit en dit val op die vloer. Sy trek sy sweetpaktop se ritssluiter af en hy pluk dit uit sy arms en sy hande is dadelik op haar mooi ferm borsies. Haar hande glip weer om sy nek. Haar tepeltjies staan penorent en met sy duime streel hy liggies oor die verhewe knoppies. Sy kreun. Hy sak af en neem een bors se tepel in sy mond en rol sy tong al om dit. Dan doen hy
dieselfde met die ander een. Haar een hand los sy nek en beweeg af en in sy broek in en haar sagte handjie se vingers krul om sy harde piel. Nou kreun hy. Haar asem jaag en sy kan nie meer wag nie. Sy trek sy broek af. Hy lig hom op en trek dit heeltemal af. Hy help haar om haar broek af te trek. Nie een het meer onderklere aan nie en is
nou naak op hulle knieë.
Sy oë gly oor haar naakte sexy lyf. “Jy is absoluut pragtig, Karlien.”
“Dankie,” kom dit sag van haar.
Hy begin weer om haar tepels te suig. Sy druk hom agteroor op sy rug. Dit is duidelik dat sy nie meer kan wag nie. Hy maak homself op sy rug lê op die duvet en beduie haar om oor sy gesig te kom sit. Sy is ook nie links nie en kom kniel bo-oor sy gesig soos wat die meisie in die pornofliek gedoen het. Hy skuif haar aan haar sexy boudjies reg sodat haar poesie reg oor sy mond is dat hy sy taak ordentlik kan uitvoer.
Hy verwonder hom aan haar mooi roospienk koekie. Haar buitelippe is al geswel. Sy gaan af op haar hande weerskante van sy lyf en leun op haar een elmboog en met die ander hand omsingel sy sy kloppende stingel.
Terwyl hy op sy rug lê en staar na die mooiste boudjies en koekie wat hy nog gesien het sê hy: “Karlien, as ons saam orgasme wil bereik sal ons dit mooi moet beheer. As jy voel jy gaan kom moet jy my sê en as ek nog nie naby is nie sal ek ‘n rukkie ophou om jou te stimuleer. Ek sal dieselfde doen en jou laat weet wanneer jy stadiger met
my moet werk. Dan hoop ons ons sal ‘n stadium bereik wat ons albei reg is en dan sien ons wat gebeur.”
“Oukei,” kom dit bewerig van sy onderlyf se kant af.
Dadelik begin sy haar aanslag op sy piel. Die invalshoek is nou anders as toe sy tussen sy bene gekniel het en hom afgesuig het. Sy lek sy staf op en af en dan al om sy kop. Die deel van sy piel wat die vorige keer onder op haar tong was is nou bo. Eintlik dink sy dit is beter so, want nou kan sy die bokant van sy pielkop lekkerder met haar tong lek. Sy lek sy glans eers net met die punt van haar tong, dan met haar hele tong. As hy kreun as sy dit doen, krul haar tone van lekkerte.
Gawie besef ook dat hy haar koekie nou van ‘n ander hoek benader. Die vorige keer was haar klit bo geleë en kon hy sy tong van onder af deur haar gleufie trek en dan bo eindig by haar klit. Nou is alles omgekeerd. Nou is haar klit onder en haar lippe bo. Maar dit laat hom nie afsit nie. Eintlik prikkel die idee hom eerder. Hy kry een van die
strooikussings in die hande en plaas dit onder sy kop om hom ‘n beter aanvalsposisie te gee. Met sy hande op haar satynsagte boudjies begin sy mond sy werk doen. Haar poesie is sopnat en sy tong glip maklik tussen haar lippe in. Hy trek sy tong eers oor haar klit dan deur haar nat gleufie. Rol sy tong heen en weer teen die wande van haar
binnelippe. Sy kreun maar haal nie haar mond van sy piel af nie. Hy wil sy vingers in haar opdruk, maar hy besef sy is nog ‘n virgin. Sy suig die glanskop van sy piel wat rillings deur sy lyf laat gaan. Wanneer hy sy tong om haar verhewe klit rol sidder sy en druk haar koekie af teen sy mond. Albei se uithou vermoë is nou al beter. Die hele
ervaring is nie meer so oorweldig nuut nie. Karlien het nou sy harde piel in haar mond en sy beweeg dit in en uit haar mond, sy suig hom soos ‘n mens ‘n lollie suig en dit laat Gawie se heupe kort-kort oplig. Die sop loop nou al by Karlien se bobene af en oor sy wange.
Na ‘n ruk, terwyl sy tong al om en om haar klit rol, sê Karlien: “Gawie … ek … is naby.”
Dadelik onttrek hy sy tong en hou op om haar te lek. Sy gaan voort om hom te suig, maar nou het sy haar pas versnel en suig hom met mening. Hy voel sy spiere begin saamtrek en weet sy orgasme is naby en hy begin weer sy aanslag op haar koekie. Sy tong gly oor haar klit, dan deur haar nat gleufie, dan weer oor haar klit en dan weer
tussen haar lippe in. Onder sy hande kan hy voel hoe haar boudspiere saamtrek en haar onderlyf druk harder af teen sy gesig. Hy weet sy is naby en hy ook.
“Is jy reg, Karlien,” kom dit uitasem van hom.
Skaars hoorbaar antwoord sy: “Jaaa … moenie stop nie.”
Sekondes later trek haar lyf in spasmas saam en sy gil ‘n oorwinnings kreet. Dit was genoeg vir Gawie om ook oor die rand te stort. Sy eerste sarsie semen skiet hy in haar mond. Sy het lam op sy maag neergeval en in die proses het sy piel uit haar mond geglip. Die tweede sarsie is oor haar gesig en die volgende een teen haar bors en oor haar tiete. Vir ongeveer twee minute lê hulle uitasem bewegingloos. Sy op hom en hy onder haar. Gawie strek met sy arm en kry die handdoek wat hy op die vloer gelaat het in die hande. Eers vee hy haar koekie-sappe van sy mond af en dan haar binne bene en haar koekie. Hy gee vir haar die ander punt van die handdoek aan. Traag neem sy dit by hom, vee sy komsous van haar gesig af en dan van sy maag af.
Gawie sit sy hande op haar heupe, lig sy regterheup en draai om sodat sy op haar sy gaan lê. Dan onttrek hy sy kop tussen haar bene uit. Draai om en gaan lê op sy linkersy langs haar met hulle gesigte nou na mekaar gekeer. Hy sit sy regter arm om haar, trek haar nader en soen haar oopmond. Hy proe homself in haar mond en sy proe haarself in sy mond. Albei vind dit nogal eroties.
“Ons timing was nie te sleg nie. Wat dink jy?” wil hy gretig haar opinie weet. Hy wil dit so volmaak moontlik gemaak het. Hy wil haar graag ordentlik bevredig.
Sy giggel tevrede. “Ek dink vir ons eerste keer het ons nie te sleg gevaar nie.” “Hoe was dit vir jou?” vra hy gretig om haar opinie te hoor.
Sy giggel effens skaam. “Fantasties. Die orgasme was meer intens as toe ek alleen gekom het. En vir jou?”
“Vir my ook. Dit voel meer bevredigend om saam met jou orgasme te bereik,” gee hy sy gewaarwording.
“Gawie, dink jy seksmaak sal lekkerder en meer intens wees?” Nou het Karlien ‘n groeiende begeerte om te ervaar hoe dit is om te naai.
Hy haal diep asem. “Ek glo só. ‘n Man en vrou se seksorgane is so gemaak dat dit mens op die mees effektiewe wyse stimuleer en plesier.” Hy grynslag. “Is dit nie hoekom mans en vrouens penetrasie verkies bo orale seks nie? Die direkte kontak van hulle geslagsdele.”
“Moontlik sal ons eendag uitvind.”
“Sal jy graag wil uitvind?” vra hy die groot vraag en wag gretig op haar antwoord.
“Ja,” sê sy half aan die slaap. Hy het haar uitgeput.
Hy sien haar oë val toe. “Die vloer is bietjie hard. Kom ons gaan klim in die bed. Ek reken dit sal sagter en gemakliker wees.”
“Oukei,” antwoord sy lomerig.
Gawie staan op met die kombers oor sy skouers. Sit sy een arm agter haar rug in en die ander een onder haar bene in. Hy tel haar in sy arms op. Outomaties gly haar arms om sy nek.
Karlien giggel en sê vermakerig. “Gaan jy nou jou bruid oor die drumpel dra?”
“Ek kan nie dat jy self loop nie, jy is vas aan die slaap en sal nie die kamer haal nie,” sê hy spottend.
Voor haar bed sit hy haar op haar voete neer. Kry die punt van die pienk en ligblou duvet beet en maak die bed oop. Tel haar weer op en sit haar saggies op die koel lakens neer. Klim langs haar in. Gawie kry die duvet in die hande en trek dit oor hulle. Hy soen haar saggies en dan druk hy haar knus teen hom vas.
“Nag mooie Karlien,” sê hy.
“Nag, Gawie,” kom dit saggies van haar. Karlien het nog nooit so geborge en tuis gevoel by ‘n iemand nie. So raak hulle aan die slaap.
(Lees volgende episode HIER)