Musiek vir die Maangodin
Hoeveel keer hoor julle mense kla omdat daar niks nuuts op die Afrikaanse musiektoneel gebeur nie? Hoeveel nuwe “boob en boude” liedjies gaan ons nog na luister wat nie sexy of prikkelend is nie, maar wat op Jakaranda en Pretoria FM gespeel mag word? Is dit nie tyd dat die sensuele grense van Afrikaanse musiek ook so bietjie uitgedaaag moet word soos ons die grense van die Afrikaanse leser uitdaag nie?
Ek onthou toe ek Kombiekiehier begin het, wou ek ‘n afdeling vir sexy, sensuele, prikkelende, slim Afrikaanse liedjies maak. Ek kon omtrent geen opspoor nie – en ek het orals gesoek. Gaan kyk gerus onder die kategorie – dis al wat ek kon kry.
As gevolg van ‘n opwindende voorstel deur een van ons bekendste alternatiewe musikante, het daardie prentjie nou verander. 🙂
Musiek vir die Maangodin is die eerste erotiese Afrikaanse album. Dis music to make love by en dis opwindend en nuut en sexy en al daardie goed wat nie voorheen in ons taal beskikbaar was nie.
As jy enigsins beindruk is met wat jy nou gaan hoor, ondersteun en deel dit, asseblief? Ons gaan nie mense kan oortuig om grense te verskuif as hulle nie bewus is van ander opsies nie. En mense gaan ook nie nuwe genres skep as niemand daardie nuwe produkte ondersteun nie. Dis presies wat die probleem eintlik is. Koop vir jou geliefde Musiek vir die Maangodin vir Valentynsdag. Jy sal bly wees jy het. 🙂
Jy kan HIER meer gaan lees oor almal wat by die projek betrokke is en ook die lirieke daar kry.
Ek deel ‘n video van een van die liedjies op die album hieronder met julle, maar vir ‘n groter proeseltjie kan jy HIER gaan luister.
Hierdie is ‘n advertensiepost, maar dis ook deel van ons missie om ons mense in ons eie taal aan die vry te kry. 😉