Die bure leen suiker
deur Wille Will
Prof. Cronjé het ons studente vandag klas afgegee, want hy moet ‘n prysuitdeling by ‘n skool gaan doen.
Ek spring vining by Pick and Pay in en koop ‘n paar goedjies en ‘n six-pack bier. Na ek die Volla parkeer het klim ek vinnig die twee verdiepings se trappe op na ons woonstel.
Die eienaar van die blok is suinig en aangesien ons meestal studente is wat hier huur, gaan hy nie vinnig die onkoste aangaan om die hysbak te laat versien nie. Dit staan botstil!
“You guys want to be fit for your rugby, I’m helping you!” Het hy geskater toe ons daaroor kla.
Effe uitasem wil ek die voordeur sommer met my boude oopstoot, want ons los altyd die deur oop as een van ons daar is, en ek het die groot bruin papiersak met ons goedjies wat ek gekoop het in albei hande.
Die deur is egter op knip en ek plaas die sak op die vloer neer en haal my sleutels uit my gatsak. Ek sluit oop en soos wat ek binnegaan met die papiersak, wonder ek waar is Zack dan, want hy het gesê hy gaan vandag net lê en slaap, want dis een van hul af-dae. Zack is ‘n jaar verder as ek geswot en maak volgende jaar klaar.
Na ek die bier in die yskas gebêre het stap ek gang-af, want ek wil pis. Ek steek egter vas as ek water hoor klots in die bad van die badkamer.
‘Shit! Is hier iemand in ons plek?’ wonder ek en stap saggies teen die muur af na die badkamer. Die deur is net om die hoek van die gang en ek loer versigtig om die hoek deur die skrefie van die deur, want die deur staan oop. Zack lê met sy rug teen die agterkant van die bad en sy oë is toe waar hy met sy kop rus teen die boonste rant. Sy mond is half oop en hy haal vining asem. Ek wil net skrik en dink hy het iets
oorgekom toe ek die rede vir die water se klots raaksien: Hy is besig om draad te trek!
Nou kyk meeste hetero-mans sal hom nie eers steur hoe ‘n ander man se gereedskap lyk nie. Tog sal jy
vind dat meeste mans, indien hy ‘n ander ou kaal sou sien, onbewustelik sy eie voël sal vergelyk met die een wat hy sien. Dis ‘n ingebore manlike dominansie wat hy wil handhaaf. Ek staar nou na Zack se langerige besnyde peester wat seepglad op en af gly in Zack se een hand. Ek voel ek het ‘n ereksie begin kry (wat de fôk?) Sy piel lyk langer as myne, maar dit is ook baie dunner. Ek sien dat hy al hoe vinniger sy aksie uitvoer en sy voël is stokstyf.
Ek kyk weer op na Zack se gesig en sien dat hy sy tande ritmies op mekaar kners en sy oë is meer toeërig. Ek kyk weer af na sy lende en die volgende oomblik skiet sy saad met ‘n straal uit sy piel. Sy hand beweeg nou freneties vinnig en straal na straal kom vlieg voor by sy voëlkop uit! Sy hele liggaam trek inmekaar asof hy sy sperm wil binnehou en ek hoor hom ‘n paar kreune gee. Sy saad lê blinkwit, amper deursigtig oor sy hand tussen sy duim en sy voorvingers. Sy hand gee nog ‘n paar rukke, maar dan laat hy sy penis val op sy maag en vee die rugkant van sy hand af teen sy stam. Die water wat erg geklots het begin bedaar en spoel strepe van sy kom saam.
Daar is nou ‘n glimlag om sy lippe en sy ooglede is net normaal toe. Sy ander hand speel met sy een tepel.
Ek trek my hoof terug om die hoek en besef meteens dat ek my eie halfmas voël staan en knie met my hand binne my broek. Ek gee so drie tree terug kombuis se kant toe en roep dan hard: “Zack is jy hier of slaap jy?” Ek stap vorentoe kwansuis verby die badkamer asof ek slaapkamer toe loop. Ek steek egter vas asof ek hom opgemerk het in die bad.
“O, hier’s jy,” sê ek en stap by die badkamer in. Sy hande lê altwee oor sy knaters en daar is ‘n rooi gloed op sy gesig.
“Jy’s baie vroeg terug?” vra hy en kyk met groot bruin oë op na my.
Ek merk die slierte van sy saad ronddryf bo-op die water.
“Prof het ons vroeër af gegee,” glimlag ek. “Ek sien jy’t baie, baie lekker gebad.”
Hy word bloedrooi en skommel met sy een hand in die water dat die slierte moet verdwyn.
“No probs, hoor, dit pla my nie, dis jou lekkerkry, maar jy moet dit liewer spaar vir die girls!”
Ek swaai om en loop uit. Ek roep oor my skouer: “Kom join my hier voor, ek’t vir ons yskoue bier gekoop.”
Ek maak twee botteltjies oop en sit een langs sy geliefde sitplek neer. Ek val neer op die ander gemakstoel en neem ‘n diep teug van die bittersoet vloeistof in my bottel. Ek smak my lippe en voel dan ek’t nog steeds ‘n effense horing in my broek. Fôk! skud ek my kop. Mens sou sweer ek wou Zack raps. Ek skater uit van die lag.
“En as jy nou so lag?” vra Zack soos wat hy inkom en op sy stoel neerval.
Voor ek ‘n storie kan ‘spin’ vir Zack is daar ‘n ligte kloppie by die voordeur.
“Kom in!” roep ek en hy bykans tegerlyk.
Ansie loer om die hoek.
Sy en haar vriendin, Tessa, bly in ‘n woonstel so twee deure van ons s’n af. Ons ken hulle nie eintlik nie, ons het maar so met verby mekaar loop by ons woonstelle of in die hysbak saam maar net mekaar begin groet.
“Kom in, kom in …” spring Zack op.
Ansie stap in met ‘n verleë laggie: “Askies ouens … jammer om te pla, maar ons wil net iets leen as julle kan help?”
Zack het haar intussen op die rusbank laat sit.
“Wil jy ietsie saam drink?” vra hy. “Ons het bier … of bier … en net bier!”
Ons aldrie skater uit van die lag!
“Miskien later dan bring ek vir Tessa saam?”sluk sy haar lag. “Maar vir nou wil ek net hoor of julle miskien vir ons twee koppies suiker kan leen nie? Tessa bak iets en ons het nie besef daar is so min suiker oor nie.”
“Ek gaan kyk gou,” sê ek en spring op kombuis toe.
Ek meet twee koppies suiker af. Ek hoor die TV word aangeskakel net wanneer ek weer in die voorvertrek in kom.
“Ek en Wille wag eindelik vir die rugby om te begin,” sê Zack.
Hy sit met die afstandbeheer in sy uitgestrekte hand langs Ansie.
“Kyk julle rugby op TV?” vra ek.
Sy’t ‘n kort, geplooide wit rompie aan wat baie been wys soos wat sy met gekruisde bene langs Zack sit. Bolangs is daar ‘n paar stewige kanne geholster in ‘n swart lycra toppie.
“Ag … ja wat,” speel sy met ‘n blonde haarkrul tussen haar vingers. “As daar nou niks anders op die TV is nie!” lag sy weer.
Sy spring op en tree na my wat met die suiker in my hand staan.
“Ek sal by Tes hoor dan kom deel ons haar gebak met julle wanneer sy klaar is?”
‘Ek sê nooit nee vir ‘n vrou se koek nie,” sê Zack droogweg.
Ansie bloos diep rooi: “Maar jy’s onbeskof!” Sy lag egter en neem die plastiekbeker by my: “Baie dankie, ons sien julle later?”
“Natuurlik,” sê ek met ‘n groot glimlag.
Ek stap saam met haar voordeur toe en draai dan weer terug wanneer sy uit is.
“Hier kom ‘n ding,” lag ek as ek weer gaan sit en my bier optel.
“Ek laaik eintlik die ander een meer … wat’s haar naam nouweer … Tes-sa … of so iets?” sê Zack. “Sy’s langer met ‘n maerder lyfie.” Hy maak sy bier klaar.
“Ek gaan gou stort,” staan ek op en stap badkamer toe.
Terwyl ek seep smeer oor my lyf onder die milde water, glimlag ek weer oor Zack se draadtrekkery vroeër. Ek was my eie klong en trek die voorvel terug dat ek daar ook mooi skoon was. Ek voel hy
verstyf effe in my hande wanneer ek dink aan Ansie se mooi bo-been wat sy gewys het en haar stewige paar borste. Ek spoel die water oor my hele lyf en maak dan die krane toe. Na ‘n vinnige afdroog trek ek net ‘n kort PT broekie aan sonder onderbroek. Ek spuit bietjie Aramis oor my bo-lyf en dan ‘n groen gekleurde Maxi onderhemp.
Toe ek terug by Zack kom sien ek hy’t ‘n blou T-hemp oor sy bo-lyf gegooi en sit met een been onder sy lyf ingevou na die TV en staar.
“Ons het net vier biere oor,” kyk hy op na my.
“Dan drink ons maar Olaf Berg en Coke,” sê ek. “Ek het nog ‘n bottel in my hangkas.”
Naas en sy manne het intussen met die voorskou van die twee spanne op die TV begin.
“Vandag gee ons julle ‘n pak slae!” terg Zack my, wat ‘n stoere Blou Bul ondersteuner is.
“Wee Pee booo!” laat ons altwee omswaai na die voordeur toe!
Ansie se mond is oop en kraai van die lag terwyl sy sulke ‘twist’ dansbewegings maak met haar kaal voete. Sy’t nou ‘n los, wit bloes aan met ‘n groot WP serp om haar hals. Die swart sjoe-broekie daarmee saam kan nie stywer sit nie! Sy’t ‘n lang, maroen-kleurige bottel in die een hand.
“Da-DA-A-A !” roep sy dramaties en staan ‘n tree terug en sak neer op een knie. Altwee hande opgehef sê sy: “Ek gee vir julle T-E-S-S-A!”
Tessa staan daar en bloos diep rooi, maar lag uit haar maag uit.
Sy’t ‘n ligblou denim pakkie aan met ‘n kort broek en plakkies aan haar voete. Slank en lank gebou met ‘n bos donkerbruin hare tot oor haar skouers. Sy maak ‘n kniebuiginkie met twee borde sellofaan bedekte
versnaperinge, versigtig gebalanseer in haar twee hande.
Ek spring op en neem die twee borde by haar met: “Welkom, Tessa! Maak jouself tuis” Ek plaas die borde op die luidsprekerkasse van ons hi-fi. Zack kom ingesleep met ‘n tweesitplek sofa uit sy kamer uit wat
hy oorkant die ander rusbank skuif.
Hy neem Tessa se hand en laat haar daarop neersak. Ansie gaan sit op die ander sofa.
“Ons het vir elkeen een bier oor en daarna is dit Olaf Berg,” kondig ek aan.
“Neem hierdie,” sê Ansie en gee die lang rooi bottel vir my aan.
“Ek en Tess sal van dit drink dan kan julle die bier drink.”
Ek lees op die etiket: ‘Butler’s Cherry Kirsch Liqueur.’
“Hou vas, ek gaan haal gou glase en die bier,” gee ek die bottel vir Ansie terug en stap kombuis toe.
Wanneer ek terugkeer sit hul aldrie en kyk na die TV skerm. Zack sit met sy arm gedrapeer agter om Tessa se skouers op die rusbank en dit lyk asof hy haar skouer liggies streel. Ansie sit met die groot
WP serp op haar skoot waar sy albei bene onder haar lyf ingestoot het op die sofa.
Ek plaas die likeurkelkies en die res van die six-pack biere op die gemakstafeltjie in die middel. Ek skink die welriekende kersielikeuer glasies vol, neem een en ‘n blikkie bier en gee dit vir Zack-hulle. Ek gaan sit langs Ansie met ons drankies net toe ek hoor die begin fluitjie blaas op die TV.
Skaars ‘n minuut in die game in en daar’s ‘n strafskop vir N-Tvl.
“Ek sprei hierdie oor ons bene dan weet hulle vir wie ons skree,” sê Ansie saggies vir my en plooi die WP serp oop dat dit albei ons skote bedek tot by ons knieë.
Ek merk dat Tessa nou teen Zack sit met haar hand op sy bo-been en sy een hand wat nou haar skouer openlik streel en die ander hand plaas hy op haar hand wat op sy bo-been rus.
Die skop is oor en Zack gee ‘n lekkerkry laggie: “Jy sien Willa, hier begin julle kak!”
Ansie se hand is skielik warm op my een binne-been, onder die serp. Sy gee dit ‘n drukkie. “Toe maar die game het maar pas begin!” koggel sy vir Zack terug.
Hy snork-lag en neem ‘n lang teug van sy bier.
Ek sien hulle twee oormekaar hande opbeweeg oor Tessa se bo-been. Zack-hulle se hande maak my jags as ek dink wat daarop kan volg en ek begin ‘n horing kry!
Ek skuif effens rond en Ansie vra: “Wat’s fout?”
“Ag niks … is jy orraait?” vra ek “”Gee asseblief ons doppe aan, toe.”
Sy haal haar hand uit onder die serp en leun vorentoe om ons drankies van die tafeltjie af, op te tel. Vir die eerste keer merk ek dat sy nie ‘n bra aan het nie, want haar tepels druk harde knoppe deur haar bloes soos wat sy oorbuk. My ereksie begin verder groei en ek skuif vinnig my kortbroek se pype verder af en druk op my broek om my jagsheid te kalmeer. Ek neem die bier met my linkerhand en met my regterhand help ek haar om weer die serp oor ons skote te rangskik. Ons vat mekaar se hande, maar skuif dit onder die serp in.
Oorkant ons sien ek ‘n stoelkussingtjie lê nou strategies voor op Tessa se Denim broekie en hul hande is verberg daaronder! Die WP druk ‘n pragdrie na ‘n flinke agterlyn beweging en ek skree: “Wat sê jy nou, Zack?”
Ek knyp Ansie se bo-been hoog op dat ek haar mik deur die stywe sjoe-broekie teen die kant van my
hand kan voel.
“Sjoe,” hoor ek haar saggies prewel en dit voel asof sy haar koek vaster druk teen my hand.
Sy spring op en die likeur waarvan sy nog nie eers ‘n sippie geneem het stort uit oor my bo-been.
“Ag sorrie, Will!” roep sy.
“Niks meer vir jou nie, Ansie!” lag Zack saam met Tessa.
“Ek wou gou toilet toe gegaan het,” verskoon Ansie haarself. “Sit net stil, Will, ek sal ‘n handdoek saam bring vir jou om op te vee.”
Sy verdwyn in die gang af. “Ek skink maar weer ‘n dop,” sê ek.
“Julle nog orraait, Zack?” vra ek en ek kan sien hulle hande is besig onder die kussing.
“Orraait, ou pêl, dankie … maar doen my ‘n guns, asseblief.”
Hy kyk af na Tessa en sy knik haar kop. “Daar lê ‘n oorgooikombersie oor die tuimeldroeër in die kombuis. Bring dit vir ons, want Tessa sê haar bene kry koud.”
Ek glimlag wanneer ek kombuis toe stap. ‘… haar bene kry koud ..’
Se gat man, dink ek, julle wil met mekaar speel onder die kombers! Ek neem die Skots-geruite kombersie sitkamer toe en sien net betyds hoe Zack sy hand terug ruk uit die denim top. Daar is nou twee boonste knope los op die baadjie. Mens kan ‘n gleuf tussen haar borste raaksien. Ek gooi die kombersie vir Zack met ‘n klein glimlaggie en hy knik met sy een oog vir my terug.
Ansie kom ingestap met ‘n badhandoek. “’Ek het gesê jy moet stil sit, Willa!” vermaan sy. “Draai venster toe dat ek kan sien waar’t ek gemors.”
Wanneer ek draai soos sy vra is my rug heeltemal gekeer na Zack en Tessa. Sy buk voor my en begin vee op my bo-bene. Ek kyk af wat sy doen en skielik kyk sy op in my oë. “Hierdie … kol .. is-s … al bietjie taai …” sê sy met asem steuntjies. “Ek s-sal harder moet vryf o-ff water gaanh-haal.” Sy vee egter nie met die handdoek nie, maar met haar vry hand op en af oor die knop van my penis in my broek! Ek word stokstyf dat my voël pyn. Sy vat hom vol vas in haar hand en druk hom deur die kortbroek.
“Kom ons kyk die rugby klaar en dan moet jy maar gaan stort.”
Sy staan regop en gooi die handdoek oor my skouer en gaan sit weer op die sofa. Ek hou die handdoek strategies oor my ereksie wat sekerlik sal uitstaan en gaan sit langs haar en gooi die handdoek oor ons onderlywe. Op die TV is die telling gelykop en dis vyf minute naby rustyd. Ek steek my hand onder die handdoek in en skuif my handpalm dadelik oor haar gladde bo-been na haar mik toe. Ek voel hoe haar
hand weer op my kortbroek vroetel. Ek sien hoe haar ander hand ook onder die handdoek inskuif en ek kyk op wat gebeur oorkant ons.
Zack en Tessa is nou openlik in ‘n omhelsing met haar arms styf om hom en sy een hand wat haar een bors van buite haar klere knie en druk terwyl hulle mekaar vurig soen.
Ansie se hand trek en skuif haar sjoe-broekie af dat dit oor my hand gaan waar ek sopas aan haar koek wou vat. Sy ruk my hand uit en plaas dit op haar klam, kaal poes. Die ander hand het my voël uit gekry, sommer by die broekspyp en sy skuif my voorvel op en af oor my glans. My drange neem oor en met die ander twee wat ook op pad is eindpunt toe, gooi ek die handdoek eenkant toe en pluk die sjoebroekie van haar bene af ondertoe uit. Ek gooi dit een kant toe en pluk my PT-broekie af dat my meneer teen my maag vasslaan.
Ansie kyk vining na Zack-hulle toe en dan gryp sy my voël en trek my na haar lyf toe. Haar poes klop half-oop soos ‘n anemoon tussen haar bene wat sy nou wyd oopstoot. Ek buk en stoot my piel met mening op in haar doos.
“Fôk-kit … hy’s … lekker d-i-k,” kreun sy en ons begin saam naai.
Ons ritme is eers blitsig, maar dan begin ek met langer hale, dieper en amper uit met die terugtrek stadiger naai.
“O … fôk … dis lekker … vir jou ook?” vra sy met steune.
“Baie,” kreun ek. “Kan ek in jou kom?”
“Hou net nog ‘n bietjie aan … ek is baie naby,” fluister sy skôr en kortasem.
My oog vang Tessa wat met haar klein borsies geklem in haar eie hande bo-op Zack sit en hom ongenadiglik ry. Haar bos hare swaai heen en weer en haar mond is oop, maar haar oë toegeknyp. Hy
stoot haar van onderaf op soos hy op sy rug lê en sy groot hande is geknyp om haar bo-arms.
Ek voel hoe Ansie skielik met binnespiere … of fokken iets … my lat knyp en los, knyp en los. Dis seksuele genot soos wat ek nog nooit in my lewe ervaar het nie … en ek weet ek is nou baie naby!
“S-skiet! Wil-le s-k-iet! Ek kom-m-m!”
My saad skiet een sarsie … dan ‘n tweede en dan weer in Ansie se binneste grot in. Dit voel of dit net weer en weer wil skiet en ek kreun hard. Haar bekken bene klap teen my dye en dit voel asof sy my penis wil afknyp binne haar.
Sy gil hard en ek kyk willekeurig na Zack hulle se kant toe.
Tessa lê egter met haar bo-lyf plat op Zack se bors, maar dit lyk asof hy nog steeds in haar is. Haar oë is toe en sy vryf oor sy arm terwyl hy met een hand op en af streel oor haar rug.
Ek voel hoe Ansie my weer teen haar vasdruk en ek sien kom wat tussen Tessa en Zack se lende oor sy bo-been afloop.
“… en dis dan die eindfluitjie wat blaas op ‘n geskiedkudige wedstryd!” kom die kommentaar uit die TV.
1 COMMENT
Mooooooi Willa!!!!