Sneeuwitjie (3)

0
Hoe lank gaan ek lees: 13 minute

deur Ramkat

(Lees vorige episode HIER)

Ek lê op my rug, natgesweet en voos gespyker. Sy lê met haar arm bo-oor myne, vas aan die slaap.

Haar man is weer iewers op sake en sy het laataand by my aangekom. Ek wou nog wyn skink en geselsies maak toe sleep sy my aan die hand kamer toe. Sy’t my bevlieg asof sy jare laas seks gehad het. Niks van voorspel of sagkuns liefkoos nie. Sy het my bevlieg, my hemp amper afgeskeur en toe my broek afgepluk. Sy’t my agteroor op die bed neergestamp en toe haar klere uitgepluk. Vir ‘n oomblik het ek gewonder of die vrou mal geword het, maar toe klim sy op my en soen my genadeloos. ‘n Paar keer was dit meer byt as soen en toe beklim sy my, druk my piel in haar in en ry my soos ‘n bokspringende perd. Dit het nie baie lang gevat nie toe kom ek met ‘n diep keelgrom. Sy’t afgerol en my voël skoongelek en my toe weer begin soen. En net toe ek begin terug soen, begin sy huil.

Nou as daar nou een ding is wat die passie in my onmiddelik blus is dit ‘n vrou wat huil. Veral as ek nie weet hoekom sy huil nie.

Na ‘n rukkie het haar snikke bedaar en sy is badkamer toe. Ek het vining deur my geheue gehardloop om te sien of ek iets gesê of gedoen het om haar so te onststel, maar ek kon aan niks dink nie.

Ek kon hoor hoe sy haar neus blaas en toe die toilet spoel. Toe sit sy die lig af en kom klim terug op die bed.

“Jammer daaroor …” fluister sy.

“Wat gaan aan,” vra ek in so ‘n neutrale stemtoon as moontlik.

“Ek gaan jou vir twee maande nie kan sien nie.”

“O? Hoekom nie?”

Selfs al is haar man by die huis kry ons dit tog reg om so nou en dan ‘n uur of twee iewers af te knyp.

“Ek moet Antarktika toe gaan,” prewel sy.

“Wat de … Antarktika? Vir wat?” vra ek.

Sy sit regop en verduidelik dat sy ‘n vriendin het wat ook ‘n violis is, en die het ‘n kontrak om saam met ‘n strykkwartet die passasiers op ‘n plesierboot te vermaak wat Antarktika besoek.  Haar vriendin se ma is siek en sy kan nie bekostig om so lank weg te wees nie. Maar sy kan ook nie bekostig om haar kontrak te verloor nie en aldus het sy vir Sneeuwitjie gevra om in haar plek te gaan. Agt weke op ‘n plesierboot. Fok.

Ek probeer die skok verwerk. Agt weke sonder haar. Ek besef skielik hoe groot die leemte gaan wees wat sy in my lewe gaan los.

“My man kom more terug van Duitsland af so ek sal jou nie kan sien nie en ek vlieg Vrydag Suid-Amerika toe om op die skip te kom. Vanaand is ons laaste aand saam vir twee maande… Ek gaan jou mis, jou fokker.”

Ek trek haar styf teen my vas en ons lê vir lank so in mekaar se arms. Dan begin ek haar saggies soen en kort voor lank begin ons mekaar se lywe ondersoek en herontdek tot ons ure later uitgeput en voos aan die slaap raak.

***

Die volgende oggend maak ek haar wakker met ontbyt in die bed en vra haar uit oor die skip, die roete, die hawens waar hulle gaan aandoen.

Ons klim saam in die stort en ek was haar van kop tot tone. Ek was selfs haar gitswart hare en droog haar dan af. Sy trek aan, soen my diep en innig en met trane wat wil-wil uitbars loop sy na haar kar toe en ry sonder om om te kyk.

***

Ek bel ‘n eks wat as reisagent werk en vra of sy my op die skip kan kry. Na ‘n uur bel sy terug en sê daar is geen meer plekke beskikbaar nie, maar sy het gevra hulle moet haar laat weet as daar kansellasies is.

Vir drie dae hoor ek niks. Dan bel ek haar weer. Sy klink effens geirreteerd as sy hoor dis ek en verseker my sy sal my leet weet sodra sy iets hoor.

Na twee weke gooi ek tou op en verdiep myself in my werk, wat nou al, in elk geval, lekker sonder my kan aangaan.

Nog ‘n week vlieg verby en dan biep my selfoon. My reisagent sê daar het ‘n kajuit oopgegaan en as ek vanaand kan vlieg kan ek net betyds in Suid-Amerika aankom om die skip te haal.

Dis ‘n geskarrel om alles gedoen te kry, maar my paspoort is op datum en ek het nie ‘n visum nodig nie en as ek my oë uitvee sit ek op die vliegtuig op pad oor die Atlantiese Oseaan.

Daar wag ‘n motor vir my by die lughawe en ek en die bestuurder gesels lekker met my geradbraakte Spaans en sy vrot Engels, maar uiteindelik is ons by die hawe, en na die nodige papierwerk afgehandel is stap ek aan boord.

My kajuit is lekker groot met selfs ‘n balkonnetjie. Die jong dame wat my vergesel het, gee vir my ‘n brosjure met al die aktiwiteite aan boord en ook ‘n boekie met reëls en regulasies. Een van die reëls is dat ek die balkon net mag gebruik wanneer ons vasgemeer is en glad nie as ons op die oop see is nie.

Ek pak my tas uit en sit alles in die hangkaste. Dan gaan lê ek net vir ‘n paar minute op die bed.

As ek wakker word is dit donker en ek kan voel dat die skip beweeg. Ek staan op en kyk uit oor die liggies van die hawe as die skip by die hawemuur verby beweeg en die oop see invaar.

Ek stort, trek iets aan wat nie gekreukel is nie en gaan soek iets om te eet.

Die eetsaal is vol maar ek kry tog ‘n tafeltjie in ‘n hoek waar ek wyn bestel en myself dan gaan help by die uitsonderlike buffet.

Ek vra die kelner waar ek die strykkwartet kan hoor en hy beduie my na waar die konsertsaal is.

***

Ek stap in net soos die musikante hulle plekke inneem. Ek bly staan in die donker skaduwee langs die deure. ‘n Lang maer man speel die basviool,  ‘n pokkel, mat rooi hare, is op die tjello en ‘n ouer blondine op die altviool. Sy sit met haar swart hare wat onder die ligte blink en knyp haar viool onder haar ken vas. Daar is ‘n fronsie van konsentrasie tussen haar wenkbroue. Dan lig sy haar kop, vat die nek van die viool liggies in haar linkerhand en op die regte noot begin haar regterarm heen en weer beweeg terwyl die strykstok op en af oor die snare gly.

Haar lyf beweeg heen en weer en haar kop knik nou en dan op en af as dit ‘n meer energieke frase in die musiek is.

Die klein gehoortjie geniet die musiek en die applous word al hoe harder en langer namate die drank vinniger vloei.

Ek kry ‘n tafel, steeds agter in die donker, bestel ‘n glas Chileense wyn en geniet die uitvoering terdeë.

Na omtrent ‘n uur, kondig die tjellopokkel aan dat hulle nou hulle laaste stuk gaan speel en dat hulle more tydens middagete in die eetsaal sal optree, en moreaand weer in die teater.

Die musikante staan op en speel ‘n energieke wals. Die gehoor staan ook op en begin effens dans, alhoewel daar nie juis plek is nie. Dan is die paartie verby. Meeste mens stroom by die deure uit, maar ‘n paar bly sit om hulle wyn klaar te drink. Een of twee gaan gesels met die musikante.

Ek drentel nader sodat ek uit haar sig kan bly. Sy gesels met ‘n middeljarige Amerikaanse paartjie en ek beweeg so dat ek agter haar staan.

Die Amerikaner merk op dat ek wag en sê: “Well we won’t keep you. I see you have another fan …”

Sy groet hulle met die hand en draai na my toe. As sy besef wie voor haar staan word sy wasbleek.

Ek glimlag. “Hallo!”

“Hoe? Wat maak jy hier?”

“Ek het vir jou kom kuier …”

***

When life hands you a lemon, make lemonade … Dis seker een manier om ‘n fokop te hanteer, maar ek voel duidelik die een gaan bietjie meer vat as dit.

Na sy herstel het van die skok het sy my vertel dat haar man besluit het om haar op die bootreis te vergesel om aan hulle verhouding te werk.

Ek gooi ‘n stewige whiskey en sit op my bed en kyk na die donker buite die kajuit. Dit IS ‘n fokop van epiese proporsies. Ek sluk die drank, gooi nog en en raak later sommer so bo-op die komberse aan die slaap. My drome is gevul met haar, swart hare, daai oë, die donker tepels en haar rug wat natgesweet teen my aanlê as ons albei gekom het …

As ek wakker word is daar is storm aan die gang. Ek gaan staan voor die venster en kyk na die donderweer en blitse wat woedend oor die oseaan rol. Die foon langs my bed lui en ek santwoord. ‘n Vrouestem lig my in dat daar geen gevaar is nie, net ‘n storm wat oor ‘n uur of twee uitgewoed sal wees. Sy stel voor dat ek in my kajuit bly tot die kaptein dink dis veilig om uit te kom.

Ek skakel die TV aan en sien dieselfde waarskuwing op die skerm. Ek klik met die afstandbeheerder en kry ‘n kanaal wat beduie wat alles te doen is wanneer ons in Antarktika aankom. Daar is staptoere, kayakvaarte en uitstappies op rubberbote.

Ek bespreek ‘n kayakvaart met die afstandbeheerder en kry dan ‘n cowboyfliek wat ek vaagweg kan onthou van my kinderdae af. My pa het geglo John Wayne is die beste akteur wat die wêreld ooit gesien het. Ek is nou nie so seker daarvan nie, maar hy maak ‘n goeie cowboy uit. Na ‘n ruk kom ek agter dat ek die fliek so geniet dat ek nie aan haar dink nie.

Na ‘n uur of so word die Kaptein se voorspelling waar en die wind begin bedaar, die deining is nie meer so kwaai nie en na nog ‘n uur of twee kom die son uit en die prentjie buite my kajuit verander heeltemal. Daar is ‘n verkyker in ‘n rakkie langs die venster en ek bekyk die oseaan. Ver weg sien ek ‘n walvisstert en dan later ‘n groep dolfyne wat langs die skip in die golwe baljaar.

Ek trek ‘n kortbroek aan en stap dek toe. Sy sit saam met ‘n lang, aantreklike blonde man en suig aan ‘n lang veelkleurige drankie. Sy’t ‘n breërandhoed op, met ‘n groot sonbril. Sy’t ‘n swart bikini aan met ‘n lap om haar heupe geknoop.

Ek gaan sit in ‘n sonstoel met my rug na hulle toe en bestel ‘n glas witwyn by die mooi kelnerinnetjie wat dadelik nader staan. As sy my wyn bring, knoop ek ‘n geselsie aan. Sy is van Chileense afkoms en werk op die skip om geld te verdien om te gaan studeer – fisika en wiskunde. Haar naam is Quanita en sy het ‘n pragtige tintellaggie. Ek belowe om weer te kom kuier en staan op. As sy die wynglas by my vat voel ek die ligste streling van haar vingers oor my hand.

Ek stap doelbewus by haar en haar man verby, maar haar uitdrukking is onleesbaar agter die bril en in die skadu van die breërandhoed.

***

Antarktika! Dis ‘n absolute lus vir die oog en dis heelwat warmer as wat ek verwag het. ‘n Paar brawe siele het die opsie van ‘n Antarktika swem gekies en ons staan teen die kant en kyk na die petalje. ‘n Luik in die romp van die skip word oopgemaak en ‘n rubberboot word te water gelaat. Daar is twee bemanningslede en ‘n dokter in die rubberboot. Dan neem die swemmers hulle posisies op in die luik en as iemand ‘n fluitjie blaas duik hulle in die water in en swem vir ‘n vale na die rubberboot toe. Daar gekom word hulle ingehelp en dadelik met komberse toegedraai. Een ou Duitse tannie sukkel om in die bootjie in te kom, maar die bemanning is duidelik daaraan gewoond en sommer gou sit sy ook met ‘n kombers om haar lyf. Ons fluit en skree en klap hande en dan kondig iemand oor die luidspsrekerstelsel aan dat almal wat bespreek het vir kayakvaart, asseblief na die eetsaal toe moet kom.

Hulle gee vir ons duikpakke en lewensreddingsbaadjies en dan verduidelik die offisier dat ons oor ‘n halfuur gaan vertrek. In my kajuit trek ek die duikpak aan en trek ook die stewels aan waarmee ons voorsien is.

Ek stap na die bymekaarkomplek, en ons word in die pens van die skip in begelei na die luik waaruit ons in die kayakke gaan klim. Die bemanning is goed geoefen en ons kry almal ‘n kayak en ‘n spaan en roei dan agter die spanleier aan na ‘n inham met ‘n klipstrandjie toe.

Halfpad kom die rubberbote vol toeriste van agter af by ons verby en kies ook koers na die inhammetjie toe. Hulle ry teen die strand op en spring dan uit om die bote hoër teen die strandjie op te sleep. Dan verdeel hulle in groepies en stap in allerhande rigtings. Ek herken die tjellopokkel en dan besef ek sy en die res van die groep, is ook daar.

Ons roeiers kom ‘n hele ruk na hulle by die strandjie aan en dan sleep ons die kayake teen die strandjie uit. Spane word in die bote gebere en dan verduidelik ons gids dat daar verskeie goed gemerkte staproetes is. Ons kan gaan net waar ons wil, maar ons mag nie van die roetes afdwaal nie. Ons het twee ure dan moet ons terug wees by die bote. ‘n Sirene sal ons waarsku as ons twintig minute oor het.

Ek kies die blou roete en kies koers teen ‘n steiltetjie op. Ek stap vining en sommer gou-gou is die ander wat dieselfde roete gekies het ver agter my. Ek verkyk my aan die robbe, pikkewyne en een of twee walrusse. Swerms voëls swiep aanhoudend deur die lug. Ek kom om ‘n draai en word begroet deur ‘n plaat veelkleurige blommetjies wat my aan fynbos laat dink. Ek gaan sit op my hurke en verwonder my aan die prag en praal van die natuur.

Ek hoor stemme en as ek opkyk sien ek die vier musikante aankom. Sy is tweede langste in die groep en ek sien haar dadelik. Ons groet as hulle by my kom en ek hoor sy sê iets vir haar kollegas. Hulle hou aan stap, en dan draai sy om en kom na my toe. Sy loop in my arms in en ons soen mekaar ordentlik.

“Kom,” sê sy, “ons het nie baie tyd nie”.  Sy kies koers in die rigting van ‘n bultjie omtrent vyftig meter van die roete af.  Ons loop om die bultjie en sy trek my neer langs haar op ‘n oop kol. Dan is haar lyf bo-op myne, haar tong in my mond, en haar hande in my hare.

Sy trek die ritssluiter van haar donsbaadjie oop en knoop die trui wat sy onder dit aanhet ook oop. Sy trek die t-hemp op en ek besef sy het nie ‘n bra aan nie. Ek trek haar tepels in my mond in, vryf hulle om die beurt tussen my vingers  en gee hulle my onverdeelde aandag.

Na ‘n ruk worstel ons uit ons klere uit (iets wat nie maklik is met ‘n duikpak nie!) en dan is ons kaal op ‘n oop kol tussen Antarktika se blomme en ek dryf in haar in. Sy is sopnat en klou krampagtig aan my vas. Dit vat nie lank voor sy kom nie en kort daarna ontplof ek ook. Ek word bewus van die koel briesie wat om ons waai en voel hoe sy begin bewe. In die verte hoor ek die sirene wat ons terugroep na die inhammetjie toe.

Ons help mekaar in ons klere in en stap-draf terug na die ander toe, waar die die hele teruggaan proses van die strand af aangepak word.

***

Ek kyk die fliek klaar en maak reg om bed toe te gaan. Dan is daar ‘n sagte kloppie aan my deur. Ek wonder of dit dalk Quanita, die oulike Chileense kelnerinnetjie, kan wees. Sy het my beslis die idee gegee dat sy my nie onaardig vind nie.

Ek trek die sagte wit japon, deur die skip voorsien, aan en maak die deur oop. Sy staan daar met haar viooltas in die hand. Ek frons, maar sy stoot my in die kajuit in en maak die deur agter haar toe.

“Hy haat die skip. Hy’t migraine en hy het ‘n slaappil gedrink. Hy gaan nie voor elfuur more wakker word nie …”

Sy’t ‘n wit bloes en swart romp aan – die klassieke musikant se uniform Om haar nek is ‘n lang string krale wat drie of vier keer om haar nek gedraai is. Haar pragtige hare hang los oor haar skouers en haar lippe is rooi. Rooi soos bloed.

Sy sit haar viooltas neer en soen my. Haar tong gly in my mond in en ek kan whiskey op haar lippe proe. Sy trek terug. Woel die krale van haar nek af en gooi dit op die bed. Dan pluk sy vinnig haar ander klere uit en loop kaalvoet na die badkamertjie toe.

Ek tel haar romp op en vou dit oor die stoel, dan haar bloes en laaste, haar swart broekie en bra. Ek sit haar hakskoene langs die stoel neer en gaan staan by die bed.

Die deur gaan oop en sy kom uit. Sy loop na my toe en soen my hard, dan draai sy na die bed toe. Sy tel die lang string krale op en gooi dit na my toe.

Ek loop tot agter haar en trek haar aan die keel teen my vas. Sy druk haar hand, agter haar rug, in my japon in, en vat my vas. Ek sit die krale om haar nek en draai dit nog drie keer weer om. Ek trek die krale sodat dit teen haar kaal rug afhang. Die string is lank genoeg sodat dit, al is dit drie keer om haar nek gedraai, steeds tot amper by haar stuitjie hang.

Ek vat ‘n hand vol krale en draai dit om my vuis. Die krale trek styf om haar nek en ek kan hoor hoe sy sukkel om asem te haal. Ek draai haar om sodat ek haar in die oë kan kyk. Ek soen haar en as haar asem in haar keel begin roggel laat los ek die krale sodat sy kan asem kry. Ek lig die krale oor haar kop en stoot haar agteroor. Sy lig haar kniëe en maak haar bene oop. Ek kniel voor die bed, druk haar bene verder uitmekaar uit en buk vorentoe. Haar klit is klaar geswel en ek kan die vog op haar skaamlippies sien.

Ek begin sagies oor haar klit blaas en sy kreun. Dan lek ek liggies oor haar lippies, blaas weer. Haar heupe beweeg op en af en ek wissel die blaas met my tong wat haar streel. Dan begin ek harder lek. Ek trek haar klit in my mond in en suig haar, druk dit uit, trek dit weer in, druk trek, druk trek druk, trek… Sy kom met ‘n diep kreun en haar lyf ruk-ruk soos die orgasme deur haar rol.

Ek wag tot sy heeltemal bedaar, dan begin ek haar poesie met lang hale lek. Haar lang vingers trek my hare en dan tel ek die krale op en begin dit saggies en stadig in haar poesie invoer.

As sy besef wat ek doen, lig sy haar heupe effens om dit vir my makliker te maak. As die hele string krale in haar in is, begin ek dit baie stadig weer uittrek, terwyl ek liggies aan haar klit suig. Haar asem jaag en elke keer as ‘n kraal tusen haar lippies deur wip, ruk haar onderlyf effens. Uiteindelik is die hele string uit en dan begin ek om dit weer in te voer. As die string vir ‘n tweede keer heeltemal in haar in is, draai ek haar om en trek haar boude weg van mekaar af. Ek streel haar rosyntjie met my tong en lek haar tot ek voel hoe haar kringsprier begin ontspan. Ek staan op, lig haar heupe van die bed af en druk my voël stadig in haar hol in. Sy kreun eers, en dan ontspan sy heeltemal en ek gly in. Ek reik om haar maag en kry die krale beet. Ek begin dit stadig uittrek terwyl ek haar naai. Die krale gly nou boontoe en elke kraal wip teen haar klit vas soos dit tussen haar lippies uitglip.

Haar asem jaag en sy druk haar boude terug, harder teen my. Ek sinkroniseer my hale met die krale wat ek uit haar uitryg. Wanneer die laaste kraal uit haar uitkom gee sy ‘n gil, sit haar een hand om my boude en trek my dieper in haar in. Ek stamp nou hard en haar hand los my boude en begin haar klit vryf. Ek knyp my boude teen mekaar vas om nie te kom nie, maar as sy met ‘n gil nog ‘n orgasme bereik, kan ek nie meer hou nie. Ek pluk uit en skiet oor haar rug en boude.

Ons val albei vorentoe op die bed neer. Haar liggaam ruk nog ‘n paar keer en dan begin sy my kom in haar vel insmeer. Ek help en vee die laaste stukkie af en hou dit op my vinger voor haar mond. Haar pupille is groot en donker, haar oë effens oopgesper, die rooi lipstifie oor haar ken en mond gesmeer. Sy maak haar mond oop en lek die saad van my vinger af. Dan rol sy op haar rug en stoot haar arms behaaglik die lug in. Sy trek soos ‘n kat en maak selfs ‘n katgeluidjie. Sy rol op haar sy, stut haar kop op haar hand terwyl haar elmboog teen die bed druk. Sy glimlag.

“Ek vermoed my sexy rooi lipstick is nie meer so sexy nie …”

“Trust me … Dis nou eers sexy,” sê ek en glimlag terug.

Sy streel oor my gesig.

“Dankie dat jy my kom verras het.”

“My plesier,” sê ek.

Sy druk my plat op die bed en rol tot bo-op my.

“Ek is lanklaas so ordentlik genaai …” glimlag sy. “Kan jy dit weer doen?”

“Na ek ‘n rukkie gerus het, sure.”

Sy tel die krale op en drapeer dit oor my bors.

“Ek sal nooit weer hierdie kan dra sonder om aan Antarktika, aan jou en aan vanaand, te dink nie. “

Ek glimlag net.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

0

9 thoughts on “Sneeuwitjie (3)

  • Avatar
    May 3, 2019 at 10:18 am
    Permalink

    Wow, wat kan ek se… heerlikom te lees en dis asof mens n toeskouer is en saam die aksie geniet. Seker maar die voyeur in my.
    Bakgat!

    Reply
  • Avatar
    May 1, 2019 at 6:36 pm
    Permalink

    Ramkat, absoluut fantasties. Uiters goeie storie.

    Reply
  • Avatar
    May 1, 2019 at 7:30 am
    Permalink

    Ramkat, o Ramkat…
    Absoluut verruklik!
    Ek spin soos ‘n kat…

    Reply
  • Avatar
    Apr 30, 2019 at 4:29 pm
    Permalink

    ‘n Mens het met hierdie reeks verknog geraak aan die 2 hoofkarakters. (slim geskryf, soos altyd)
    Elke aksie, al is dit hoe minimaal, speel vir jou ‘n beduidende rol van die gebeurtenis op daardie oomblik.
    Dis hoeveel mens jou inleef in die verhaal.
    Puik, Ramkat, dit is sulke vakmanskap wat hierdie webblad so uitsonderlik maak. Ek’t selfs Engelse vriende wat Kombiekiehier, slaafs volg.
    Doet so voort, baie dankie.
    Willewill.

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)