Tantriese massering

3+
Hoe lank gaan ek lees: 9 minute

deur Jan Pielewiet

Taalversorging deur Lusman

Ons is hierdie jaar al 20 jaar getroud en ek krap kop oor wat ek en My Lyfie gaan doen om dit te vier. Ek sit met my laptop voor my en maak of ek werk terwyl ek google vir herdenkingsidees. Dan sien ek op die voorskou op my skerm se regterkantste onderste hoek dat daar ‘n e-pos vanaf My Hardwerkende ingekom het.

Aangesien ek in elk geval net maak of ek werk, lees ek gou wat sy gestuur het. Dit is kort en kragtig en stipuleer dat ek 12 September moet oophou. Sy het klaar vir ons ‘n plekkie bespreek. En verder, in die e-pos, dat ek net kan sorg vir ‘n pakkie vir haar, verkieslik klein en mooi toegedraai in Browns se geskenkpapier. Vir die wat nie weet nie, sy skimp vir juwele vanaf ‘n bekende juwelierswinkel.

Gelukkig kan ek die item in die winkel maklik kies. Ek stap in, kies iets wat blink, swaai die plastiek en kies ses maande. Ek is gesort.

Nou wonder ek wat sy beplan het ….

Hoe meer ek haar pols in die twee weke voor die datum, hoe meer geheimsinnig raak sy – en hoe meer benoud raak ek. Al wat ek uit haar kan uitkry, is dat ek gemaklike klere moet inpak, asook my swembroek … en tasse vol liefde.

Die Vrydagoggend word ek wakker met ‘n meneer van ‘n ereksie wat teen My Goedgeboude se agterkant vasdruk waar ons lepellê in die koningingrootte bed. Ek wikkel my heupe sodat sy kan voel hoe die kop tussen haar boude pas. Wonder bo wonder, kry ek ‘n wikkel terug. Sak Sarel, die naweek is lank en as ons nou besig raak, is ons beide laat vir werk. Met moeite staan ek op en maak klaar vir werk. Ons het die vorige dag al ons tasse gepak en gaan direk na werk die pad vat na ons naweekbestemming.

Ons vertrek net na 12, die middag afgevat vir oortyd gewerk aan ‘n vorige projek. Die motor is al die vorige dag klaar gepak. Sy tik ons bestemming in op Google Maps en my slimfoon gee die rigting aan. Na twee ure se ry stop ons voor ‘n sjarmante boetiekspa êrens tussen Brits en nêrens.

Ons chalet is versteek tussen bosse. Dit het ‘n manjifieke uitsig oor die Magaliesberg se toppe. Dit is ‘n wildsplaas en ons het ‘n watergat skaars 200 meter van ons agterdeur af.

Ons besluit om die Saterdag te slaap tot ons wakker word en dan die wêreld te gaan verken. Sy het vir ons ‘n massering vir 16:00 geboek. Dis “as huwelikspresent!” sê sy met klem en ‘n knip van die oog.

Die Saterdagoggend word ek met dagbreek wakker gesing deur duisende voëls in die bos langsaan. My voël sing natuurlik stywenek saam. Ek vat my kans en druk sy kop weer vas tussen My Slapende se parmantige boude en word begroet met ‘n steun en ‘n kreun hier voor my.

“Koffie!” word ek opgekommandeer deur My Enigste. Soos die goeie man wat ek is, staan ek op en stap kaalgat kombuis toe. Nadat ek en My Dorstige ‘n koffie en ‘n beskuitjie in die bed geniet het, traai ek weer my luck met my hart se punt. Maar sy keer en sê sy het ander planne vir my. Ek vermoed ons gaan ná ons massering ‘n lekker lang aand van passie hê. Ek onderdruk maar my lus.

Ons verwyl die oggend deur na die watergat se besoekers te kyk en te tel hoeveel verskillende voëls ons kan herken. So teen drieuur gaan spring ons in die stort. Dan stap ons na die kompleks toe.

Die masseersalon is so ‘n paar meter van die swembadarea af, effens verskuil agter ‘n houtpaalmuur en omring deur hoë, digte bome. Geen persoon word toegelaat sonder ‘n plekbespreking nie; dus is die stilte heerlik as ‘n mens daar instap.

Ons word ontvang deur ‘n korterige Taiwannese dame in ‘n wit japon. Sy het swaar grimering en ‘n nog swaarder aksent. Sy neem ons na ‘n intieme vertrek waar sagte, strelende musiek uit verskuilde luidsprekers die lug vul. ‘n Aangename aroma vul die lug wat my gelyk kalm en jags maak. Die tannietjie verduidelik ons moet kaal uittrek en op ons mae onder die handdoeke op die masseerbeddens gaan lê. Ons masseuse sal blykbaar inkom sodra ons die klokkie, wat op die tafel staan, lui.

My vroutjie begin haar bloes uittrek. As sy haar bra losknip, val haar swaar borste uit. Ek voel hoe my horing begin groei en sien hier kom moeilikheid. Hoe gaan ek op ‘n horing lê as iemand my rug kom vryf?

“Strip,” word ek aangejaag, “die tyd loop.” En dan begin sy giggel as sy omdraai en die knop sien wat begin vorm. Ek het gedink ek kom voorbereid deur nie ‘n onderbroek aan te trek nie, maar nou is ek spyt … en spyt kom mos altyd te laat.

“Ontspan Skat, en geniet dit. Hierdie is my bederf aan jou om dankie te sê vir ‘n wonderlike 20 jaar saam. “My Sexy,” fluister sy in my oor terwyl sy aan my oorlel knibbel en haar hand oor my wa streel. Dan laat val sy haar rompie. Ook sy het sonder ‘n broekie opgedaag. Nou vir wat sou sy dan ‘n bra aantrek? wonder ek, as ek ook heeltemal kaal strip en dan op die bed gaan lê.

Ek trek die handdoek oor my sitvlak en kyk dan of My Enigste respektabel is. Dan lui ek die klokkie. Voor ek nog die klokkie behoorlik neergesit het, gaan die deur oop. Die masseuse wat ons ontvang het en ook ‘n man, met ‘n soortgelyke japon as sy aan, stap in. Die man gaan staan langs My Langgetroude en die meisie kom staan langs my. Gaan hy haar masseer? wonder ek.

“Dit is mos die vol pakket?” maak die man vraend ‘n stelling. My Tortelduifie beaam dit. Sy lyk positief, amper te positief …

Die vrou trek my handdoek se bokant af en die onderkant op, sodat daar slegs ‘n smal strepie daarvan oor my boude lê. Dan giet sy olie in haar hande, wat sy eers warm gevryf het. Sy begin my rug smeer.

Ek voel hoe sy elke knop opspoor voordat sy met mening daaraan werk, nadat sy my gevra het hoe hard sy kan druk. Ek is natuurlik braaf en windgat voor My Gemasseerde en sê sy hoef niks terug te hou nie. Ek kort ‘n goeie vryf, laat ek van my hoor. Dit alles natuurlik in my “Boere-ingels”, terwyl sy in haar eksotiese Engels laat blyk dat sy verstaan.

Die massering grens aan marteling soos sy elke knop druk met ‘n stuk stok waarvan die punt rond gemaak is. Ek is oortuig dat, as ek ‘n onderbroek gedra het, ek ‘n skone sou moes gaan aantrek …

My Sagste het natuurlik die sagkens-opsie verkies toe haar masseur haar gevra het of sy harde of sagte behandeling wil hê. Aan haar asemhaling kan ek hoor dat sy op pad droomland toe is; sy haal rustig asem. Dit, terwyl ek moet kners op my tande. Pasop waarvoor jy vra en groot gif kom in klein botteltjies, is van die gedagtes wat deur my kop vlieg as my masseuse tussen knoppe skuif en ek effens kan ontspan voor die volgende aanslag.

Net voordat ek kan protesteer en sê dit raak darem nou te erg, beweeg sy af na my bene waar sy elke toon en elke duikie in my voete aanpak. Sy beweeg dan op en karnuffel my kuite en bobene. Dan word my gevoude handdoekie opgeskuif na my skouers. My ontblote boude word gesmeer en gedruk. Dankie aan die gode dat die pyn alle erotiese gedagtes verban het en ek dus nie meer ‘n styfte het nie. Ek het skaars dié gedagte gehad, of die meisie se hele aanslag verander.

Die pyniging gaan oor in ‘n streelsessie, waar die dame onder by my voete begin. Sy vind dan haar pad tot teen my boude met ‘n sagte streling, wat veroorsaak dat Kleinman onmiddellik oorgaan in volle oorlogsmondering. Ek is darem al vir drie dae lus om my vrou te raps. Baie potensiaal vir styfheid het in dié tyd opgebou. Na die pyniging is die sagte aanraking nou soos hemel op aarde. Elke senuweepunt word intens gestimuleer. Elke aanraking word vergroot om hom met snelle impuls na die seksorgaan tussen my ore te haas.

Ek voel hoe sy by elke boonste draaipunt van die streelhaal al hoe nader aan my anus beweeg, todat sy op ‘n stadium die olie so effens in my opening begin invryf. Ek is weer eens op die punt om te protesteer. Want wat sal My Prinses dink as ek my oorgee aan ‘n ander vrou se liefkosing. Dis toe dat ek hoor hoe my vrou ‘n sagte sugkreun los.

Ek loer vir haar en sien haar masseur is met presies dieselfde as my masseuse besig. Vroutjie druk elke keer haar boude op as sy hand naby aan haar verbode vrug kom. Ek begin besef hierdie is nie jou gewone vollyfmassering nie. My gedagtes is teen duisend myl per uur aan die werk as ek sien haar oë fladder oop en sy knipoog vir my. Dan sien ek haar oë weer sluit en dat sy haar oorgee aan alles wat sy ervaar.

Wanneer my masseuse weer haar vinger teen my hol druk, ontspan ek ook. Ek voel hoe sy haar vinger effens indruk voor sy weer onder begin. Wanneer sy weer bo kom, laat drup sy nog olie in my boudegleuf. Dan druk sy haar vinger amper heel in, waar sy dit vir ‘n paar tellings los.

Die masseerders staan gelyk terug, met die versoek aan albei van ons dat ons moet omdraai.

In die omdraai sien ek hoe My Dierbaarste vir my kyk en hoe haar mond die woorde “Geniet dit, ek is lief vir jou,” vorm. Wanneer ek plat op my rug lê, is die handdoek weer kuis oor my middel gedrapeer. Die buitelyne van my meneer is egter duidelik sigbaar. Teen die plafon is ‘n tamaai spieël waarin ek en My Skattebol na mekaar kan kyk, asook kan sien wat met die ander een gebeur.

Natuurlik word ek eers weer aan ‘n martelsessie onderwerp. Dit begin by my tone en eindig op my skedel. Dan begin die dame infokus op my vlammende spies. Sy begin deur elke testikel te masseer en goed olie te gee. Dan smeer sy my skag in, sodat haar hand op en af gly met geen weerstand nie. Weer gaan sy af na my testikels. Terwyl my knaters en skag aandag kry, sien ek hoe My Welbedeelde se borste deur die man ingevryf word.

My masseuse vat my piel met al twee hande vas en begin ‘n op-en-af-beweging met beide hande maak. Elke keer as sy onder kom, draai sy haar skagomklemmende hande in verskillende rigtings. Dit veroorsaak amper ‘n knypbeweging, maar, vreemd eroties, jaag dit my op. Ek is besig om in die rigting van ‘n orgasme te beweeg.

Wanneer ek weer na My Jagsste kyk, sien ek haar nippels het verkleur van ligbruin tot donkerbruin. Hulle staan soos die twee hoogste koppies van Drie Susters spitsend regop. Ek weet sy is hiperjags en sal nou enigiets doen as ek en sy alleen in ons huis was. Na twintig jaar is sy nog steeds net so pragtig soos op ons huweliksnag. Saam met die tyd het ‘n begrip vir mekaar en ‘n aanvaarding van mekaar gekom. Dis ‘n diep liefde en passie wat ons bind.

Die twee masseerders bly gesinchroniseerd werk. Want wanneer my masseuse aan my skag begin werk, begin haar masseur op haar koeklippe fokus. Hy het haar mildelik met olie gesmeer voordat hy elke lip vryf en rek en trek sodat haar klitoris prominent uitstaan. Dan begin hy haar penetreer met sy regterhand se middelvinger terwyl sy linkerhand druk op die bokant van haar vulva plaas. Sy linkerhand se vingers begin haar klitoris dan met ‘n draadtrekaksie stimuleer. Aan My Vroutjie se asemhaling en die deinings van haar borskas kan ek sien sy is gereed vir ‘n enorme orgasme.

Ek self voel hoe die kom warm word in my eiers as die girl my vra om my bene, met my hande op die onderdye, terug te trek – en in daardie posisie te hou. My voël, nou hard en reguit, leun skuins oor, in die rigting van my naeltjie. Dis asof dit indring in die perfekte V wat my opgetrekte bene by my bekken maak. Wanneer sy haar vinger nou diep in my hol inwoel en my prostaat begin kielie, skiet ek ‘n lang sliert saad uit op my bors. My vrou se orgasmiese gille weerklink in my ore dieselfde tyd as wat die skoot my bors tref. In die plafonspieël sien ek hoe sy rukkend ook haar orgasme kry. Asof in reaksie op haar genot, verlaat nog skote in lang slierte die kop van my orgaan. Nog ‘n langwerpige spatsel vorm op my bors, gevolg deur kleineres op my maag. Dit voel asof my masseuse my so leeg tap dat selfs my boude begin induik. Toe die laaste druppel van my voëlkop afdrup, trek sy haar vinger stadig uit.

Nog nooit het ek iets so eroties as die orgasme van my vroulief gesien terwyl ek my eie langs haar ervaar het nie. Dit word in my brein ingeëts. Ek sal tot op my oudag haar gesigsuitdrukking van totale genot onthou.

Stadigaan daal ek en My Ontspanne af van die hoogtes waar ons was. Dan besef ek die twee masseerders het verdwyn. Ons kan rustig na normaal terugkeer, is my onmiddellike gedagte. Maar net toe ek wou opstaan om iets te soek om mee skoon te maak, gaan die deur oop. Beide kom in met skottels warm water en lekkerruik-sepies en -roompies om ons mee te kom skoonmaak. Vyfsterdiens in die hoogste graad, dink ek tevrede terwyl ek en Vroulief glimlaggend na mekaar kyk.

Nadat hulle ons afgespons het, verlaat hulle weer stil-stil die vertrek. Ons weet ons het nog ‘n halfuur voordat die volgende paartjie inkom. Vroulief maak die opmerking dat ons die halfuur goed moet benut.

Net daar spring ek op. Ek laat My Enigste op die rand van die masseerbed sit. Ek vra haar om haar bene op te lig en laat leun hulle in die waaie van my arms, my hande op die bed langs haar. Effens op my tone, om my mikpunt op die hoërige masseerbed behoorlik te bereik, druk ek my stywe voël tot teen my ballas in haar weg.

“Dankie vir die lekkerste ervaring en herdenking ooit, My Liefste” fluister ek in haar oor terwyl ek saggies in haar begin beweeg. Ek gee nie om of daai maseerders weer inkom nie; na alles is dit hul sogenaamde tantriese massering wat ons tot hier gebring het.

“Ek is bly ons kon dit saam geniet,” kom haar antwoord. “Spyker my nou soos net jy kan.” Haar woorde is amper te laat; ek het reeds dieper en harder begin gaan. Die hakke van my voete is besig om flink op en af te wip.

3+

2 thoughts on “Tantriese massering

  • May 8, 2020 at 2:14 pm
    Permalink

    Waar kan mens dit laat doen? Ek en vroulief wil bitter graag. Dit klink moer lekker!!

  • May 8, 2020 at 1:34 pm
    Permalink

    Ek het in Vreesloos ‘n video gedeel wat by hierdie storie van Jan Pielewiet pas. 🙂

Leave a Reply

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)