Liedjiestorie: Sunshine on my shoulders
deur Ramkat Erasmus
Ek ry deur die dorpie. Daar het nie veel verander vandat ek laas hier was nie. ‘n McDonalds het bygekom en van die winkels en kafees wat ek onthou is vervang of meer modern gemaak, maar verder lyk Milford nog net soos dit altyd gelyk het. ‘n Outydse Engelse platteland dorpie …
Ek gee die Land Rover bietjie vet en draai af in die rigting van die plaas. Dit was in die 1990’s iewers. Ek was 20 of 21, daar rond, en het vakansiewerk kom doen op Rob Strong en sy vrou Ella se plaas. Ek was op ‘n rugsaktoer in Engeland en het in ‘n rugsakhostel in Manchester gelees dat die boer mense soek om aarbeie te pluk. Ek het gebel, die trein gehaal en die laaste kilometre of twee na die plaas toe gestap.
Rob en Ella het my vriendelik onthaal en gevra of ek iets van plaaswerk af weet. Ek kon gelukkig beduie dat ek ‘n trekker kan bestuur en ploeg, te danke aan my Oom Beer en sy plaas in die Klerksdorp omgewing waar ek elke vakansie gaan spandeer het, na my ma weggeloop het met ‘n polisieman.
Rob het my die skuur gewys waar hy plek ingerig het vir die plukkers en oor die volgende twee dae het nog ‘n klomp jongmense aangekom van alle uithoeke van die wêreld. Ons het onderling vriende gemaak, aande om gelag en gesels en na ons eerste betaling gedrink ook.
Ek stop voor die hek van die plaas en kyk na die naambord. Rob se naam is nie meer daar nie maar Ella s’n is. Ek wonder of sy my sal onthou, en dan vloei die herinneringe ongevraag terug uit die verlede uit.
Rob het my die voorman gemaak en ek moes sorg dat almal wakker is en reg om te ry as Rob in die oggende by ons stal aankom. Dan het almal agter-op die sleepwa gespring en ons is met die trekker en sleepwa lande toe. Ek het bestuur en die ander het agter op gesit en John Denver liedjies gesing. John Dnever was groot in die 90’s.
Een van die meisies het dadelik my oog gevang. Inez. Swart hare, sterk lyf, lang bene en ‘n feitlik permanente glimlag. Ons gesprekke was meer gebaretaal as iets anders, want Inez was in Engeland om Engels te leer, en sy was, tot in daardie stadium, nog nie baie suksesvol nie.
Een dag stuur Rob my met die sleepwa na Milford toe om saad en gereedskap te gaan haal by die ko-operasie. As ek stop om die hek oop te maak, kom Inez uit die land se rigting aangedraf met ‘n sak oor haar skouer. Sy beduie dat Rob se vrou Ella haar gestuur het om ‘n klomp inkopies te doen. Sy stop die inkopielys en ‘n handvol note en my hand.
Ons ry dorp toe. Stop in die werf van die ko-operasie en ek vra na Rob se bestelling. Dan loop ek en sy van winkel na winkel en maak Ella se sak vol. Ek kom agter dat mans, en ‘n paar vrouen, se koppe draai as hulle Inez gewaar. Dit lyk nie of sy daarvan bewus is nie, maar ek raak al meer bewus van haar en hoe sy lyk.
Terug by die trekker is alles gelaai en ons kies weer koers terug plaas toe. Die keer sit Inez nie op die sleepwa nie, sy staan langs my met ‘n arm om my skouer om haar te stut.
Ek ruik haar ligte parfuum, die effens sweterige lyf en die strooireuk van die skuur waarin ons slaap. Sy neurie Denver se “Sunshine on my shoulders” en ek neurie na ‘n ruk saam. Sy sit haar arm om my keel en soen my op die wang. Dan lag sy aggies in haar keel. My broek is skielik te styf.
By die plaas aangekom trek ek voor die skuur in. Inez vat Ella se inkopiesak kombuis toe en ek begin aflaai. Rob is ‘n netjiese boer en dis maklik om te sien waar alles gepak moet word. Laaste is die sakke met die saad. Ek klim met die trappe na bo, maak die laailuik oop en laat die ketiing van die katrol na onder sak.
As ek onder kom wag Inez vir my. Sy het die onderpunte van haar romp aan die onderkant van haar broekie ingedruk en staan kaalbeen en wag. Rob het ‘n platform wat aan die ketting vasgemaak word en waarop mens dan vrag laai voor jy dit ophys. Ek en Inez vat elkeen een kant van die sakke op die sleepwa en swaai dit dan na die platform toe. Die platformpie kan 5 sakke vat en dan is dit vol. Daar is 15 sakke op die wa. Met die eerste vrag reg loop ons na boontoe en Inez gaan sit wydsbeen op ‘n balie wat eenkant staan. Sy sit met ‘n arm op haar knieg en stut haar ken op haar ken. Ek raak skielik baie bewus van die kaal bene en haar donker oë wat heeltyd na my staar as ek die elektriese wenas gebruik om die platform na bo te hys.
Ek trek die platform na binne en ek en Inez laai sake of. Dan laat sak ek die platform weer na onder. Ons herhaal die proses twee keer, dan is al die sakke bo. Van die sakswaaiery het Inez se hare losgekom uit die doek waarin sy dit probeer vasdraai het. Elke keer as sy vorentoe buk sien ek die ronding van haar borste wat bokant haar swart bra uitsteek. Ek is intens bewus van die spiere onder haar vel as sy haar bene stut om die sak van die wa af na die platformpie toe te swaai. Sweet loop teen haar gesig af in die donker gleuf tussen haar bosrte in. Elke keer as sy my oog vang glimlag sy. My harde asemhaling is naderhand nie net van die harde werk nie.
Ek laat sak die platform vir die laaste keer en draai na die trappe toe. Inez staan voor my en sy beweeg nie uit die pad nie. Ek sit my hande op haar heupe om haar eenkant toe te stoot, dan staan sy nader en soen my.
“Have dju got girlfrien’ in Africa?” vra sy met haar swaar aksent.
Ek skud my kop.
“Gud,” sê sy en trek my kop af na haar gesig toe. Sonlig val deur die laailuik en sy trek my langs haar op van die saadsakke neer. Haar hande trek my hemp uit en vryf dringend aan my skouers, my rug, my boude.
Ek trek haar hemp oor haar kop en dop haar pragtige pramme met die donkerbruin tepels uit die swart bra uit. Ek neem hulle een vir een in my mond, skielik onkeerbaar honger vir haar. Dan stoei ons uit ons klere uit en ek draai haar reg, druk haar bene oop en druk in haar in. Sy het ‘n welige bos swart skaamhare en haar poesie is papnat.
Terwyl ek haar naai voel ek die yl Engelse son op my skouers. Dan kom ek… Ek druk diep in haar in en sy verstyf krampagtig terwyl sy saggies in Spaans in my ore praat – vloek of lofprysing sal ek nie weet nie.
Ons lê lank so op die saadsakke in die son, dan hoor ek die geluid van Rob se Landy nader kom. Ons pluk ons klere aan, hol teen die trappe af en maak die platform los. Rob stop en kom nader. Inez gaan weer die skuur binne en na ‘n ruk sien ek haar in die laailuik staan. Sy’t die beheerder vir die wenas in haar hand en begin die ketting na boontoe hys.
Rob praat oor plaasgoed, maar ek hoor niks, want van waar ek staan kan ek duidelik sien dat Inez nie haar broekie aangetrek het nie.
Die son is warm op my skouers en in my gedagtes hoor ek John Denver sing.
2 COMMENTS
Lekker plaaswerk met nog heelwat dinge wat voorlê
Jy bly ‘n Ramkat met die storieskryf ! Ek kon die smeulende swart Spaanse oë sien, die donkerbruin tepels proe…mmmmmm….dankie, lekker warm gelees !