Rooi veer

deur Whale

Die dowwe gloed van die rooi en pers ligte in die groot vertrek stem my rustig. Ek is al op my senuwees vandat ek hier aangekom het, Donkerkant daarenteen is in sy sewende hemel. Die skamele geklede dame by die deur gee my gesigmasker vir my en ek sluk voordat ek dit om my kop vasbind. Skielik gebeur iets in my lyf en Donkerkant glimlag selfvoldaan; die oomblik toe die masker oor my oë gaan verdwyn die senuagtigheid en angs. Niemand hier ken mekaar nie, dit is die eerste byeenkoms van ‘n baie eksklusiewe klub mense wat aanlyn gestig is. Net die beste vir die room van die samelewing… Donkerkant giggel vir die gedagte en ek wys vir hom die vinger.

As een van die land se voorste eiendomsontwikkelaars het ek alternatiewe manière gesoek om van die baie geld wat in my beursie rondlê ontslae te raak. ‘n Huis in Kampsbaai was nie genoeg nie, middagetes by Mavericks onbevredigend – die dames wat daar rondgedans het met hulle skoongeskeerde koekies en stywe tiete het nie gelyk of hulle daar wil wees nie. Ek het opgehou soontoe gaan, Donkerkant was hoogs die moer in vir my. Ek het begin soek na iets anders as die gewone. Seks met my vrou was gewoonlik op ‘n Vrydagaand as die kleintjie by haar ouma-hulle gaan oorslaap het, en dit was binne ‘n kwessie van ‘n uur verby. Donkerkant het gewoonlik nie eers kans gekry om sy staal te wys nie, pardon the pun. My vrou is super hot, beroepsgedrewe, maar sy verkies konserwatiewe vanilla seks, niks vreemds of gewaagd nie. Dit is nie genoeg vir my nie, ek het ‘n sterk seksuele drang wat moeilik indien ooit bevredig word. Ek het dus op die Internet gegaan, en uiteindelik op Club VIP afgekom. Ek het byna dadelik aangesluit, die R20 000-fooi betaal en ‘n volwaardige lid geword. Vanaand is die “openingsaand.”

Ek sien die gasheer eenkant staan, trek aan my strikdas en stap om te gaan groet; alles deel van die eksklusiewe reëls. Ek dink vlugtig daaraan dat my vrou net nie moet probeer uitvind of die formele dinee waarheen ek kamtig is regtig plaasvind nie. Toe ek haar gister meedeel dat ek vanaand baie laat eers tuis gaan wees het sy net nonchalant met die hand beduie: “Dis okay, ek sal sommer ‘n movie saam met die girls gaan kyk.” Donkerkant het sy hande teen mekaar gevryf, sover het die plan gewerk.

Na bietjie koeitjies en kalfies met die gasheer stap ek na ‘n donker hoek in die vertrek waar ek ‘n goeie uitsig het. ‘n Donker gang lei suggestief na ‘n paar kamers waarvan die deure tans toe is, maar wat wel vir die gebruik van gaste beskikbaar gestel is. Club VIP kan basies as erotiese teater gesien word, en na afloop van die vertoning kan gaste in swinger-styl gaan spyker in een van die kamers – die reëls is dat jy ‘n kondoom moet dra (tensy dit met jou lewensmaat is) en dat maskers nie afgehaal mag word nie. Regte name mag ook nie uitgeruil word as dit nie jou lewensmaat is nie. Alles deel van die anonimiteit van die klub, en om lede te beskerm. Geskryf in 10-punt Arial in die kontrak wat jy aanlyn teken.

Ek kom agter ek het ‘n semi-stywe voël by die blote gedagte aan ‘n vreemde vrou, en selfs Donkerkant is stil-opgewonde. Dan verdof die ligte en die erotiese vertoning begin. ‘n Dame geklee in ‘n Marie Antoinette uitrusting verskyn, en na ‘n paar suggestiewe bewegings begin sy haarself met die nek van ‘n sjampanje-bottel tot ‘n klimaks stimuleer voordat ‘n ander dametjie vir al die gaste uit dieselfde bottle sjampane skink. Dit is juis toe ek my glas uithou dat ek haar sien aan die oorkant van die vertrek. Gekleë in swart en rooi, met ‘n rooi vere-serp om haar nek. Die swart masker om haar oë is met rooi vere omlyn, en dit laat my dink aan iets uit die Fifty Shades fliek. Donkerkant maak keelskoon, dis tyd vir kontak.

“Goeie vertoning” fluister ek naby haar oor toe ek uiteindelik langs haar staan. Sy dra ‘n fyn parfuum wat by haar liggaamsbou pas. Haar kop draai na my, die rooi lippe effens oop. “Beslis.” Net dit. Haar antwoord kort en kragtig. Maar in die groen oë kan ek sien sy is geprikkel. Na ‘n kort gesprek oor ditjies en datjies met die regte aanrakings op die regte tye hou ek my hand na haar uit, en tot my uiterste verbasing vat sy dit woordeloos. Ek lei haar in die gang af na een van die agterste kamers. Dit is dof verlig met slegs ‘n bed in die middel van die vertrek. Ek stoot die deur toe, sluit dit en draai na haar. Donkerkant neem oor.

Hy stap tot by haar, speel met my tong in haar nek en agter haar oor. Ek hoor haar vlak asemhaling en Donkerkant vat haar liggies in my arms vas. My tong liggies oor haar wang, proe die lipstiffie wat sy aanhet, dan die punt van my tong in haar mond in. Sy maak haar mond verder oop, vlinder met haar tong oor myne, dan dringender. Donkerkant begin self haastig raak, lig die swart aandrok se soom al hoe hoër teen haar bene op. Welgevormde bene wat in ‘n fyn swart kant panty inloop. Ek gaan staan teen haar, ek voel my horing druk teen haar plat maag; sy ook, want die oë agter die masker rek effens. Die swart panty wat sy aanhet trek maklik uit en dit ontbloot ‘n kaalgeskeerde koekie. Ek sak af op my knieë, gly my tong oor die venus-heuwel. Proe die seep, ruik haar lus tussen die voue. Tong hard en skielik oor die klitoris, met ‘n kreun grou haar naels in my skouers in. Ek staan op, beveel haar om my gulp af te trek. Die pynlike drukking teen my voël raak ligter, en voor Donkerkant kan keer is haar sagte hand in my onderbroek. Met ‘n druk-en-draai beweging vat sy my voëlkop stewig vas terwyl sy in my oë kyk. Die boodskap in haar groen kykers is duidelik en eenvoudig; “Naai my!”

Ek lê haar op die bed neer, kry ‘n kondoom in my sak en stap nader. Sy huiwer ‘n oomblik, draai dan op haar maag en stoot haar boude na bo. Sy trek die wangetjies weg van mekaar, en in die dowwe lig sien ek haar lus blink tussen die koeklippies. Dan gebeur iets wat nie ek of Donkerkant verwag nie, sy druk twee vingers in haar anus en trek dit oop. Vingers uit, bietjie spoeg, terug in die kringspier in. Haar lyf bewe van genot. Sy draai haar kop, loer oor haar skouer na ons. “Agter asseblief?”

Ek stap nader, druk-druk met my voëlkop op haar kringspier. Dan beweeg sy so skielik agtertoe dat ek byna my balans verloor en aan haar heupe moet vasgryp. Dit spoor haar aan en die dier voor my ontwaak. Sy grom diep en stoot haar boude hard op tot teen my balsak. Ek het my ewewig intussen herwin, Donkerkant syne. Dan begin ek haar ritmies stoot, en eers toe ek voel hoe sy ontspan om my raak ek bewus van die sagte slurpgeluide wat tussen haar lieste uit kom. Haar hele hand is in haar koekie begrawe, die gesig agter die masker in ekstase en in kontras met die wit beddegoed, asof sy nie van my of Donkerkant bewus is nie. Die drukking in my balsak ruk my terug na die hede, en asof sy weet wat gebeur fluister sy skor dat sy gaan kom. Dan gebeur dit, haar hele lyf begin ruk en bewe en sy spuit oor my, die bed en die vloer, haar hand steeds in haar begrawe. Dan stort ek self oor die afgrond en ek kom rukkend in haar terwyl Donkerkant tevrede glimlag. Dit is net so vining oor soos dit begin het. Ons trek woordeloos aan, kyk vir oulaas na mekaar. Dan stap sy uit.

Toe ek by die huis kom slaap my vrou al. Ek voel soos gewoonlik leeg, al het ek so pas die vreemdste seks van my lewe gehad. Ek soen haar op haar wang, stap by die en-suite in om te stort. Dan sien ek dit …op die wasgoedmandjie lê ‘n rooi vere-serp.

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

4 thoughts on “Rooi veer

  • Avatar
    Dec 13, 2018 at 11:35 am
    Permalink

    Hahaha…die geluk by die ongeluk? Vele om te ontdek van haar…nou hoekom maak mense so in die werklike lewe… dra almal dan maskers elke dag?

    Reply
  • Avatar
    Dec 11, 2018 at 10:11 am
    Permalink

    Wat ‘n nadraai…..dankie Whale ek het dit baie geniet

    Reply
  • Avatar
    Dec 8, 2018 at 6:20 pm
    Permalink

    Mintig ou Whale, wat n storie. Absoluut wonderlik.

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)