
Redding
deur Wille Will
Kolonel Wiaan Naudè skuif sy halfraam brilletjies effens hoër op en laat sy oë weer vinnig die dokument op sy lessenaar voor hom skandeer. Daar is ‘n enkel klop aan sy kantoordeur.
“Binne,” sê hy met gesag en skuif terug in sy stoel.
Die frisgeboude man wat inkom oor die drumpel, voor hy salueer, is in volle camouflage drag.
“Kaptein Ryno van Graan”
Naudè staan op en be-aam die saluut voor hy na een van die stoele voor sy lessenaar beduie.
“Ons wag vir twee ander lede,” sê hy.
Voor Ryno behoorlik plaasneem op ‘n stoel, is daar weer ‘n klop aan die deur wat nou oopstaan en die twee lede treë binne.
“Luitenant Benny Gold … Luitenant Jacomien Erasmus.”
Na wedersydse saluut neem almal plaas op hul stoele.
Die Kolonel leuen op sy voorarms en kyk elke lid vierkantig in die oë voordat hy keel skoonmaak:
“Julle is gekies vir ‘n missie oor een van die landsgrense. Julle ken mekaar nie en kan later die nodige bekendstelling verwissel. Kaptein Ryno van Graan sal as leier optree en Lt. Benny Gold van Logistiek en Lt. Jacomien Erasmus van Medies sal aan hom ondergeskik wees. ‘n Professor in Krygskunde is in Botssekani in ‘n sel gegooi as gevolg van ‘n weglating op sy Visum. Op diplomatieke navraag is sy nering noodwendig ontbloot en nou word hy beskou as gevaarlik vir hul land se sekuriteit en veiligheid. Hy het egter intussen baie siek geword. Julle opdrag is om hom te gaan haal en terug te bring Suid Afrika toe. Enige vrae ?”
Drie paar oë kyk op na hom en slegs Benny Gold gee ‘n lastige kuggie.
“Julle is in volle drag en gereedheid gekommandeer en sal alle verdere inligting, kaarte, foto’s en besonderhede by Kaptein Gouws ontvang wat julle met ‘n Alouette anderkant die grens sal neersit. Julle vertrek oor twee ure, voorspoed !”
Hy salueer en stap by die deur uit.
Die drie wat opgespring het om te salueer, kyk vir mekaar en lag almal liggies, amper asof verlëe.
“Kom ons kry eers vars lug,” sê Ryno en stap vooruit na buite.
Hy steek ‘n sigaret aan, wat die ander twee geweier het, en sê: “Ek stel voor dat ons op hierdie opdrag mekaar op die voornaam sal noem aangesien ons baie nou en intiem sal moet saamwerk en nie weet watter situasies ons in gaan beland nie.”
“Regso, kapt …R .. ryno,” bloos Benny en die ander twee bars uit van die lag.
“As jy so verkies, Ryno,” sê Jacomien en beloer Ryno so onderlangs.
Sy amper-grys borselkop, word ge-aksensueer deur priem ligblou oë en ‘n vierkantige ken. Daar is ‘n litteteken oor sy linkerwang onder die oog tot by sy mondhoek wat die bo-lip effens oplig dat dit lyk asof hy voortdurend grynslag. Selfs in sy camouflage drag kan sy sien dat hy seningtaai is en seker nie ‘n gram vet op sy liggaam het nie. Sy merk sy sterk hande op as hy die stompie weggooi en opstaan.
“Kom ons gaan ontmoet Kaptein Gouws en kry die inligting dat ons strategie en uitvoer kan beplan.”
Sy en Gold volg hom so ‘n treë agter hom as hul na die Alouette to stap.
***
Die kamp waar die professor gevange gehou word bestaan uit ‘n vierkant omhein met staaldraad met roldoringdraad bo-op. Daar is ‘n vierkantige steengebou in die middel met ‘n kamer vir die professor, ‘n kamer vir die soldate en toilet geriewe aangrensend aan ‘n kombuisie. Daar is twee bemande wagtorings weerskante van die enigste hek en toegang tot die kamp. Dis al.
Hierdie inligting het hul uit lugfoto’s en ander dokumente bekom. Hul beplanning was nog in embrio fase toe Gouws hul naderroep en die Alouette se lemmme hul rotasies stadig begin asof onder dwang. Toe hul by die groot oop deur gebukkend inrol, swiep die lemme hoorbaar met opbouende spoed. Die twee Luitenante neem weerskante van mekaar plaas op ‘n bankie met hul rue na die vliëenier. Ryno gespe homself vas oorkant hulle. Soos die naaldekoker opwaarts styg met ‘n draai kom Kaptein Gouws se stem soos ‘n rasper oor hul gehoorstukke: “Die vlug gaan ‘n uur en drie minute neem as julle vir oulaas wil ontspan en miskien ‘n uiltjie knip …laggie.”
Ryno kyk by die oopdeur uit na die groot ‘H” van die helikopter se opstygbaan wat vinnig verdwyn en dan af na sy heupe. ‘n Tweerigtingradio is met ‘n inkniphak vas aan sy linkerkant en op die regterheup sit ‘n toeknipte skede met sy 10” Tactical Bowie mes. Dit het ‘n swart-blou lem en is getand aan die een kant. Langs dit is daar ‘n kompas ingehak en dan die sak met sy Beretta M9a3 pistool. Hy druk ‘n knoppie op die radio en ‘n groen liggie flits. Volgelaai. Hy haal die Beretta uit sy skede en haal dit oor, kyk na die magasyn en laat die skuiwer weer saggies terugklik na ‘safety’ en bêre die pistool. Hy kyk op na sy mede passasiers.
Benny sit met een been uitgestrek voor hom. Dwars oor sy skoot lê ‘n Heckler & Koch MP5K ligte masjiengeweer wat hy met altwee hande vashou. Sy kop lê skuins teen sy skouer soos hy met ‘n oop mond aan die slaap is. Langs hom lê Jacomien, afgesak verby haar stuitjie, met wye oopgestrekte bene en haar Medkit sak wat tussen haar kuite op die helicopter se vloer vibreer. Sy het haar beret afgehaal en hou dit met altwee hande op haar skoot vas. Sy rus met haar kop dwarsgedraai teen die wand van die heli. Haar rooi-bruin hare omsirkel haar gesig met die vol lippe en die lang oogwimpers wat nou toe is. Sy het die kamoefleer tuniek se boonste twee knope losgemaak en hy kan die sweetdruppels sien pêrel op haar bo-lip en op die deining van haar twee ooglopende vol borste wat effens ontbloot is en die vol rondings beklemtoon.
Hy gee ‘n sluk en sy oë dwaal weer af na haar bene. Die kamoefleer broek span styf om haar bo-bene wat eindig in ‘n geswelde driehoek net onder haar webbelt. Hy ruk sy oë terug na die oopdeur en sien die digbeboste aarde daaronder. Dat hy nou wragtig ‘n horing begin kry oor een van sy mede-offisiere in die midde van ‘n gevaarlike missie !
Gouws se stem kraak skielik weer: “Ons is 10 minute vanaf landing. Ek gaan ‘n wye draai gooi sodat ek julle met sterk skemer kan aflaai. Julle missie gaan makliker verloop in die donker. Roep my per radio ongeveer 06h00 uur wanneer ek weer naby sal wees om julle op te laai. Voorspoed!”
Dis die tweede ‘voorspoed’ wens vandag, dink Benny terwyl hy die magasyn van die sub-masjiengeweer nagaan. Gaan hulle dit so nodig kry?
Die Alouette gaan sit sonder ‘n stamp op die digte gras. Hulle spring met ‘n bollemakiesie rol by die oopdeur uit en sit langs mekaar paraat op een knie. Die lemme versnel weer en met die lug wat op hul afblaas, styg en verdwyn die helikopter weer in die vroëe nag in. ‘n Doodse stilte daal skielik neer. Êrens roep ‘n naguil.
Ryno hak die elektroniese kompas met die vooraf ingevoerde betemming uit sy gordel en as die gesiggie verhelder, lig hy sy linkerhand en beduie links-vorentoe. Hy voel ‘n trekkie aan sy elmboog en as hy omkyk bied Jacomien hom ‘n buisie Camo Face Paint aan terwyl sy met die ander vingers reeds dik swart strepe oor haar voorkop en wange trek. Hy hou haar hand ‘n oomblik vas voordat hy dieselfde doen. Benny is reeds klaar.
Hul vordering is baie vinnig en skielik val aldrie plat tussen die bome op die kant van ‘n oop stuk grond waar die twee wagtorings nou teen die maan ge-ets is. Hulle leopard-crawl na die omheinings draad aan die agter kant van die hek. Benny knip die onderste draad met een knip deur en dan is hulle binne in die kamp. Hy wys Jacomien moet na die gebou toe gaan en hy en Benny besluip die wagtorings. Jacomien moes êrens agter hul oor iets geval het, want die stilte word verbreek deur harde takke wat kraak. Twee soekligte kom onmiddellik aan by die torings en die hele wêreld is skielik verlig soos daglig.
Benny brand los met die MP5k op die naaste hokkie van ‘n toring en Ryno sien ‘n liggaam daaruit tuimel grond toe. Terselfdertyd voel hy ‘n brand pyn in sy been saam met ‘n knal wat sy liggaam omtol grond toe. As hy van sy rug op die grond opkyk sien hy hoe Benny se liggaam rukkend ‘n makabere dans uitvoer as drie koëels hom gelyk tref. Dan dawer ‘n skoot van agter hom en die ander wagtoring se soeklig versplinter en ‘n lang uitroep van pyn eindig in ‘n hoorbare roggel in die wagtoring. In ‘n skerf sekonde probeer hy orent kom maar die gewonde been ruk hom weer plat. Hy sien ‘n skadu gebukkend na hom toe aangehardloop kom en hy ruk die Beretta op.
“Dis ek, moenie skiet nie,” gil Jacomien se stem en die Beretta val uit sy hand uit. Sy buk by hom en tel sy arm oor haar skouer.
“Hoe erg is jy gewond,” vra sy.
“Dis net my been,” antwoord hy terwyl hy met skietende pyngolwe deur sy been orênt kom met knersende tande. Sy ondersteun sy hinkloop na die gebou wat nou verlig staan met ‘n oop deur voor hulle.
“Maar wat van …” stotter hy. “Almal dood, moenie kommer nie.”
As hulle by die deur ingaan sien hy ‘n opgefrommelde soldaat lê. Sy gesig is van naby weggeskiet. Hy draai met ‘n steekpyn anderkant toe en sien ‘n baie bleek man lê in ‘n bed.
“Die professor?” vra hy. Met toe oë knik sy maar as sy hulle oopslaan na hom sê sy: “Hy is egter ook dood.”
Hulle kyk mekaar verslae aan, met die wete dat die hele operasie verniet was en boonop het hulle ‘n makker aan die dood afgestaan. Sy gooi weer sy een skouer oor hare en lei hom na ‘n bed in die soldate se kamer. Wanneer hy eers op sy rug lê, maak sy sy webbelt los en laat val dit langs die bed. Sy knoop die broek los en wikkel dit oor sy boude en afwaarts tot sy by die bebloede gedeelte op sy been kom. Sy staan op en skud haar natgeswete hare na agter toe terwyl sy die tuniek met gekruisde arms oor haar skouers uittrek. Sy het nou net haar army-issue frokkie aan en haar nippels maak groot knoppe teen die materiaal.
“Ek kry ontsettend warm,” sê sy as sy weer afbuk na die wond. Sy woel die gekoekte bebloede materiaal weg met ‘n mes wat van nêrens te voorskyn gekom het en laat die mes val terwyl sy die broek weer versigtig oor die wond tot onder by sy voete rol.
“Gelukkig net ‘n skrams, vleeswond niks gebreek nie.”
Ek sal dit nou-nou met ‘n salfie dokter.
Sy kom orent en ‘n haarkrul val oor haar een oog as sy sy hand ‘n drukkie gee en met ‘n glimlag sê: “Ek’s bly jy’s lewend en orraait … Ryno.”
Hy kyk op in haar oë en dan af na haar deinende mooi borste met die groot nipples en besef dat hy weer ‘n ereksie kry.
“Ek’s net so bly dat ons altwee nog lewe, sê hy skôr “Soen my.”
Sy trek haar frokkie ook oor haar kop en sit haar hand op sy horing wat by sy onderbroek wil uitklim.
Sy kyk weer in sy oë en sê: “Wanneer gaan jy Charlie-One roep?” maar verswelg sy antwoord met haar lippe wat oor sy hele mond hom dorstig inneem. Intussen het haar hand sy stywe voël verlos uit die onderbroek en sy beweeg sy skag met snellerwordende skuiwe, op en af. Hy kreun en neem die dik tepel van een bors wat by sy gesig hang, in sy mond en rol en byt dit.
“Wag,” sê sy as sy skielik orênt kom, sy voël los en met daai hand op sy bors rus. Die ander hand is by die opgeligte een enkel en hy hoor die grrts van die Velcro gespes en dan val die stewel op die grond.
Hy lig sy hande op en neem die vol borste in sy hande en druk hulle hard en vryf dan die tepels tussen sy vingers. Hy hoor weer die grrts en die ander stewel wat neerplof. Sy neem sy twee hande in hare en vir ‘n oomblik kyk hul mekaar net reguit in die oë. Nie vrae nie, net afwagting en toestemming wat hul kykers verwissel.
Sy los sy hande op sy bors en treë terug en maak die webbelt los. Sy buk as sy die kamoefleer broek af en uittrek tot op haar enkels. Wanneer sy orênt kom vee sy die lastige krul weer uit haar gesig en stap uit die broek uit. Sy kyk op en sien sy oë is gevestig op haar poes wat gladgeskeer met ‘n glinsterende druppel uitbult tussen haar bene. Sy gee weer ‘n treê terug tot bykans teen sy gesig wat sy met een hand terugdraai na haar eie en die voorvinger van die anderhand wat die litteken spoor van die oog tot by sy lippe. Op haar vraende oë antwoord hy saggies: “ ’n Medalje van die bosoorlog in Suid-Wes.”
“Jou wond is te teer vir die volgende stap ek stel hierdie alternatief voor.”
Sy lig haarself op die bed dat haar kniëe teen sy skouers rus en haar smagvrug oor sy gesig hang. Tergelyk strek sy haar bo-lyf af oor sy liggaam en neem sy stywe voël in albei hande en plaas die groot kop in haar mond.
Missie #69 gaan voltooi word.