Groentjies: Proe My
deur Fantasma
(Lees vorige episode HIER)
Gawie loer na sy foon om te sien hoe laat dit is.
“Dit is nou eers negeuur, ons kan nie nou al gaan slaap nie.”
“Ek is ook glad nie vaak nie.”
Karlien se estrogeenvlakke is nog te hoog om te gaan slaap.
“Wil jy iets anders kyk?” vra Gawie, met die hoop dat sy ook eerder iets beters ingedagte het om te doen.
Gawie se wellus wil nie weggaan nie. Al wat hy in sy geestesoog sien is Karlien se naak onderlyf en haar pragtige koekie. Hoe vertel hy haar dat hy graag na haar naakte lyf wil kyk, ja en daaraan vat ook?
Karlien weet haar wellus het nog nie gewyk nie. Elke keer wat sy na Gawie kyk dink sy aan sy groot harde meneer wat sy net ‘n rukkie gelede die voorreg gehad het om te beloer en te bevoel en dan is sy net weer van vooraf jags. Hoe gaan sy vanaand geslaap kry as haar gedagtes die heel aand by hom en sy harde piel gaan wees? Sy kan nie met hom in die huis self van haar wellus ontslae raak nie.
Karlien speel skaam met ‘n haarsliert tussen haar vingers.
“Het …. het jy al na ‘n bloumovie gekyk?” glip haar erotiese gedagtes uit haar mond.
Gawie is heeltemal verras oor haar vraag. Moet hy nou eerlik wees of nie?
“Ek het al na grepe van bloumovies gekyk.” Is hy eerlik en hou sy asem op vir haar reaksie.
Sy pomp hom liggies met die vuis teen sy boarm.
“Jou stoute kabouter.”
Vir ‘n wyle sê sy niks.
“Hoe is dit? Is dit anders as die fliek wat ons nou-nou probeer kyk het?” vra sy erg nuuskierig.
Sy het al gejuk om na porno te kyk, maar elke keer het sy haarself begewe.
“Héélwat anders. Die fliek wat ons na gekyk het wys nie alles en ook nie van naby af nie en die ligte is ook gewoonlik verdoof. Baie word oorgelaat aan jou eie verbeelding. In bloumovies word daar niks aan die verbeelding oorgelaat nie.” Hy grinnik skaam. “Hulle wys die naakte waarheid. Laat niks aan die verbeelding oor nie.”
Sy kyk na hom met ‘n frons op haar gesig. “Hoe meen jy, hulle wys alles?”
“Ja alles. Nabyskote. Asof jyself daar is. Baie van die kameraskote is van naby af. Wat maak dat jy elke detail van die deelnemers se genitalieë kan sien.” Hy grynslag. “Jy kry dus nabyskote van die seksdaad.”
“Flippit!” sê sy verstom, maar nou erg geprikkel om meer te sien. Sy dink aan netnou toe sy Gawie se piel in haar hand gehad het en sy dit van naby af kon bekyk en ‘n warm gevoel begin broei tussen haar bene. Of sy weer so kans gaan kry weet sy nie. Moet sy nou braaf wees? Sy sluk die skaamte wat sy nog oor het. Sy het niks oorgekom toe Gawie haar sponsie beloer het nie.
Hy sien sy wil hom iets vra, maar huiwer. “Hoe lyk dit my jy is nuuskierig om self te sien wat gebeur in bloumovies?”
Karlien rol die haarsliert om haar een vinger en blosend sê sy: “Ek is nogal ‘n bietjie nuuskierig.”
Sy brand om te sien hoe word dit gedoen. Of haar verbeelding en drome naby aan die ware Jakob is.
Hy raak aan haar hand. “Dis oukei, Karlien. Ons almal word een of ander tyd nuuskierig om te sien hoe word dit gedoen. Dit is nou te sê as jy wel ‘n libido het. Wil jy graag sien? Moet ek vir jou ‘n bloumovie wys?” Hy hoop sy stem gee nie sy entoesiasme weg nie. Sy lus wil ook by sy oë uitpeul en hy hoop dit sal ook haar wellus oplig.
Dat sy wel ‘n ordentlike libido het, is geen geheim vir haar nie. Sy moes dit net nog al die jare onderdruk en probeer onder beheer hou. Maar vanaand voel sy lus om te laat gaan en te kyk en te ervaar. Sy knik. “Sal jy? Maar … as jy nie wil nie, is dit oukei.” Probeer sy om nie te gretig te lyk om na een te kyk nie.
“Oukei, dan wys ek jou. Maar moenie my blameer as jy nie daarvan hou en dit afstootlik vind nie. Onthou dit is pornografie. Daar is ligte en harde pornografie.”
“Ek belowe ek sal nie.” Nou kan sy nie wag om na regte pornografie te kyk nie.
Gawie spring opgewonde op. “Ek kry net gou my laptop.”
Hy draf na sy kamer en kom terug met sy skootrekenaar en koppel dit aan dit telivisieskerm. Na ‘n ruk het hy ‘n
pornografiese fliek gevind. Hy hoop die een wat hy gekies het is sagte pornografie. Hy wil nie dat sy sommer van die begin af haar wellus weg skrik nie. Die pornofliek begin speel op die groot televisieskerm.
“Jy moet sê as ek dit moet stop en afsit as dit jou nie welgeval nie, Karlien,” vra hy angstig. Hy wil net sekermaak dat hy haar nie wil dwing om daarna te kyk nie.
Die pornofliek begin draai en die storielyn is maar soos die meeste. Twee ontmoet, gesels, is fisiek en seksueel aangetrokke tot mekaar, of eerder albei is net bloot jags. Nie lank nie en die twee eindig op in ‘n slaapkamer met ‘n koningsgrootebed. Daar word vurig gevry. Klere begin waai. Die man staan met sy rug na die bed. Die vrou maak sy gordel los, dan sy broek se knoop. Ritssluiter af. Uit spring ‘n groot meneer, maar dit is halfmas. Die kamera wys dit van naby af en dit is die grootskerm van die televisie vol. Die vrou begin sy piel te streel en te lek. Later is sy piel stywer en in haar mond en sy suig hom dat die sop spat. ‘n Ruk later trek hy saam en kom in haar mond
en dan laat los sy hom en hy spoeg sy wit slymerige semen oor haar gesig en borste.
Die hele tyd loer Gawie kort-kort na Karlien om haar reaksies te sien. Verbaas is hy dat sy nie wegkyk nie. Haar oë is vasgenael op die skerm. Haar asemhaling het harder en vinniger geword. Hy verstom hom aan haar. Duidelik
is sy gemesmeriseer met wat sy sien.
Toe tel die ou die meisie op en gooi haar op die bed neer. Sy lê op haar rug en sper haar bene oop en die kamera fokus in op haar sopnat koekie. Jy kan elke lip, bultjie en knop van haar poesie sien. Dit is ook vir Karlien insiggewend om ‘n poesie van so naby af te sien. Haar eie kon sy nog net in ‘n spieël bekyk. Die ou gaan kniel voor
haar en trek twee vingers deur die gleuf van haar koekie dan druk hy die twee vingers by haar koekie in. Terwyl hy sy twee vingers in uit haar poesie beweeg, rol hy sy duim om en om haar klit. Sy kreun en lig haar heupe op en af. Dan sak hy af en hy eet daai koekie op. In die nabyskote is sy tong, haar koekielippe en haar opgehewe klitoris
groot en duidelik op die groot telivisieskerm. Terwyl hy twee vingers in haar koek op het lek hy haar groot pienk klitoris. Later gil sy terwyl sy haar onderlyf oplig en haar lyf rukkings kry soos ‘n orgasme deur haar woed.
Op die stadium wil Gawie se onderbroek skeur soos sy harde manlikheid probeer om uit sy onderbroek te ontsnap. Hy het sy hand in sy broek en probeer om dit in toom te hou. Hy glo nie sy piel was al ooit so hard nie. Karlien is rooi in die gesig en sy sukkel om haar lyf stil te hou en besef haar broekie is sopnat en dat die nattigheid al by haar bobene begin afloop. Sonder om eers te dink wat sy doen gaan haar hand by haar sweetpakbroek in sy gryp haar koekie vas.
Amper of sy bang is die ding hol weg. “Gaaa..wie!” sê Karlien met ‘n gejaagde stem.
“Jaaa?” antwoord hy hees.
“Stop die ding!” gil sy hees. As hy nie dit stop nie gaan sy hier voor hom masturbeer tot sy kom.
Gawie stop dadelik die film. Hy is verlig dat sy stop geroep het want hy wou al sy riem begin pluk en dit hier voor die aangesig van ‘n meisie. Uitasem leun albei terug op die bank en probeer hulle asems terug te kry. Hy met ‘n massiewe knop in sy broek en sy met ‘n sopnat broekie. Hulle staar na mekaar in ongeloof. Hier sit ‘n ou en ‘n meisie op ‘n bank en kyk na ‘n bloumovie en albei is nou erg jags, so vol van die wellus dat hulle die bank aan die brand kan steek. Maar hulle raak nie aan mekaar nie. Dis of albei weet dan gaan hulle mekaar bespring.
“Is jy oukei? Moes ek dit al lankal gestop het?” Hy kyk bekommerd na haar, bang sy gaan nooit weer met hom praat of hom in die oë kyk nie.
“Nee.” Sug sy asemrig. “Kan jy nie sien wat dit aan my … ons doen nie? Ons is albei so ja…”
Hy grinnik. “Jags,” voltooi hy wat sy wou sê.
Karlien het nog nooit so jags gevoel nie en dit laat haar al haar inhibisies by die venster uitgooi. Sy lag ondeund en loer na hom. “Wys my?” sê sy en beduie na sy lendene.
“Wys jou wat?” hou hy dom.
Sy giggel ondeund. “Hoe jags jy is.”
Sy haal haar bril af, sit op die koffietafel neer en leun sommer dadelik nader sodat sy mooi kan sien. Hy is ook nie links nie en trek sy broek saam met sy onderbroek af en sy stywe piel spring soos ‘n kobra daar uit. Slegs ‘n paar sentimeters van sy naeltjie af.
“Whao! Gawie,” sy giggel stout, “maar jy is erg jags.”
Hy wil nog vinnig sy broeke op trek, maar Karlien is te vinnig en haar regterhand gryp sy harde manlikheid vas. Hy los sy broeke en keer haar nie. Laat sy maar kyk en voel as sy wil, hy is nou te jags om haar te keer. Hoe kan hy probeer keer in die toestand wat hy nou is.
Vanaand wil Karlien sien of sy ‘n ou kan laat kom, maar dié ou moet Gawie wees. Sy weet hy het ‘n paar maande gelede gehoor toe sy gemasturbeer het. Of hy geloer het, is sy nie seker nie. Terwyl Karlien sy voorvel op en af oor sy skag trek, net soos sy nou in die bloumovie gesien het, sêvra sy hom: “Jy het my die ander dag afgeluister
toe ek myself gedoen het op die bed?”
Sy stem is omtrent weg. “Sorrie, Karlien. Ek kon nie die versoeking weerstaan om te luister nie.”
Die verleë uitdrukking op sy gesig laat haar wonder of hy nie dalk ook geloer het nie?
“Jy het nie dalk ook geloer nie?” Sy was so besig met haarself sy so dit nie eers agtergekom het nie. Sy was in elk geval onder die indruk sy is alleen in die huis.
“Nee!” sê hy, bloos en kyk af.
Nou bloos sy bloedrooi. “Ek dink jy lieg? Jy het by die deur ingeloer, het jy nie?” sêvra sy. Sy ken hom al te lank en weet hy lieg.
Hy trek sy vingers deur sy hare. “Oukei. Ek wou net kom kyk of jy al slaap toe hoor ek hierdie geluide by jou kamer uitkom. Toe moes ek uitvind of jy alleen is … of daar nie ‘n dalk ‘n ou by jou is nie.”
“Haai, sies Gawie! Hoe kon jy so iets van my dink?” vra sy effens gekrenk en gee sy piel so ruk en hy kreun.
“Sorrie, Karlien, maar ek moes seker maak.” Hy grinnik skuldig. “Ek het deur Ella se kamer na die badkamer gegaan en vir jou geloer. Ek kon nie veel sien nie en ek het geloop voor jy ‘n klaar gemaak het.”
“Hoe weet jy ek het ‘n orgasme gehad,” vra sy nou erg geëmbarrasseerd.
“Toe ek by jou deur verby loop het ek jou gille gehoor.”
Alhoewel sy haar wil doodskaam oor wat hy gehoor en gesien het is sy nou erg nuuskierig wat se uitwerking dit op hom gehad het. “Het dit jou jags gemaak, soos die bloumovie nou net gedoen het?” vra sy ondeund.
“Ja, fokken jags. Meer as die movie nou.” Is hy dood eerlik.
Sy trek sy voorvel af en op. Hy kreun. “En toe gaan doen jy dieselfde met jouself as wat ek gedoen het?” Sy vermoed dit is wat gebeur het, maar sy wil seker maak. Dit sal haar verheug as sy weet dat dit sy wellus so opgejaag het dat hy daarvan ontslae moes raak.
“Jaa,” is al wat hy skaam uitkry.
Sy kyk hom direk in die oë. “Het jy al ‘n blowjob gehad?”
“Nee, Karlien. Ek was eerlik toe ek gesê het ek is virgin en nog onervare met die dinge.”
“Sal jy graag een wil hê?” vra sy stout.
Hy wonder hoekom sy hom dit vra? “Seker elke man sal graag een wil ervaar om net te voel of dit wel so lekker is as wat almal sê.”
“Wel nou gaan jy jou eerste ervaar,” sê sy avontuurlustig en knipoog stout vir hom. Sy giggel ondeund. “En dit gaan ook my eerste keer wees wat ek ‘n ou een gee.”
Gawie is nie seker of sy ernstig is en of sy net draaksteek met hom nie. Voor hy nog kan peins daar oor, is sy op haar knieë voor hom. Sit haar hande op sy heupe en begin sy sweetpakbroek saam met sy onderbroek aftrek oor sy knieë en af oor sy enkels en sy gooi dit eenkant. Sy penis staan penorent en klop in afwagting. Hy sit soos ‘n soutpilaar daar, nie seker wat om te verwag nie. ‘n Meisie gaan hom nou afsuig en niemand anders as Karlien nie. Dié preutse een. In sy wildste drome het hy dit nie verwag nie en hy gaan haar nie keer nie. Eintlik kan hy nie wag vir sy eerste blowjob nie. Karlien maak haar gemaklik tussen sy bene. Vou haar regterhand se vingers om sy stokstywe skag. Trek sy voorvel stadig af en op, af en op. Hy kerm. Sy glimlag tevrede. Dan leun sy vorentoe en sit die punt van haar tong teen sy glanskop en lek versigtig daaraan. Eers wil sy seker maak sy sal die smaak daarvan kan hanteer. Sy proe die voorkom wat by die gatjie op sy punt uitlek. Tevrede dat die smaak haar nie afsit nie, begin sy sy staf op en af te lek. Dan lek sy al om sy glans, eers kloksgewys dan antikloksgewys. Kreungeluide kom uit sy keel en sy rug buig agteroor. Hy probeer so hard hy kan om in te hou en nie te gou te kom nie. Hy wil die
sensasies moet nie te gou oor wees nie. Maar dit is moeilik en hy is erg jags en het lanklaas ontlaai. Sy saadstore is vol. Hy maak sy oë oop en is verbaas dat die uitdrukking wat hy op haar gesig gewaar is een van loutere genot. Daar is geen teken van walging of dat sy haarself forseer om dit te doen nie. Hy sal eerder dink sy is in haar element, want sy doen dit met oorgawe. Toe is sy pielkop in haar mond en hy byt amper sy tong af om nie te kom nie. Sy begin hom af te suig. Eers net om die punt. Dan sit sy hom al dieper in tot hy heeltemal in haar mond is. Hy kan haar tong onder aan sy piel en haar verhemelte bo sy piel voel.
Karlien probeer alles doen soos wat sy gesien het wat die meisie in die bloumovie gedoen het. Maar na ‘n ruk dink sy nie meer daaraan nie en haar oeroue instink neem oor en sy doen wat vir haar lekker en natuurlik is en die reaksies wat dit by hom uitlok. En dit wat sy op sy gesig lees en die reaksie van sy lyf, sê genoeg vir haar. Dit wat sy doen behaag hom geweldig.
Gawie besef hy is nou naby aan sy eindpunt, die maksimum van sy terughou.
“Karlien, ek is naby,” kom dit met ‘n hees stem. “As ek jou waarsku ek gaan kom … moet jy my piel uithaal … anders gaan ek in jou mond kom.”
Al wat antwoord wat hy van haar kry is ‘n, “mmm”, wat sy uiter met sy ding nog in haar mond verswelg. Sy gaan verder om sy harde voël te suig of haar lewe daarvan afhang.
Hy voel hoe sy spiere begin saam trek en hy weet sy klimaks is aan die kom. Hy skree vir Karlien. “Ek gaan… kôôô-mm!”
Hy wil sy kloppende piel wat begin saamtrek uit haar mond trek, maar sy hou hom met haar hand stewig in haar mond vas en suig hom nou eers met mening. Sy hande gryp haar hare vas. Hy het geen keuse nie, hy het nie meer beheer nie. Sy lyf trek saam en hy spuit ‘n groot klomp semen teen haar verhemelte vas, en ‘n tweede een. Die kom
is so erg, sy moes sy piel uit haar mond haal om asem te kry anders het sy verstik in sy semen. Sy sluk van die souterige vloeistof. Sy derde skoot is teen haar nek en die vierde een teen haar bors. Die kom loop by haar mond uit en af met haar ken en nek en loop tussen haar ferm borsies af.
Gawie lê toe oë agteroor teen die bank se leuning. Sy bene is lam. Hy kan nie roer nie en sy asem is weg. Nog nooit het hy so orgasme ervaar nie. Nog nooit was dit so lekker nie. Hy maak sy oë oop. Karlien sit nog op haar knieë tussen sy bene en vee haar mond met haar hand af. Verbaas sien hy hoe sy haar vingers af lek. Die meisie het hy totaal onderskat. Sy is glad nie preuts en koud soos wat almal gedink het sy is nie. Sy het haar seksdrange al die jare onderdruk. Hy trek sy T-hemp oor sy kop en gee dit vir haar sodat sy die taai semen van haar gesig en bors kan afvee.
Terwyl sy die semen afvee kyk sy hom ondeund in die oë. “En hoe was dit? Hoe het ek gevaar?” vra sy gretig om te hoor.
“Fokken lekker. Ek het nog nooit so lekker orgasme gehad nie,” moet hy eerlik erken.
“Dit was my eerste keer dat iemand my ‘n blowjob gee, maar ek glo nie iemand kan en sal dit beter as jy kan doen nie. Dankie Karlien, dit was ongelooflik.”
Karlien vee met sy T-Hemp die semen wat oor sy balsak afgeloop het af, buk oor, neem sy piel wat nou al verslap het vas in haar hand en soen sy pielkop. “Dit was ‘n moerse plesier.”
Sy staan op en Gawie sien die nat kol voor haar sweetpakbroek en hy weet sy is erg lus. Hy weet hy sal die gunsie wat sy hom bewys het moet terugbetaal. Karlien sak uitasem langs hom op die bank neer. Haar een hand is op een van haar borsies en die ander een tussen haar bene vasgeknyp. Haar asem jaag. Toe sy haar kon kry is Gawie op sy knieë voor haar en hy begin haar sweetpakbroek af te trek.
“Wat maak jy?” vra sy gemaak verbaas en wend geen poging aan om hom te keer nie, want sy kan nie. Al wil sy. Nog nooit was sy so seksueel opgewek nie. Sy is seker die wellus loop by haar ore uit. Sy moet ook nou bevrediging kry anders gaan sy aan die brandslaan van jagsgeit. Self-masturbasie is nou uit. Sy wil deur ‘n ou geliefkoos word.
“Return a favour,” sê hy met ‘n skelm glimlag op sy gesig.
Karlien giggel net verleë terwyl hy van haar sweetpakbroek en sopnat wit katoenbroekie ontslae raak. Onwillekeurig lig sy haar T-hempie oor haar kop en begin haar tieties streel. Albie is nou heeltemal naak. Gawie staar eers met bewondering na haar pragtige sensuele wit naak lyfie gedrapeer op die swart leerbank. Mooi nek en
skouers, twee ferm borsies wat nou regop vertoon met die donkerpienk tepeltjies wat op aandag staan. Plat magie, haar prominente heup bene van haar slanke lyf en haar verhewe skaamheuweltjie tussen haar bene met fyn haartjies wat deurmekaar staan.
Hy staan op en gaan sit langs haar. Leun oor, sit sy lippe op hare, beweeg sy tong tussen haar lippe in en hulle tonge liefkoos mekaar. Hy proe homself in haar mond. Sy een hand is op haar een borsie terwyl hy haar soen. Dan neem hy sy mond weg van hare en buk af en begin haar ferm borsies te soen. Rol sy tong oor die stywe tepeltjies.
Karlien sug en kreun dit voel vir haar of sy gaan ontplof van lyflike genot. “Gawie … soen my koekie. Asseblief,” smeek sy hom uitasem. Sy kan nie meer wag nie, sy wil nou ervaar hoe voel dit. Sy het baie nagte gedroom dat hy haar daar soen. Gawie gaan kniel voor haar bene. Sit sy hande op haar knieë en maak haar bene wyd oop. Terwyl sy kyk wat hy doen is haar mond droog en sy lek oor haar bolip. Hy skuif tussen haar bene in en sy gesig is reg voor die kern van haar vroulikheid. Met sy een hand se duim streel hy oor haar nat koeklippe. Dan beweeg hy dit in tussen haar pienk binnelippe in. Sy is sopnat. Hy neem die muskus geur van haar koekie in. Hy beweeg sy duim op en af tussen haar binnelippe en elke keer liggies oor haar klit. Elke nou en dan kreun sy.
“Gawie soen my koek!” smeek sy bewerig.
Met sy twee duime sper hy haar buitelippe oop, leun vorentoe en sit sy tong vir die eerste keer in sy lewe in ‘n meisie se koekie, tussen haar binnelippe in. Dit proe heuningsoet vir hom. Hy beweeg sy tong op en af deur haar sloot. Dan soek hy die befaamde klit en hy vind die astrante mannetjie. Hy rol sy tong om en om haar klit. Sy
mond is nou al sopnat van haar sekssappe. Karlien lê agteroor gestrek met haar oë toe. Sy neem die sensasies in wat Gawie veroorsaak by haar kern. Kreun en kermgeluidjies kom uit haar keel en so nou dan ontglip ‘n klein gilletjie. Nog nooit het sy sulke sensasies ervaar nie. Nie geweet dat haar lyf kan sulke sensasies voortbring
nie. Dit is nie lank nie en sy bereik die toppunt van ekstase. Haar lyf krul en haar heupe beur op en sy druk haar poesie teen Gawie se gesig. Hy kyk op na haar. Haar oë is toe en haar mond is half oop. Hy versnel sy liefkosing. Toe ontplof sy en gil snaakse geluide en tussenin Gawie se naam. Haar lyf trek saam en sy knyp sy kop tussen haar bene vas. Hy gee nog so paar lekke oor haar klit en rillings loop deur haar hele lyf. Hy bevry sy kop tussen haar bene en dit lyk of sy flou geword het. Net toe hy wil bekommerd raak, maak sy haar oë oop. Haar pupille is groot en donker.
“Flippit, Dawie!” sê sy met ‘n gejaagde asem.
“Wat is fout?” vra hy besorgd.
“Niks. Dit was flippen ongelooflik! Nooit kon ek droom dat dit so eufories kan wees nie.”
“Ek ook nie.”
Hy kry haar hemp in die hande en vee die lekkersappe van haar koekie af en dit wat op die swart leerbank afgeloop het. Gooi die hemp eenkant op die vloer, staan op en gaan sit langs haar. Hy sit sy arms om haar en trek haar teen hom vas, soen haar en sit sy tong in haar mond en sy proe haarself. Sy is bewus van sy harde manlikheid wat teen haar heup druk. Hy is so wragtig weer reg vir nog, maar sy weet, nou dat sy die verbode vrug geproe het, wil sy ook nog meer hê.
Gawie en Karlien weet dit sal nooit weer dieselfde tussen hulle wees nie. Hoe kan hulle na wat vanaand gebeur het net langs mekaar op ‘n bank sit en vir mekaar kyk asof daar niks tussen hulle gebeur het nie? Hoe kan hulle weer na mekaar kyk sonder om te smag na die lyflike genot wat hulle mekaar kan bied?
(Lees die volgende episode HIER)
2 COMMENTS
Fok ek is nou so jags soos hulle…
“Let the good times ROLL ! “
Nou vir die groooot naai!!!