Poker
deur Ramkat Erasmus
Ek het my pa vir die eerste keer ontmoet toe ek tien jaar oud was. My ma het my by die skool opgelaai en vertel dat sy ‘n verrassing vir my het. Ons het koopsentrum toe gery en ingeloop na die Spur toe. Sy’t in die deur gaan staan en rondgekyk. Toe sien ek ‘n man opstaan aan die anderkant van die restaurant. Sy’t gewaai en ons het omgeloop na sy tafel toe.
Sy’t hom voorgestel as Johan. Hy’t sy hand uitgesteek en met my hande geskud. Toe vra hy my naam en ek sê vir hom ek is Nikolaas. Hy’t vir my ma gekyk en ‘n wenkbrou gelig. Toe vra hy of hy my maar Niek kan noem. Ek het nie beswaar gehad nie en toe gesels hy en my ma oor vervelige grootmensgoed. Banke en geld en so aan. Ek het my sakgrootte skaakbord uitgehaal en begin stukke uitpak.
Tussendeur het ek die man dopgehou. Hy’t ‘n donkerblou pak aangehad met ‘n wit hemp en ‘n rooi das. Sy hare was netjies gekam. Hy’t vir my gelyk soos die mense wat mens op tv sien. Toe ons kos kom het hy my begin uitvra oor skaak en waste sport ek doen en so aan. Na die ete het hy my ma op die wang gesoen en my hand geskud, my geluk gewens met my verjaardag en ‘n paar note in my hand gestop en toe vinnig weggestap.
In die kar het dit vir my gelyk of my ma huil, maar sy’t ‘n donkerbril opgehad en ek kon nie regtig mooi sien nie. Toe ek haar vra wat fout is het sy net haar kop geskud maar niks gesê nie.
Laat daardie aand het sy by my op die bed kom sit en in ‘n sagte stem vir my vertel dat Johan my pa is.
-0-
Die verjaarsdagete het weer en weer gebeur, en hy het my selfs een of twee keer gebel om sommer net te gesels. Toe ek dertien was het hy my genooi om vir Kersfees saam te gaan na sy vakansiehuis in Hermanus. Daar het ek hom vir die eerste keer in iets anders as ‘n pak klere gesien.
Ons het gestap, vis gevang, (wel probeer), en op die strand gespeel. Een aand het ek weer my skaakstel uitgehaal, maar Johan het gesê hy wil my iets anders leer en ‘n pak kaarte uitgehaal.
En hy het my geleer poker speel.
-0-
Op sestien het hy vir my ‘n motorfiets gegee en ek was skielik vry. Ek kon ry na skaaktoernooie toe sonder om op my ma staat te maak en ek kon vir hom gaan kuier by sy huis. Teen die tyd het ek geweet hy’s ‘n advokaat en dat hy baie ryk moet wees. Partykeer was daar meisies by sy huis, gewoonlik heelwat jonger as hy en almal van hulle was lank en blond.
Ons het poker gespeel vir plastiek skyfies en ek het al begin om hom gereeld ore aan te sit. En toe vra ek hom een Vrydagaand of ons vir geld kan speel. Hy’t lank na my gekyk en toe geglimlag.
“Nou gaan jy leer hoekom mense aan poker verslaaf raak …”
Die geld het die spel heeltemal verander. Skielik het elke besluit oor wat om volgende te doen moeiliker geraak. Die omdraai van ‘n kaart het nou beteken dat ek fliek en petrolgeld gaan hê vir die volgende week en of ek gaan moet loop. Aan die einde van die aand was ek doodmoeg en gladnie meer lus vir poker nie.
“Bel jou ma en sê vir haar jy slaap vannaand hier. Ek’s bang jy raak op daai motorfiets aan die slaap.”
-0-
Die volgende oggend het hy my kom wakker maak vir ontbyt. Ek was nog steeds moeg, want ek het heel aand net van poker gedroom. Aan tafel vra hy my toe of ek van geldpoker hou en ek het gesê ja.
Toe vra ek hom hoekom hy altyd pakke dra en hy sê dat hy vir sy werk goedgekleë moet wees, maar ook dat meeste vrouens nie ‘n man in ‘n goeie pak kan weerstaan nie.
My laaste vakansie saam met hom was in Hermanus na my 17de verjaardag. Ons het net poker gespeel en net vir geld. Hy het geen genade met my gehad nie en ek was heeltyd op die randjie van bankrotskap. Hy was genadeloos in sy lesse.
“Moenie speel met geld wat jy nie kan bekostig om te verloor nie.”
“As jy speel omdat jy wraak wil neem gaan jy weer verloor”. “
“Moet nooit jou meisie saam met jou vat as jy in ‘n ernstige pot betrokke gaan raak nie. Sy gaan jou aandag aftrek.”
“Iemand wat mannewales aanvang langs die poker tafel is of ‘n amateur of hy probeer jou aandag aftrek.” En so aan, en so voorts …
Op my laaste dag het een van sy lang blondines daar opgedaag, my minagtend op en af gekyk en sonder haar bikini se top op die patio gaan lê en ‘tan’. Johan, my pa, het gelag toe hy sien hoe my oë amper uit my kop uitpeul. By die lughawe het hy my ‘n ferm handdruk gegee en gesê hy sal vir my ma geld stuur sodat ek vir myself ‘n ordentlike pak klere kan koop.
‘n Paar dae later het hy tussen die bene van die blondine op die patio van die huis in Hermanus beswyk aan ‘n hartaanval.
-0-
Na die begrafnis het ‘n oom met grys hare by my en my ma kom kuier. Hy’t gesê Johan het ‘n trustfonds vir my geskep en dat ek sakgeld daaruit sou kon trek tot ek 21 is. Daarna sou ek beheer verkry van die fonds. My ma sou ook geld uit ‘n fonds kon kry maar net vir die volgende tien jaar.
-0-
Na matriek het ek die grys oom in sy kantoor gaan sien en gesê ek wil oorsee gaan vir ‘n ‘gap’ jaar. Hy’t ingestem op voorwaarde dat ek reeds inskryf vir ‘n kursus by die universiteit vir wanneer ek terugkom. Ek het op die verveligste kursus waaraan ek kon dink ingeskryf – boekhou.
Europa was ‘n warboel van partytjies, meisie en poker. ‘n Gawe Britse meisie met groot boobs en groot hare het my een aand kaal uitgetrek en gewys waaroor die bohaai gaan. Ek was naderhand bang dat ek, soos my pa, tussen ‘n meisie se bene gaan beswyk. Drie dae later het ek uit haar woonstel gestrompel en kos gaan soek. En na ‘n bad en ‘n ordentlike ete het ek vir 24 uur aanmekaar geslaap.
Ek het opgestaan, gestort, my pak klere aangetrek en ‘n poker game gaan soek.
-0-
Universiteit was, soos ek verwag het, hiper-vervelig. Maar ek kon darem afleiding kry in kleingeld poker, en ‘n vriendelike meisie so elke nou en dan. En ek het geleer van geld.
My ma kon gladnie verstaan hoekom ek ‘n boekhouer wou word nie. Die gryskopoom ook nie, maar ek het vasgebyt en gekwalifiseer. Maar ek het nooit my artikels gaan doen nie, want op die dag wat ek my uitslae gekry het, het die gryskopoom my weer besoek en vir my die sleutels vir my pa se twee huise, sy motors en al sy besittings gegee.
My pokerloopbaan het begin.
-0-
My ma het in die Pretoriahuis ingetrek en ek het ‘n agentskap gekry om die Hermanushuis op semi-permanente basis te verhuur.
Toe verkoop ek al Johan se swart advokaatpakke, pas die res aan en hou wat my pas. Die res het my ma by ‘n liefdadigheidsorganisasie gaan aflaai, want ek was reeds in die lug. Op pad Vegas toe…
-0-
Die eerste paar jaar was ‘n steil leerkurwe, maar ek het by Johan se reëls gehou en stadig maar seker die groot pokerspelers leer ken. Die Arabiere was die beste. Groot oliegeld het in hulle koppe gestry teen die ego’s. Binne vyf jaar was ek ‘n dollarmiljoenêr net uit poker uit en stadig maar seker het my naam in die groot kringe begin draai. Hollywoord sterre het my genooi om te kan sê hulle het met een van die groot pokerspelers gespeel. En hulle was nogal trots ook dat hulle teen my verloor het.
-0-
Ek het SA gereeld besoek en veral in Kaapstad goeie geld gemaak. Een aand het die Duitse wynmaker my gebel en gevra of ek tyd het. Ek was nie juis lus nie, maar hy’t belowe dat die spannetjie wat hy bymekaar wou kry, groot geld op die tafel wou sit.
Ek het vroeg by die hotel op die Waterfront opgedaag en in die kroeg gaan sit en ‘n sodawater gedrink. Ek het die Duitser sien aankom saam met ‘n middeljarige man met ‘n mooi rooikop aan sy sy. Hulle is direk na die hysers toe. Met tien minute oor het nog twee mans ingekom. Albei was blas van vel en die een het ‘n aktetas in die hand gehad. Die een sonder die aktetas het gedrup van die goud. Ringe, armband, horlosie …
Ek het met twee minute oor opgestaan en ook hyser toe gestap. Op die boonste vloer is die duurste suite en ek het aan die deur geklop. Aktetas het oopgemaak en my op en af gekyk. Die Duitser het nader gekom en my aan die arm in die vertrek ingelei.
Die man met die meisie is ‘n Amerikaanse snydokter wat Hollywood sterre sinteties jonk hou. Hy stel homself voor met: “Call me Hank, or Doc, whatever floats your boat.”
Die man met die goud is ‘n besigheidsman wat van Europa afkomstig is. Hy sê hy is oorsponklik van Kroasïe, maar is deesdae ‘n ‘wêreldburger’. Sy naam is Salim. Niemand stel my aan aktetas voor nie.
Ook nie aan die meisie nie.
-0-
Dis laataand. Daar lê ‘n hoop geld op die tafel. Aan die sweet op Salim se bo-lip kan ek sien hy’s naby aan sy einde. Die Duitser deel die laaste kaarte. Ek draai myne om en sit dit gesig na onder op die tafel neer. Dan vat ek ‘n sluk van my sodawater.
Salim draai sy kaarte om en ek sien hoe sy hande effens bewe. Hy sit hulle gesig na onder neer. Hy lyk verlig.
Hank gooi sy hand in en klap sy vingers. Die meisie staan op en gaan na die kroegie toe waar sy vir hom nog ‘n whisky ingooi. Hy staan nou al amper op ‘n hele bottel, maar hy lyk en klink nog so vars as toe hy die kamer ingekom het. Sy gee vir hom die glas. Hy proe en beduie met sy vinger dat sy nog whisky moet bygooi.
Almal wag vir die Duitser. Hy staar lank na sy kaarte en gooi dan ook sy hand in. Hy staan op en gaan badkamer toe. Deur die deur hoor ons hoe hy water afslaan.
Die rooikop bring die versterkte drankie en sit dit in Hank se hand.
Salim kyk vir my en ek kyk terug.
“I’d like to see your cards, please” sê ek en vee met my regterhand aan my bo-been.
Hy sug van verligting en amper oorhaastig draai hy sy kaarte om.
Voor hom op die rafel lê drie tiene en twee vywe. ‘n Goeie hand. Ek sê niks, kyk net na sy kaarte. Hy begin saggies lag en leun oor om die armsvol geld nader te sleep. Aktetas klap saggies hande.
‘Wait,’ sê Hank. ‘We haven’t seen his cards yet …”
‘He’s bluffing’ sê aktetas. Sy eerste woorde vir die aand. ‘When he rubs his hand on his leg, he’s bluffing.”
Ek sug diep. Leun oor en draai my kaarte om. Vier neges lê op die tafel. Salim en Aktetas lyk of hulle ‘n spook gesien het.
‘Sorry Salim,’ sê ek. ‘I wasn’t bluffing this time …”
Na ‘n ruk waarin niemand iets sê nie, staan Salim op en kom na my toe. Hy kyk lank na my en dan sê hy: ‘One day I wil get my money back. Good game.”
Ons skud blad en hy gaan haastig uit gevolg deur Aktetas. Die Duitser kom deur die deur en kyk vraend rond, dan lag hy.
‘I think I will also join Salim. My money is getting a bit thin… Thank you gentlemen. And lady. It has been a good game. I will pay for the room.” En daarmee stap hy uit.
Ek kyk vir Hank en Hank kyk vir my.
‘I’ll play you for everything on the table,” sê hy na ‘n ruk.
Ek knik en begin die geld tel. Terwyl ek tel gaan staan hy op die balkon en rook een van sy sigare. Ek kom agter dat die meisie na my staar.
“Problem?” vra ek.
“Ek’s Afrikaans,” sê sy.
Ek sê niks, tel net verder. Wanneer ek klaar is, maak ek die geld in pakkies op en skryf die bedrag op ‘n stukkie papier neer. Ek maak die som en skryf die dollarwaarde ook op die papier neer.
Dan staan ek op en gaan badkamer toe.
Ek was my hande en spoel my gesig in koue water af. Ek kyk na myself in die spieël. My oë is nog nie rooi nie en ek voel nog nie eintlik moeg nie. Hoe Hank moet voel na al daai whisky en sigare sal ek nooit weet nie. Ek droog af met een van die sagte wit handdoeke en stap terug.
Hank sit met die papiertjie met die bedrae op in sy hand.
“I can’t match this,” sê hy. “Not enough cash left.”
“Then I’m afraid it’s game over.”
“Wait,” sê hy.
Ek wag.
Hy kyk na die rooikop en dan terug na my toe.
“We let her shuffle the cards … Then we draw. One card. Highest card wins.”
“I’m a poker player, not a gambler.”
“Come on man! I’ll make it worth your while.”
“You don’t have the money to match me, Hank.”
“I have her …”
Ek hoor hoe sy haar asem intrek agter my. “Hank!”
“Shut up,” sis hy dit uit na haar toe.
“So what will it be? The money to me? Or the girl to you?”
Ek skud my kop. En dan hoor ek haar saggies fluister. “Moenie …”
Ek tel die pak kaarte op en gee dit vir haar. Sy begin stadig, maar dan skommel sy al vinniger. As sy klaar is sit sy die kaarte in die middel van die tafel neer.
Hank kyk my lank aan, dan leun hy vorentoe en haal die boonste kaart van die pak af. Hy kyk nie eers daarna nie. Hy sit dit net voor hom neer. Koningin van Harte.
Ek wonder oor hoekom ek my eie reëls breek. Speel altyd onder jou omstandighede. Speel jou spel. Moenie dat iemand jou intrek in iets wat jy nie wil speel nie …
Ek vat die boonste kaart en sonder om te kyk sit ek dit neer. Hank kyk my in die oë en dan kyk hy af.
Hy sug, staan op en haal sy baadjie van die hanger af. “Enjoy her. She’s really good at it.”
Ek kyk af. Voor my lê die Koning van Diamante.
Ek draai om. Die meisie is nie daar nie.
In die slaapkamer gaan ‘n lig aan. Ek gaan staan in die deur. Sy staan langs die bed met haar rug na my toe. Sy’t haar hakke uitgeskop en is besig om haar rok se ritssluiter los te maak.
“Moenie,’ sê ek. ‘Ek sal jou huistoe vat.”
Soos sy omdraai val die rok van haar skouers af en land in ‘n bondel om haar enkels.
Sy het die bleek vel van die regte rooikop met die sproete op al die regte plekke. Sy maak haar bra los en gooi dit argeloos eenkant toe.
“Dis nie nodig nie. Ek sal jou huistoe vat.”
“Jy’t my gewen. Kom. Kom kry jou prys,” en met die stroop sy haar broekie af. Tussen haar wit dye sit ‘n piepklein klossie rooi hare.
Ek hoor ‘n mishoring se gekruin van die hawe af. Ek trek my baadjie uit en hang dit agter die deur op. Dan maak ek my mansjetknope los en sit dit op die spieëltafel. Ek gooi my das eenkant toe, knoop my hemp los en laat dit val. Ek trek my sokkies uit en gooi dit neer, en dan my broek. Ek trek my bokser af en my horing spring los.
Ons loop na mekaar toe. Ek kyk haar lank.
“Laaste kans. Ek kan jou huistoe vat.”
Sy skud haar kop en dan is sy in my arms. Haar warm lyf druk teen my aan en haar tepels druk teen my bors, Ek wikkel haar bene oop met my bobeen en sy vryf haar warm poesie teen my. Haar hand omklem my skag en sy druk hom hard.
Ek stoot haar agteroor tot op die bed, en dan sonder enige voorspel druk ek in haar in en begin haar naai. Dit vat nie lank voor ek kom nie. Maar sy wil my nie laat los nie. Sy omklem my met haar bene en hou my binne in haar. Sy trek my kop af na haar toe en soen my diep. Met haar tong in my mond mompel sy: “Ek is jou prys. Naai my asof ek aan jou behoort.”
-0-
Sy lê op haar maag met haar bene effens oop. Ek lek haar voete een vir een, trek haar toontjies in my mond in. Den lek ek haar voetsole en dan met haar bene op na boontoe. By haar kniëe talm ek ‘n wyle, en hier lek ek nie net nie ek soen en knibbel haar in die waai van haar kniëe. Sy wriemel van genot. Dan werk ek verder boontoe. Ek byt haar dye, knibbel haar boude en druk my tong teen har rosyntjie vas. Sy krul en kreun maar ek gun haar geen ruskans nie. Ek dop haar om en lek verder, teen haar maag op, by haar naeltjie verby tot by haar ligroos tepeltjies. Ek soen en suig aan hulle tot sy haar rug begin krom trek en haar onderlyf teen my aandruk. Ek glip ‘n hand tussen haar bene in en vryf har sopnattigheid. Ek glip eers een vinger, dan twee, dan drie in haar in.
Sy druk teen my hand. Haar asem jaag. Ek streel die binnkant van haar vroulikheid en druk my vingers teen die sponserige area aan die bokant van haar poesie. Sy kreun een, twee keer en dan kom sy met ‘n straal sap wat uit haar spuit oor my vingers en hand.
-0-
Ek sit in die stoel en sy kniel tussen my bene, haar mond om my skag geklem. In die flou lig sien ek haar rooikop stadig op en af beweeg. Grille van plesier skeur deur my. Sy omklem my sakke, kielie die sensitiewe stukkie vel tussen my ballas en my hol. Dan versit sy haar hande na my borskas toe en trek haar lang rooi naels oor my bors se vel. Sy knyp my tepels, byt my pensvel en suig my knaters, saggies en versigtig, in haar mond in …
-0-
As die son oor Tafelbaai begin loer rol ek vir die laaste keer van haar af. Ons is taai, besmeer met liggaamsappe en wellus. Ek sit my hand op haar poesie en raak aan die slaap.
-0-
Ek word wakker. Sy is nie langs my nie. Ek sit regop, kyk rond. Haar klere is weg. Ek voel skielik baie teleurgesteld. Ek het nooit haar nommer gevra nie …
Na ‘’n stort trek ek aan en stap in die leefarea in. Sy sit by die tafel met ‘n pot koffie en ‘n halfvol koppie voor haar. In haar hande is die pak kaarte.
“Lekker geslaap?” Haar stem is ‘n diep contralto, wat heeltemal anders klink as die klein katgeluidjies wat sy in die bed gemaak het.
“Dankie. Jy?”
Sy knik. “Hier was netnou ‘n man in ‘n pikkewynpakkie wat wil weet wanneer ons die kamer ontruim …”
Ek kyk op my horlosie. Dis verby die hotel se gewone uitboektyd. “Ons moet seker gaan … Ek kry net geld uit die kluis …”
“Kom sit eers. Net vir ‘n minuut…”
Ek gaan sit teenoor haar. Sy kyk uitdrukkingloos na my en ek is weereens verbaas deur haar helder groen oë. Sonder om vir haar hande te kyk skommel sy die kaarte. Dan sit sy die pak voor my neer.
“Trek.”
Ek kyk vir haar, kyk vir die kaarte en vat die boonste een, en sit dit neer. Ek kyk af. Koningin van Harte. Selfde as wat Hank die vorige aand getrek het.
Sy glimlag, vat die boonste kaart en draai dit om. Koning van Diamante.
Vir ‘n oomblik vertsaan ek nie … dan.
“Jy bedoel …”
“Ek is mal oor ‘n man in ‘n pak ….”
2 COMMENTS
Jou verskeidenheid maak dit moeilik om dit as beter te beskryf.
Jou aanslag en ondervinding word verwoord in jou stories.
Jy skryf uitstekend, ek geniet elkeen van jou verhale. Moenie ophou skryf nie.
Een van my beteres , dink ek…