Fotoverhaalfoto – nuwe Kombiekiehier aanbieding :)

Hoe lank gaan ek lees: < 1 minute

Hello almal,

Baie dankie dat julle weer Kombiekiehier lees en al meer aan die forum (Gemeenskap) begin deelneem. Ek gaan deur hierdie volgende week julle aandag op so paar van ons “produkte” vestig. Ek is ook woes besig om die stories wat in die groot crash van 2016 verlore geraak het, terug te sit. Oor so twee maande sal die argief waarskynlik weer volledig wees.

Ok, eintlik gaan hierdie pos oor ‘n nuwe idee. Van vandag af sal ons elke Maandag ‘n foto pos waaroor julle ‘n storie kan skryf. Dis nie ‘n kompetisie nie. Ek sal al die stories oor daardie foto op die Vrydag pos. Dit sal interessant wees om te sien hoe verskillende mense iets verskillend interpreteer. Die stories kan enige lengte wees, maar moet ten minste 500 woorde wees. Vyfhonderd woord is nie so lank nie, maar darem lank genoeg om ‘n atmosfeer te kan skep. O ja, dit moet asb teen Donderdagmiddernag by my wees as jy dit die Vrydag wil gepubliseer hê. Die foto “sluit” egter nooit nie – jy is welkom om enige tyd ‘n storie oor enige van die foto’s in te stuur – sê net vir ons in die epos oor watter ene dit is. Stuur dit na kombiekiehier@gmail.com

Sover is dit al reëls, want eintlik hou ons mos nie oor die algemeen van reëls nie. 😉

Hier is vandag se prikkel-foto’s waaroor julle ‘n storie kan skryf:

photo 2 (1) photo 3 (2)

 

 

2 thoughts on “Fotoverhaalfoto – nuwe Kombiekiehier aanbieding :)

  • Wille Will

    My nederige poging is gepos. Hoe lyk dit met die ander ” kombiekiehierders “..?….smile

    Reply
  • Wille Will

    kannie wag om almal se stories te lees nie……

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)