“Petro, dit is Liezl. Ek weet nie hoe om dit sagkens te stel nie; ek is sewe weke oor my tyd.”
“Liezl, ek verstaan nou nie mooi nie. Wat beteken dit dat jy sewe weke oor jou tyd is? Is jou huur laat? Het jy finansiële probleme, of is dit iets anders?”
“Helder oordag, Petro – ek is verdomp swanger!”
So het een telefoonoproep my en Kobus se hele lewe verander. Dit blyk toe dat Liezl vermoed het dat sy dalk swanger kan wees en sy het toe die toets gedoen; sy was swanger. Volgens haar is daar net een moontlike vader – Kobus. Sy het voorgestel dat indien ons twyfel ons ‘n DNS toets moet
laat doen.
Ons twee het toe gaan sit en probeer om nugter oor die saak te dink. Tydens ons hele huwelik was daar nie eers een geleentheid waar ek kon dink dat ek swanger was nie en later het ons maar alle vorme van geboortebeperking laat vaar. Toe ons begin skoppelnaai, moes ons kondome gebruik, maar
met ons toneelspel met Liezl en Gunther het Kobus maar sommer kaalpiel laat waai, want in al die jare het hy nog nooit enige vrou swanger gemaak nie. Gunther kon dit ook nie wees nie, want hy het glo lankal terug ‘n vasektomie gehad.
Na die aanvanklike skok het ons begin om meer nugter oor die saak te dink. Hoewel ons nie meer piepkuikens is nie, het ons nie kinders nie en ons is finansieël goed daaraan toe. Dalk kan ons daaroor dink om die baba aan te neem? Liezl het saamgestem, want sy het nie kans gesien om as ‘n
alleenouer die kind groot te maak nie. Ons het dadelik die proses begin om die baba aan te neem – volgens almal is dit redelik eenvoudig! Tot ons die eerste keer met die maatskaplike werkster te doen kry! Haar eerste beswaar was natuurlik ons ouderdom; hoe kon ons wat eintlik al pensioenarisse is daaraan wil dink om ‘n kind aan te neem? Waar kom ons aan die idee? Hoekom hierdie spesifieke kind?
Ons moes toe maar oop kaarte speel en haar alles vertel; van hoe Liezl eintlik net met twee mans seks gehad het. Gunther was in elk geval ook die tyd waarin sy swanger geword in Namibië en het nou onlangs eers teruggekeer – so dit kan net Kobus wees.
Dit was die tweede struikelblok. Toe sy hoor hoe die kind verwek is, het sy elke morele, maatskaplike en godsdientige beswaar geopper. Hoe kan sy ‘n kind in so ‘n sedelose familie laat opgroei? Dit het baie oortuigings en versoeke gekos en later selfs daardie ou militêre begrip ‘rang trek’ gekos, maar eindelik is al die papierwerk afgehandel en ons kon die baba by geboorte aanneem.
Teen die tyd het die sonar al getoon dat hy ‘n klein Kobus is en die twee van ons het soos jongmense in babawinkels geboer.
Nie dat die koms van ‘ons’ baba iets aan ons bedrywige sekslewe gedoen het, inteendeel dit het ons nog meer jags gemaak (as dit moontlik is!). As ons nie in die winkels was nie, het ons gespyker, genaai en partykeer sommer net seks gehad. Aan die begin was Liezl ook een of twee keer
teenwoordig en dan het Kobus gestaan en kyk hoe ek haar poesie vryf, eet en sommer net met haar speel, maar hy het nie weer sy voël in haar ingedruk nie – glo bang hy kan klein Kobus seer maak.
Moet sê na so ‘n rukkie het Liezl se borste mooi vol geword, soveel so dat ek amper jaloers geraak het. Tot ek haar sonder klere aan gesien het met die yslike maag wat voor haar uitdy. Na elke sessie met Liezl was Kobus so jags dat hy kon skreeu en partykeer het hy sommer oor ons draad getrek en dan sy saad oor ons twee gespuit. As hy eers gekom het, het ek geweet, hier kom my beurt nou! Hy en ek kom al baie jare saam en ons het seker byna elke moontlike en onmoontlike posisie probeer. Nou was dit skielik anders, Kobus het baie tyd op die Internet spandeer om na nog posisies en metodes te soek.
Ons het natuurlik nie net op die internet vertrou nie. Ons het ook tydens ons studies heelwat tyd in die winkelsentrums deurgebring. As jy net eers weet waarna om te soek, is sekswinkels volop! Ons het een of twee videos uitgeneem, maar wat is nou lekker daarom om te kyk hoe nader mense naai?
Die bestuurderes van een van die winkels het toe uit desperaatheid voorgestel dat ons na seksspeelgoed kyk. Haar plig was immers om die omset van die winkel te verhoog en nie na die klaagliedere van twee oues te luister nie. Sy het dan sommer ook daar vir ons gedemonstreer hoe die betrokke speelding werk.
Op haar aanbeveling het ons van die speelgoed gekoop en by die huis gaan probeer. Ons het hulle deeglik getoets, maar tot die gevolgtrekking gekom dat dit nie werk vir twee mense wat baie tyd en geduld het nie. Nie een van die goed kon iets vir enigeen van ons twee doen wat die ander een nie kan doen nie. Daar was een of twee wat glo jou klit en jou G-kol gelyktydig stimuleer – nee wat, Kobus se vingers doen dit baie beter en hy weet ook presies wat om waar te doen. Wat ons wel uitgevind het, is hoekom die supermarkte AA batterye in pakke van 30 verkoop – die goed vreet
batterye!
Al die posisies het deeglike beskrywing bevat van wie wat moet doen en dan ook natuurlik illustrasies. Dié illustrasies was almal in die vorm van lyntekeninge en hoe hard ons ookal probeer het, was die meeste ver buite ons vermoëns. Ons het wel een of twee videos raak geloop waar die
akteurs hierdie posisies demonstreer, maar selfs dit het nie gehelp nie.
Een van die voorstelle was dat Kobus op ‘n stoel sit en dat ek dan met my rug na hom oor sy voël sak – ons moet dan die hele saak voor ‘n spieël doen. Dit was nogal eroties om te sien hoe hy in my ingly en ek hom dan ry. Kobus het toe besluit dat die spieël nie heeltemal groot genoeg is nie; in
plaas van ‘n groter spieël gaan koop hy toe ‘n videokamera met ‘n afstandbeheer sodat hy die kamera op ‘n driepoot kan opstel en met die afstandbeheer die fokus en ek weet nie wat nog alles nie kan beheer. Ons kyk sommer so op die groot skerm na die video soos ons aangaan.
Ons het toe die kamera opgestel vir die posisie waar ek op Kobus se skoot sit en hom ry. Omdat ons nog nie die kamera reg verstaan het nie, was die eerste pogings nie so goed nie, maar met oefening het ons al hoe beter geraak. Die volgende keer wat ons dit probeer het, het Kobus sonder dat ek dit weet, die kamera se fokus so gestel dat dit op my poesie fokus en al die aksie afneem as sy voël ingly. Hier op die skerm sien ek net ‘n harige bos met die lippe wat so effens oopgaap en dan hierdie groot pielkop wat tussen hulle inglip. Ek het net die skerm dopgehou en byna vergeet om Kobus te ry – so hy het toe maar die aksie oorgeneem. Terwyl ek nog so na die skerm staar, kom ek agter dat Kobus harder asemhaal en sy pas versnel. Terwyl ek die skerm dophou, sien ek hoe die kom uit my stroom. Dit het gelei tot een van my heel beste orgasmes nog. Kobus het die hele ding op video vasgelê en dit is vir ons baie lekker om na hierdie spesifieke video te kyk terwyl hy met my klit en borste speel terwyl ek sy draad trek.
Onvermydelik moet ons agterna die skerm skoonvee!
Ons het die kamera gebruik om onsself in baie situasies af te neem; party was ver skote en ander kere het Kobus spesifiek op een item gefokus. Een van ons nabyskote is die video waar hy my klit met sy penis vryf. Ek glo nie een van ons twee het regtig besef hoe sensitief die klit is nie en hoe goed
sy op stimulasie reageer nie. Toe ons na die tyd na die video kyk, sien ons dat dit amper 25 minute lank is!
Die video begin waar ek met my bene oor die kant van die bed lê – my bene is effens oop en ek speel met my borste terwyl Kobus met sy voël in sy hand vir my staan en kyk. Terwyl hy sy voorvel op-en-af skuif, maak ek my bene verder oop en my een hand beweeg stadig na my poesie toe. Versigtig vou ek die lippe van mekaar af sodat jy die pienk van my binnelippe kan sien. Ek maak dan nog verder oop sodat die opening meer duidelik word en dan vou ek dit heeltemal oop sodat die kyker diep in my in kan sien. Kobus se voorvel skuiwery word al hoe vinniger en dan kom sy een hand
nader om my klit in haar rusplek te kan sien.
Die knoppie is klein en skaam en nog nie regtig sigbaar nie. Die hele tyd praat Kobus en vertel vir my wat ek moet doen, wat hy aan my gaan doen en hoe dit alles hom opwerk! Dan skuif hy sy voorvel heeltemal terug en vat sy kop net agter die ring vas. Hy begin om die kop op my klit te rig, maar hy is nog nie daar nie. Ek sien later dat ek vorentoe beur om sy pielkop op my klit te voel, maar hy druk my weer terug. Hel, die man weet hoe om ‘n vrou lus te maak en te terg!
Dan skuif hy sy voël al so van onder af net binnekant die lippe – dit voel amper of hy wil ingaan, maar hy bly aan die buiterand. Ek kan voel en op die skerm sien hoe sy kop nader aan my klit kom; sy begin so effens tekens van belangstelling toon en probeer kyk watse rooi-pers affere hier naby haar
is. Kobus maak nou my lippe heeltemal oop en sit sy pielkop op my klit. Hy trek die voorvel weer terug en dan weer vorentoe asof my klit met die voorvel wil bedek. O, dit is lekker!
Dan weer af met die sloot langs tot amper waar sy penis sou ingaan – hier huiwer hy en mik so kamtig om in te druk, maar dan trek hy weer terug. Weer op na die klit se kant toe, maar in plaas van haar te streel, vat hy sy voël en beweeg langs my maag op na waar my borste teen die tyd punt in die wind staan. Hy speel eers die een dan die ander een met sy klipharde piel en konsentreer veral op die puntjies.
Terwyl hy met sy piel my tiete bewerk, is sy hand ook nie stil nie en dié is besig om drie vingers in my poesie te druk en daardie spesial kol met ‘n kom-nader beweging te terg terwyl sy duim die klein mannetjie in die boot besig hou. Ek sien op die skerm dat my een hand ook in my besig is
terwyl die ander een probeer om sy voël in die rigting van my poesie te stuur, maar my pogings kom tot niks.
Nou is sy voël weer op pad na die heuningkoek toe; ek kan voel hoe hy oor my maag beweeg op sy pad na onder toe. Nou is hy weer by die ingang, begin nou bo en beweeg dan onder toe, amper tot by my agterste gaatjie. Hy maak of hy daar wil ingaan om dan weer stadig op te beweeg. By die ingang stoot hy so effens in – net tot verby die kop, trek weer stadig uit en dan weer in – terwyl hy die hele tyd beduie hoe ek my klit moet vryf, want hy is op pad daarheen. Hy wil ook weet of ek al reg is om genaai te word en of hy nog eers weer ‘n paar keer my klit moet vryf? Wat ‘n vraag! Hy moet
sommer altwee gelyk doen!
By my klit wil hy weet of hy dit met sy voël moet vryf en of hy dit moet suig? Ek vryf en draai die klit terwyl hy nou wonder wat om volgende te doen. My poesie is teen die tyd sopnat en dit sal geen weerstand bied as hy wil ingaan nie. Ek kyk na die horlosie en sien dat 18 minute al verloop het
sedert ons begin het. Kobus is nou weer besig om my hele poesie met sy klipharde piel te meet en te pas; partykeer glip hy amper in om net weer terug te trek. Ek kan voel hoe die golf in my opbou – ek laat hom goed weet dat ek gaan kom, maar die bliksem steur hom aan niks nie! Net toe ek voel dat ek nou nie meer kan hou nie, druk hy homself sonder enige seremonie tot heel diep in my in. Daardie slag toe hy die bodem slaan, was net wat ek nodig gehad het vir die damwal om te oorstroom en ek kom met ‘n gedruis. Dit was seker vir hom ook die teken, want ek kan voel hoe sy kom in my kanaal spuit.
Uitgeput het ons twee in mekaar se arms gelê en ook aan die slaap geraak, want toe ons later die video terugspeel, hoor jy net ‘n groot gesnork.
Ons weet nie hoe nie, maar op een of ander manier het hierdie video op die internet beland. Van ons vriende sê glo hoewel hulle nie die gesigte kan sien nie, klink die stemme tog baie bekend.
Liezl se swangerskap het normaal voort gegaan – een oggend so ‘n maand of twee gelede bel sy en sê dat ons haar dadelik na die hospitaal toe moet neem, want haar water het gebreek. Ek is saam met haar die kraamsaal in en ek het by haar voete gestaan toe klein Kobus sy verskying maak. As ek
dit nie self gesien het nie sou ek nooit kon glo dat ‘n vagina so wyd kan rek nie.
Die kraamsuster het dadelik met klein Kobus agter ‘n gordyn verdwyn; dit was soos Liezl dit wou hê, sy wou nie die baba sien nie. Kobus en ek is dadelik agter die suster aan en het heeltemal van Liezl vergeet – al waarvoor ons oë gehad het, was die klein rooi bondeltjie in sy wiegie. Toe ons so ‘n uur of wat later by haar kamer kom, was Liezl nie daar nie. Ons het haar daarna nooit weer gesien nie. Ons betaal gereëld die ooreengekome bedrag in haar bankrekening in en volgens die bankbestuurder word daar wel geld onttrek – hoofsaaklik in Namibië.
En met ons sekslewe? Jong, heeltemal eerlik – ons leef nou maar eers op ons gedagtes, want hoe kry jy gespyker as die klein babatjie hier langs jou lê en skreeu? Die kwessie van Kobus se vaderskap – geen twyfel nie, want klein Kobus se hare is net so rooi soos sy pa s’n.
2 COMMENTS
Army Girl, jy’t ons met ‘n rit gevat met hierdie vervolgverhaal en ons spanning, luste en plesier gedagtes voortdurend geprikkel!
Dankie, knapgedaan ♥
Skitterstorie