Die Karooplaas (7)

Hoe lank gaan ek lees: 4 minute

deur Jan Pielewiet

(Lees vorige episode HIER)

Die huis is alweer vol jong studente met maats wat vir die vakansie kom kuier het. Seker die klomp testosteroon en feromone wat in die lug rondhang wat my weer soos ‘n jong man laat voel. Die dogters dra mos rokkies wat skaars onder die waterlyn eindig en dan toppies wat minder bedek as my vrou se onderklere.

Ek word toe vanoggend wakker met ‘n pielstyfte soos in my jong dae. Ek lê op my rug met my hand op Willemien se boud wat nog steeds lekker ferm is ten spyte van haar ouderdom. My vinger gly rondom die waai van haar boud waar dit aansluit by haar bobeen en so ‘n effense plooitjie maak. Dan dwaal dit verder tot tussen die gleuf waar haar boude bymekaar kom en weer terug. Ek voel hoe haar boutjies saamknyp en weet sy is ook besig om wakker te word. Aangesien die kinders aangebied het om vanoggend die diere te versorg is daar geen haas om op te staan nie. Ek het al seker tien minute terug gehoor hoe die klomp al giggelende en laggende uitstap met die melkemmers. Willemien het op haar maag gelê en slaap en ek neem my kans waar en rol om bo-op haar.

Ek is nog steeds redelik skraal gebou sonder ‘n boep soos die meeste mans van my ouderdom danksy ‘n gesonde leefstyl en die aktiewe lewe van boerwees. Ek glo daaraan ‘n boer moet in die veld stap weg van die plaaspaadtjies af sodat jy self die weiding kan evalueer en weet wanneer dit tyd is om die vee te skuif na ‘n nuwe kamp.

Willemien het so hemp-affêre aan wat net tot onder haar boude hang as sy staan en die ding het nou opgeskuif tot bo haar boude. Ek laat vir Willempie tussen haar boude deur gly al teen haar panty af tot sy punt omtrent daar moet wees waar haar plesierknoppie is. Ek kan hoor aan haar asemhaling sy is wakker, maar sy lê doodstil sonder om iets te sê. Ek beskou dit as ‘n goeie teken en toe ek reken sy kan vir Willempie se kop teen haar knoppie voel begin ek saggies wieg. Willemien se asemhaling begin al hoe vinniger word hier onder my en dan voel ek hoe sy haar hand onder ons indruk en haar panty eenkant toe skuif sodat Willempie se kop nou direk teen haar klit kan skuur.

Na so paar minute se skuur voel ek hoe sy haar boude begin oplig en haar handjie help vir Willempie in haar nattigheid in. Die warm satyn gevoel laat my amper net daar kom, maar ek hou terug en laat hom stadig diep ingly todat my hele penis in haar in is. Stadig begin ek haar ritmies te ry terwyl haar vingers op haar klit woel. Net toe ek dink ek kan nie meer terughou nie hoor ek haar haar asem diep intrek en dan kreun sy soos ‘n ou leeumannetjie en ek voel haar lyf bewe hier onder my. Natuurlik is dit een te veel vir my en ek brul saam terwyl ek my vol knaters diep in haar leeg skiet.

Terwyl Willemien besig is om van haar peike terug te keer gaan maak ek vir ons koffie en bring sommer ‘n bakkie beskuit saam wat ons in die vars oggendluggie wat deur die kamer trek geniet.

Later die oggend gaan die jong klomp swem en ek en Willemien besluit om ‘n draai te gaan stap in die kloof en dan oor die nek te stap na die kinders by die swemgat net onder die fontein.

Seker so driehonderd meter voor die fontein loop ons ons vas teen ons oudste seun en sy meisie, besig om mekaar vuurwarm te vry. Dit is net lippe en arms en hande wat ooral beweeg. Ek weet nie wie die meeste geskrik het van ons vier nie, maar soos blits staan die twee ‘n myl uitmekaar, bloedrooi blosend en baie verleë. Lyk my die mannetjie is erger as sy pa, sal maar bietjie met hom moet gesels oor die lewe en sy gevare!

Ek wou nog iets sê maar Willemien het reeds my hand gevat en verder begin stap.

“Los hulle,” kom dit van haar. “Onthou, ons was ook jonk en ons het ons kinders na die beste van ons vermoë grootgemaak en geleer om die regte besluite te neem!” Nou teen sulke logika kan mens nie stry nie.

By die fontein baljaar ons saam met die res en laatmiddag keer ons almal huis toe waar die vuur aangepak word vir ‘n lekker karoo skaaptjoppie.

Die aand in die bed gesels ek en Willemien oor die dag en sy herhinner my ons was net ‘n jaar ouer as die oudste een toe ons die eerste keer gespyker het! As ek so na haar kyk weet ek hoekom ek nie my hande of gedagtes van haar kon afhou nie en sien uit daarna om die res van my lewe saam met die vrou te slyt. Oor twee jaar maak die oudste een klaar met sy studies en hy het al klaar geskimp hy wil kom boer en die jongste het al lankal gesê hy kom eendag boer. Gelukkig is die grond groot en met Willemien as enigste kind is hule grond ook nou deel van die familieplaas. Ons het klaar belê in ‘n aftreëoord langs die see en beplan om oor ‘n paar jaar daar te gaan bly sodra die kinders alleen op die plaas kan aangaan.

Maar nou moet ek eers weer vir Willemien aan Willempie gaan voorstel. My hand dwaal oor die effense ronding van haar maag wat sag gly onder my growwe hande.  Ek voel hoe haar hand op my bobeen rus met haar pinkie wat liggies teen my bal krap. My horing is nie meer so vinnig in wording nie, maar Willempie wend ‘n manhaftige poging aan om ook deel te word van die gesprek. Willemien het al geskimp oor die Blou Pilletjie en gewonder of ons een nodig sal hê oor ‘n paar jaar. Nou ja, Willempie is gereed en ek kan met oortuiging aan Willemien bewys die Blou Pilletjie kan nog so bietjie wag …

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

3 thoughts on “Die Karooplaas (7)

  • Avatar
    May 4, 2019 at 9:16 am
    Permalink

    Hahaha…. mooi storie en dankie vir n lekker lees storie.
    Daar is alternatiewe natuurlike pilletjies wat selfs beter werk as die blouetjies.
    So daar is hoop manne

    Reply
  • Avatar
    May 2, 2019 at 3:34 pm
    Permalink

    Netjies geskryf, soos die vorige episodes!
    Voorwaar is die blou pilletjie maar elke man se voorland…sug/

    Reply
  • Avatar
    May 2, 2019 at 2:50 pm
    Permalink

    Net soos met die vorige episodes, bly Jan Pielewiet in die kol. Dankie Jan, baie geniet!
    Voorwaar, die blou pilletjie-fase is seker maar elke man se voorland…..

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)