Eden

Hoe lank gaan ek lees: 30 minute

deur Uther Pendragon

Mattewis Anderzoon is ‘n vasberade man en hy gee nie sommer moed op nie. Hy is al gaar gestap en die son is blitsend warm, maar al wie opgee is hy. Die sakdoek, wat hy oor sy bles teen die son vasgebind het, is sopnat. Sy skoene is al nerf-af op die klippers getrap.

Die grondpad voor hom hou net aan en aan die berge in. Net wanneer hy dink dat hy nou by ‘n plaas of ‘n gehuggie gaan uitkom, open daar net nog ‘n bergvallei voor hom uit, met die pad wat hom al dieper en dieper die berge in lei. Hy is nou al te ver van sy kar om daarheen terug te keer. Al wat hy nou kan doen is om vorentoe te beur. Die pad moet sekerlik iewers heen lei. Hy kyk na sy horlosie – dit is nou vier-uur en dus is hy al reeds meer as drie ure lank aan die loop.

Hy skakel sy foon weer aan – daar is nog steeds geen sein nie. Hy skakel dit weer af om die battery te spaar. Hy is so dors dit voel asof hy wil vrek. Die botteltjie water wat hy by hom gehad het is al lankal leeggedrink en in die bosse langs die pad weggesmyt.

Soos hy stap spoel die woede en teleurstelling en hartseer en hopeloosheid en rigtingloosheid van sy lewe deur sy gemoed. Hy het alles verloor – sy vrou het na ‘n ander man gegaan, sy spaargeld het na die prokureurs toe gegaan, sy huis en die goeie kar het na sy vrou gegaan en sy job het na daai gatkruiper Piet gegaan. Dit voel vir hom asof daar ‘n groot kosmiese sameswering teen hom is – alles waaraan hy raak verander in kak – hy is ‘n regte Koning Mistas.

Hoekom alles op een slag met hom moet gebeur – wel dis juis die ding, dit alles gebeur met hom want die kosmos het sy mes in vir hom. Hy glo nie dat dit God is wat hom straf nie want hy glo in niks – veral nie nou meer nie – dis die kosmos. Die kosmos en mense. Mense is deel van die kosmos – so dis die kosmos.

“Fok julle!” sê hy hard wanneer die stemme weer in sy kop opklink: “Ontbloting, meneer Anderzoon!” Watter ontbloting? Dit was blote toeval! Dit was regtig nie my skuld dat my gulp reeds oop was toe ek in die toiletstalletjie ingestap het nie! “Jy het jou penis in haar mond probeer druk meneer Anderzoon!” Nee ek het nie my penis in haar mond probeer druk nie! Sy het dan op die toilet gesit – haar gesig was op dieselfde hoogte as my penis! Buitendien – hoekom het sy dan nie die deur van die toilet gesluit toe sy ingegaan het nie? Hoe kan ek dit help as daar nie aparte geriewe vir die verskillende geslagte is nie?

Natuurlik het ‘n ondersoek gevolg en natuurlik konfiskeer hulle toe sy rekenaar. Almal het porn op hulle rekenaars, dus hoekom moes hulle op hom pik? Daardie meisies was almal bo 18. Hy kan dit nie help as die webwerwe oor hulle ouderdom lieg nie. Hoe moes hy weet? Maar al sy pleidooie was tevergeefs.

En toe daardie fokken hoer van ‘n Clarise! Sy het net vir so iets gewag. Hy weet al lankal van haar affair. Hy kon haar stank ruik as sy van die “gym” af kom. Dis nie sweet so ruik nie. Sy wou met hom wat Mattewis is, nie meer seks gehad het nie, al lankal nie meer nie. Die enigste gelukkie wat hy die laaste jaar of twee gekry het is wanneer sy per geleentheid gedrink het. Die dag na hy sy werk verloor het, was haar prokureur op hom – asof hy die skuldige een is! Nee, ek het nie bewyse van haar ontug gehad nie. Intussen het Clarise se prokureur sy saak lekker voortgebou op die aanklagte van ontbloting, poging tot verkragting en besit van minderjarige porn. Ek is gelukkig dat ek net als verloor het en nie nou in die tronk sit nie, dink hy.
En nou is hy sonder werk, huis, vrou, kar, geld en trots – en nou gebeur dit! Presies nou toe hy op pad na ‘n werksonderhoud toe is, het die pad weggespoel. Presies nou op die ompad, raak hy verdwaal want daar is nie bordjies nie. En presies nou sal hy sein verloor en Google Maps sal nie meer werk nie. En presies nou sal sy ellendige ou skedonk van ‘n kar die gees gee tussen voetsek en nerens voor hy iewers kon uitkom. “Dis die fokken kosmos” sê hy bitter vir homself – vir wie anders sou hy dit sê? – want hy het nog nie ‘n solitêre siel op hierdie pad gesien nie.

Sy rusposes word al hoe langer voor hy sy genoeg moed kan bymekaarskraap om hygend en swetend die volgende skof aan te durf. Hy voel eintlik naar van die moegheid en hy is lighoofdig van die hitte en sy mond is ‘n kurkdroë gat van dorstigheid waardeur sy asem in en uit sy brandende longe blaas. Hy is nie meer ‘n jong man nie en is glad nie fiks nie.

Maar uiteindelik, na nog twee ure of meer se uitmergeling, sien hy ‘n naambord oor die padoppervlak oprys soos hy oor ‘n hoogtetjie kom. Sy oë is nou so dof dat hy eers so vyf meter van die bordjie moet gaan staan om dit te kan lees. EDEN sê die bordjie. Met sy laaste greintjie oorlewingsdrang beur hy vorentoe al met die afdraaipad langs. Hy is nou so moeg en dors dat hy vir die boer van Eden geld sal aanbied vir water en om daar te oornag.
Hy raak bewus van ‘n kabbelgeluid – dis water! Daar is ‘n riviertjie langs die pad! Hy strompel langs die wal af en val op sy knieë in die vlak water neer. Hy drink gulsige teue yskoue water. Hy spat water oor sy kop en bolyf en besluit dan sommer om klere en al agteroor in die vlak water op die spoelklippe te lê met net sy kop wat bo die water uitsteek. Na ‘n ruk raap hy sy laaste kragte bymekaar en amper waansinnig van moegheid sukkel hy met sy seer lyf teen die walletjie uit om die laaste skof van sy tog aan te pak.

Die pad kronkel deur ‘n diep kloof met amper loodregte kranse. Toe hy om die draai kom, val die landskap voor hom oop en sien hy iets wat hom in sy spore laat stilstaan van verbasing. Sy wasige oë en suf brein sukkel om dit wat hy sien te verwerk. Pleks van ‘n plaas, lê daar ‘n hele dorpie voor hom genestel in ‘n groen vallei wat deur kranse omsluit word. Hierdie plek is nie op enige van die kaarte wat hy gesien het nie. Dit lyk soos iets uit ‘n sprokie. Die riviertjie kronkel tussen die bont huisies en die groen landerye deur. Hy weet toe dat hy doodgegaan het en in die hemel aangekom het.
Die klank van koorsang word deur die wind na hom aangedra. Dit is terselfdertyd die harseerste maar ook die mooiste lied wat hy ooit gehoor het. Dit voel vir hom asof sy hart sy liggaam verlaat en voor hom uitsweef na die klokhelder stemme toe. Souterige trane vul sy oë en met ‘n ekstatiese uitdrukking in sy gesig beur hy voort oor die bruggie in die rigting van die onweerstaanbare lied. Hy slinger onder ‘n laning bome deur, verby ‘n lae muur waaragter hy grafstene sien. Dit is so gepas – dooies hoort mos in die hemel. Hy kan in ‘n waas die naaste grafstene se name lees: Kara Brand, Sara Jacobina Petersen, Gerlinde watsenaam, Ingrid Lindasdottir, Bluenn Eveno, Enora Ollivier, ‘n Susanna watsenaam, … die name begin voor sy oë swem.

Die geboutjies is te pragtig – hulle is allerlei kleure geverf en soos hy nader kom, sien hy die blombakke met trosse pienk en rooi en wit blomme onder die vensters en in potte langs die deure. Die koorsang en die bonterny van al die kleure vul sy kop voor die donkerte hom insluk. Mattewis Anderzoon se uitgemergelde lyf val met ‘n sagte plof op die padoppervlakte neer.

Toe hy sy oë oopmaak sien hy ‘n wasige beeld voor hom. Iemand is besig om sy lyf af te spons. Die sensasie van die koel water wat oor sy lyf vee is so hemels dat hy net slap op die bed bly lê en nie eens sy geslag probeer bedek nie. Hy probeer sien maar sukkel om die persoon voor hom te eien – al wat hy kan uitmaak is ‘n silhoeët teen die lig in die kamer. Hy mompel skor: “my bril asseblief.” ‘n Hand sit sy bril sag op sy neus en die beeld spring skerp in fokus. So swak as wat Mattewis is, voel hy die blos in sy wange terugkom en die elektrisiteit deur sy lyf tingel. Sy is beeldskoon. Die vrou wat seker in haar dertigs moet wees, het lang bruin hare en groot bruin oë. Hy sien hoe haar vol lippe beweeg maar registreer nie dadelik wat sy sê nie.

“Kan ek vir jou water gee?” vra sy weer. Hulle praat Afrikaans in die hemel besef hy verlig. Hy was altyd bang dis dalk Latyn of Hebreeus.

“Ja asseblief engel,” antwoord hy skor en drink lang slukke uit die beker wat sy vir hom aanbied.

“Stadig eers,” maan sy hom. “Jy het sonsteek en gaan naar word as jy te vinnig drink.”

Mattewis voel nog nie sterk genoeg om te protesteer of eens regop te sit nie en sak weer in die sagte kussing weg. Die vrou gaan aan om sy lyf en gesig af te spons. ‘n Koel luggie waai deur die venster wat die valletjiesgordyn laat binnetoe bol. Die koel lug lawe sy klam vel en sy oë val toe.
Na ‘n ruk kom hy weer by. “Waar is ek?” fluister hy.

“In Eden,” antwoord sy.

Hy antwoord met ‘n sug: “Ek dog so.”

“Draai om,” sê sy na ‘n ruk en druk sag met haar hande teen sy heupe. Hy kom uit sy indommeling en draai op sy maag. Sy begin om sy rug af te spons, dan sy arms, sy boude en sy bene. Sy los sy lyf vir ‘n ruk so klam sodat die windjie die water van sy lyf af kan laat verdamp en dan maak sy alles weer met ‘n sagte handdoek droog.

“Wat het gebeur?” mompel hy.

“Jy het hier in die dorp inmekaargesak. Jy was bewusteloos vir meer as ‘n halwe dag. Jou koors het nou eers gebreek,” sê sy en spons sy heupe, bene en voete.

“Wat is jou naam?” vra sy.

“Mattewis, Mattewis Anderzoon,” antwoord hy.

“Waar kom jy vandaan, Mattewis?”

“Kaapstad,” antwoord hy.

“Wat doen jy vir ‘n lewe, Mattewis?”

“Ek is ‘n boekhouer.”

“Wat doen jy in hierdie geweste, Mattewis?”

“Ek is eintlik verdwaal – ek het op ‘n advertensie vir ‘n werk in Hogsback gereageer, maar toe die pad byster geraak,” verduidelik hy.

“Dit gebeur,” antwood sy.

“Is jy getroud, Mattewis?”

“Was getroud – nou geskei. Sy het my agtien maande gelede vir iemand anders gelos,” antwoord hy meer gelate as bitter.

“Hoekom het sy jou gelos, Mattewis?”

“Ek weet nie regtig nie. Dalk omdat ek nie so jonk, groot, aantreklik, ryk of opwindend as ander mans is nie.”

“Ag nonsens – jy is heeltemal aantreklik genoeg,” antwoord sy.

“Dink jy so?” vra hy opreg verbaas.

“Ja, en ek is seker jy het ‘n paar meisies wat vir jou daar in Kaapstad wag, nie waar nie?”

“Nee, glad nie – daar is niemand wat vir my wag nie.”

“Jy het seker kinders?” vra sy.

“Ja twee, maar hulle is al groot met kinders van hul eie,” antwoord hy.

“Verwag iemand jou iewers?” vra sy.

“Ja eintlik, maar ek het sein op my selfoon verloor en ek kon niemand bel nie. Kan ek dalk van hier die mense bel om te laat weet hoekom ek nie vir die werksonderhoud opgedaag het nie?” vra hy.

“Nee ongelukkig nie – ons het geen landlyne of selfoonontvangs nie. Ons is hier basies maar afgesny van die res van die mensdom,” antwoord sy.

“Draai om,” sê sy weer en hy gehoorsaam outomaties.

Toe sy penis swaar op sy buik terugval besef hy eers hoe vol sy ereksie is. Sy hande skiet blitsvinnig om sy dik staaf te bedek. Mattewis mog miskien net 5’4” lank wees, maar sy penis se grootte het daarvoor vergoed.

“Jammer,” stamel hy.

Die vrou antwoord nie en met ‘n glimlag staan sy op om vir hom nog water in te skink. Mattewis beur op die een arm regop terwyl die ander nog sy penis gedeeltelik bedek. Hy sien hoe die vrou se hals oopgaap en haar borste swaar na onder hang. Hy kan sien dat sy nie ‘n bra aanhet nie. Hy kan voel hoe sy eikel deur sy voorhuid na buite dring soos sy ereksie verdik. Hy moet noodgedwonge die glas by haar neem met die hand wat sy penis bedek en soos hy sy eerste sluk neem sien hy met skaam-skok hoe ‘n straal helder slym van sy geswolle eikel op sy dybeen drup. Die vrou sien dit ook en vee dit ewe ongeërg met die handdoek af.

“Jy is veels te skaam vir ‘n man met so ‘n groot piel,” sê sy en glimlag vir hom terwyl sy sy penis in sy hand neem.

Dit begin vir Mattewis deurskemer dat hy dalk nie in die hemel is nie – engele sal mos nie so lelik praat of aan mens se penis vat nie? Hy sit versigtig die glas in sy bewende hand op die bedkassie neer en kyk met geskokte verwondering na haar toe sy vooroor buk en sy penis in haar mond neem. So dis hoe dit voel! Dit is die lekkerste gevoel wat hy ooit ervaar het. Hy roer nie – hy is te bang dat wat ook al hy doen haar sal afskrik en dat hierdie bietjie hemelse ervaring sal ophou. Geen vrou het nog ooit sy penis gesuig nie. Geen vrou wat hy ken, gebruik die woord piel nie. Dis asof ‘n leeftyd van fantasieë en drome eensklaps bewaarheid word.

Sy vee die hare uit haar gesig en gooi dit agtertoe soos sy opkom. Haar slymblink lippe sê: “Lê agteroor.”

Hy gehoorsaam dadelik en val oorgretig agteroor met sy nat penis tierend in die lug. Die volgende oomblik klim sy op die bed en gaan sit wydsbeen oor hom. Met een haal gryp sy sy penis in een hand vas terwyl sy met die ander hand haar labia ooptrek en op sy penis gaan sit wat diep in haar nat vagina opdruk.

Hy probeer iets sê, maar sy smoor sy sin deur om vooroor te buk en haar lippe oor syne te plant. Hy voel haar tong in sy mond rondtas. Hy kan nie onthou wanneer laas hy so gesoen was nie. Dit moes dekades gelede gewees het. Hy reageer instinktief dierlik op haar aanmoediging en kort voor lank stu hy net so hard boontoe as wat sy haar heupe op hom neerstamp. Hulle kry hul ritme en ry so hard dat die bed protesterend knars. Die sweet stroom naderhand van sy voorkop af en sy yl hare plak in slierte aan sy bles vas. Uiteindelik is hy bloedrooi in die gesig en die are staan soos slange in sy nek. Skielik brul hy van ekstase toe sy orgasme deur sy lyf blits en hy sy sperms diep in haar gretige vagina inskiet. Sy rol dadelik van hom af en lê langs hom op haar rug met haar knieë teen haar bors opgetrek.

Mattewis lê sweetnat en hygend na sy asem op die bed. Toe hy uit sy beneweling kom weet hy dat hy die liefde van sy lewe ontmoet het. Hy draai na haar en vra: “Wie is jy?”

“Ek is Tifenn,” antwoord sy.

Kort hierna dommel Mattewis in en word eers later die dag wakker van stemme buite die kamerdeur. Die deur gaan oop en Tifenn kom met ‘n ander vrou binne wie sy as Ronel – die dokter, voorstel.

Ronel kom na die bed toe en sonder om te huiwer trek sy die laken van sy kaal liggaam weg. Sy sê so terloops in ‘n sagte stem aan Tifenn: “Jy het nie oordryf nie …” aan Mattewis sê sy: “Hallo Mattewis, hoe gaan dit nou met jou?”

Mattewis mompel bietjie verboureerd: “Alles gaan klopdisselboom dankie.”

“Ek kan sien,” antwoord sy en met haar ferm hande druk en vat sy aan sy lyf terwyl sy hom ondersoek. Sy meet sy temperatuur, luister na sy hart en longe en kyk met haar stetoskoop, kyk met haar liggie in sy oë, ore, neus en keel op. Dan beveel sy hom om op sy sy te draai terwyl sy agter hom in haar tassie rondvroetel. Hy voel haar hand op sy boud toe sy vir hom sê: “Ontspan.”

Hy wou haar nog vra wat sy bedoel, maar die volgende oomblik voel hy hoe sy haar vinger deur sy anale sfinkter druk en binne hom rondtas. Dit is baie vreend en onaangenaam maar ten spyte daarvan kry hy oombliklik ‘n ereksie. Dit is net so gou klaar as wat dit begin het. Sy laat hom weer op sy rug terugrol. Hy hou sy hande oor sy ereksie. Terwyl sy haar hand met ‘n ontsmettingsmiddel afvee, sê sy vir hom: “Daar is geen rede om dit toe te hou nie – ek het al baie gesien. Buitendien, die ondersoek is nog nie klaar nie.” Sy betas sy testes en dan trek sy sy voorhuid terug en bekyk sy eikel rondom heen.

Mattewis mompel verboureerd: “Dis ‘n vreemde ondersoek – ek dog ek het sonsteek.”

Ronel antwoord: “Inderdaad – sonsteek, hitte-uitputting en dehidrasie. Maar jy naai ook my vriendin – en dit nog voor ek jou kon ondersoek het. Ek het nou jou prostaat ondersoek – mans van jou ouderdom loop ‘n hoë risiko vir prostaatkanker. Ek het dan ook gekyk vir genitale vratte, herpes en pubiese luise …” terwyl hy na haar luister het hy amper nie agtergekom dat sy ‘n spuitnaald in haar hand het nie todat die naald sy vel deurboor, “… en wanneer ek jou bloed getoets het sal ons weet of jy enige ander geslagsoordraagbare siektes het.” Na nog ‘n paar minute is Ronel daar weg.

Mattewis se verblyf by Tifenn is soos ‘n fantasie wat waar geword het – hy word van die oggend tot die aand gevoer, gewas en genaai. Mattewis was nog nooit so gelukkig in sy lewe nie. Tifenn dink dat hy sterk en aantreklik en slim en gevat is – hy is vol selfvertroue en was nog nooit gelukkiger nie. Die werk se moer, sy stukkende kar kan maar langs die pad wegroes, sy vorige lewe is vergete. Hy sal nooit hiervandaan weggaan nie.

Maar vir so ‘n stil en afgeleë plekke bly dinge in Eden snaaks genoeg nie dieselfde nie. Op die sesde dag van sy verblyf by Tifenn is daar ‘n klop by die agterdeur en ‘n blondekop kom in. Mattewis en Tifenn is nog besig by die etenstafel besig om hulle varktjops, appelmoes en suurkool vir middagete te eet.

“More Tifenn en Mattewis,” groet sy vriendelik. Haar gesig is blosend en haar oë skitter. Ongeag Mattewis se verliefdheid op Tifenn, tref hierdie vrou se skoonheid hom soos ‘n hamer tussen die oë.

“Dag Annick, kom sit hier by ons. Ek skink vir jou koffie,” antwoord Tifenn met ‘n glimlag.

Annick gaan sit by die tafel maar haar oë verlaat nie Mattewis nie. Haar glimlag straal wittand, nat en rooilip oor hom.

“Annick, dit is Mattewis,” sê Tifenn.

“Ek weet,” sê Annick. “Mattewis, ek is Annick” en terwyl hy nog probeer iets gevats te sê soos “Ek weet,” buk sy oor die hoek van die tafel en soen hom vol op die mond.

“Skei uit julle twee, daar is genoeg tyd daarvoor later,” sê Tifenn met ‘n glimlag en sit ‘n beker koffie voor Annick neer wat dadelik daaraan begin slurp sonder om haar oë vir ‘n sekonde van Mattewis af te vat.

Tifenn kyk na Mattewis, vat sy hand in hare en sê: “Mattewis, die dokter se verslag het ingekom en dit lyk asof jy gesond en perdfris is. Jy het geen onderliggende siektes nie en jou cholestrol en suiker is goed vir ‘n man van jou ouderdom.”

Mattewis haat dit wanneer mense na sy ouderdom verwys. Maar hy is bly oor die res van die resultate, want hy hou van ryk kosse. Wat Tifenn egter volgende sê, laat sy hele verwysingsraamwerk in duie stort: “Mattewis, Annick is hier om jou te kom haal, want jy gaan nou by haar bly.”

Sy verwarde protesterings word net deur Tifenn stil gemaak met ‘n ferm: “Dit is hoe ons dit wil hê Mattewis. Daar is geen ander uitweg nie.”

Mattewis is toe daar weg met Annick. Hy is baie harsteer. Hy het baie lief vir Tifenn geraak. Annick is egter op hom en oor hom en sy praat aanmekaar. En sy is mooi, baie mooi… selfs mooier as Tifenn. Kort voor lank kom Mattewis agter dat Annick ook nie onderklere dra nie en Mattewis raak verlief op Annick.

Annick spandeer die res van die middag om hom die dorpie en omliggende landerye.te wys Sy beduie waar die biodiesel aanleg is, die dorpie se kragopwekker is, die skool is, die Noorse meul met sy horisontale wiel langs die rivier is, waar die bakker is, die slagter is en die dokter se spreekkamer is.

“Dr. Ronel? Sy het my ondersoek,” sê Mattewis.

“Ja ek weet. Ons is baie trots op haar – sy het nie slegs ‘n spreekkamer nie, maar alles wat jy aan kan dink – van ‘n sonar tot ‘n patologielaboratorium tot ‘n chirurgie- teater – alles wat ons moontlik nodig het. Sy kan selfs tande stop en trek. Sy het so tien jaar gelede op Eden kom bly na ‘n groot gedoente by die universiteit waar sy een van hulle voorste navorsers was,” antwoord Annick.

“Watse gedoente?” vra Mattewis.

“Seksuele teistering, onsedelike aanranding en poging tot verkragting. Maar toe probeer die universiteit die hele gedoente toesmeer sodat dit nie op die lappe kom nie, want dit sou sleg vir die universiteit se reputasie wees. Maar die laaste strooi was toe die dekaan haar probeer intimideer het om die saak teen haar kollega terug te trek en insinueer dat sy weens haar uitlokkende gedrag, eintlik daarvoor verantwoordelik was,” antwoord Annick.

Oral waar hulle verbyloop sien Mattewis vrouens oor onderdeure en deur vensters vir hom loer. As hy hulle oog vang het hulle een van drie reaksies: sommige glimlag vir hom en waai vir hom, ander kyk hom net takserend aan en ander deins agter die gordyn weg. Die hele dorp is vol vrouens. Mattewis moet homself knyp om seker te maak of hy nie tog in een of ander hemel is nie. Maagde is hulle gewis nie – so dit is nie daardie tipe hemel nie. En almal is mooi en seksie en almal wie hy ontmoet is ongelooflik vriendelik. Dan tref dit Mattewis – dis nie net ‘n klomp vrouens in die dorpie nie – daar is geen mans nie. Hy draai na die borrelende blondekop langs hom wat nog aaneen praat en vra: “Waar is die mans dan?”

Die glimlag verdwyn van haar gesig. Daar is iets kil in haar stem toe sy antwoord: “Hulle is of weg, of dood of het nog nie opgedaag nie.”

“Ok,” sê hy, “ek het net gewonder,” antwoord hy flouerig.

Hulle loop sonder ‘n woord verder tot by Annick se pienk dubbelverdiepinghuisie. Die rooi malvas blom in bosse in die vensterbakke.
Na hulle hul aandete van brood en koue vleis genuttig het sê sy vir hom: “Kom saam met my sodat ek jou na jou kamer kan neem,” en loop voor hom uit.

Mattewis kyk maar, soos enige normale man sou, na Annick se boude soos sy voor hom teen die trappe opstap. Maar die trappies is steil en Annick se rok is kort en wyd en Mattewis sien wat mans selde beskore is om te sien – in die ganglig kan Mattewis Annick se kaal boude voor hom sien dril en dimpel soos sy teen die trappe op loop. Mattewis is verras en verbaas – sy moet sekerlik weet dat hy onder haar rok kan opkyk, maar desondanks hou sy nie die soom van haar rok teen haar dye vas, soos wat hy gewoond is vrouens in hierdie omstandighede sou doen nie.

Annick gaan staan in die oop deur en skakel die lig vir hom aan, maar sy gaan nie in die kamer in of beweeg uit die pad uit dat hy kan verbykom nie. Haar borste druk sag en wulps teen sy arm soos hy teen haar moet verbyskuur.

“Roep my as jy enigiets – en ek bedoel enigiets – gedurende die nag nodig het,” sê sy en gee vir hom die mooiste glimlag voor sy die deur agter haar toetrek. Haar glimlag oortuig Mattewis dat die ongemaklikheid van vroeër maar net sy verbeelding was.

Mattewis word deur die nag wakker van ‘n aangename nat en warm sensasie op sy penis. Sy mompel met haar mond vol eikel toe sy agterkom dat hy wakker is: “Ek dog aangesien jy vergeet het om my vir enigiets te roep dat maar na jou toe moes kom om jou daaraan te herinner.”

Mattewis is weer terug in sy hemel en met ‘n glimlag gaan lê hy terug op die bed. Net toe sy heupe outomaties op en af begin pomp, klim Annick op hom en ry hom nes Tifenn gedoen het. Nes Tifenn, rol sy van hom af op haar rug met haar knieë teen haar bors toe hy haar vagina volgespuit het.

Mattewis moes net vra: “Hoekom doen jy dit?”

“Om jou sperms in my te hou, Liefie,” antwoord Annick dromerig.

Mattewis se verblyf by Annick is hemel op aarde – hy word gevoer en genaai van soggens tot saans en soms in die middel van die nag. Daar is geen onderbrekings nie – geen TV, geen ongewenste besoekers – trouens geen besoekers, geen kinders, geen telefoonoproepe nie. Mattewis en Annick leef in en vir mekaar – dit is asof hulle in ‘n borrel van wedersydige bevrediging leef. Mattewis het nog nooit soveel seks in sy lewe gehad nie. Hy het na tien dae waarskynlik meer seks gehad as in ‘n jaar, nee maak dit drie jaar, tydens sy bitter huwelik met Clarise. Hy besef ook skielik dat hy in die laaste week nog nie een keer aan sy eks-vrou gedink het nie.

Maar Mattewis het skaars sy geliefkooste stoel in die sitkamer geëien en sy plek by die etenstafel ingewy toe hulle ‘n besoeker kry. Hulle was aan tafel en pas klaar met hulle cerveaux met sampioene, toe daar ‘n klop by die deur is. ‘n Blondekop bars in met ‘n: ”Hallo, hallo mense!” Dit is Annick se suster Solenn.

Mattewis roep verras uit: “Maar julle is dan ‘n tweeling!”

“Nie regtig nie,” kom dit gelyk uit twee kele met identiese stemme.

Maar die ooreenkoms is verstommend. Solenn se oë is ‘n bietjie meer bou-groen as Annick se bloues, maar dit was al. Miskien was Annick ‘n bietjie plomper as Solenn. As hulle nie langs mekaar gesit het nie, sou Mattewis hulle nie van mekaar kon onderskei nie. Annick vat Mattewis se linkerhand in hare en sê: “Mattewis, Liefie, jy gaan nou by Solenn bly.”

Mattewis probeer protesteer en smekerig verduidelik hy vir Annick dat sy die liefde van sy lewe is. Mattewis kyk om die beurt na Annick en dan na Solenn. Solenn neem sy regterhand in hare en sê: “Dis ok Mattewis, ek sal net so lief soos Annick vir jou wees.”

Sy leun oor die hoek van die tafel en soen hom vol op die mond. Dan voel hy hoe haar linkerhand tussen sy dye ingaan en sy penis deur die opening van sy japon vasvat en druk.

“Dis ok dan,” antwoord hy swakkies.

Mattewis word die volgende oggend wakker. Die son skyn deur die kamervenster. Hy is vir ‘n oomblik verward deur sy vreemde omgewing en dan spoel die vorige dag se gebeure deur sy kop. Hy kyk vinnig na die ander kant van die bed maar hy is alleen. Dan word hy bewus van die reuk van koffie en braaiende spek en ‘n vrouestem wat neurie. ‘n Glimlag sprei oor sy gesig en hy vat aan sy stywe penis. Sy pubiese hare is gekoek met die sperms en slym wat daarin gedroog het. Dit was dan tog nie ‘n droom nie.

Die deur, wat half-toe was, gaan onverwags oop en Solenn kom in die kamer. Sy het net ‘n voorskoot aan, en dit bedek haar beswaarlik. Sy glimlag breed vir hom en sê: ”Goeiemore, ou slaapkous. Ek is bly om te sien dat jy op is.”

Haar oë kyk reguit na sy ereksie en sy voeg met ‘n giggel by: “… en as ek sê op, bedoel ek op!”

Haar glimlag verdwyn skielik en sy sê: “Maar jy wil seker net pie en nie naai nie, nê? Kom saam.”

Dit voel simpel as sy penis op en af wip wanneer hy teen die trappe afloop en dus hou hy dit maar in sy hand. Hy gaan deur die deur wat sy vir hom oopmaak die badkamer binne. Terwyl hy urineer sê sy: “Ek tap solank vir jou water,” en buk vooroor terwyl sy die water se temperatuur met haar hand toets. Die aansig van haar groot borste wat hang en swaai en haar boude en dye wat oopsprei om haar vagina en anus te ontbloot, maak hom in ‘n paar sekondes kliphard.

Sy staan op en met ‘n glimlag vat sy sy penis in haar hand en sê: “Nou-nou jou jagse man, wees net ‘n bietjie geduldig,” en gee sy penis ‘n druk.

Terwyl hy bad, hoor hy haar werskaf in die kombuis. Hy lê agteroor in die warm water en was sy penis en pubiese hare. Sy ereksie gaan net nie weg nie. Solenn kom in en sê: “Mens mors nie so ‘n goeie ereksie nie,” en gooi haar voorskoot op die vloer neer. Sy klim in die bad en hurk oor hom. Nes haar suster trek sy behendig haar groot labia met die vingers van een hand oop en druk sy nat ereksie vinnig en sekuur binne haar vagina in. Net betyds – want hy begin spuit die oomblik wat sy penis tot sy volle lengte binne haar warm vagina opgedruk is. ‘n Lawwe gedagte gaan deur sy kop: “Leer hierdie vrouens hoe om seks te hê by dieselfde seksvoorligter?”

Mattewis se verblyf by Solenn is net so idillies as by Annick, indien nie beter nie. Hy is oortuig dat hy nou die liefde van sy lewe ontmoet het. Solenn eksperimenteer meer as Annick – hulle het seks in die agtertuin (en hy is seker dat die bure hulle dopgehou het), hulle het seks op die vloer, hulle het seks op die eetkamertafel, hulle het seks op die trappe en so aan. Daar was later nie ‘n vertrek of oppervlakte waarop hulle nie seks gehad het nie – hulle het een keer selfs op die kombuistafel seks gehad waar sy besig was om varkworsies te stop – sommer so tussen die maalvleis en derms deur.

Teen die tyd wat Mattewis deur die volgende dame gehaal word is hy nie eens meer verras oor die gebeure nie. Natuurlik is hy nog steeds verlief op Tifenn, Annick en Solenn, maar dit is nou die rooikop Loana se beurt. Na Loana was daar Yuna, Thrud, Marzhina, Wina, Inga en Helga – die weke vloei in maande in en naderhand sukkel Mattewis om almal se gesigte en name te onthou. Wat wél opvallend is, is hoe die vrouens op mekaar trek. Daar is, soos hy dit sien, sustersgroepe – twee tot ses vrouens wat so op ‘n haar na mekaar lyk dat dit eintlik vreemd is. Almal is ook angstig om sonder voorbehoeding met hom seks te hê. Mattewis het trots en fier deur die strate geloop wanneer hy van een vrou na die ander se huis gelei is, bewus van die dosyne oë op hom. Yl haartjies, boeppens en stywe, krakende bene ten spyt, voel hy soos ‘n stoetbul wanneer hy op straat kom en is hy trots en ingenome met homself.

Hy kry nie regtig kans om in die dorp rond te loop nie omdat sy dae met eet, slaap en seks opgeneem word. Maar soms, wanneer hy nie daarmee besig is nie, en die kans kry om deur ‘n venster kyk, sien hy dikwels ‘n bekende swanger vrou in die hoofstraat sien verbystap. Hy waai gewoonlik vir hulle, maar hulle kan hom skynbaar nie raaksien nie. Hy kry nooit die geleentheid om ‘n venster oop te maak en na hulle te roep nie, want die vrou saam met hom trek hom gewoonlik van die venster weg met ‘n soen, ‘n bors of ‘n vagina of ‘n mondvol botterige chaudins, geurige boudin noir, ryk goetta, brosgebraaide kig ha farz, souserige rillettes, of plakountas tetyromenous in delikate filo en sy geliefkooste dis – bros aan die buitekant en romering aan die binnekant – couilles.

Ondanks die feit dat hy eintlik ‘n russian en chips man is en nie die name van die disse wat vir hom spesiaal voorberei word kan uitspreek of onthou nie, of weet wat dit is nie, eet Mattewis hom knuppeldik daaraan. Trouens hy eet net soveel soos wat hy seks het en na ‘n paar maande is onse Mattewis ‘n regte potjierol. Dit lyk nie asof dit die vrouens afsit nie en hulle help hom selfs om verstellings aan sy klere te maak dat dit hom nog so op ‘n manier pas wanneer hy op straat verskyn, maar aangesien hy meestal kaal is, pla sy krimpende klere hom nie juis nie.

Soms is daar weke wat vir hom verwarrend is – dit is wanneer hy in die dag by een vrou bly, maar in die aand by ‘n ander oorslaap. Die vreemde ding van hierdie dae is dat die betrokke vrouens ook net dan een keer elk met hom seks op daardie dae wou hê, terwyl as hy by een op ‘n slag is, is dit kant tot wal seks vir dae.

Dan was daar hoogtepunte en nog hoogtepunte. Daar was die “drieling” Kappa, Wiske en Bruna. Hy het hulle een na die ander, maande uitmekaar ontmoet. Hulle het vreemde behoeftes gehad en moes aan hom verduidelik hoe en wat hy met hulle moes doen en waar watter tou of gespe of prop moes gaan. Dit was so anders as die seks wat hy met al die ander vrouens gehad het wat duidelik almal van fellatio en manry geweet het. Hy het maar ingestem bloot omdat hy nie graag wou uitvind wat sou gebeur het as hy weier nie. Hy was egter bly toe hy uitvind dat hulle nie nog susters het nie.

Dit was Hildr wat vir hom die hottensgotte in die tuin gewys het. Hulle was besig om te paar op die struik langs wHildr en Mattews wat ook besig was om te koppel op n kombers op die gras met die son op hulle kaal lywe. Hildr het begin giggel toe die wyfie die mannetjie se kop afbyt terwyl hulle paar. Sy het sommer Mattewis se lippe begin byt terwyl sy giggel. Mattewis het vir haar gesê om te stop en dat hy nie kan sien hoekom sy daarvoor lag nie want dit is walglik vir hom. Sy het hom toe vertel dat dit die wonderlikste ding is vir die pa om sy liggaam vir sy nageslag op te offer. Die pa verseker dan sy kleintjies se oorlewing deur om sy voedingstowwe vir hulle via die ma aan te gee. Daar is ook geen rede vir die verdere voortbestaan van die mannetjie na hy sy gene aan tientalle kleintjies geskenk het nie, veral as hy hulle kanse om te oorleef net gaan belemmer deur om self te bly leef en met hulle vir kos te kompeteer. Dit maak net soveel sin.

Dan was daar ook ‘n hele paar vrouens wat hy, na ‘n maand of so, weer by ingetrek het en ander wat hy nooit weer met ‘n oog gesien het nie. Dit was asof daar ‘n patroon of patrone was wat hy net nie kon raaksien nie.

En dan was daar Katarin. Katarin het weer baie soos Tifenn gelyk. Sy was ook in haar laat dertigs, met dieselfde figuur, haarkleur, oë en stem. Sy ervaring met Katarin was heelwat anders as met die ander vrouens. Katarin het lank na hulle seks gehad het, nog steeds langs hom bly sit met haar kop op sy skouer terwyl sy sy hand vasgehou het. Sy het hom net Liefie genoem en nie Mattewis nie. Soms kon hy sien hoe sy ‘n traan van haar wang afvee as hulle langs mekaar sit of op die bed langs mekaar lê. Sy was baie stil en wou hom nooit vertel wat haar pla nie. Mattewis was verlig toe die volgende borrelende, vrolike vrou hom daar weggelei het.

Toe kom die grootste verandering in Mattewis se lewe, naas sy aankoms in Eden. Die volgende dag was Lente Sonewening. Hulle moes dit mooi aan hom verduidelik, want hy het niks daarvan geweet nie – daar is twee Sonstilstande, een in die somer en ander in die winter en daar is twee Soneweninge, een in die lente en die ander in die herfs. Sonewening is wanneer die dag en nag ewe lank is. Mattewis besef toe dat hy reeds meer as agt maande in Eden is. Daardie agt maande het soos ‘n droom by hom verbygegaan.

Lente Sonewening is duidelik ‘n groot affere in Eden en hy kan die energie deur die dorpie voel bruis ten spyte daarvan dat hy meeste van die tyd in die wellustige omhelsing van Aela is. Tussen die soene, fellatio en seks, kan hy hier en daar iets uitvind. Eden vier Lente Sonewening elke jaar en sekere van die volwasse vrouens in die dorp en al die manlike besoekers woon dit by – dit is blykbaar verpligtend. En ja, sommige jare is daar meer as een manlike besoeker. Hy wil nog vra wat van die besoekers geword het toe sy orgasme hom oorweldig en hy per ongeluk sy sperms in haar mond spuit – gewoonlik is die vrouens vinnig genoeg om betyds op hom te kom sit voor hy spuit.

Toe hy op die feesterrein onder die bome saam met Aela daar aankom is baie van die vrouens wat hy ken ook daar, maar hy sien ook ‘n paar vrouens raak wat hy nog nie ontmoet het nie. Daar is seker so 20 vrouens altesaam. Sommige van hulle is duidelik swanger – Annick lyk asof sy gaan bars so groot is sy, maar Solenn is nie daar nie. Sy blik dwaal oor die gesigte wat almal na hom kyk – dit is skielik moeilik om die gesigte en name by mekaar te sit, want die susters sit en staan hier en daar bymekaar en hy kan nie sê wie wie is nie. Hy is onseker van sy saak maar hy kan sweer dat amper helfte van die vrouens by wie hy gebly het nie daar is nie.

‘n Ouer dame, maar ietwat jonger as hy, kom vorentoe. Hy het haar nog nooit gesien nie. Sy sê in ‘n sedige stem: “Welkom by ons, Mattewis. Ek is Lillith. Vanaand is die hoogtepunt op ons kalender.”

Mattewis weet nie hoe om hierop te reageer nie en sê: “Baie dankie, ek sien daarna uit.” Lillith glimlag vir hom.

In die middel van die oopte is daar ‘n groot stapel hout wat iemand aan die brand steek. Toe Mattewis dit sien vra hy: “Gaan ons vanaand iemand brand?”

Almal kyk geskok na hom en toe bars almal uit van die lag. Mattewis lag saam – hy hou daarvan as mense dink hy is snaaks of gevat. Daar is ‘n lang tafel wat kreun onder die kos aan die een kant en langs dit is ‘n tafel met bottels en bottels drank. Aan die ander kant van die ring is ‘n groot stoel en langs dit ‘n tafel met ‘n rooi kleed daaroor. Dan is daar weerskante van die groot stoel en rooi tafel talle sofas en banke wat in ‘n kring om die vuur staan.

Dit lyk vir Mattewis asof almal vir hom gewag het, want nadat hy deur Lillith verwelkom is, neem almal op die banke en sofas plaas. Hy sit tussen Aela en Gwendal. Die vrouens sing spontaan liedjies in ‘n vreemde taal, maar soms is daar Afrikaanse liedjies en wat soos Duitse liedjies klink. Dit wat hy verstaan klink soos pryssange aan die natuur en vrugbaarheid.

Lillth glimlag soetjies wanneer die ander een na die ander heildronk gedrink word, maar drink self niks nie. Die vrouens word al hoe lawaaieriger en uitbundiger soos die aand vorder. Op ‘n stadium staan Lilith op en klap haar hande. Dit was die teken waarvoor almal gewag het. Almal pluk hulle rokke oor hul koppe – almal is nakend daaronder, maar dit is iets waaraan Mattewis al lankal gewoond geraak het. Borste, dye, bene, boude en geswolle buike glim in die lig van die vuur. Min mans het soveel naakte vrouens op ‘n slag aanskou.

Lillith beduie na hom en sê: “Jy ook, Mattewis.”

Gedweë trek hy sy klere uit en sit dit in ‘n netjiese bondeltjie bo-op sy skoene agter die bank neer. Hy het in die laaste ruk so gewoond geraak daaraan om kaal voor vreemde vrouens te wees dat hy bykans al sy inhibisies verloor het, maar om nou almal se oë op hom gerig te hê, is intimiderend – veral omdat almal na sy penis staar. Gelukkig laat sy liggaam hom nie in die steek nie en met ‘n groot gejuig vul sy penis met bloed en salueer hy op die gepaste manier die vrouedom om hom. Hy glimlag breed met die wete dat hy sekerlik die gelukkigste man op aarde is.

Daarna volg vreemde rituele – die vreemdste sekerlik toe die vrouens hulle lied sing – die lied wat hy met sy aankoms in die dorpie gehoor het. Dit voel vir hom weer asof sy hart sy liggaam verlaat soos sy wese poog om een met die vrouens om hom te word. Dit was die teken vir die ander vrouens wat oorspronklik nie deel van hulle groep was nie – hulle kom nou in die ligkring ingestap – almal nakend en swanger. Buiten vir Katarin, kyk nie een in sy rigting nie. Hulle gaan staan in ‘n halfmaan rondom Lillith wat opstaan en in ‘n welluidende stem ‘n gebed of ode of wat ook al in ‘n vreemde taal opsê terwyl sy haar hande na die maan oplig. Daarna word die vrouens een vir een op die tafel met die rooi kleed gehelp waar sy gaan lê en waar ses ander vrouens olie in haar hare, gesig, lyf, buik, bene en arms invryf. Dit is eintlik meer soos ‘n erotiese massering as blote vryf want die swanger vrouens se borste, bene, boude, vaginas word behoorlik geknie deur die vrouens wat hulle bedien.

 

Heksesabbat deur Luis Ricardo Falero (1878)

Mattewis kan van waar hy sit die speseryagtige geure van die olie ruik en die steun en kreungeluide wat die vrouens maak, hoor. Hy kan sweer dat hy kan sien hoe een van die vrouens haar hele vuis in die swanger vrouens se vaginas opdruk, maar hy kan weens die flikkerende vuurlig en hoek wat hy sit, nie daarvan seker wees nie. Die vrouens gaan staan weer op hulle plek in die halfsirkel nadat hulle klaar behandel is. Mattewis kan nie sy oë van hulle afskeur nie – hulle staan daar met hulle vol glimmende lywe, hare wat in olieslierte langs hulle koppe afhang, hulle opgeswolle buike met hier en daar ‘n naeltjie wat uitgepop het, swaar hangende borste – sommige waaroor daar pers are kronkel, groot donker areolas en dikgeswolle tepels. Almal lyk so goed en mooi vir Mattewis, trouens, al ken hy elkeen intiem, tref hulle vroulikheid hom nou dieper as ooit vantevore.

Lillith omhels elkeen en plaas haar hand op die vrou se buik en fluister iets vir haar in die oor, Daarna verlaat die geseënde swanger vrouens die groep.
Dit is asof dit nog ‘n teken was waarop almal gewag het. ‘n Oorverdowende jil klink deur tientalle kele en die vrouens spring op en begin om die vuur dans. Die musiek kom van hulle sang en allerlei voorwerpe wat hulle as perkussieinstrumente aanwend. Mattewis was nog nooit by ‘n orgie of selfs ‘n ontkleedans of paaldans nie, maar hy verbeel hom dat dit so iets moet wees. Hy sien net borste rondbons terwyl hulle ritmies rondspring. Sommige vrouens hou mekaar vas en soen en betas mekaar terwyl hulle dans. Mattewis se ereksie word so dik dat dit voel asof sy penis wil bars. Die vrouens wat naaste aan hom sit en sy ereksie sien beduie vir die ander langs hulle en wys na hom, wat hulle dan vir een of ander rede baie snaaks vind.

Dis asof al die vrouens diere geword het en Mattewis kan net staar na die drank wat oor kenne en borste biggel. Hulle eet hulle varkribbetjies terwyl die vet en sous oor hulle kenne en voorams afstroom en op hulle borste en buike drup. Hy kan hoor hoe iemand in die bosse langsaan braak. Ander het genoeg gevreet en gesuip en vry nou openlik met mekaar. Hy kan sien hoe een vrou haar been tussen die ander se bene indruk sodat hulle vaginas teen mekaar druk. Die eerste een begin hard met haar heupe teen haar dronker, meer passiewe maat s’n vryf. Ander sit-lê langs mekaar terwyl hulle tonge met mekaar speel terwyl hulle mekaar vinger. En dan is daar een wat met ‘n voorwerp haar vriendin se vagina pomp terwyl ‘n ander se kop tussen die oop dye van haar vriendin doenig is. Al die vrouens het mal geraak buiten Lilith wat met ‘n serene glimlag die krioelende massa lywe voor haar gade slaan.

Mattewis probeer ongeërg klink toe hy na Gwendal wat langs hom sit oorleun en saggies vir haar vra vra: “Hoekom drink daardie vrouens in hulle toestand dan saam?”

Gwendal blaker uit: “Jy bedoel swanger?”

“Ja” antwoord Mattewis sag, met die hoop die ander nie hulle gesprek sal hoor nie.

Gwendal gee ‘n snork-lag en antwoord: “Want hulle dra nuttelose beer-telge.”

Dit is asof ‘n koue hand Mattewis se hart gryp en hy snak na sy asem. Gwendal is te dronk om te sien watter effek haar antwoord op Mattewis het. Mattewis gooi stilletjies sy drank op die grond tussen sy bene uit toe niemand kyk nie. Hy kyk met nuwe oë na die jillende krioelende vrouens om hom en herken iets wat Goya die mensdom oor probeer waarsku het.

“Ja die fokken mans het mos alles oorgeneem – vir duisende jare heers hulle oor alles. Hulle god, hulle godsdiens, hulle kalender – lank lewe die Moeder!” Bronwyn hou eers met haar dronk tirade op toe die vrou langs haar haar oopmond begin soen.

Mattewis is bietjie lighoofdig, maar nog steeds in beheer van homself. Hy kom orent maar sorg dat hy onvas op sy voete rondsteier en sê met ‘n sleeptong: “Ek moet badkamer toe gaan.”

Van die vrouens kraai van die lag toe hulle dit hoor. Een roep: “Jy kan sommer hier voor ons pis – moenie skaam wees nie ons almal het jou al gesien pis!”

“Nee ek moet toilet toe gaan,” mompel hy en maak asof hy gaan omval.

“Ek sal saam met jou gaan,” sê Lilith en haak by hom in en help hom in die rigiting van haar huis.

Mattewis maak ‘n groot vertoon daarvan om te strompel terwyl hy loop. Toe sy egter die deur van die badkamer vir hom oopmaak, trek hy in die verbygaan die sleutel uit die deur en tree blitsvinnig terug in die gang in terwyl hy Lillith in die badkamer instamp en die deur toeklap. Voor sy die deur kan oopruk draai hy die sleutel in die slot.

Hy draai om en hardloop om die huisie na die groep toe, maar toe hy naby die raserige ligkring kom, slinger hy weer tot by die bank waar hy gesit het. Hy raap so ongemerk moontlk sy klere op en strompel weer verder. Hy kan Lillith se skril stem deur die badkamer se venstertjie hoor skree. Maar die vrouens is so dronk en lawaaierig dat niemand hulle aan Lillith se gille steur nie. Hulle vat en trek aan sy penis en druk sy hand teen oop nat vaginas terwyl hy tussen hulle deur beur. “Nog een keer, Mattewis,” stik die een vrou van die lag. ‘n Ander sê: “Laat my jou piel nog een keer suig, net vir oulaas, asseblief ou Mattewissie,” terwyl haar vriendinne om haar histeries giggel. ‘n Ander sprei haar bene oop en trek haar labia uitmekaar om haar gapende vagina aan hom te vertoon en sê: “Dink maar nou-nou hieraan Mattewis!” Hy klou vir al wat hy werd is aan die bondeltjie klere onder sy arm en die skoene in sy hand.

“Ek gaan nog drank haal,” roep hy uit en met dié verskoning strompel hy deur die voordeur van die taverne en storm by die agterdeur uit. Hy bars in die donker deur die groentetuine agter die geboue deur en begin om so in die hol sy klere aan te trek.

Hy hardloop so vinnig as wat sy vet lyf en amper sestig jaar oue bene dit kan doen. Toe hy uitasem verby die grafstene drafstap, kon hy kan sweer dat hy mansstemme hoor wat hom aanpor om vinniger te hardloop en vrouestemme wat vir hom sing om te bly. Hy kyk vlugtig oor sy skouer en in die maanlig kan hy tot sy verligting sien dat niemand hom volg nie. Die pad lê leeg en wit tussen hom en die dorpie.

Hy draai terug en drafstap verder waar die pad oor die bruggie deur die kloof gaan maar dan gaan staan hy botstil. ‘n Vier meter hoë hek, wat hy nie voorheen gesien het nie, versper die pad. Die maanlig glim op die onverbiddelike swart staalstawe waardeur geen mens of kar sal kan breek nie. Hy poog om teen die dik vertikale stawe uit te klim maar daar is geen vastrapplek nie en hy gly af. Hy probeer ‘n paar keer, maar sonder sukses. Hy probeer om teen die rotswande weerskante van die hek op te klouter maar dit is te glad en te steil en hy kry nêrens vashouplek nie.

Angs gryp sy hart vas en desperaat hardloop hy teen die walletjie langs die pad af en plons in die rivier – hy sal deur die riviertjie, wat onder die brug deur vloei, ontsnap. Die yskoue water kom maar tot by sy middel en hy waad onder die brug deur. Sy angsgil eggo in die klein ruimte onder die brug toe hy homself teen tralies vasloop. Hy tas in die donkerte na links en na regs maar die tralies vul die hele ruimte van kant tot wal, van die buik van die brug tot onder op die rotsplaat wat die rivierbodem vorm.

Hy hoor stemme naderkom en vries in sy spore daar in die donkerte, papnat en bibberend van die koue. Iemand – dit klink soos Tifenn of Katarin – sê: “Hulle is so voorspelbaar,, ‘n ander – Annick of Solenn – antwoord: “Wys hulle net jou doos en dan raak hulle smoorverlief op mens,” Kappa of Bruna sê “Ugh – gelukkig sal ons nie na vanaand weer na hierdie een se vet lyfie en bles gevreet hoef vas te kyk nie.” “Of vir sy flou grappies en kwinkslae hoef te lag nie,” antwoord ‘n ander suster. Trane van vernedering en teleurstelling rol oor die gelukkigste man op aarde se wange.

Die stemme kom al nader. Mattewis hardloop kermend soos ‘n vasgekeerde muis van kant tot kant deur die riviertjie en grawe sy vingers rou onder die klippe en gruis om ‘n skuiwergat tussen die staalraam en klipplaat te vind. Aela sê: “Hy sal onder die brug wees,” ‘n suster antwoord: “Hulle is so voorspelbaar.” Mattewis gaan hurk in ‘n bewende bondeltjie teen die rotswand en bevuil homself.

 

* Melancholie van ‘n pragtige dag deur Georgio de Chirico (1913)

4 thoughts on “Eden

  • Ysbeer

    Uther, absoluut filppen fantastiese storie.

    Reply
  • Always

    “WoW” geen woorde kan jou talent beskryf nie. Het storie geniet en dit laat n mens of liewer My as man diep dink

    Reply
  • Goeie Bliksem, Uther ek wens ek kon in jou brein verdwaal, die vrugte van jou verbeelding, sappig, eet en sluk. Die horisonne van jou gedagtes bereik…ens.ens.
    Jy bly uitsonderlik befok met jou stories, ek wens jou stories was eselmelk dat ek daarin kon baai soos Cleopatra.
    Baie dankie vir ‘n meesterlike verhaal!
    Sela.

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)