
Liedjiestorie: Electric Avenue
deur Ramkat Erasmus
Oh no, we gonna rock down to Electric Avenue
And then we’ll take it higher
Oh, we gonna rock down to Electric Avenue
And then we’ll take it higher
Eddy Grant
Sy bel die skakelbord en hulle bevestig die afspraak, maar dan sê die vrou aan die anderkant van die telefoon dat Magriet siek is. Hulle het ‘n locum om haar afsprake te hanteer en wil weet of dit in orde is. Hannelie het nie ‘n keuse nie. Sy het fisio dringend nodig en sy weet Magriet sal haar kliënte nie aan iemand se genade oorlaat wat nie weet wat hy of sy doen nie.
Sy klim in haar geel motortjie en ry die 12 kilo’s na Magriet se kamers toe. Haar bo-been is styf en seer en sy dink die spier is erg geskeur, maar sy weet ook uit dure ondervinding om nie die bobbejaan agter die bult te gaan haal nie. Kry eers die opinie van die fisio voor sy vir Dirk laat weet sy kan nie Saterdag in die kompetisie dans nie.
Sy parkeer in die koelte en stap in. Die meisie agter die toonbank vra sy moet sit, maar as sy dit doen gaan sy weer moet opstaan, so sy bly maar op haar voete. ‘n Man kom uit die behandelingskamer uit en die toonbankmeisie sê sy kan maar ingaan.
Sy loop by een van die aantrekhokkies in, trek haar bloes en romp uit en trek die hospitaaljurk-ding aan wat haar rug kaal laat. ‘n Manstem sê saggies sy kan maar deurkom. Sy trek die gordyn van die aantrekhokkie oop en stap na die deur toe wat half oopstaan. Sy stap in. Die man staan met sy rug na haar toe en lees in ‘n leêr. Hy draai om.
Sy snak haar asem.
“Koen?”
“Hannelie! Lekker om jou weer te sien …” en hy glimlag met so ‘n skewe glimlag wat altyd haar bene lam gemaak het. “Kom lê dat ons kyk …”
Sy klim op die bed en lê agteroor. Hy vra uit oor die besering en sy beduie wat gebeur het en waar die spier seer is. Hy vat versigtig aan haar bo-been en voel-voel na die skeur in die spier. Dan brom hy in sy keel.
Hy staan terug. “Ek dink nie dis geskeur nie. Net gerek. Bietjie massering, bietjie naalde, bietjie elektrisiteit … En as jy more kan terugkom doen ons dit weer, en teen Saterdag behoort jy weer te kan dans.”
Sy sug van verligting.
“Dans jy en Dirk nog saam?”
Sy knik.
“Sê groete as jy hom sien …”
Hy spuit masseerolie in sy hand, vryf dit aan haar bo-been en begin met lang hale masseer. Sy onthou sy hande. Dis die ding omtrent hom wat sy aan die begin die meeste gemis het. Daai opgeleide hande …
Sy voel hoe die spier onder sy hande ontspan en is intens bewus daarvan dat hy elke nou aan dan aan die rekkie van haar broekie raak.
Dan sit hy die gommerige plakgoed aan haar spiere en sit die elektrodes aan. Hy draai die krag stadig op en sê sy moet praat as dit te erg raak. Onder die elektrisiteit trek haar spier ritmies saam. Hy gaan uit en sy bly alleen op die bed agter met die ritmiese saamtrekking van haar spier. Sy is skielik bewus dat sy nat is. Papnat. Sy wonder of hy dit kan sien deur haar broekie. Sy voel hoe sy bloos en probeer aan ander dinge dink. Sy dink aan die nuwe tango wat sy en Dirk ontwerp het vir die kompetisie.
Stadig keer haar gemoed na normal as sy haarself en Dirk in haar geestesoog die dans sien doen. Dan gaan die deur oop en Koen kom weer in. Hy skakel die masjien af en haal die elektrodes af. Hy vat ‘n lap en vee die gommerigheid van haar vel af. Hy voel aan die spier, maak ‘n geluid en sê dan: “Dit lyk goed. Ek gaan hom weer masseer en dan kyk ons.”
Hy haal ‘n masjientjie van die rak af en druk sy vingers deur die bandjies. Die masjien sit nou aan die bokant van sy hand. Hy prop die ding in en skakel dit aan. Die masjientjie begin saggies brom. “Sê as dit te erg is,” sê hy en vat aan haar spier met sy lang, sterk vingers. Die masjientjie vibreer en omdat dit so styf aan sy hand vasgemaak is, vloei die vibrasies deur sy vingers na haar spiere toe. Die keer werk hy baie stadig en egalig. Hy werk met sy vibrerende hand van haar knieg af tot by haar broekie. Hoe hoër sy hand teen haar been op beweeg hoe meer intens is sy bewus van die nattighied tussen haar bene. Die vibrasies doen niks om haar te kalmeer nie. Sy kan hoor hoe haar asem jaag en sy weet Koen moet ook bewus wees van wat aangaan.
Dan stop hy met sy vibrerende hand teen haar broekie. Hy beweeg sy vingers stadig oor die material tot op haar mons. Dit voel vir haar of haar hele lyf vibreer. Dan kan sy nie meer nie. Sy druk haar hand tussen haar bene in en trek die broekie weg na die kant toe.
Hy glip sy elektriese vingers oor haar lippes en binne in haar in. Die gevoel is ongelooflik en sy voel dadelik hoe die orgasme in haar begin opbou. Die elektriese hand beweeg harder, dringender en vinniger, en dan ruk-ruk haar onderlyf as die orgasme deur haar begin vloei.
Sy voel asof sy nooit gaan ophou kom nie. Sy is nat en deurmekaar en die genot vloei steeds deur haar. Dan stadig maar seker vervaag dit tot sy net haar asem kan hoor. En dan sy stem …
“Vir ‘n seer spier is ‘n bietjie elektrisiteit altyd goed….”
2 COMMENTS
Heerlik, heerlik
heerlike storie, ou Staatmaker, Ramkat, my Dinsdag opgekikker !