Groentjies: Wys my joune
deur Fantasma
Die varsity se Julie-vakansie het amptelik begin. Dis Vrydagaand en Gawie en Karlien is alleen in die studentekommune wat hulle deel met drie ander studente. Die ander drie, Ella, Omar en Otto is na hulle onderskeie ouerhuise vir die vakansie. Karlien se ouers toer iewers in Europa en Gawie se ouers kuier by sy broer en gesin in Kanada. Dus moet hulle twee maar die vakansie in Pretoria deurbring.
Hulle het die hele vakansie die huis vir hulleself en sal mekaar moet geselskap hou en vermaak. Gawie, Karlien en Otto is eerstejaars en Omar en Ella is in hulle tweede jaar. Die vyf van hulle is van skooldae af vriende. Omdat dit deesdae nie meer so aangenaam is om in ‘n kampuskoshuis te woon nie het hulle hulle ouers oorreed om in te stem dat hulle vyf saam in dieselfde huis kan woon. Al vyf van hulle het op ‘n plattelandse dorpie in Mpumalanga groot geword. Gawie, Karlien en Omar se ouers se plase is naby mekaar geleë. Hulle het elke dag saam met dieselfde bus skool toe en terug gery. Otto en Ella se ouers bly op die dorp. Otto se pa is die apteker en Ella se ouers het ‘n winkel op die dorp.
Karlien se regte naam is Karolina, maar almal noem haar Karlien. Sy het geen broers of susters nie en is baie streng en konserwatief groot gemaak. Karlien is aan die kort kant, slank en fyn gebou met lang reguit vaalbruin hare wat oor haar skouers hang wat sy nooit los dra nie. Dit word altyd met haarknippies vasgemaak of in een of twee poniesterte met rekkies vas gebind. Mooi heuningbruin oë wat meestal agter ‘n ronde swartraambrilletjie versteek is. ‘n Paar sproetjies is duidelik sigbaar op haar neusie en hoë wangetjies. Haar kleredrag weerspieël ook haar ouers se konserwatiewe invloed op haar. Die sakkerige klere wat sy dra versteek of weerspieël nie die oulike lyfie wat daaragter skuil nie. Op skool is sy as ‘n regte pastoriekoekie beskou. Maar is die mens, die mens wat vasgevang is in Karlien se lyf, wel konserwatief en preuts? As die ander inwoners gesels oor ‘verbode’ onderwerpe wat iets te doen het met ’n verhouding tussen ‘n ou en ‘n meisie en seks, sal sy erg verleë wegkyk en bloos.
Gawie, Gabriel is sy regte naam, het ook konserwatief groot geword. Hy het geen susters nie, sy broer is ‘n jaar ouer as hy en werk al. Gawie is ‘n koplengte langer as Karlien. Hy het donkerbruin hare met mooi blougrys oë. Redelik fris gebou. Hy is immers ‘n boerseun en werk hard op die plaas en het nie ‘n gym nodig om sy spiere te
ontwikkel nie.
Nie Gawie of Karlien stel belang om te date nie. Of eerder albei is te skaam en ingetrokke om te date. Effens bang, want nie een van hulle twee weet hoe om te vry nie. Karlien was nog nooit uit op ‘n date nie, behalwe met haar matriekafskeid. Gawie was twee of drie keer op date, maar dit het nie verder gekom as dit nie. Maar die eintlike rede hoekom albei nie belangstel om te date nie, sal nie een van hulle twee erken nie. Moontlik is hulle onbewus van die rede. Alhoewel hulle mekaar al jare ken en vriende is het hulle eers rêrig bewus van mekaar geraak gedurende hulle puberteitstadium. Daar was net skielik hierdie onverklaarbare aangetrokkenheid tot mekaar en
albei was te skaam en sku om dit te wys.
Gawie is deeglik bewus daarvan dat Karlien ‘n baie sexy lyf agter daardie sakkerige klere wegsteek. Al het hy konserwatief groot geword is hy ‘n warmbloedige jong man. Al dra Karlien altyd ‘n konserwatiewe swart eenstuk-swembroek met ‘n swart kniebroek daaroor as hulle swem, verberg dit nie haar hele sexy lyf nie. In sy geestesoog het hy die dele van haar sexy lyf wat sy wegsteek voltooi en dit het snaakse dinge in hom wakker gemaak. Gawie het gewens sy wil daardie swart kniebroek uittrek dat hy meer te siene kan kry van haar vroulike kurwes. Veral die
gedeelte onder haar naeltjie, die driehoek tussen haar bene en haar boudjies. In die bus het hy altyd vir haar geloer om net ‘n glimp te vang as haar skoolrok ‘n bietjie opskuif. As hy kon het hy gaan kyk as sy netbal speel. Haar netbalrokkie was nie so lank nie en wanneer sy hardloop of spring kon hy ‘n glimp van haar bobene en soms
van haar broekie kry.
Gawie was nie daarvan bewus nie, maar Karlien het ook skelmpies vir hom geloer en sy mooi fris lyf bewonder. Natuurlik het sy ook onsedelike gedagte oor hom gehad en selfs gedroom hoe sy met haar hande oor sy mooi fris lyf streel. Die huis waarin hulle vyf bly het vyf slaapkamers en drie badkamers. Karlien en Ella se kamers is gekoppel met ‘n Jack-en-Jill-badkamer met ‘n skuifdeure aan beide kante. Omar se kamer is die hoofslaapkamer met ‘n en suite badkamer. Die ander twee, Otto en Gawie, deel die ander badkamer.
Natuurlik geld daar sekere reëls in die kommune. Een reël is dat inwoners nie met mekaar mag uitgaan nie en mag dus geen verhouding hê nie. As twee wel betrokke raak, moet albei of ten minste een ‘n ander woonplek vind. Geen inwoner mag ook toelaat dat ‘n vriend of vriendin oorslaap nie. As daar oorgeslaap word, word dit by die persoon se vriend of vriendin se blyplek gedoen. Enige koïtale aktiwiteite word streng verbied in die huis.
Dit is die eerste Vrydagaand van die vakansie en Gawie en Karlien is besig om ‘n fliek te kyk om die eerste aand van die vakansie om te kry. Beide gaan stort eers en trek gemaklik aan. Karlien het ‘n gewone wit katoenbroekie aangetrek nadat sy gestort het, maar was nie lus om ‘n bra aan te trek nie. Sy voel waaghalsig vanaand. Hoekom
weet sy nie. Sy het ‘n wit T-hemp oor haar kop getrek en ‘n swart sweetpakbroek en baadjie aangetrek. Gawie het ‘n blou skants-onderbroek, ‘n blou T-hemp en ‘n donkerblou sweetpakbroek en baadjie aan. Karlien het springmielies gemaak en Gawie het gesorg vir ‘n lekker Muskadel vir innerlike warmte. Dit is die middel van die
winter en die aande in Pretoria kan maar koud word die tyd van die jaar. Gelukkig het die huis lugreëlaars en dit verhit die vertrek net genoeg om die ergste winter koue te verdryf. Hulle sit langs mekaar onder ‘n kombers op ‘n swart twee-sitplek leerrusbank in die woonkamer. Dit is niks ongewoon vir hulle twee om onder dieselfde kombers te sit en televisie te kyk nie. Wat wel anders is, is dat hulle twee alleen is in die huis en dit vir drie weke tot die varsity se klasse weer begin. Daar is geen kans dat een van die ander inwoners by die voordeur sal inbars nie.
Gewoonlik is hulle twee Vrydag- en Saterdagaande alleen in die huis as die ander drie iewers rinkink en ‘n warm lyf opsoek en dan oorslaap. Behalwe Otto, hy is ‘n naai-en-waai ou. Hy slaap nooit oor nie. Sy rede is dat vroumense romanse verwag as jy oorslaap. Ook bring hy nooit ‘n meisie na hulle huis toe nie. Hy wil nie geteister word deur ‘n meisie wat moontlik verlief op hom raak nie. Hy stel glad nie belang in romanse of enige vaste verhouding nie.
Die fliek wat hulle gekies het, het ‘n 18plus ouderdomsbeperking, met naaktheid en seks, en ‘n waarskuwing van eksplisiete tonele. Normaalweg sal Gawie en die ander inwoners nie die tipe flieks kyk as Karlien by is nie. Hulle wil haar nie in die verleentheid bring omdat sy konserwatief en preuts voorkom nie. Maar Gawie het ‘n gevoel dat daar wel iets sensueel en eroties in haar skuil. Dit moet net nog ontwaak. Hy het haar nogal maklik oorreed om die fliek te kyk. Moontlik het sy ingestem omdat die ander nie tuis is nie. Daar is wel ‘n rede hoekom hy vermoed, of weet dat sy nie so preuts is as wat sy voorgee nie.
***
Een Vrydagaand het Gawie saam met ‘n paar van sy klasmaats biljart gaan speel. Maar hy kon net nie op die spel konsentreer nie. Sy gedagtes was net by Karlien. Wat maak sy met haarself so alleen by die huis? Is sy veilig? Maar die eintlike rede is dat hy by haar wou wees. Hy stel nie belang in ander meisies nie. Hy gebruik ‘n ouvrou-
verskoning. Hy het ‘n moerse kopseer en verskoon homself. Hy gaan ‘n pil of twee drink en dan op die bed lê en hoop dit gaan weg. Gawie het so sag moontlik by die huis ingeglip. Hy wou vir Karlien verras. Maar sy was nie in die woonkamer of kombuis nie. Moontlik slaap sy. Op sy tone sluip hy toe die gang af. Karlien se kamerdeur was toe, maar die lig wat onderdeur die deur geskyn het toon dat sy moontlik nog wakker is. Net toe hy saggies teen die deur wou klop om te hoor of sy nog wakker is, hoor hy snaakse kreun en kermgeluidjies wat uit haar kamer kom. Hy is skoon verstom oor wat hy hoor. Het sy ‘n ou skelm in haar kamer ingesmokkel? wonder hy geskok. Is sy dalk besig om haarself te liefkoos? Hy staan ‘n rukkie en luister na die erotiese geluide terwyl sy manlikheid teen sy broek stu en baklei om uit te kom. Stoute gedagtes spoel dadelik sy brein vol. Hy wou graag sien wat sy doen.
Eers wou hy die deur oop maak, maar hy bedink homself. Hy weet ‘n badkamer verbind haar en Ella se kamers en Ella is nie daar nie. Stilletjies sluip hy om na die aangrensende kamer, Ella se kamer. Gelukkig was die deur nie gesluit nie. Op sy tone het hy Ella se kamer binne gesluip. Gelukkig was die badkamerdeur aan Ella se kant
oop. So versigtig en stil moontlik sluip hy die badkamer in en probeer om nie in iets vas te loop of iets om te stamp nie. Gelukkig was dit ‘n helder maanskynaand wat genoeg lig voorsien het. Die badkamerdeur aan Karlien se kant was ook ‘n entjie oop. Hy posisioneer homself so in die badkamer dat hy in haar kamer kon inloer. Wat hy gade geslaan het, het sy asem weggeslaan. Dadelik het daar ‘n geweldige horing in sy broek opgestoot. Karlien het naak op haar rug op die bed gelê met haar bene oopgevlek. Haar een hand was op haar een borsie besig om dit te streel en die tepel te masseer. Sy het die mooiste ferm borsies wat hy nog gesien het. Oukei, hy het nog nooit regte vroue tiete gesien nie. Behalwe op sy skootrekenaar natuurlik. Hy kon nie baie mooi sien nie, maar dit was duidelik dat haar ander hand besig was om haar koekie te streel en dan hoër-op naby nader aan haar skaamheuwel toe. Hy het
aangeneem dit is waar haar klitoris geleë is. Sy het gekreun en gesteun en haar asem het gejaag en haar koekie al vinniger bewerk. Die geluide wat uit haar keel ontsnap het in intensiteit verhoog. Haar hele lyf het gekrul en haar heupe het op en af beweeg.
Gawie was self naby aan ‘n klimaks. As sy sou agterkom of uitvind hy het haar gehoor en gesien masturbeer sal sy hom nooit weer in die oë kan kyk of met hom praat nie. Sy gaan erg verleë en geëmbarrasseerd wees en dit wil hy nie hê nie. Met wie gaan hy gesels en grappies maak? Wie gaan hy terg? Maar dit was nie die hoofrede nie, hy
het aangetrokke tot haar geraak. Stil sluip hy terug na die gang en toe hy verby haar kamerdeur op sy tone loop kon hy hoor hoe sy van ekstase gil, natuurlik was sy toe besig om ‘n orgasme te bereik. Vinnig was hy sy kamer in, ruk sy broek af en sy piel was so hard dat dit net sentimeters van sy maag af was. Gawie was so opgewek hy moes eers ontslae raak van sy wellus en die harde ding in sy broek. Met die aanskoue van Karlien wat haarself vinger, die eerste keer wat hy ‘n meisie dit sien doen, ‘n lewendige skou, al was dit kort. Natuurlik uitgesluit die porno wat hy so nou en dan op sy skootrekenaar kyk. Dit het die oeroue drang van wellus in hom opgebou dat hy ontlading daarvoor moes kry. Hy was so opgewerk dat hy vinnig met ‘n stortvloed gekom het. Hy het die badkamer vol gespoeg. Strepe van sy wit semen was teen die toilet en op die vloer. Hy het gehoor toe stortkrane oopgaan en geweet Karlien spoel nou al haar lekkerkry nektare af. Vinnig het hy sy lekkerkry-stroop afgevee waar hy gemors het.
Hy was gou woonkamer toe, daar rond gestaan om alles wat hy gesien en gehoor het te verwerk. Sy gevolgtrekking was dat Karlien ‘n warmbloedige meisie is net soos enige ander volbloed dame van haar ouderdom. ‘n Ruk later het sy die kombuis ingeloop gekom terwyl hy besig was om koffie te maak. Sy het geskrik toe sy hom sien en haar oë was groot.
“Jy is gou terug,” het sy angstig gesê.
“Ja, ek het ‘n hoofpyn ontwikkel en teruggekom,” het hy gelieg en afgekyk op die bekers op die kombuisblad. Hy kon haar nie in die oë kyk nie, want dan sou sy gesien het hy jok.
“Hoe lank is jy al terug,” het sy fronsend gevra.
“Nie lank nie. Jy het gestort toe ek ingekom het.” Het hy verder gelieg.
“O”, het sy verleë gesê, maar was nie seker of sy hom kon glo nie. Hoekom kon hy haar nie in die oë kyk nie. Hulle twee kyk mekaar gewoonlik in die oë en is nie skaam vir mekaar nie.
***
Terwyl Gawie en Karlien langs mekaar onder dieselfde kombers op die leerrusbank sit kan hy nie anders as om terug te dink aan daardie aand toe hy haar op die bed gesien masturbeer het nie. Dit laat sommer klaar sy meneer bietjie verstyf. Die fliek begin draai en hulle oë is op die televisieskerm gerig, maar albei is bewus van die ander een se warm liggaam langsaan. Dit is nou al lank wat hulle hierdie begeerte na mekaar onderdruk. Na ‘n ruk val die twee hoofkarakters in mekaar se arms en hulle lippe ontmoet en begin mekaar vurig soen. Die kamera fokus in na hulle monde toe en duidelik kan gesien word hoe hulle tonge in mekaar se monde inglip en daar vurig gesoen word. Gawie loer na Karlien en sy loer onderlangs na hom terwyl haar tong onbewustelik oor haar bolip gly. Dis baie sensueel vir hom en hy kan nie sy oë van haar lippe af hou nie.
Karlien skuif ongemaklik rond op die bank, kyk na Gawie en vra: “Gawie, het jy al ‘n meisie so gesoen?”
“Hoe bedoel jy?” Hy is nie seker wat sy as ‘so soen’ klassifiseer nie.
“Soos hulle dit daar doen, met hulle tonge?” vra sy en beduie na die televisieskerm.
Gawie wonder wat hy nou moet antwoord. Hyself is ook maar ‘n leek as dit by soen kom. Die enigste meisie wat hom met die tong gesoen het was Yvonne. Hy stop die fliek.
“Ja Karlien, maar om eerlik met jou te wees het ek nie veel ondervinding van soen nie. Onthou jy ek het so twee maande gelede ‘n date met Yvonne gehad. Die een wat Omar vir my gereël het. Dit blyk toe dat sy warmbloedig is en seker die rede hoekom Omar gedink het sy is net regte meisie om hierdie bleeksiel te help om aan die vry te
kom.” Hy sug. “Na fliek nooi sy my om by haar koffie te gaan drink. Skaars daar begin sy my vry. Eindelik probeer sy my vry.”
Hy bloos effens.
“Nou ek is nog nie veel geskool in die vryery-storie nie. Sy soen my en haar tong is oral oor my lippe, maar ek
weet nie van die tong soenery nie. Ek dink hulle noem dit ‘n ‘French kiss’. Toe sy sien ek weet nie van die tong-in-die-mond ding nie, lag sy vir my. Natuurlik het ek erg verleë gevoel. Maar sy leer my toe hoe om met die tong te soen.”
“Hoe was dit? Het jy daarvan gehou?” vra Karlien nou erg nuuskierig.
“Ja, ek het nogal daarvan gehou,” lag hy verleë. “Maar sy wou die gevryery verder voer en ek was nog nie gereed daarvoor nie.”
“Hoekom nie? Is dit nie enige man se droom om ‘n vroumens te vry en met haar seks te maak nie?” vra sy.
Gawie vryf skaam oor sy oorlel. “Jinne, Karlien. Ek weet nie eers van die gevryery gedoente nie, want nog van seks. Ek is en was skaam. Ek weet dan nie eers hoe om ‘n vroumens te soen nie, wat nog van die ander goed.” Hy vryf oor sy nek. “Ek is nog ‘n virgin, as jy dit nie weet nie.”
Sy sit haar hand saggies op sy arm. “Ek is ook nog ‘n virgin. Gawie.” Sy giggel. “Ons twee is seker nog die enigste twee ‘virgins’ op die kampus.”
Gawie grinnik vermakerig. “En dan eindig ons twee nog op in dieselfde huis ook.”
Karlien doen iets wat hy glad nie verwag het nie. Sy sit haar handpalm saggies teen sy wang. “Dink net hoe alleen sou ek gewees het as jy nie ‘n virgin was nie en jy ook rond gejol het soos die ander drie.”
“En as jy nie nog ‘n virgin was nie, sou ek alleen gewees het.”
Karlien kyk na hom met ‘n ondeunde kyk in haar oë. “Leer my om te soen, om te French kiss?” Sy het al lank ‘n begeerte dat hy haar moet soen.
“Is jy ernstig?” vra hy verbaas. Dit is nou al maande wat hy haar wil soen, maar sy onkunde en die vrees dat sy hom dan gaan vermy en bang vir hom gaan word, het gekeer dat hy dit doen.
Sy kyk af en skaam sê sy: “Ja, ek wil weet hoe dit voel.”
“Oukei. Ek sal probeer. Onthou net ek is ook nog ‘n groentjie hiermee.”
Sy knik net haar kop, skuif regop op die bank en draai haar lyf afwagtend na hom toe.
Senuweeagtig skuif Gawie homself ook in posisie op die bank.
“Is jy reg?” vra hy effens kortasem.
“Jip,” sê sy effens opgewonde. Sy voel hoe haar hart vinniger klop.
Hy leun oor en sy leun ook nader. Hulle mik-mik vir mekaar se lippe. Saggies raak hulle lippe vir die eerste keer. Gawie roer sy lippe en druk dit stywer teen hare, maar dit lok geen reaksie by haar uit nie. Haar lippe is te gespanne. “Ontspan jou lippe, Karlien,” sê hy.
Sy reageer dadelik en hy voel hoe haar lippe ontspan en versag. Hy maak sy mond effens oop oor haar lippe en soen dit veersag. Haar mond beweeg effens oop. Hy trek sy tong in kring bewegings oor haar lippe. Haar mond gaan meer oop en haar tong kom skamerig uit en ontmoet syne. Hulle tonge proe-proe mekaar. Hulle tonge se
punte speel liggies saam. Stadig beweeg hy sy tong in haar mond in en speel met hare. Sy volg sy voorbeeld. Gawie se hande is op haar skouers en hy trek haar nader. Onbewustelik gly Karlien se hande om sy nek en die soene verdiep. Die soenery tel momentum op en hulle kom agter hoe dit werk. Hulle verorber mekaar se monde en
hulle tonge dans saam. Opgekropte honger soek vervulling. Kort-kort kreun een van hulle en nie een wil ophou nie. Gawie word bewus van ‘n massiewe ereksie in sy broek. Hy wonder of sy onderbroek se rek dit sal kan hou. Haar een hand beweeg onwillekeurig onder sy hemp in en streel oor sy maag en bors. Sy een hand volg haar
voorbeeld en beweeg onder haar sweetpaktop en hempie in. Toe dit op beweeg en dit by haar borsies kom snak hulle albei na hulle asems. Sy het nie ‘n bra aan nie. Eers streel hy net die rondings van haar ferm borsies. Toe kan hy die versoeking nie meer langer hou nie en sy hand streel oor haar tepel wat al regop begin staan het en met
elke streel wat hy daaroor gaan word dit al harder. Hy versit sy hand na haar ander borsie en liefkoos dit. Dit is die eerste keer dat ‘n man se hand op een van Karlien se borsies kom en ook die eerste keer dat Gawie sy hand op die naak bors van ‘n vrou beland. Karlien geniet dit en ‘n warm gevoel kom sit onder haar naeltjie. Gawie se
manlikheid word nog harder. Albei is erg meegevoer in hulle liefkosing. Duidelik het albei uitgesien om mekaar te soen en wat daarop volg. Maar as hy dit nie nou stop nie gaan dit nie by soen bly nie en hy wil nie Karlien se vertroue in hom verbreek nie. Ook wil hy nie misbruik maak van haar kuisheid nie. Gawie trek terug en haal sy hande onder haar hempie uit.
Karlien uiter ‘n teleurgestelde kreun en haal haar hand ook onder sy hemp uit en die ander een van sy nek af. Blosend staar sy hom aan skielik bewus wat sy so pas gebeur het. Dit was nie net ‘n oefen soentjie nie. Dit was ‘n passievolle soen. Wat gaan Gawie nou van haar dink? Tog moet sy erken dat sy dit erg geniet het, maar nog
meer het dit drange en begeertes in haar wakker gemaak wat sy sover nog kon beheer en intoom gehou het. Het dit iets met Gawie te doen of sal enige ander ou dieselfde reaksies by haar uitlok? wonder sy.
Gawie is net so geskok wat so pas plaasgevind het. Gaan Karlien nou versigtig vir hom wees? wonder hy. Maar wat hy in haar oë sien is dieselfde skok en verwondering. Wat het so pas tussen hulle gebeur? Dit was nie net ‘n demonstrasie soen nie. As hulle eerste soen so passievol is, hoe gaan soene na hierdie een wees. Dis te sê as daar wel nog gaan wees. Maar hy wil haar weer soen en sy het dieselfde begeerte.
Hy breek die ongemaklike stilte tussen hulle. “En … hoe was die soen?”
Hy noem niks van die res van die liefkosing wat spontaan tussen hulle ontstaan het nie.
Karlien weet nie wat om hom te antwoord nie. “Oukei.” Sy sien hoe hy frons en besluit om eerlik te wees. Hulle twee was nog altyd eerlik met mekaar. “Ja oukei, dit was nogal lekker gewees.”
“Net lekker ….. is dit al?”
“Nou hoe was dit vir jou, ou Brawie?”
“Dit was maar die tweede keer wat ek ‘n meisie so soen en ek kan met eerlikheid sê, honderdmaal lekkerder as die eerste een.”
Dit laat haar goed voel. “Dit was my eerste soen en as ek eerlik moet wees was dit baie lekkerder as wat gedink het dit sal wees.”
Gawie grinnik. “Dan kan ons met genoeë sê ons eerste soen was ‘n sukses.”
Hulle albei lag verlig, maar met ‘n innerlike begeerte om dit weer te ervaar.
Dawie leun voldaan terug met sy rug teen die bank. “Sal ons die fliek verder kyk.”
Sy knik net. Gawie druk ‘n knoppie op die afstandbeheer en die film begin weer draai en die twee karakters neem hulle liefkosing verder. Karlien en Gawie probeer om nie aan mekaar te raak nie, maar die hitte wat hulle liggame uitstraal kan die ander een aanvoel. Die man en vrou in die film se kledingstukke begin een vir een waai en na ‘n
ruk is albei naak. Hulle staan voor ‘n bed. Die vrou staan voor die man en haar hande gly oor die man se maag en dan laer af. Sy vroetel met sy broek. Die man kreun en dit vat nie veel verbeelding om te besef dat sy sy stingel beet het nie. Toe sak sy af en haar kop is tussen sy bene. Die man kreun en steun en sy kop val agteroor en sy hande gryp die vrou se kop vas. ‘n Rukkie later tel die man haar op, gooi haar op die bed neer en sy kop beland tussen haar bene. Die kamera fokus in op haar gesig wat vol ekstase is. Dan is die man bo-oor haar. Hulle soen terwyl hulle hande mekaar se lywe ondersoek. Die man se hande knie haar borste en dan is sy mond op haar borste
en sy onderlyf beweeg vorentoe en agter toe en die vrou uiter kermgeluidjies. Dan is hy onder haar en sy op haar knieë oor sy onderlyf en sy begin hom soos ‘n perd te ry terwyl haar borste heen en weer swaai en sy hand is op haar heupe. Onbewustelik het Gawie en Karlien nader aan mekaar beweeg en waar hulle heupe en bobene teen
mekaar raak, brand dit die ander een se vel deur die materiaal van hulle klere.
Op dieselfde oomblik loer hulle na mekaar. Karlien bloos maar kyk nie weg nie. Vir ‘n wyle staar hulle na mekaar. Albei se harte klop vinniger en albei se kele is droog. Gawie het ‘n geweldige knop voor in sy broek en Karlien se broekie is klam tussen haar bene.
Toe vra Karlien vir Gawie iets wat hy nooit verwag het nie. “Maak tonele so hierdie jou jags?” vra sy met ‘n hees stemmetjie. Sy wil graag weet of dit wel op hom ‘n effek het, want dit maak haar warm en lus. “En wees nou eerlik.”
Hy vryf effens verleë oor sy neus en sê bewerig. “Ja, nogal.”
Sy wonder of hy regtig eerlik is. Dalk kan hy in haar gesig en stem merk dat dit haar jags maak en hy wil nie dat sy sleg moet voel nie. “Is jy dood eerlik?”
“Ja, Karlien.” Gawie grinnik ondeund. “As jy my nie glo nie kan jy kom sekermaak?”
Hy het nie verwag dat sy wel tot die stap sal gaan om seker te maak dat hy wel die waarheid praat nie. Maar sy verras hom, want sy is nuuskierig en wil meer weet en uitvind oor die sinlike begeertes wat in haar woed. “Oukei, laat ek sekermaak.” Sy haal haar swartraambril af en sit dit op die koffietafeltjie neer en dan leun sy oor na sy kant toe. “Wys my?”
Gawie is vanaand stom geslaan oor Karlien se waagmoed. Dit is asof sy haar preutsgeit iewers verloor het. Hy lig sy sweetpakbroek op sodat sy sy harde manlikheid kan sien wat onder sy onderbroek wil uitklim.
“Kyk daar,” Maar maak dit net so vinnig weer toe.
“Nee, jy kroek, jy het so vinnig toegemaak ek kon niks sien nie,” maak sy heftig beswaar.
Die keer lig Gawie sy broek stadiger op en hou dit daar sodat sy ordentlik kan kyk. Sy verras Gawie uit sy sokkies uit toe sy haar hand vinnig uitsteek en dit op sy pieleman sit en dit met haar vingers vasklem. Hy snak na sy asem. Amper kom hy.
“Whao! Nie geweet dit kan so hard word nie,” sê sy verbaas.
Gawie haal diep asem. “Dit is nie altyd so hard nie.”
Sy giggel. “Net wanneer jy jags is.”
“Uhm, ja.” Hy sug. “En jy?”
“Wat van my?” hou sy haar dom.
“Maak dit jou ook jags?”
“Uhm,” antwoord sy skaam.
“Mag ek ook soos jy voel of dit waar is?” vra hy effens hees.
“Oukei, dit is seker fair,” sê sy effens skaam en lig haar sweetpakbroek op.
Gawie leun oor na haar kant toe en sit sy hand stadig onder haar sweetpakbroek in en versigtig sit hy dit tussen haar bene bo-op haar broekie. Sy trek haar asem met ‘n diep teug in. Haar broekie is klam onder sy vingers. Die versoeking is net te groot en hy druk sy vingers afwaarts op haar broekie bo haar koekie. ‘n Snaakse kreungeluidjie
glip uit haar keel en hy neem dadelik sy hand weg en onder haar broek uit. Albei se asemhalings is merkbaar vinniger. Asof hulle vinnig ‘n paar trappe op gehardloop het. Hulle voel soos twee laerskool kinders wat die eerste keer een van die teenoorgestelde geslag se geslagsdeel gesien het.
Karlien neem ‘n brawe besluit. Hulle twee het nou hulle hand op mekaar se geslagsdeel gehad en sy brand van nuuskierigheid om ‘n man se penis van nader te beskou. Sy het nog nooit een in lewende lywe gesien nie. Slegs skelm op foto’s gesien. “Gawie kan ek jou iets vra? Maar as jy nie geneë daarmee is nie dan sal ek verstaan.” Die kans dat hulle twee weer vir ‘n paar dae alleen in die huis sal wees is skraal. Dus weet sy nie wanneer sy weer so ‘n geleentheid gaan hê nie en die enigste ou by wie sy die moed sal hê om dit te vra is by Gawie.
“Wat is dit wat jy my wil vra? Jy weet jy kan my enigiets vra?” onbewus wat sy wil vra.
Karlien plaas albei haar hande skamerig op haar gesig. “Sal jy my jou penis wys? Ek wil graag sien hoe lyk een van naby?”
“Jy wil wát!?” vra hy uit die veld geslaan. Wat het van preutse Karlien geword.
Karlien loer onderdeur haar hande. “Jy het reg gehoor.”
“Jy wil na my piel kyk?” Hy lag uitgelate. “Karlien wil sien hoe lyk ‘n man se piel?”
Karlien bloos tot in haar nek. “Ag los dit. Jy hoef nie,” sê sy effens vies.
“Oukei, op voorwaarde dat ek jou koekie van nader mag beskou.”
“Dit is seker reg so,” moet sy skaam instem.
“Oukei, en jy chicken nie uit nie?” maak hy seker sy gaan haar deel van die ooreenkoms nakom. Hy glimlag vermakerig. Dit laat hom dink aan toe hulle kinders was en dan vir mekaar gesê het: ‘Wys my joune dan wys ek jou myne.’
Sy skud haar kop. “Nee, ek belowe ek sal nie.”
Gawie is ook nie links nie, gooi die kombers van sy bene af en trek sy broek en onderbroek met een beweging af tot op sy knieë. “Daarso, kyk jou kyk,” sê hy braaf.
Die hele ding het hom so opgewek dat sy piel so styf is dat dit amper teen sy maag druk.
Karlien laat ook nie op haar wag nie, sit weer haar bril op die koffietafel neer en gooi die kombers van haar af en leun oor. Sy betrag sy stywe piel aandagtig. “Whao! Dit is nogal groot en dik. En so hard.” Kom dit verbaas van haar.
Gawie het verwag sy gaan net kyk, maar haar hand reik uit en met haar duim en wysvinger vat sy aan sy piel en lig dit effens op. Natuurlik lok dit ‘n reaksie uit op Gawie se piel en dit gee ‘n klopbeweging. Met ‘n gilletjie los sy dit en dit skiet terug en tref sy maag. Sy is erg verleë omdat sy skrik vir ‘n harde stuk vleis. Of is dit ‘n spier. Gawie lag lekker en dit laat sy piel op en af wip. “Dit sal jou nie pik nie.”
Hy verwag sy sal nie weer aan dit wil vat nie. Maar Karlien staan op. Gaan kniel voor hom, en sonder om te huiwer trek sy broek en onderbroek af tot op sy enkels. Beweeg tussen sy bene in en kry sy stywe ding aan sy skag beet en kom nader met haar gesig en beloer sy skag en die glanspunt van alle kante af. Beweeg sy piel vorentoe, agtertoe en heen en weer soos ‘n vliegtuig se stuurstang. Dan trek sy die voorvel versigtig terug en dit is duidelik op haar gesig dat dit haar fassineer en sy trek dit terug tot dit nie meer kan nie. Terwyl sy dit dophou trek sy die voorvel weer stadig terug. Sy piel gee weer so hop, maar die keer hou sy dit stewig vas tussen haar vingers. Dit is erg eroties vir Gawie en hy moet op sy tande byt om nie te ejakuleer nie. Dis duidelik dat sy van die geleentheid gebruik maak om ‘n penis ordentlik te bestudeer. Sy het haar een hand om sy skag terwyl die ander een sy balsak bevoel en oplig. Om aan ‘n man se piel te vat is erg eroties vir haar. Sy skag met die are wat uitbult en die
perserige gladde kop voor aan die punt. Sy wonder hoe dit sal voel as dit binne in haar is. Daar waar nog geen piel was nie. Sal haar vagina dit kan akkommodeer?
Karlien is bewus van die nattigheid wat uit haar koekie loop en haar broekie al natter maak. Na ‘n lang ruk los sy sy ding, staan op en gaan sit weer uitasem op die bank. Die manier wat sy asemhaal en wat haar borste op en af beweeg weet hy dat sy dit ook eroties gevind het. Hy buk en trek sy onderbroeke op oor sy stywe piel en sy broek oor sy boude. Terwyl hy dit doen hou Karlien hom aandagtig dop en onbewustelik lek sy oor haar lippe.
Karlien neem ‘n asemteug in. “Dankie, Gawie.” Sy sug. “Nou is dit jou beurt,” sê sy skaam.
Gawie gaan staan voor haar en grinnik. “Ek is reg om my ondersoek te doen, dame.”
Hy lag bewerig. “Ons is soos twee kinders wat dokter-dokter speel.”
Sy kyk op na hom en lag verleë. “As die ander gaan hoor wat ons nou doen gaan hulle hulle doodlag.”
“Dit maak nie nou saak nie, jy moet nog jou deel van die ooreenkoms nakom.”
“Moet ek regtig?” sy bloos en kyk af.
Sy is te skaam om hom in die oë te kyk. Maar sy weet sy het skaamteloos nou net sy genitalieë bestudeer. Sy trek haar sweetpakbroek af tot op haar knieë.
Gawie staar na haar wit katoenbroekie met ‘n duidelik nat kol voor. Vir ‘n oomblik huiwer sy, dan lig sy haar boude op en trek haar wit broekie af en dan saam met haar broek oor haar knieë en dit val op haar enkels. Onwillekeurig gaan beide haar hande na haar koekie en probeer dit agter haar hande verberg. Sy kan voel hoe die bloos oor haar gesig en nek versprei. Sy leun agteroor en maak haar oë toe, te skaam om te sien hoe hy haar koekie bestudeer.
Gawie gaan kniel tussen haar bene en vat haar hande wat oor haar koekie gevou is stadig weg en sit dit langs haar heupe neer. Dan is sy volle aandag voor hom. Hy staar na haar verhewe skaamheuweltjie en die koekie daaronder. Vir die eerste keer in sy lewe sien hy ‘n volwasse vrou se koek, Karlien se poesie. Dit is nie skoon geskeer soos die meeste wat hy al op die internet gesien het nie. Daar is fyn bruin haartjies van haar skaamheuwel af en rondom haar koekie. Tussen die fyn koekhaartjies is haar koekspleet en dit blink met die nattigheid van haar koekie se
nektar. Duidelik het die sessie met sy piel se ondersoek haar lus opgewek. Hy druk haar bene verder uitmekaar sodat hy ‘n beter uitsig kan kry. Vee met sy hand saggies oor haar koekhaartjies. Met albei hande se vingers stoot hy haar koekhaartjies weg sodat hy ‘n mooi blik op haar skaamlippe het. Haar buitelippe is donkerpienk en haar
ligpienk binnelippe wat in die gleuf tussen die twee buitelippe is, steek hulle hande uit om uit die skeur te klim. Met sy regterhand se duim streel hy oor haar labia. Dan sit hy sy hande weerskante van haar koekie se opening en met sy duime trek haar uiterlike donkerpienk lippe weg van mekaar. Karlien kreun. Haar ligpienk binnelippe maak oop soos ‘n vlinder se vlerke. Dan merk hy haar klit wat aan die bokant die opening van haar koekie sy kop astrant tussen die pienk lippe begin uitsteek. Hy beweeg sy een duim op en streel liggies oor haar klit.
Karlien snak na haar asem. “Gaaa..wie!” sê sy effens geskok oor die sensasie wat dit veroorsaak het.
Sy lig haar kop en maak haar oë oop om te sien wat hy doen. Die uitdrukking op sy gesig is een van verwondering en ook bewondering en dit bring ‘n tevrede glimlag op haar gesig. Gawie hou van wat hy sien, hy bewonder haar koekie. Sy weet as hy nou gaan besluit om haar daar te liefkoos sal sy hom nie kan keer nie, want haar lus is nou onbeheerbaar hoog. Daar is ‘n geweldige begeerte by haar om hom binne haar te voel, maar dan sal sy haar reinheid moet prysgee en of sy nou al gereed is daarvoor is sy nie seker nie.
Gawie raak braaf en trek sy duim deur haar sopnat sloot en ‘n kermgeluidjie ontsnap haar keel. Hy los wat hy doen en staan op. Hy weet as hy nie nou gaan ophou nie gaan hy haar verder begin vinger en gaan sy en hy moontlik albei ‘n orgasme bereik. Karlien maak haar oë oop en kyk vas in die geweldige knop in sy broek. Hy gaan sit weer op die bank en blaas sy asem uit. Vir die eerste keer in sy lewe wil hy graag ‘n meisie naai, maar dit moet Karlien wees.
Vinnige trek Karlien haar broekie en sweetpakbroek op. “Verskoon my.”
Sy spring op en draf badkamer toe waar sy pie en al die nattigheid van haar koekie afvee. Terug in die woonkamer mompel sy sy gaan koffie maak. Toe sy die koffie op die koffietafel neersit het Gawie die fliek wat nog die heeltyd gerol het gestop. Hulle drink die koffie in stilte en kyk mekaar nie in die oë nie. Eers toe hulle klaar gedrink het skraap hulle die moed bymekaar om mekaar in die oë te kyk.
“Wat doen ons, Gawie?” vra sy oorbluf.
“Ons wil net ons nuuskierigheid bevredig.” Hy grinnik. “Eers op ‘n ouderdom van negentien wil ons sien hoe lyk die genitalieë van die teenoorgestelde geslag.”
“Is ons twee nie pateties nie?” sê sy en uiter ‘n flou laggie.
“Is ons pateties as ons op ons ouderdom nog kuis en rein is, en nie soos die meerderheid hulle kuisheid al lankal opgegee het nie? Moet ons skaam en slegvoel omdat ons nou eers ‘n behoefte het om aandag te gee aan ons natuurlike seksuele drange?” Maak hy ‘n stelling.
“Seker nie, maar ander gaan wel vir ons lag.”
“Laat hulle lag,” sê hy ferm. “Sou jy wat ons nou gedoen het met ‘n ander ou gedoen het?” vra hy want hy wil graag weet.
“Nog nooit nie! Ek is te skaam,” verleë kyk sy af, “maar by jou is ek nie skaam nie.”
“En ek nie by jou nie.” Hy sit sy hand op haar skouer en soen haar teen die wang.
“Gaan ons die fliek verder kyk?”
“Ons sal voor moet begin, want ek het nie juis opgelet wat aangaan nie.”
Hy lag verleë. “Ek ook nie. My gedagtes was op ‘n ander plek.”
Hulle loer na mekaar en in albei dink daar is beter dinge wat hulle kan doen as om na ‘n vervelige fliek te kyk. So begin Gawie en Karlien se seksuele ontdekkingsreis.
(Lees volgende episode HIER)
3 COMMENTS
Fantasma jy’t hierdie hele toneel pragtig saamgevat om nuuskierigheid vir die volgende episode op te wek. Fyn waarneming van so’n situasie (dalk gewese ervaring?).
Ek’t dit baie geniet, kannie wag om die opvolg te lees nie…dankie !
Skitterend…………. ek kan nie wag nie
Dankie