
Die Uitsig
deur Law Mangler
Ek sit en geniet die mooi nag toe ek die skuifdeur hoor oopgaan. Ronnie kom uitgestap en gaan staan teen die reling van die dek.
Dit was ‘n deurmekaar middag. Ronnie, wat langsaan bly en Veronica gedoop is, se man was saam met ‘n paar pelle op ‘n visvangtoer. Sy en ‘n vroulike kollega het aan ‘n projek gewerk. Ronnie is nie skaam vir ‘n bottel wyn nie, maar die kollega, Belinda, drink glad nie. Met Ronnie se aanmoediging het sy ‘n paar glase weggeslaan en stormdronk geword, want sy het die hele dag nog feitlik niks geëet nie en sy was op medikasie vir die een of ander iets. Toe wou hulle braai, maar daar was nie gas in die bottel nie en Ronnie het nie kans gesien om oor die kole te braai nie.
My eie planne om rustig op my eie te braai, stilweg gesuip te raak en daarna tot Sondagmiddag te slaap, het gesneuwel toe hulle my wingerdstompies ruik. Hulle het eenvoudig oorgetrek, met vleis, bykosse, drank en al. Belinda het haar verder aan die wyn vergryp en in die sitkamer uitgepaas voor ons begin braai het.
Ek en Ronnie het haar laat rus terwyl ons gebraai en later geëet het. Toe ons klaar was, het Belinda nog nie geroer nie. Ek het al te veel gesien hoe ‘n dronk ou naar word as hy gedra word; ek was nie lus om hierdie een te probeer dra nie. Ronnie was bekommerd oor Belinda se reaksie as sy in my huis wakker word, maar daar was ‘n kamer vir elkeen van hulle en ek het haar oortuig dat dit sin gemaak het om oor te slaap, eerder as om Belinda terug te dra of, behoede my, alleen onder my dak te los.
Ek hou ‘n paar goedkoop, nuwe tandeborsels in my kas, want ek moet dikwels Gauteng toe gaan en vergeet gewoonlik ‘n tandeborsel of iets in die hotelkamer. ‘n Ou hemp, uit die tyd van die “oversize shirt”, was meer as groot genoeg vir nagklere. Dit het gehelp om Ronnie te oorreed om te bly. Terwyl sy gaan stort het, het ek sommer vinnig in die swembad gespring.
Daar is meer maan- en ander lig waar sy staan as hier waar ek langs die braaiplek sit. Sy leun vooroor, met haar arms op die reling, en kyk oor die see uit. Die wit hemp wat ek vir haar geleen het, kom tot by haar kniëe. Ek dink ek kan die buitelyne van haar broekie oor haar linkerheup deur die hemp sien skyn. Dis gewoonik die wilgerlatlywe wat my gek maak; lank en skraal, met klein tieties en nimmereindigende bene. Ronnie is korterig en dra ‘n ekstra kilogram of twee. Maar soos sy nou daar in die maanlig staan, is sy skielik vir my ontsettend mooi. Daar is iets spesiaals aan haar; iets natuurlik en vroulik en ek weet nie mooi wat nie, maar sy is vir my pragtig. Ek voel hoe my voël swaarder raak in my swembroek. Ek weet ook dat ek nie onbepaald na haar kan sit en kyk sonder om soos ‘n Peeping Tom te lyk as sy dit agterkom nie.
“Kom sit hier,” nooi ek haar, en sien hoe sy effens skrik toe sy my stem hoor, “dan skink ons ‘n laaste glasie wyn.”
Sy kom stadig nader, trek-trek aan die soom van die hemp en voel of die knope darem behoorlik hoog toegemaak is.
“Ek …” So vyf treë weg bly sy staan.
Ek probeer rustig en vaderlik klink. “Komaan, jy is heeltemal kuis, en dis in elk geval donkerder hier om die hoek as daar in die huis se lig.”
Ek lieg, want daar is tog ‘n bietjie maanlig waar ek gesit het, maar sy kom sit langs my op die bank, en ek skink vir ons nog wyn. Ek het ‘n paar jaar gelede ‘n kassie vir ‘n paar ekstra glase, vadoeke en so aan by die braaiplek ingebou, en het vanaand al twee keer van die glase gebruik. Soms werk my kop.
Ek is nie seker wat presies daarna gebeur het nie. Sy het langs my gesit. Ons het vir die nag gekyk en oor die mooi uitsig gepraat. Ek het die warmte van haar lyf teen myne gevoel. Dit was ‘n klein, warm kolletjie waar ons bo-arms aan mekaar geraak het. Die hitte het versprei en die warm kol het groter geword en die wyn en die moegheid van ‘n paar harde weke by die werk het my ingehaal en …
Ek word wakker met my kop teen haar bors. Ek ruik die suurlemoenseep van die stort aan haar lyf. Haar arms is om my skouers gevou, sodat ek nie omval nie.
Ek sit half regop, versigtig om darem nie die kontak met haar sagte, warm liggaam heeltemal te verbreek nie.
“Wat de hel …?”
Sy gee my ‘n ligte drukkie en lag: “Jy het ‘n Belinda op my getrek, Meneer. Maar dit was darem net vir ‘n paar sekondes. Ons het nog oor die sterre gepraat, toe voel ek jy raak swaar teen my, en die volgende oomblik was jy aan die slaap. Ek moes net keer, of jou wyn was op die grond, met glas en al.”
My gesig is na-aan hare. In die sagte maanlig kan ek haar sien glimlag. Sy is vir my verskriklik mooi. Sonder om verder te dink, lig ek my kop en soen haar sag op die mond.
Sy doen of sê niks nie; sy bly sit net doodstil. Ek soen haar weer. Haar lippe is so sag dat ek amper wonder of ek regtig aan haar raak. Ek hou die kontak vir twee sekondes, dalk drie, en trek dan terug.
“Hei,” sê sy, “wat doen jy?”
Maar sy skuif nie weg nie, en haar asem is warm teen my wang. Dit, en die wyn, maak my dapper.
“Kyk of jy self kan uitwerk.”
Ek sit my een hand op haar skouer terwyl ek haar ken met my ander hand oplig. Soos met die soen, bied sy nie weerstand nie, maar sy werk ook nie saam nie. Ek kyk vir ‘n oomblik in haar oë. Dan laat sak ek my kop stadig, sodat sy kans het om weg te draai, en soen haar weer.
Sy bly sit roerloos. Ek verwonder my steeds aan die sagtheid van haar lippe. Haar skouer is warm onder my linkerhand. Sy maak ‘n sagte kreungeluidjie. Dan lig sy haar kop effens, sodat ek haar makliker kan soen.
My voël begin ruk soos hy styf word. Ek trek my mond weg en los ‘n reeks sagte, klein soentjies op haar wang, stadig ondertoe. Sy lig haar kop verder, sodat ek die kant van haar keel kan soen. Ek sit my regterhand hoog agter haar rug, sodat ek haar nek- en skouerspiere met my vingers kan knie. Met my linkerhand streel ek oor haar arm, van die skouer tot by die pols, en dan weer terug. My lippe volg die kurwe van haar sleutelbeen en gaan dan weer teen haar keel op. Wanneer ek by haar wang kom, trek ek my mond weg en soen haar weer liggies op haar wondersagte lippe.
Ek soen haar ‘n tweede keer. Dan nog ‘n keer. En dan weer, maar hierdie keer sit ek die punt van my tong saggies teen haar mond. Sy verstyf effens. Na ‘n sekonde of twee gaan haar mond stadig oop.
Ek proe ‘n effense nasmaak van die wyn. Haar warm tong dartel soos ‘n skoenlapper deur my mond. My voël is ongemaklik styf, en ek los haar arm om my voël reg te skuif. Ek wil haar arm weer streel, maar ek sien die pragtige bultjie waar haar nippel teen die hemp druk. Ek sit my hand net onder haar regterbors en skuif dit dan stadig op, tot my palm oor die onderste deel is, met my vingers langs die kant en my duim net bokant haar nip. Sy trek haar asem in, haar tong raak stil in my mond en ek kan voel hoe die spiere in haar bolyf begin saamtrek. Ek laat die punt van my tong weer liggies oor haar lippe speel terwyl my vingers haar bors sag streel. Ek voel die huiwering in haar lyf. Die gedagte dat ons moet ophou, maak my amper paniekerig. Ek masseer die deel van haar bors rondom haar nippel ritmies tussen my duim en wysvinger, sonder om aan die spitsie self te raak. Sy trek haar kop effens terug, wat my die kans gee vir sagte, nat soentjies op haar wang en keel. Sy lig haar hand. Ek weet sy gaan myne van haar bors afhaal en ‘n einde aan die vryery maak. Ek stoot my duim na my wysvinger toe en rol haar stywe nip tussen die twee vingers.
Sy maak ‘n geluid wat iewers tussen ‘n kreun en ‘n sug is. Haar bolyf ontspan. Sy draai haar gesig na my toe. Haar oë is toe en haar mond half oop. Haar nippel druk teen my handpalm as ek haar bors met my hele hand streel. Ek soen haar weer. Hierdie keer soen sy amper dadelik terug. Sy trek my kop nader. Haar tong dans met myne, vlieg diep en honger deur my mond.
Die hemp is heeltemal te groot vir haar. Ek hoef net die boonste drie knope los te maak – en dit gaan vinnig, want dis ‘n ou hemp – voor ek dit oor haar skouer kan skuif en haar regterbors kaal in my hand kan vat. Sy is so sag dat ek bang is om haar seer te maak. Ek trek my mond van hare af en beweeg weer my lippe teen haar keel af, dan oor haar sleutelbeen en stadig teen die vol, wit bors met die regop nippel af. Ek soen die onderkant van haar bors en skuif my mond dan stadig hoër; eers soen ek die regterkant, dan die bokant, dan die linkerkant. My tong en lippe werk om die nippel, oor die aureola, tot sy haar hand agter my kop sit en haar bors in my mond druk.
Ek suig die nippel in my mond in en rol dit met my tong teen my verhemelte. Sy druk my kop teen haar vas. Ek maak die laaste twee knope oop en skuif die hemp oor haar skouers. Dan begin ek haar linkerbors soen, terwyl ek haar regternippel met my vingers terg. My vry hand skuif die hempsmoue laer teen haar arms af. Sy los my kop en ek voel hoe sy haar arms uit die hemp wikkel.
Ek sit my hande op haar skouers en druk haar effens agteroor terwyl ek regop sit. Haar kaal bolyf is blou-wit in die flou lig. Haar borste is effens groter as wat ek normaalweg sou verkies. Dit is ook nie meer die regop, spits borsies van ‘n 20-jarige nie. Maar dit maak hulle juis vir my meer vroulik, en met die regop nippels is dit van die mooistes wat ek nog ooit gesien het.
“Fok,” sê ek, in ‘n stem wat klink soos iemand wat verkoue het. “Jy het pragtige tiete.”
Sy glimlag en trek my kop weer nader. “Dankie. Maar hulle is nie net vir kyk nie.”
Ek soen, suig en streel haar borste en nippels. Ek kom agter dat sy dit besonder geniet as ek haar tussen haar borste soen en lek. Terwyl ek dit doen, skuif my linkerhand af na haar heup toe, oor die band van haar broekie. Ek streel haar bobeen stadig met my handpalm, en trek dan my vingertoppe teen die binnekant van haar been op. Sy maak haar bene oop. My vingers volg die buitelyne van haar broekie; teen haar been op, dan oor haar heup, oor haar maag, af teen die ander heup, oor die been …
Ek los haar borste vir ‘n oomblik en soen haar weer. Sy suig my tong in haar mond in. Haar hande pluk aan my T-hemp. Sonder om die soen te onderbreek, lig ek my arms een vir een en sy help my om hulle uit die moue te kry. Dan masseer een hand weer haar borste terwyl die ander een die binnekante van haar bobene vryf. Sy byt saggies aan my tong.
Stadig trek ek my linkerhand boontoe, van haar been af. Haar broekie is nat en glad onder my vingers. Sy kreun hard as ek my middelvinger liggies in die gleuf tussen die lippe vryf. Haar heupe beweeg saam met my hand. Sy trek my kop weer na haar borste toe.
As my lippe om ‘n nippel vou, skuif ek my linkerhand onder haar broekie in. Sy is getrim vir swemklere. My vingers streel oor die warm, kaal vel. Ek stoot weer my middelvinger tussen die sopnat lippe in. Dit voel asof hulle aan my vinger suig. Ek hou my vinger stil, met die punt op die opening tussen haar binneste lippe. Haar heupe beweeg vinniger en harder teen my hand. Ek druk my regterduim onder die stukkie broek oor haar linkerheup in, maak ‘n vuis en begin dit aftrek. Sy lig haar heupe. Ek gebruik my regterhand om haar broekie af te skuif en sy druk haar knieë teen mekaar, sodat ek die broekie oor haar bobene kan trek. Dié beweging laat die punt van my vinger in haar inglip. Ek druk onmiddellik die punt van my wysvinger ook in. Sy strek haar asem skerp in en trek haar bene op om die broekie oor haar enkels en voete te kry. Dan laat sak sy haar bene en maak hulle wyd oop.
Ek steek die twee vingers stadig dieper in en druk dan my duim teen die sagte duikie waar die lippe aan die bokant ontmoet. Ek trek die T-hemp, wat om my nek gebondel is, oor my kop. Ek druk my kaal bolyf teen haar borste en soen haar terwyl ek klein halfsirkeltjies met my linkerhand maak.
Die bank is breed en die kussings is sag. Ek hou aan om haar te vinger terwyl ek haar dwars draai en agteroor druk. My regterhand knie haar borste. Haar heupe kry nuwe lewe; die bewegings laat my vingers heeltemal in haar ingaan en weer amper heeltemal uitglip. Ons soen nie meer nie. Ons haal bloot warm en vinnig asem in mekaar se monde.
Haar hand skuif na my kloppende voël toe.
Ek trek my lyf weg. “Nee,” kreun ek. “Ek gaan kom.”
Sy gryp my swembroek se rek en druk dit ondertoe. “Nou kom dan in my.”
Ek staan half op, onwillig om my vingers uit haar te trek. Sy sit regop en trek my swembroek af. Ek help met my regterhand om die broek oor my regop, klipharde voël te kry.
Toe ek my swembroek eenkant toe skop, staan sy op. My vingers glip uit haar uit.
“Hiernatoe.” Sy gaan staan teen die dekreling, met haar rug na my toe, en leun vooroor. Ek gaan staan agter haar en buig my knieë effens. My voëlkop druk teen haar sagte natheid. Dan kom haar vingers by. Sy bring die kop tot by haar opening. Ek druk, en my voël glip in die nat hitte van haar lyf in.
“Ek het al baie keer gedink dit moet befok wees om hier te staan en naai terwyl jy vir die see kyk,” sê sy.
“Om jou te naai,” kreun ek, “moet op enige plek befok wees.” Sy giggel en trek haar binneste spiertjies vinnig saam.
Ek skuif een arm om haar, sodat ek haar borste kan druk en vryf. My ander hand skuif oor haar lippe, wat nou van oopgetrek is. My vingers vind die gladde, nat voue om haar klit.
Ek hoef nie my heupe te beweeg nie; sy ry my. Ek soen haar nek en konsentreer op haar borste, haar nippels en haar klit. Ek weet ek gaan nie lank hou nie. Ek maak my vingers styf en maak vinnige tikbewegings op haar klit.
Sy begin kreun. “Ah … ah … ah.” Haar stem word hoër. Ek voel hoe my eie orgasme begin opbou. Ek druk haar borste en trek haar nippels. Ek knyp en masseer die bokant van haar lippe, en vryf dan haar klit tussen my duim en voorvinger.
Dit het die uitwerking wat ek wou gehad het. Sy kreun harder. “Ha … haaa … haaaa …nnngggHAAA!” Op dieselfde oomblik trek alles tussen my enkels en my kopvel saam in ‘n klein bondeltjie … en dan ontplof my hele lyf. Dit voel asof ek alles in my saam met liters vol kom in haar opspuit. My heupe ontwikkel ‘n lewe van hul eie en ek stamp my kloppende voël ‘n paar keer so hard in haar in dat haar voete van die vloer af lig.
Dan bedaar ons. Sy leun agteroor. My voël gly stadig uit haar uit. Ons staan vir ‘n paar sekondes so. Ek hou aan om met haar borste te speel.
Sy draai om. Ek sit my arms om haar en hou haar vas. Haar sagte borste druk teen my.
“Ek lek,” sê sy.
Ek haal die rol papierhanddoeke onder die braaiplek uit en hou dit vir haar. Dan vee ek myself ook droog. Toe ons klaar is, vat ek die handdoeke wat sy gebruik het, bondel dit saam met myne en gooi alles in die vullisdrom.
Ek draai om en sien kyk hoe sy haar broekie weer aantrek. Sy tel die hemp op. Met haar bolyf steeds kaal en die hemp in haar hand, vat sy ‘n sluk wyn. Ek voel hoe my voël begin groei.
Sy kyk na my. “Hoe lank vat jy om reg te kom?” vra sy.
“Hoekom?” Haar kaal bolyf toor met my.
Sy glimlag skalks. “Wel … ek het net gewonder of jy dalk later nog ‘n ronde sal kan doen.”
“Kom ek stel dit so,” antwoord ek, “as jy kaal bly, kan ons nou vinnig gaan swem, en dan kan ek jou direk daarna weer steek. En ek is seker ek sal jou nog minstens een ander keer vannag kan steek. En ek wil jou nog eet ook. En dan, voor Belinda wakker word en julle huis toe gaan, nog ‘n ‘quickie’ …”
Sy sê niks; laat val net die hemp en stoot die broekie oor haar heupe, voete toe.
6 COMMENTS
joh die storie drup van erotiek! Ek is stokstyf
Thanks, Nas!
Goeie bliksem, dis een van die mees jagsmakende stories wat ek nog ooit gelees het !
ek sit hier dik en stokstyf in my kantoor…Dankie, skryf vir ons nog,asb….
Dankie, Will!
Het jy al vantevore hier geskryf ? Al van my stories gelees ?
Nee, dis my eerste poging. Ek het van joune gelees en bietjie moerig geraak oor ek nie so kan skryf nie, maar ek het nie ge”comment” nie; nuwe lat (!) moet mos maar sy plek ken.