Tussenspel

Hoe lank gaan ek lees: 8 minute

deur Army Girl

(Lees vorige episode HIER)

Die jongse uitgawe van Kombiekiehier het seker nog nie eers die straathoek getref nie of ons voordeurklokkie lui. Dit was so ‘n skralerige student met lang slierte vir hare en ‘n ylerige baardjie. Ek het die deur oopgemaak en toe die jongman gevra wat hy wil hê. Hy antwoord toe: “Tannie, ek het die stuk in Kombiekiehier gelees waar julle daaraan dink om die toneel in die restourant weer te speel en nou soek julle na ‘n kelner.”

 

Beleefdheidshalwe nooi ek hom maar in en stel hom aan Kobus voor. Hy kyk ons twee so en toe: “Tannie, ek sal jou regtig graag wil spyker, en veral kyk na daardie tiete waaroor almal praat, maar ek is nie so seker van die oom nie.”

Ek dink dit is so ver hy gekom het, want die volgende oomblik het Kobus hom aan die kraag beet en frog-march hom sonder seremonie by die deur uit.

Terug in die huis begin hy onbedaarlik lag. “Tannie, ek sal jou regtig graag wil spyker,” aap hy die fyn stemmetjie na en brul van die lag. “O, hel, tannie, wat gaan ek nou doen, want ek kan mos nie ‘n ou tannie spyker nie. Ek sal nou seker vir my ‘n jongetjie moet gaan soek, maar sê nou net sy gee my net een kyk en sê dan “oom, is jy seker jy kan nog die pas vat?”

Die hele blessit dag hoor ek elke keer ‘Tannie’ tot vervelens toe!

Na die studentjie was daar heelwat ander ou manne wat net belangstel om te sien wie dié mense is en ander wat regtig belangstel om te skoppelnaai (swing) – ons het al byna elke truuk in die boek probeer, maar nog nooit eers daaraan gedink om te skoppelnaai nie! Kobus het soos hy sê so ‘n bietjie rondgenaai toe hy jonk was, maar ek het nog nooit ‘n ander man se voël eers gesien, laat staan nog gevoel nie.

Ons telefoon het ook onophoudelik gelui – soveel so dat ons ‘n ander nommer moes kry. Ons sit toe en wonder hoe die mense ons so maklik kon opspoor, tot ‘n vriend van Kobus ons daarop wys dat twee afgetrede senior lede van die weermag wie se huis effens eenkant staan en aan die Weskus woon nie so volop is as wat ons gedink het nie.

So met ons gewone lewe van sport, ontspanning, seks en nogmaals seks as afgetredenes, het die saadjie seker in goeie grond beland, want een middag sit ons in die Duitse restourant aan ons biere teug en Swartwoudkoek eet. Kobus kyk na die aanvallige kelnerin met haar opstootborsies in die Drindl rokkie, en vra: “Dink jy ons storie van die ete kan werk? Die probleem is net watter kleur booties moet die kelner dra? Blou of pienk?”

Geen mens weet hoekom nie, maar ons verwys altyd na ‘n man as iemand wat blou booties gedra het en ‘n meisie as een wat pienk booties gedra het.

“As ons so een soos die kry, sal sy dalk minderwaardig voel teenoor jou tiete, of dalk het sy net sulke mooi tiete? As ons een met blou booties kry, gaan hy dalk die hele aand daaroor dink om die tannie te spyker!” Gelukkig het hy sy stem laag gehou sodat niemand kon hoor waarom hy skielik so lekker lag nie – en sien hoe die ‘tannie’ se mond al hoe dikker word nie!

Kobus het begin navraag doen – en tot ons verbasing was ons idee nie so vergesog as wat ons gedink het nie! Daar was talle variasies op die storie en nog meer gewillige deelnemers. Sommer gou is ons genooi na die huis van mense wat ons so verlangs via die sportklub geken het. Daar aangekom het ons ook ander mense herken, maar hulle het gemaak of hulle ons nie ken nie. Ons het toe maar gou ons maniere agtergelaat en nie meer gemaak of ons ander herken nie. Die aand het begin met ‘n ‘formele dinee’ met genoeg te drinke waar elke man langs ‘n ander man se vrou gesit het – die gasvrou het seker gedink dat sy haar gaste goed ken, maar sommige was nou regtig onpare. Kobus het dit nogal goed getref met ‘n jongerige blondine wat ook ‘n aantreklike figuur gehad het. My metgesel was redelik ouer as ek, baie beslis nie iemand wat sy tyd op die sportbaan of gimnasium deurbring nie en moeilik sy penis onder sy boepens sal kan uithaal vir enigiets.

Na die nagereg is elke ‘paar’ toe weg na hulle aangewese kamer; ek het ou boepie aan die hand gevat en hom na ons kamer gelei. Teen die tyd weet ek baie goed hoe om my klere uit te trek en het dit so vir ou boepie gedemonstreer. Hy het so halfhartig probeer om van sy klere ontslae te raak en my te probeer vry, maar na so ‘n minuut of tien bieg hy toe sy tweede vrou is die jong blondine, maar hy kan haar lankal nie meer bevredig nie so nou bring hy haar na hierdie byeenkomste toe. Selfs al wil hy, kan hy nie meer ‘n ereksie kry nie, so sal ek omgee as ons net gesels en hy na my kyk? Dit was nou vir jou ‘n ander ervaring – sit poedelkaal en gesels oor koeitjies en kalfies met ‘n man wat nie meer kan nie! Na so ‘n ruk het hy net oë vir my borste gehad en hy het selfs probeer om met hulle te speel – sy aanraking was totaal anders as dié van Kobus, maar hy het hulle darem mooi regop laat staan. Ek het aangebied om sy draad te trek, maar hy het dit van die hand gewys. Toe het ons maar net gesit en gesels – later oor letterkunde van alle dinge. Hy het in sy jong tyd vir ‘n uitgewer gewerk en het omtrent alles van die Afrikaanse letterkunde geweet.

Kobus het meer geluk gehad; die jong blondine het in jare – haar woorde – nie ‘n orgasme gehad nie en hy het haar seker vyf of ses keer daar gehad. Sy wou hom haar telefoonnommer gee, maar hy het nie daarvoor kans gesien nie.

Na hierdie sessie het ons nog ‘n paar bygewoon – byna sonder uitsondering met dieselfde uitkoms; die manne is oud en afgeleef en kan nie veel doen nie; hulle trofeevroue is so jags jy kan met hulle toor, maar jy moet ook mooi werk om nie hulle ontwerpertiete of poesie te beskadig nie. Na een so ‘n sessie stop Kobus die kar op ‘n afgeleë plek en begin my vry soos hy in jare nie gedoen het nie – te hel met die karre wat vir ons toet! “Ons naai,” was sy skreeu-antwoord. Die volgende oggend het hy die kar na die plaaslike karwas geneem en toe hy dit kom haal, kyk die personeel hom so goedkeurend aan. “Dit lyk vir ons of die meneer gisteraand lekker gescore het,” was een opmerking.

Op aanbeveling van ‘n ander kennis het ons na ‘n ‘jong’ groep gegaan – almal van hulle spandeer seker 25 uur per dag in die gimnasium en bou net spiere! Soos Kobus sê: “Die girls het seker tiete, maar ek kon dit nie sien nie.” Die mans het groot spiere, maar waar hy ‘n groot balsak en voël met hê, hang daar net so ‘n trossie droë rosyntjies. Hulle is ook so van die olie gesmeer dat hulle sommer vanself van jou lyf afgly.

Toe maar weer aan die ete gedink, diskrete navrae gedoen. Teen die tyd was ons al gewoond aan die gedagte van seks met ‘n ander persoon. So gebeur dit toe dat die enetjie met die Drindl by ons opdaag – sy was bereid om saam met ons te speel. Ek moes spesiaal ‘n vollengte rok met al die nodige onderklere aantrek en hy sy pak klere. Die kelnerin het haar Drindl rok gedra en haar tiete mooi ten toon gestel. Die hele ete het goed verloop, sy het die geregte bedien wat ons twee vorberei het. Kobus het my die hele tyd vertel wat hy met my gaan doen – en dan ook so gemaak – eers tot amperse onsteltenis van die kelnerin, maar hoe verder ons gevorder het, hoe meer wou sy saamspeel tot sy ook later in net haar onderklere was.

Toe Kobus my pantie uitttrek en my begin vinger, terwyl hy elke beweging beskryf, kon sy dit nie meer hou nie. Teen die tyd het Kobus my op my rug gehad en met sy yslike voël begin pomp. Sy het alles uitgetrek en in ‘n 69 posisie met haar bosserige poesie op my gesig kom lê terwyl sy Kobus se voël met haar tong volg. Vir die eerste keer in my lewe het ek ‘n ander vrou se poesie voor my gehad en onwillekeurig het ek haar begin eet. Dit was eers snaaks, maar hoe meer ek haar klit gesuig het, hoe meer het sy gekom. My ken was naderhand sopnat.

Kobus het soos gewoonlik met ‘n groot gedruis gekom en my hele lyf vol kom gespat. Die volgende oomblik het hy die kelnerin van agter beklim en hy pomp haar van agter af – dit was die eerste keer dat ek sien hoe my man in ‘n ander vrou in-en-uit beweeg – dit het my nog meer lus gemaak. Haar borste was toe ook nie so onaardig nie en die gevoel van haar tepels wat oor my lyf gly terwyl Kobus haar pomp was ook iets nuuts.

Ons drie het seker ‘n hele paar keer gekom. Omdat dit reeds laat was, kon Liezl nie meer huis toe gaan nie en sy het toe sommer by ons op die bed geslaap. Kobus tussen die twee van ons – hy hoef slegs sy penis van agter af in die een indruk of as hy omdraai, kan hy die ander een bykom. Geen wonder ek was die volgende dag so vaak nie!

Liezl moes die middag gaan werk so ons het gou ‘n paar sessies ingesit – moet sê gelukkig is ons fiks, maar naderhand was al seks amper te veel.

Liezl het Kobus ook aan die Griekse styl voorgestel – hy was eers half onwillig, want hy het gevoel dat net ouens wat veronderstel is om blou booties te dra, maar dan pienkes aantrek so spyker. Sy het hom mooi wys gemaak dat dit skoon is en dat hy niks sal oorkom nie. Hy het haar toe so gespyker en volgens hom was dit meer stram as wanneer hy die gewone roete volg. Hy wou dit met my ook doen, maar ek het lank vasgeskop tot een aand toe ek effens te veel gedrink het en hy my toe van agter af bykom. Daardie gevoel is eers baie vreemd en nogal seer, maar later hou mens van die minder elastisiteit en die groter druk in jou.

Liezl se maatjie Gunther het ook naderhand by ons groepie aangesluit. Dit was die begin van viere en dries en selfs selle maatjies. Ek hou daarvan, maar ek gou agtergekom dat Kobus nie so gelukkig oor die selle maatjies is nie so dit is maar meestal hy en ek met Liezl of as Gunther saam is, hy en ek of hy en Liezl of Kobus en een van die meisies, maar nooit Kobus en Gunther nie.

Een aand moes Liezl op die laaste oomblik werk en ons kon nie ‘n plaasvervanger kry nie. Gunther was reeds daar en op een of ander manier het die twee my begin vry; moet sê dit is nou vir jou lekker; een man op die een plek en die ander op die ander – dit was dan ook die eerste keer in my lewe dat ek iemand voor en iemand agter in my gehad het.  Nogal ‘n ander gevoel daardie, want jy voel hoe hulle binne my teen mekaar skuur!

Na daardie sessie sit Kobus en ek en gesels oor hoe ons sekspad skielik ‘n ander rigting ingeslaan het – en dit alles net oor ‘n ou wat gedink het aan iets wat baie jare gelede met hom gebeur het. Dalk is dit die baie kommentaar in die koerante, op die radio en elke moontlike moontlike kommunikasiemiddel wat die gevare van Covid so pertinent stel, of dalk die besef later die dag toe ons in volle uniform die begrafnis bywoon van die hoeveelste kollega wat aan die siekte gesterf het, maar Kobus vra toe: ‘Jong, stel ons nie dalk ons bloot aan iets wat ons nie kan hanteer nie? Dit is vrek lekker om ander mense te spyker, en deur hulle gespyker te word, maar moet ons nie dalk effens afskaal nie?’

Net soos party mense met die klap van ‘n vinger kan ophou rook, het ons toe ook ons eksterne seks afgeskaal en tussen ons twee toegepas wat ons geleer het. Alles het glad verloop – tot die oproep van Liezl so ‘n paar minute gelede.

(Lees volgende episode HIER)

3 thoughts on “Tussenspel

  • Army girl – weereens ‘n puik storie. Menige getroude persoon se wildste wens om ‘n effense oop huwelik te kan beleef….

    Reply
  • Ek wens my vrou wil so wees….

    Reply

Leave a Reply to OuBul Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)