Oggend (1)
deur Wille Will
Haar okerkleur oë gaan oop soos sy wakker word. Sy knip hulle ‘n paar maal om te fokus. Sy staar na ‘n wit plafon.
Sy skuif haar skouers ‘n paar keer heen en weer asof daar ‘n tamheid is. Sy raak bewus dat sy poedelnakend op haar rug lê. Haar linkerarm lê oor haar borste asof sy dit wil toehou en die ander hand lê op haar kaalgeskeerde poesie wat voel asof dit warm klop.
Waarvan het sy wakker geword ? …dis oggend, maar hoe laat ?
Sy hoor water ruis en draai haar kop na links. Die plek op die dubbelbed langs haar is leeg, maar daar was geslaap in. Sy kyk verby dit en as sy die deurskynende, geriffelde glasdeur van die stort sien … gaan haar gedagtes skielik oop soos mis wat skielik opklaar voor jou op die grootpad.
Sy is in Derek se bed. Hulle het gisteraand hier liefde gemaak … wonderlike seks, minstens vier verskillende klimakse flits in haar gedagtes, die een beter as die ander. Sy dink aan sy hande, sy vingers, sy lippe, sy mond, sy oë. Sy fyn waarneming van haar behoeftes en haar plesier.
Deur die stortdeur kan sy sien dat hy nou sy hare was, maar sy kan ook die omlyning sien van sy lenige kaal liggaam.
Dis asof daar ‘n bloedruising deur haar gaan en sy besef skielik haar een hand vryf en knyp nou een van haar groot tepels en die ander hand is besig om ritmies met haar klit te speel. Haar tong beweeg heen-en-weer oor haar oop mond se lippe. Sy maak haar oë toe en geniet die liefdesspel van haar eie hande.
Sy voel ‘n klimaks opbou in die genotskokon van haar lyf. Dan is die kraan skielik stil en sy hoor die aluminimum deur van die stort oopgaan …
Haar oë skiet oop maar die aksies van haar vingers beweeg nou vinniger. Hy vryf sy hare vinnig droog met albei hande in die handdoek, maar die handdoek maak sy gesig amper heeltemal toe. Sy sien die wasbord definisies van sy maag, soos hy vinnig asemhaal, asook sy besnyde voël wat soos ‘n dik stuk wors op sy groot knaters rus. Die persepsie samehangend met die staccato flitse van die plesier wat sy genotstok haar al gegee het, laat haar een hand soos ‘n masjiengeweer haar klit laat sing terwyl die ander hand haar tepels een vir een lank uitrek en vrywe. Haar naderende klimaks dwing nou soos ‘n vasgevange dier in haar wat wil uit.
Op daardie oomblik gooi hy die handdoek van sy kop af op die vloer en kyk na haar kant toe. Hy glimlag as hy sien waarmee sy besig is en stap oor die mat na haar toe. Soos hy aangestap kom sien sy hoe sy voël erek word in lengte en selfs nog dikker.
“D-de-derek !” roep sy saggies uit en dan is hy met sy onderlyf teen die bed by haar kop. Sy groot ereksie staan soos ‘n swaard sentimeters van haar gesig af.
Sy los haar borste waar haar een hand was en haar lang vingers omkrul sy stang. Dit is so dik dat haar middelvinger en duim se punte net-net aanmekaar raak om sy voël. Wanneer hy sy hand oor hare sit en sy perskop na haar mond toe bring, skiet alles in haar los soos sy oorgaan in orgasme. Haar boude wip orent en weer af, aanmekaar op die matras soos haar vingers haar klit knyp en trek. Die golwe van ekstase is soos hoog-gety by die see en haar boude klap aanhoudend teen die bed. Haar ander hand het sy stok gelos en grawe langs haar sy in die lakens in. Haar mond is wa-wyd oop soos sy een kreun-gil na die ander gee. Hy buk oor en sy hand omvou nou die hand wat haar klit bewerk het. Sy hand maak haar hele vrug toe en hy voel haar sappe tussen sy vingers deursypel.
Haar onderlyf begin bedaar en as die laaste stuiptrekkimgs van haar orgasme deur haar spoel, val haar boude plat en haar hande langs haar sye. Haar hoof val sywaarts soos sy probeer om weer haar asem te laat stabiliseer met haar borste wat hygend op en af beweeg.
Sy besef skielik sy hand is weg, maar terselfdertyd voel sy hoe hy haar bene van onder af kommetjie in sy elmboë en dan is sy verruklike mond op haar mons.
Sy verstyf en sê : “Derek ek het nog nie gestort nie.”
“Ek wil die sappe van jou wellusdrome drink, Monique”
Sy tong gly oor die lengte van haar poesie voordat hy sy mond oopmaak en haar ten volle in sy mond neem.
1 COMMENT
Wille Wil ou maat, jy kan ook se as n man goed is dan is hy goed ne. Weereens n puik storie. Dankie