
Die Venster
deur Ramkat Erasmus
Sy’t nooit bedoel dat enigiets moes gebeur nie. Sy wou maar net ‘n bietjie kuier, miskien gaan uiteet en ‘n bietjie wyn drink. Sy was per slot van rekening relatief kuis, dog nie onskuldig nie, met ‘n sterk sin vir hoe ‘n mens die speletjie speel.
Hy’t omtrent 4.30 die winkel binnegekom, net voor sy wou begin oppak en toesluit vir die dag. Sy stem was effe hees, asof hy verkoue had of dalk ‘n ander keelprobleem. Sy’t ook sy hande opgemerk. Hulle was sterk en en mooi; die hande van ‘n kunstenaar, het sy gedink. Sy’t baie gehou van hoe sy klere aan sy lenige lyf hang. Amper onverskillig, maar alles het tog getuig van goeie smaak. Sy’t ook opgemerk dat hy cowboy stewels dra onder sy stywe jean wat sy boude mooi omvou.
Sy’t vir hom die onderklere waarin hy belanggestel het uitgepak en sy amper ongemaklik- direkte vrae beantwoord. Sy’t ook ‘n paar vrae gehad, soos vir wie die artikels bedoel was, was dit ‘n verjaarsdag geskenk of dalk een of ander ander belangrike geleentheid, en wou hy die fyn onderklere toegedraai hê in geskenkpapier? Sy het nie juis iets wys geword uit sy antwoorde nie, en toe hy uiteindelik sy keuses maak het sy nie veel meer van hom geweet as toe hy by die winkel ingestap het nie. Hy’t haar aanbod om die ragfyn stukkies kant toe te draai, van die hand gewys en die inkoopsak wat sy hom aangebied het by haar gevat.
In die deur het hy gestop, weer na haar toe gedraai en met ‘n lui glimlag om sy lippe gevra: “Kom ons gaan drink iets… ”
Sy’t verbaas na hom gekyk, en die lui glimlag het sy gesig soos ‘n ondeunde seuntjie s’n laat lyk. Toe knipoog hy vir haar.
“Of is jy bang vir my?” En die keer kyk hy diep in haar oë en sy het skielik besef dat sy baie lus is om saam met hom ‘n drankie te gaan drink.
“Wel… Ek moet eers ‘n klomp goed wegpak en toesluit.”
“Ek sal wag.” Hy’t in die stoel gaan sit wat bedoel was vir die mans wat wou sien hoe hulle vrouens in die onderklere lyk wat hulle uitgekies het.
Sy’t haastig die geld getel, baie bewus van sy helder groen oë op haar elke beweging. Toe het sy die geld in die kluis gesit en vinnig kombuis toe gegaan, haar lipstiffie verfris, lekkerruikgoed aangespuit en haar handsak en karsleutels gevat. Hulle is saam-saam uit en sy’t die deur gesluit.
Hy’t haar na ‘n klein Italiaanse plekkie toe gevat, vrolik gesels oor ditjies en datjies en geamuseerd geluister na haar staaltjies oor haar lewe in die onderklerewinkel. Die vioolspeler wat van tafel tot tafel geloop het het een of twee keer by hulle aangedoen, maar hy het hom elke keer weggewys.
Sy’t geleer dat sy naam Bartho is, dat hy sakebelange het in verskeie Afrika lande te doen met toerisme, en dat hy hou van alternatiewe sport soos valskermspring en bergklim.
Sy was ook verbaas om op te merk dat hy nie een kaar na haar borste gestaar het soos meeste ander mans nie. Hy het sy oë heeltyd oor haar gesig laat speel en as hy wel afgekyk het, was dit na sy bord kos. Sy was nog altyd trots op haar borste vandat sy die eerste keer op 14 besef het dat seuns en mans net nie kan ophou kyk nie. Sy’t later geleer om dit tot haar voordeel te gebruik, maar Bartho het nie soos ander mans gestaar nie.
Toe is hulle klaar geëet en hy het likeurs bestel sonder om haar te vra wat sy wou hê. Toe’t hy die vioolspeler nader gewink, hom ‘n paar note in die hand gestop en iets vir hom gefluister. Die musikant het ‘n paar treë teruggestaan en saggies ‘n stuk musiek begin speel wat sy nie geken het nie. Die musiek was treurig en het dadelik haar emosies geroer.
“Wat is dit?” het sy gevra.
“Mozart.” was die antwoord. “Een van my gunsteling stukkies musiek.”
Sy het haar oë toegemaak en die musiek haar laat wegvoer, en iewers in die klank het hy haar hande gevat in sy groot warm hande, en sy het nie weggetrek nie.
Heelwat later, toe die restaurantjie al begin leegloop het, het sy begin wonder of hy saam met haar sou wou huis toe gaan. Maar veel soos sy dit dalk wou hê, het hy haar nie eers probeer nag soen nie. Hy’t sy motor naby aan hare in die parkeerarea gestop, een van sy mooi hande uitgehou en outyds-beleefd handgeskud en dankie gesê vir ‘n heerlike aand. Toe vra hy of hulle weer so kan maak een of ander tyd, en sy het haastig haar nommer vir hom in sy selfoon ingepons.
Sy was reeds uit die motor uit en besig om in haar handsak te krap vir haar sleutels toe sy besef dat hy ook uitgeklim het.
“Ek’s jammer… Maar ek dink ek het my pakkie in die winkel vergeet …”
“Dis mos net hier … Kom.”
Sy’t, skielik opgewonde, weggedraai en begin aanstap in die rigting van die winkel. By die deur het sy die sekuriteitslot oopgesluit en die deur weer agter hulle toegemaak.
Daar was net een flou liggie wat in die vertoonvenster gebrand het en hy’t saggies vir haar gesê om nie te bekommer om nog ‘n lig aan te skakel nie aangesien hy nog kon onthou waar hy die pakkie neergesit het. Hy’t gebuk en die pakkie agter die stoel uitgehaal. Toe steek hy sy hand in die pakkie en haal een van die delikate kantbroekies uit.
“Dra jy ooit een van die?”
Sy stem was hees en donker. Sy kon niks,meer doen as knik nie en hy’t nader aan haar gekom. Die hitte het van sy lyf afgestraal soos ‘n son in haar eie klein private heelal en haar maag het bokgespring onder haar hand.
Hy’t lank so naby aan haar gestaan en diep in haar oë gekyk. Toe het hy sy een hand laat sak en stadig haar rok begin oplig.
“Gee jy om as ek kyk?”
Sy het net diep en sidderend gesug.
Terwyl hy steeds in haar oë kyk het hy stadig op een knie afgesak en haar romp al hoër gelig tot dit bokant haar naeltjie was. Toe kyk hy na haar broekie met die dieselfde intensiteit as waarmee hy in haar oë gestaar het.
En buig nader…
Sy wou omval toe hy sy tong op haar sit. Sy’t teruggeleun teen die toonbank en haar gewig op haar elmboë gestut. Hy’t stadig aan haar broekie gerem tot dit losgetrek het van haar klam vel. Versigtig het hy dit afgetrek. Sy kon sy asem op haar bobene voel toe hy weer nader buk. Hy’t sy arms om haar bene gesit en hulle stadig maar dringend oopgetrek. Sy’t nog vir een laaste oomblik probeer om haar bene toe te hou maar hy was te sterk vir haar en uiteindelik wòu sy vir hom oopmaak.
Sy fluweeltong het diep in haar begin soek, en ‘n vuur aangesteek wat sy nie kon inhou nie. Haar rug het onwillkeurig verder agteroor gebuig en sy’t haar self teen hom aangedruk. Sy hande het haar boude omvou, en haar dieper en harder teen sy gesig aangetrek terwyl sy tong nie vir ‘n oomblik opgehou het met die heerlike soektog diep binne in haar kern nie.
Die ritme van sy tong het haar nader getrek en laat gaan, nader getrek en weer laat gaan. Nader getrek… Sy kon voel hoe hy haar nader en nader aan die afgrond bring, maar telkens net as sy dink, dit gaan gebeur het hy sy ritme of die vorm van sy tong verander en haar weer met ‘n nader roete begin aanlei na die afgrond. Sy’t haar hande in sy hare ingevleg en hom nader probeer trek, haarself teen sy warm mond gevryf, deeglik bewus van elke genuanseerde beweging van sy tong en sy hande om haar boude en bobene.
Na ‘n ruk het hy haar sagkens neergelê en oor haar gebuk om haar bloes oop te knoop. Hy’t haar bra wegtrek van haar borste af. Die hitte van sy hande op haar tepels het haar amper oor die afgrond gestoot. En toe … toe sy heeltemal kaal was, het hy teruggesit en sy broek begin oopknoop.
Sy was nie gewoond aan mans wat nie onderklere dra nie en het amper geskrik toe sien hoe hard en orent sy behoefte vir haar was.
Hy’t ‘n paar van die boonste knope van sy hemp oopgeknoop en dit oor sy kop getrek, sy lang egalige spiere glimmend in die liggie van die vertoonsvenster. Sy’t haar bene oopgemaak en hom dringend bo-op haar neergetrek. Haar hand het tussen hulle ingegly en sy’t sy harde warm staf in haar ingetrek. Hy’t lank net gelê sonder om te beweeg en toe stadig begin stoot. Sy’t haar hande op sy boude gesit en die beweging van die spiere onder sy vel het haar nog meer opgewonde gemaak. Sy ritme het versnel, verhard, dringender geword en toe, net toe sy dink hy gaan kom het hy weer rustig geraak, hom selkf uit haar uitgetrek en haar omgedraai en homself in haar ingesit van agter af. Sy kon sy warm gewig op haar rug voel soos hy vorentoe leun en haar borste in sy kunstenaarshande vasvat. Toe’t hy weer begin bou aan die allesoorheersende, verslawende ritme.
Sy kon sy warm asem deur sy keel hoor jaag en haar bene was glibberig van die jags-nat wat vrylik uit haar uitgestroom het.
Stadig, amper onbewustelik het sy ritme begin verander en vinniger en harder begin word. Hy’t homself in haar ingestamp totdat dit amper te seer begin word het en toe byt hy haar aan die skouer terwyl hy weer en weer in haar inspuit. Terwyl hy soos ‘n dier in haar nek grom het sy ook uiteindelik vir die eerste monumentale keer oor die afgrond geduik en rukkend en gillend saam met hom gekom.
Stadig het hulle op die tapyt neergesak en lank in mekaar se arms gelê.
-0-
Buite in die straat het ‘n jong paartjie met hortende asem teen die venster geleun, sy hand in haar broekie, tussen haar nat bene en sy voël in haar hand, met ‘n straal pêrelagtige man-sap wat stadig teen die ruit afkruip en die uitsig op die twee minnaars op die mat versper.
6 COMMENTS
Dooie Donner!@!
Great stories.
WOW! Ek dink ek het sopas ‘n ongeluk in my broek gehad!
dis een van die sexyste stories wat ek nog ooit gelees het….sjoe , jy’t jouself oortref Ramkat ☺
Stommende storie… tx
Sjoe, die rekenaarskerm is onleesbaar – toegestoom! Lekker!