Die Karooplaas (6)
deur Jan Pielewiet
(Lees vorige episode HIER)
Willemien was vrugbaar en soos ‘n goeie Ford trekker het ek haar net so bietjie gestoot voor sy gevat het. Ek het haar nog nooit so blosend of jags gesien soos gedurende haar swangerskap nie. As sy saans in die bed klim en ek streel oor haar boepie weet ek dit is my voorreg om die vrou aan my sy te hê. Gewoonlik dwaal my hande dan op na haar borste wat nou groot en hard is van die melk wat vorm en ek help natuurlik dit aan deur te masseer en te vryf. Verder is haar koek so effens groter geswel as normaal en sy is baie meer sensitief as normaalweg. Ek kan haar maklik ‘n orgasm gee deur net teen die kante van haar lippe te vryf. Om aan haar klitoris te vat is ‘n waagstuk, want sy is hiper-sensitief en bespring my sommer as ek net daaraan dink om te konsentreer op die ertjie tussen haar lippies. En sy is baie meer lus as normaalweg, moet die hormone wees. Ek kla natuurlik glad nie, want ons spyker nog steeds op elke moontlike plek op die plaas as ons gaan rondry. Die lekkerste is om na die fontein te gaan en dan ‘n “skinny dip” te vang waarna ons in die son sit en bak soos klipdassies. Dit lei natuurlik weer tot ‘n gesaag en dan moet ons weer afspoel voor ons kan terug gaan huis toe.
Na drie kinders het ons tye saam maar min en vaal geraak. Kinders grootmaak is nie maklik nie en ons seks-sessies taan. Deesdae is dit kwaliteit teenoor kwantiteit. Ons benut Sondaemiddae wanneer die kinders gaan swem om bietjie in te haal op die gejaag van die week en dan word daar rustig gespyker. Selfs al is ons nou ouer is Willemien nog steeds gebou soos ‘n jong vrou en kan ek nog steeds nie my oë van haar afhou as ek haar kaal betrap nie. Drie kinders se borsvoed het haar borste effens groter gemaak, maar nou hang hulle ook al effens. Ek dink dit maak my meer jags as die jong ferm borsies waarmee ek haar leer ken het. Sy hanteer die ouerword met ‘n elegansie en selfvertroue wat veroorsaak dat sy al hoe beter in die bed perform. Ek kla natuurlik glad nie, want vir my is sy nog steeds beeldskoon. Ongelukkig skeer sy nie meer daar onder nie en moet ek maar die pad vind tussen die boskasie deur.
Laas naweek het hier ‘n groep jong tieners kom kuier en ons moes bontstaan om almal se mae vol te kry, want hulle is mos een lang wurm. Die Saterdagmiddag word daar besluit dat almal gaan swem in die fontein en aangesien die seuns al goed kan bestuur word hulle vertrou om alleen te gaan swem. Willemien stel voor ek en sy gaan ry ‘n ent met die perde aangesien sy lanklaas die geleentheid daarvoor gehad het. Ons saal vir Bles en Poena op en kies die ompad na die fontein. So ent voor die fontein klim ons af om die perde oor die stroom wat uitvloei te lei en gaan sit toe op die wal waar daar koelte en gras is om bietjie asem te skep en die perde kans te gee om water te suip. Willemien bieg toe aan my sy is lekker lus vir Willempie. Ek laat my nie twee keer nooi nie en help haar om ontslae te raak van haar klere en maak myself ook reg vir die bederfie wat gaan kom. Ek kan voel sy is pasopnat soos toe ons nog jonk was en sy bieg die saalboom het direk teen haar kitttelaar gedruk die heeltyd en haar al amper op fyndraai gehad net voor die stroompie. Ek het self ook al ‘n pielstyfte gehad van die drukking op my prostaat en ploeg in Willemien in dat die sop spat. Binne ‘n paar steke brul ons altwee van lekkerkry! ‘n Quickie soos in ons jong dae! My ooitjie is nog steeds ‘n ooitjie!
Na die tyd sit ons rustig langs die stroompie en luister na die gekabbel van die water oor die klippe met die reuk van die soetdoring bome se geel blommetjies in ons neuse, rustig verby, en gesels oor onbenullighede.
“Willem. Ek het gewonder,” sê Willemien en ek weet hier kom kak as sy so praat net na ‘n lekker seks-sessie. Ek wonder wat het ek nou weer aangevang wat ek nie eers van weet nie en begin alreeds my verdediging voorberei.
“Dink jy nie ons moet jou laat regmaak nie? Dan kan ek die pil los en kan my hormone na natuurlik toe terugkeer. Ons het drie pragtige kinders en ons raak te oud vir ‘n laatlammetjie in elk geval.”
Dit het my nou heel ontkant gevang en ek is woordeloos. Moet die dokter dan nou vir my ‘n rekkie aansit soos ek met die ram lammers maak waarmee ek nie wil teel nie? Of sny hulle dit af soos ek met die katte maak? My eerste gedagte is “not de fok!”
Nou ja, nodeloos om te sê word ek dokter toe gestuur om sommer dieselfde tyd my prostaat ook te ondersoek en om te bepaal of ek die vasektomie kan doen. Ek gaan nie nou uitbrei op die ervaring nie, maar ek is geboek vir die prosedure en daar is net genoeg tyd oor dat ek my testament in orde kry voor die operasie. En om vir oulaas deur de berge kan gaan stap – vrek bang ek gaan dood op die operasie teater.
Die dag voor die operasie deel ek Willemien mee dat ek in die berge gaan stap vir ingeval ek nie wakker word na die narkose nie en darem vir oulaas wil sien waaraan ek my lewe gelei het. Die kinders is almal in die koshuis en Willemien wil beskuit bak, dus stap ek alleen. Teen Langberg se hang is die son al heerlik warm in die effense koelte van die vroeë herfs. Ek trek my hemp uit om vir oulaas bietjie die son te voel voor die winter in volle erns hier is. Op die ingewing van die oomblik besluit ek sommer om my broek ook uit te trek en die laaste dag van vol man wees alles son te gee. Ek pak my klere op ‘n lae spekboom en stap dan ent teen die hang uit in my admasgewaad met die wind wat koel op my hol waai. Die vryheid is ongelooflik lekker en ek wonder hoekom ek dit nie al lankal probeer het nie.
Ek is opgewonde, onseker en bang oor more: Bang ek kom iets oor, onseker of alles suksesvol sal afloop en opgewonde dat ander vroue my trots sal sien, ek wil nou nie brag nie maar ek is darem redelik goed bedeeld.
Die gedagtes aan ander vrouens se reaksie op wat hulle sien en die wind wat my pubis hare kielie laat vir Willempie ontwaak waar hy luilekker gelê het en ek voel die bloed begin invloei en hy begin stadig kop oplig, soos ‘n slang onder ‘n fluitspeler se bekoring. Terwyl ek so stap streel ek so af en toe oor my penis en dan sien ek ‘n lekker rots wat glad is en in die son bak. Ek gaan sit op die klip en staar uit oor die Karoovlaktes onder my en die blou berge wat daar rondom uit troon. Die oopheid laat my klein voel en stem my rustig en ek streel nou vir Willempie soos ek laas as tiener gedoen het.
Voor ek my kon kry is ek besig om in alle erns draad te trek en beelde van my en Willemien flits voor my geestesoog verby. Die eerste keer waar sy my by die draad gekry het, die vuurslaan, saam op honeymoon en spesifiek die keer op die strand, die keer langs die spruit, op die berg se kruin, in die grot en dan al die kere in ons slaapkamer. Ek voel hoe my kom begin opbou en ek staan aan die voet van my orgasmeberg. Soos ek aan Willemien dink bestyg ek die lekkerkry berg en as ek haar sien orgasme bereik spuit ek die warm kom uit my voël se punt sodat die rots onder my sulke wit melk blerse op het en ek tuimel teen die berg af, skoot vir skoot.
Daar gaan my laaste vrugbare sperms dink ek … vermors op ‘n dooi klip.
5 COMMENTS
Jou hele storie-reeks was puik, Jan!
Ek hou van jou beskrywing van hoe haar liggaam verander het oor die jare en hoe dit jou nog steeds aandraai. Skrywers fokus baiekeer op jonk, ferm en perfek, en kyk die magic van die natuurlike, nie-perfekte en ouer-wordende mis. Mooi storie van hoe die lus in ‘n lang verhouding kan aanhou brand.
Dis nog nie heeltemal klaar nie 😉
Dankie vir julle terugvoer. Altyd lekker om ander se ervaring van my skrywe te hoor. Hoop die opvolg dra ook julle goedkeuring weg. Ditnis altyd vir my lekker om die waarheid in te vleg by die fiksie.
Magtig Janneman, maar duidelik verstaan jy die besigheid van storie skryf bitter goed. Ekt nou wragties jou reeks vreeslik geniet jong. Hoop ons lees binnekort weer ‘n ietsie.
Alhoewel sensueeel en effens eroties is daar tog ‘n ondertoon van finaliteit van die seksorgaan se funksie en dit stem mens byna as hartseer….
Maar hierdie is die werklikheid en Jan Pielewiet het dit vir ons pragtig saamgevat in sy verhaal.
Ek is verseker mans wat al soortgelyke operasies ondergaan het kan hiermee vereenselwig.
Dankie Jan.