Karien

2+
Hoe lank gaan ek lees: 11 minute

deur Dromer

(Taalversorging deur Lusman)

Vrydagmiddag halfdrie – dit was ’n lang week.  Soos ek die telekonferensie tot ‘n einde bring, voel ek uitgeput, moeg. Om permanent met projekbestuurders te baklei oor werk wat weereens nie op skedule is nie, is nie vir sussies nie. Dit gaan deur my gedagtes hoekom ek hierdie professie gekies het en ek skud net my kop. Ek stap uit die kantoor en kies koers na buite, het vars lug nodig voor my volgende vergadering.

Af teen die trappe … ek groet kollegas in die verbyloop en antwoord vrae so in die verbygaan.  Ek kom buite en instinktief haal ek die pakkie Camel uit my sak, skud ‘n sigaret uit en steek hom aan. ‘n Lang teug aan die sigaret en ek kan voel hoe die spanning begin verdwyn. ‘n Oomblik later kom staan ‘n persoon langs my, net buite my gesigsveld. Ek kan bo die sigaret se rook ‘n vroulike ligte parfuum ruik. ‘n Ligte sitrusbloeisel reuk lok my om te draai … en ek sien jou raak. Elektriese blou oë staar na my terug. Kort in postuur en heelwat korter as ek. Ek groet vriendelik en jy groet terug.

Jy trek liggies aan jou e-sigaret en noem dat jy in die gebou moet wees vir ‘n vergadering. Jy ken nie die plek nie en het die persoon wat die vergadering gereël het nog nie ontmoet nie. Ek noem dat ek  hier werk en jou gou sal help voor my vergadering. Ek vra wie jy moet ontmoet en jy noem dat jy mnr. Dippenaar moet ontmoet op die vierde vloer. Ek wil my instinktief bekendstel en steek my hand uit. Jou hand ontmoet myne, ‘n sagte hand in myne. Karien, Karien Lategan stel jy jouself voor. Ek stel myself net voor as André. Ek sien hoe die kuiltjies langs jou mond glimlag vir my. Jou mediumlengte vosbruin hare, netjies en versorg, pas by jou.

Soos ek my sigaret klaar gerook het en ons oor die alledaagse stadslewe en die Kaapse verkeer praat, noem ek dat ek nou moet ingaan. Ek bied weer aan om jou te help om op die regte plek te kom. Jy noem dat dit gaaf sal wees en begin my volg. By die roldeur wys ek vir jou om voor te gaan. Jy stap deur en bedank my. Ek volg en my oë volg jou. Jou liggaam, alhoewel kort, is mooi in postuur. Jou liggaam praat met my, so dat ek dink dêmmit, maar jy is mooi.

Ons stop by ontvangs en ek laat jou inteken en noem vir sekuriteit dat ek jou vergesel tot op die vierde vloer. Op met die roltrap staan jy op die trap voor my en dit bring ons op dieselfde oogvlak. Ek vra oor die rede vir jou besoek en jy noem dat jy ‘n voorlegging moet kom doen oor nuwe sagteware wat gebruik kan word om tegniese ontleding te vergemaklik.  Soos jy verduidelik, daal my oë vinnig af en ek sien jou ferm borste raak en kyk weer op na jou mond. Jy sien my en kry net ‘n effense lag in jou oë. ‘n Glimlag wat aandui dat jy my uitgevang het en wat amper sê: Ek het hierdie gebring om mee te onderhandel.

Ons stap in by die vierde vloer en ek noem vir jou dat jy net by die ontvangsdame kan aanmeld. Ek wens jou sterkte toe, groet en draai regs na my kantoor. Ek kry gou my notaboek en haal ‘n mint uit die houer op my lessenaar. Met ‘n mint in my mond en die gedagte van die mooi dame op die roltrap in my gedagtes, kies ek koers na die raadsaal. Soos ek instap sit jy met jou rug na my en ander persone reeds om die tafel, met die stoel in die middel oop – my stoel. Ek groet die groep mense met ‘n saaklike “welkom” en gaan sit. Jou oë is verbaas om my daar te sien. Ek kan sien jy is op jou senuwees. Ek begin met die formaliteite.

Nadat die veiligheidsprosedures aan almal verduidelik is en die aantekenregister sy ronde begin doen het, vra ek dat elkeen hom/haarself bekendstel. Jy is nog meer verbaas toe ek my van noem en my postitel as tegniese direkteur. Na ‘n lang vergadering, baie vrae en antwoorde later, sluit ek die vergadering af deur almal te bedank vir hulle teenwoordigheid. Ek vra verskoning dat dit so lank geduur het. Halfagt in die aand. Dit is Maartmaand in die Kaap, so dit begin al sterk skemer raak. Soos ons die raadsaal begin verlaat stop jy buite en jy sê vir my sag dat ek baie ondeund was om my nie ten volle bekend te stel nie. Ek lag en sê dat ek nou nie juis met my naam vooruit loop voor ons maatskapy se deur nie. Ek bied jou ‘n koppie koffie aan. Jy sê dat jy eerder ‘n glas wyn nodig het na die vergadering, om van die spanning ontslae te raak. Ons lag en ek sê dat ek wel nou nie so iets op die perseel het nie, maar weet van ‘n plekkie naby wat die lekkerste cabernet sauvignon het.

Jy speel vraend of ek jou nooi vir ‘n glasie wyn. Ek glimlag verleë en sê straks “Nou hoekom nie.” Ek dink by myself: Dis nie asof iemand vir jou wag by die huis nie.

Afgespreek klim ek in my motor en jy sal my volg in joune. My blou petrol-GTR brul die lewe in en statig stop ek in die uitrit van die verlate parkeerterrein. Ek sien jy trek agter my in met jou rooi Mini Cooper. In die verkeer kyk ek kort-kort terug en vang myself glimlag as ek jou sien … jou waarlik raaksien as hierdie beeldskone jong dame wat so met selfvertroue jou maatskapy se produk kom voorstel het.

Gou kom ons tot stilstand by De Grendel, ‘n wynplaas feitlik in die stad. Ek klim uit en wag vir jou. Jy stop langsaan my aan my passasierskant. Soos jy uitklim sien ek dat jou bloes se boonste knopie oop is en soos jy uitklim kan ek mooi tussen jou twee heuwels in sien. Mooi swart kant en skielik onder dit weer vel. Ek kyk dadelik weer weg maar nie voordat ons weer oogkontak maak nie. Jy kry weer daardie glimlag maar sê niks.

By ons tafel bestel ons ‘n 2010-rooi en voor ons wyn kom hoor ek die bekende stem van De Villiers. ‘n Ou koshuismaat, dis hoekom ek altyd plek hier kry. Hy groet my galant en ek stel jou aan hom voor, die eienaar van hierdie beskeie plekkie. Hy groet later en en ons begin teug aan ons wyn, dit is reeds sterk donker met ‘n pragtige uitsig oor die stad. Ons lag en gesels oor werk, vriende en oor menswees en jy noem dat jy hou van my kar. Ek lag beskeie en noem dat ek myself maar min bederf, maar nadat ons maatskapy ‘n groot kontrak voltooi het laasjaar, het ek myself beloon het met die bonusgeld – met die ietsie. Jou oë rek en toon spelend dat dit nou nie juis ‘n klein ietsie is nie.

Ons gesels lekker en al hoe meer flankerend. Gemaklik met mekaar stap ons uit, weer vir die ou Cameltjie. Die luggie is nou koel en ek voel die hoendervleis op my arms, ek sien hoe jy bewe. Ek trek jou nader en trek jou skouer teen my. My arm is oor joune met jou regterarm teen my sy. Ek kyk weer af en kan in die buiteligte die hoendervleis in die gleuf tussen jou borste sien. Jy kyk op en ons oë ontmoet weer.

Jy begin lag. Jy sê vir my dat dit nou die derde keer is dat ek so staar. “Doen jy dit met almal?” vra jy.

Verleë  en met ‘n glimlag op my gesig, sê ek: “Nee, dis net met dames wat ek sexy vind.” Jy lag weer en spot met my, flirt met my.

“O, jy dink ek is sexy meneer Dippenaar.” Ek voel hoe ek bloos, of dit is die wyn, maar weet dit is bloos.

“Ja ek doen.” Jou asem gly om my rug en jy trek my ook nader. Ons glimlag in stilte saam.

“Karien, jy weet ons speel nou met vuur?” Jy knik net. “Toemaar, ek maak klaar by hulle einde van die maand. Ek doen dan my eie ding.” Jy gee my weer ‘n drukkie. Ons gaan terug na binne en neem weer ons plekkie in by ons tafel. In minute verander ons atmosfeer al hoe meer – meer intens.

Na ‘n smaaklike ete sluit ons dit af met ‘n nagereg, albei met ‘n Valrhona Aero met Nutella-mouse, lemmetjie en neute. Soos ons uitstap, nou hand om die lyf, is ek vir die eerste keer in jare werklik ontspanne, in my element, gelukkig. By jou motor draai jy na my, ek kom nader en jy bedank my vir ‘n voortreflike aand. My hande vind jou heupe en trek jou nader aan my. Ek sak af, jy lig jouself op jou tone en jou lippe ontmoet myne. Sag op myne. Ons soen, eers sag, dan meer dringend, ons asemhalings begin meer dringend word. Soos ons kus breek, is daar ‘n glimlag by ons albei – breed. Jy vra my: “André, jou plek of myne?”

My antwoord is kort en kragtig: “Myne.” Opgewonde, soekend en lus klim ek in my motor.

Jou motor volg myne en ons kom teen die hange van Tygerberg in Plattekloof tot stilstand. Soos ek jou aan die hand inlei by die voordeur, sit ek die ligte aan en ons stap in die sitkamer in. Die panoramiese uitkyk uit die sitkamer laat mens die hele stad sien – Tafelberg, die hawe en die duisende liggies. Die Kaap bly darem mooi, veral as mens met so ‘n uitsig bederf word, merk jy op. Ek beaam dit, maar neem nie my oë van jou af nie. Nou bloos jy. Ek stap na die hoëtroustel. Die ligte musiek sny skerp deur die B&O-luidsprekers, suiwer soos die seksuele spanning tussen my en jou … wagtend, honger.

Ek trap uit my skoene uit om die lengteverskil tussen ons kleiner te maak en stap nader. Voor ek iets kan sê doen jy dieselfde. Ek kom staan weer voor jou, neem jou in my arms, ek kyk jou in die oë en vat jou, soen jou vurig. My hande sak af na jou heupe, af na jou boude en ek trek jou styf teen my vas. Ek tel jou op sonder om ons vurige soen te breek. Jou bene vou om my. Ek voel hoe my manlikheid kloppend hard teen jou vasdruk. Jou arms is onderdeur my arms op my skouers vasgetrek, jou borste styf teen my. Ons asems jaag duidelik. Ek stap agteruit en sak stadig neer op die oorgrootte rusbank – jy nog steeds bo-op my.

Jy neem nou leiding. Jy stoot my terug en ons soen breek. Ek sien die honger in jou oë, jou asemhaling hewig en jou pupille groot in jou pragtige blou oë wat my met lus deurboor. Jou hande beweeg na my hempsknope toe en jou vingers maak my knope los en dan trek jy my hemp oop. Jou hande vryf oor my, van bo my broek oor my bors en jou naels trek strepe deur my borshare.  My hande wat nog steeds op jou boude is beweeg op en ek vat jou bloes en begin dit optrek. Jou arms lig op en strek bo jou kop om my toe te laat om dit oor jou kop te trek. Soos ek dit optrek ontbloot ek jou borste wat omhul word deur ‘n swart kantbra. Jou borste rus sag in die kegels van die bra. Ek kan sien hoe die bruin tepels prominent opgehewe teen die kant beur om uiting te soek.

Jou hande sak af en begin met my gespe vroetel en gou is my broeksknoop en ritssluiter ook  bevry. My manlikheid klop nou behoorlik. Ek laat my ook nie op my wag nie en maak jou langbroek ook los. Ek kan die bokant van jou swart kantbroekie sien. Ek leun vooroor en gulsig kom ek weer in vir ‘n soen. Ons lippe ontmoet weer en my hande gly oor jou heupe en na jou boude, die keer tussen jou broek en die sagte kant. Ek trek jou nader en kan voel hoe jou warm seks oor my manlikheid skuur. My ore suis en en ons harde asemhaling oorskadu die ligte musiek in die vertrek. My hande beweeg oor jou rug na jou Victoria Secret-nommertjie en gou is die gespe los. Jy verbreek weereens die soen en gly weer stadig met jou warm vrug oor my manlikheid. Ek voel hoe my voël begin uitgly uit my onderbroek en my voorvel  oor die glans begin trek. Jy gly nog af en my voël gly onder jou bra in – tussen jou twee borste in. My oë is gevestig op jou en gaan af toe ek jou ken op my punt voel.

Jy kom op jou knieë orent en gou val jou bra langs my op die bank. Jou melkwit borste met die klein gespitste tepels kom tevoorskyn. Jou areolas, nie veel groter as jou tepels nie, lyk so aanloklik, so perfek. Jou hande weerskante van my heupe trek aan my broek en onderbroek. Ek stut myself op my elmboë en lig my boude om jou te help. Gou is my broek met onderbroek op my enkels en my voël is snaarstyf. My opwinding drup letterlik op my, net onder my naeltjie. Jou hande vind my voël en jy trek hom orent; dit voel soos my GTR se handrem wat jy optrek. Jou duim vryf oor my glans en dit blink met my lus. Jou mond beweeg nader en jou tong ontmoet die kop. Jy lek liggies en lek dan jou lippe af. Jou kuiltjies lag vir my en ek kan die ondeundheid in jou oë sien.

Jy sak af en my kop verdwyn tussen jou lippe. Jou tong is speels onder my kop en dit voel of ek myself verloor. In my 45-jarige bestaan is dit die mees sensuele ervaring soos jy my piel verorber. Dit bring my op ‘n hoogte en voel of ek heeltemal beheer gaan verloor. Ek probeer jou stop voor ek gaan kom en ek gly uit jou mond uit. Jou duim en wysvinger gryp my kop vas en jy klem hom behoorlik vas. Wat voel soos ‘n ewigheid bedaar my intense begeerte om van my kom verlos te word. Jy kom op en skuur weer jou hele bolyf oor my tot ons monde weer ontmoet. Ek proe myself aan jou en ons tonge dans hartstogtelik en ons asems jaag. My hande is weer op jou boude. Ek begin jou broek aftrek van jou af.

Weer breek ons die soen. Jy trek my orent en ons sak af op die vloer. Jy sak terug op jou rug en ek is op my knieë tussen jou bene. My hande begin trek aan jou klere en gou trek ek jou broek en broekie uit. Soos jou broekie van jou vrug af skuif sien ek die deurskynende sap wat ‘n dun lyntjie trek en dan skielik breek. ‘n Druppel vorm op jou kaal lippies. Ek kan jou ruik, soet muskusreuk gemeng met jou ligte sitrusbloeiselparfuum. Jou kuite, pragtig gevorm, is teen mekaar toe ek die materiaal heel van jou aftrek. My oë gaan op oor die waaie van jou bene. By jou twee boude is daar die mooiste gesig. Prentjiemooi, met die twee lippes wat glinster, sien ek jou kittelaar wat effens uitbeur tussen die mooiste, volste lippies wat ek al gesien het. Ek dink by myself dat dit die vervolmaking van die heelal inhou.

My hande gly oor jou bene en instinktief maak jy jou bene oop. Hulle sak langs my verby en kom tot ruste in arms. My duime gly af tot op jou lippies en ek trek jou dosie oop. Jou vroulikheid glinster vir my en ek trek jou nader aan my. My voëlpunt is nou teen jou opening. Ek dring vorentoe en begin jou penetreer. Met my hande op jou heupe, trek ek jou dieper oor my. Jy haal diep asem en ek beur verder vorentoe. Ek trek jou op na my toe en jy trek my aan die nek styf teen jou vas. Jou bene is om my met jou hakke wat teen my boude vastrek.

Jy is nou die pasaangeër en begin my nou ritmies ry. My hande verken jou rug oor jou sagte vel met jou heupe wat ritmies vorentoe trek, teen my vas. Jou tempo tel op en meteens trek jy jou teen my vas en hou die posisie. Ek voel hoe jou Kegel-spiere begin saamtrek om my skag. Meteens begin jou liggaam ruk. Jy gee ‘n diep sug in my mond. Jou oë gaan oop en jy staar diep in myne in. Ek laat sak my hande weer tot op jou heupe en begin skuif jou heen en weer oor my skag. Ons sappe is glad tussen ons en met dringendheid voel ek hoe ek begin klop in jou. Stroom vir stroom skiet ek diep in jou en ek voel hoe jy weer om my saamtrek. Ons tempo verdoof tot ek voel hoe ons heel tot ruste kom. Ons glimlagge breek weer, ons soen en ons asems bedaar.

Ek voel hoe ek verslap en soos jy agtertoe gly glip ek uit jou uit. Ek voel hoe ons natheid afloop teen my sak. Ons giggel en ek trek jou weer styf teen my vas. Ek sak agteroor en trek jou saam. Jy lê op my en sak dan teen my sy af, jou kop op my bors. Jou hande streel oor my maag af tot by my skaamhare. My hand streel jou rug, af na jou heup toe. Stadig op en af. Jy staar by die venster uit oor die stadsliggies. Daar is ‘n stilte tussen ons, gemaklik en vreedsaam. Ek dink by myself: Dankie vir die werk wat ek doen; dit het my na jou gelei. Ek maak my oë toe en voel hoe ek wegsink in ‘n rustige slaap.

Ek skrik wakker en sien dit is al lig, ek nog steeds in my adamspak. Jy is weg – ek kyk rond en sien geen teken van enigiets wat my aan jou herinner nie. Ek staan op, vat my klere en stap na die hoofslaapkamer. Die huis is leeg, bekend en stil. Ek gooi die klere op die bed en stap deur na die badkamer. Ek vang ‘n fluit en draai om en kyk in die spieël. Reg op my bors, in swart pen staan jou naam en nommer onder dit, met drie x’e. Ek glimlag breed en dink aan jou – Karien Lategan,  vosbruin hare, blou oë en jou prominente kuiltjies as jy ondeund lag.

Ek gaan eers jou nommer stoor, dan stort en jou definitief ‘n lui gee. Dit sal ‘n lekker dag wees om die GTR met geselskap in om Chapmanspiek te vat.

2+

6 thoughts on “Karien

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)